
Ek was om en by 12-13 jaar oud toe ek eendag (weer) in die veld en in die rantjies rondgeloop het. In een voetpaadjie het ‘n miskruier – in ‘isolasie’ – my aandag getrek. Ek het besluit om die gediertetjie te volg en te kyk waarheen sy misbolletjie hom neem! Na ‘n vreeslike lang gewag en observasie – het ek opgegee, want sy roete was net te lank en dit was ‘n warm Desember! Tuis gekom, het ek in die Kennis-boeke gaan meer lees. Ek het vir ‘n paar dae gewonder oor my onderwerp hierdie jaar en hier is my bydrae tot die Afrikaanse taal vir 14 Augustus, Afrikaanse Taaldag!
'n Komplimentêre Kaartjie In die snikhete van die twaalfuurson - in skommellende isolasie - beweeg hy ritsellend, ritmies. Ongevraagd dog stemloos, soos 'n baldadige lakei, beskou ek die vasberade, onverskillige kruidjie-roer-my-nie-miskruier! Met sy ongeballanseerde dans verower hy heuwel na heuwel onder die koeltes van die blou wolklose hemel. En ek: onverwags, met belaglike kreune, het die aftog geblaas, welwetend dat als, in die snikhete son en onder die koeltes van die blou hemel, in my glimmende geheue geanker is! 14-8-21 21:30 Nikita

Die kritiek bedreigde vlerklose Addo- miskruier is ’n onmisbare skakel in die Addo-park se gesonde ekologie, maar word ongelukkig nog in hope doodgery wanneer besoekers oor onder meer olifantmis in die pad ry. Lees die artikel op News24.
Ja, die grappie oor die miskruiers en die VWkewers. Dis natuurlik die Volkswagen ‘beetles’ van toentertyd.
Terwyl die VW’s tjorrrr-trorrrrr in die pad verby die miskruiers sê die een (miskruier) vir die ander: ‘Ook net promises, verder gebeur daar net mooi niks’! 😂
Hi Peet, ek sien al die twee miskruiers met hul grappie! 😂
Oi! Ek 💖 miskruiers! btw 💗jou poems ok!
Hi Cecilia! Welkom op my blog! Baie dankie vir jou kommentaar en ek is bly dat jy my pogings waardeer. 🙂
Baie dankie vir hierdie insiggewende bloginskrywing. Jou gedig is pragtig.
Dankie, Toorts, ek kry maar net nou en dan so ‘n gier – en wens ek kon dit meer kry – alhoewel, nie alle mense dink altyd *jou* gedig is ‘n gedig of amper ‘n gedig nie. 🙂 Elke ou het maar sy opinie oor wat hy/sy sien as ‘n ‘gedig’. 🙂
Ek kan glad nie gedigte skryf nie. 😀
Toorts, moenie so se nie. Enige persoon kan. Gedigte is net gedagtes wat jy neerskryf in ‘n spesifieke vorm- jy moet net sit en dit doen. Ek wed jou as jy dit begin doen gaan jy sien hoe goed jy is, veral iemand so kreatief soos jy!
Ek het nogal gewaag om ‘n ballade vir die vlv te skryf en het goed gedoen. Ook al limerieke geskryf vir die lawwigheid daarvan. Soek bietjie Willemien op my blog. Ek is nie nou by my rekenaar nie. En jy kan ook limeriek soek op my blog.
Sal so maak!
http://toortsie.com/2020/12/11/2020/
Ek het so pas gaan lees! Jy sien, ek het jou gese jy kan dit doen! Jy het soveel talent! Jy moet dit meer doen!!
Dankie
Mooi, ek stem saam met Toortsie, ek kan nie gedigte skryf nie, maar ek kan dit waardeer ♥
Tokeloshe! Net soos ek vir Toorts gese het, glo ek jy kan gedigte skryf. Jy wat SO kunstig is – en kreatief! Jy het nog net nie probeer nie. Gaan sit op daardie kampstoeltjie van jou en skryf ‘n paar gedagtes neer. Jy gaan verbaas wees. Jy moet nie jou talente onder ‘n maatemmer bere nie, grou didt daar uit! Ek wag vir jou eerste een. Ek is ook geen gedigte-skrywer nie, ek sit net gedagtes neer op papier. 🙂