On this page you will find some of my very own poems – in English and in Afrikaans. I love poetry and whenever I have a spare minute – which is not very often – I do like to write. I am no professional writer or poet, it’s all about dropping down a few lines.
Indien jy van my gedigte op ‘n webbladsy wil plaas, maak asseblief seker dat jy erkenning gee aan wie die gedig geskryf het – my skuilnaam is Nikita. Dankie aan die mense wat erkenning gee aan die wat dit toekom.
Augustus 2013
Indien jy ‘n Afrikaanse digter is en hier lees, onthou: Hierdie persoon wat hier skryf is NIE ‘n professionele digter nie, hierdie persoon wil graag ‘n paar woorde bymekaar sit, omdat sy dit GENIET en LIEF vir Afrikaans is.
Quote from Megg Wilson: As a native-speaking English person I know how much Afrikaans people are constantly ripped off by the English. Having a completely mixed up family I am also lucky to be completely bilingual. This all means that i have the best of both worlds, which I would like to share a bit of.
Afrikaans is an extremely expressive and descriptive language with words that can’t even possibly be translated into English…Read Megg’s blog here…
http://piecesofperfection.wordpress.com/2008/04/28/the-afrikaans-language/#comment-18
I’ve decided to organise all my own writings [poems I TRY to write!] and translations I’ve done on one page. Please do enjoy and feel welcome to leave any comments…some of these poems are to be found on my blog too…please bear in mind, I’m no professional poet, what you find here…is just “me”…You will find a mix of Afrikaans and English poems here. Most my own, but a few I’ve translated either from Afrikaans to English or vice versa. When a poem has been translated, I do write a note with the poem about the translation. Very few poems are actually translated on my blog – it’s only on requests of readers that I do translations.
Herfs in November
Herfs in November – in die Noorde –
is soos roomys in die winter. Dit pas nie.
Jy loop rond in stofverwaaide strate
Onverskillig kyk jy rond na
‘n mengelmoes van kleure
Bondels hare waai rond in die wind
En om hoeke van geboue fluit ‘n skerp windjie
Beelde van veranderinge flits om jou verby
Verslawend staar jy na bloedrooi papawers
En jy onthou: dis November maand!
Soms onthou jy ook van die fyn blomme
en die spruit wat iewers voort bly kabbel
in die berge waar die bobbejane geel perskes vreet
Dan dink jy aan die bloekombome en vinke in die lusernland
Vae gedagtes van die kleigat drentel in jou geheue
En jy strompel geduldig verder oor verkleurde blare
En wonder oor die liedjies van die lente.
Versperde donker wolke hang laag in die skemeraand
Dikgeweefde herinneringe van die aandkrieke wat
hul betowerende liedjies op vioolnote sing
sink en omvou onmiddellik jou gedagtes.
In die agterkamers van jou geheue
onthou jy die rooskleurige grassade wat buig in die wind
en skielik hoor jy die swaeltjies se twitter terwyl hulle
die lang, moeilike vlug terug huistoe neem.
©Nikita 22-11-2019 19:10
This next poem based on the very famous poem of Ingrid Jonker: The Child! (Face book has some pages with entries about the killings – ask me links and I can drop it in the comments box. Nothing is made-up about places and events.)
The White Farmer
The white farmer is not dead
at Hopewell nor at Port Elizabeth
not at Kimberley nor at Brits
where he lies with an axe in his head.
The white farmer is in the dark shadow of the ANC
on guard with pangas, axes, rifles, guns
and kitchen irons, ready to brutally burn and torture farmer and wife
the white farmer is present at all food markets, charities and schools for black, white and brown children
the white farmer peers through the hearts of EVERYONE
this white farmer just wanted to feed the whole nation
of South Africa, black, white and brown
the white farmer is brave and a refugee in a whole world
that turned a blind eye.
The white farmer is not dead
at Sabie and Lydenburg nor at Tzaneen
not at Uitenhage nor at Randfontein
where he lies with a bullet in his head
and his wife tied to a chair- raped.
This white farmer supported the community
in every way he could by sharing his belongings with his black workers
on the farm as well as in his shop but laid
dead in his house, brutally murdered by one of those
in a world where leaders are turning a blind eye!
Nikita (24/8/2018)
I wrote the poem about Bobby Fischer in a very short time…on the day he died…This is how I like to write…I can’t sit and think about what I have to write…if the words come freely…I pen them down…otherwise they’re lost forever…You will find a mix of poems here…English as well as Afrikaans…I’m writing a very short explanation in English about the Afrikaans poems, so you will have an idea what it’s about…
If you are Afrikaans, I hope you enjoy these couple of lines. My contribution to the Afrikaans language in August. 14 August is Afrikaans language day!
My siel op haelwit wolke
In gietende reën sypel my gedagtes: eindloos!
Ek stuur vir jou die goud
van sondeurdrenkte landskappe
in die galery van my stille gemoed.
My opgevoude gedagtes steek vas
en onderhou my geheue
wat onvermydelik verstrengel is
en soos gister
vind jy my siel op haelwit wolke;
my gedagtes wentel om die aura van my taal
en rol ragfyn ligstraaltjies voor my uit:
wat die tuimelende bergstilte
laat rol oor die dansende blou waters
na die holtes van my gedagtes.
==Nikita 14/08/2015
Grys ou Stad – ‘n pantoen
die son brand fel neer op hierdie dag
waar dit woel en krioel – van vroeg tot laat
leë siele loop onbeduidend met niksseggende gedagtes
kruiend staar hul tot êrens in die verlede rond
waar dit woel en krioel – van vroeg tot laat
oer-stemme eggo helder in my gedagtes
kruiend staar hul tot êrens in die verlede rond
en messel dit wat is met dit wat was
oer-stemme eggo helder in my gedagtes
leë siele loop onbeduidend met niksseggende gedagtes
en messel dit wat is met dit wat was
die son brand fel neer op hierdie dag
Nikita-29/6/09 (14:30)
This is my 3-minute “poem” to Bobby Fischer. If you don’t know chess…a chess board has got 64 squares…and Bobby Fischer was 64 when he died in January 2008. In this poem I compare his chess-life (which wasn’t really very pleasant for him)…with a chess board…
“Someone great… has passed…”
Today, today only 64
He made his last move
– the most important –
to the square of death
no more breath
or even check!
no more castling
only en passant’ing!
His sword has swung
after years of struggle
ruined by politicians
he moved like a knight
Threatened and powerless
he moved quite swiftly
across the board of
64 squares!
Each square a knight-mare
Till he found his piece
Iceland, oh Iceland!
Where he rests in peace!
©Nikita~~18 January 2008
“Nothing eases suffering like human touch.” ..Bobby’s words before he died!
Encircled
Unfolded subtle moves
squared and checked
sliced fearlessly
through minds and space
time and time again:
uninvited –
unasked, locked
encompassing en passanting
files cleared
control demanded:
E2 E4
gradually infiltrated
and distracted
surrendered: piece by piece
‘Thou shall not move’
–Nikita–30/3/2012 23:30
This first poem is the most recent poem I’ve translated from English to Afrikaans, but I’ve also changed it slightly, it’s not exactly the poem…”I wandered lonely as a cloud” by William Wordsworth. I call my interpretation of the poem..”The Daffodil-dance”.
Die Affodil-dans
Alleen wandel ek
soos ‘n los-wolkie
wat sweef oor hoë berge,
heuwels, valleie en dale
Skielik sien ek ‘n plaat Affodille
‘n blink-geel, songeel,
goudgeel versameling
wat skitter en skyn
langs die meer onder die bome
swewend en dansend
buigend en juigend
ná die Somerreëns
Langsamerhand – soos die sterreskyn
Glinsterend – soos in die Melkweg-lyn
Al langs die kant van die baai
Vang my blik die verruklike dans
die aanskoulike geswaai
van koppies wat draai
onder die hange van ‘n krans
Ver-weg op my rusbank
lê ek uitgestrek
Langsamerhand weerkaats
die dansende skynsel
in my binne-oog
Die opgewondenheid van alleen-wees
vervul my hart met plesier
en ek dans die dans!
van die blinkgeel, songeel,
goudgeel, bly-geel Affodille!
©Nikita 26th August 2008
This next poem was originally written in Afrikaans and then my American friend, Dan, asked me to translate it – so here is the translation. It was written about my memories of Hillbrow – Jo’burg [South Africa] A suburb not anymore what it was, but in ‘those’ days a great place just to be with friends.
Folded memories
Slowly and quietly,
in pouring rain –
my mind seeped: endless!
in the nuances of silent calls
to dust-loaded, plastered
and mutilated places.
Dusted images commuted by
my folded thoughts –
that voluntarily escaped
a Hillbrow of yesteryear
—nikita-14/7/2012
Opgevoude herinneringe
Traag en stilweg,
in gietende reën –
sypel my gedagtes: eindloos!
in nuanses van stille gesprekke
na stofbelaaide, toegepleisterde
en verminkte plekke.
Afgestofde beelde pendel deur
my opgevoude gedagtes –
wat onwillekeurig onstnap
na ‘n Hillbrow van vervloë – Nikita- 14/7/2012
I was asked by Wayne Visser to translate one of his poems which you can find here…and read on this link with comments too… https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/09/02/i-am-an-african/
Ek is van Afrika
Ek is van Afrika
Nie omdat ek daar gebore is
Maar omdat my hart met Afrika klop
Ek is van Afrika
Nie omdat my gelaat donker is
Maar omdat Afrika my gedagtes omgrens
Ek is van Afrika
Nie omdat ek van haar leef
Maar omdat my siel tuis is – in Afrika
Wanneer Afrika oor haar kinders ween
Is my wange deur traandruppels deurweek
Wanneer Afrika haar voorvaders eer
Buig my hoof in respek daarheen
Wanneer Afrika oor haar slagoffers rou
Is my hande in gebed gevou
Wanneer Afrika haar oorwinnings vier
Dans ek op die maat van die oorwinningslied
Ek is van Afrika
Met haar asemrowende ylblou lugruimtes
Laat sy die toekoms skitterend skyn
Ek is van Afrika
Waar ek gegroet word asof familie
En ek ervaar die gevoel van meervoudig
Ek is van Afrika
Want haar wildheid bring vertroosting vir my siel
En bring my nader na die bron van Lewe
Wanneer Afrika-musiek in die wind weerklink
Volg my polsslag die ritmiese klop
En word ek een met die klank
Wanneer die Afrika-kleure in die son glinster
Verdrink my sintuie in haar reënboog
En is ek die natuur se pallet
Wanneer die Afrika-verhale om die vure op-klink
Volg my voete hul tydlose ‘wink
En is ek die spore van die verle’
Ek is van Afrika
Want sy’s die krip van geboorte
En troetel die oer-oue wysheid
Ek is van Afrika
Want sy leef in die skadu van die wêreld
En brand met ‘n gloeiende inspirasie
Ek is van Afrika
Want sy is die land van môre
En ek eer haar tydlose geskenke
©Nikita — 2nd September 2008
The English version:
I Am An African
I am an African
Not because I was born there
But because my heart beats with Africa’s
I am an African
Not because my skin is black
But because my mind is engaged by Africa
I am an African
Not because I live on its soil
But because my soul is at home in Africa
When Africa weeps for her children
My cheeks are stained with tears
When Africa honours her elders
My head is bowed in respect
When Africa mourns for her victims
My hands are joined in prayer
When Africa celebrates her triumphs
My feet are alive with dancing
I am an African
For her blue skies take my breath away
And my hope for the future is bright
I am an African
For her people greet me as family
And teach me the meaning of community
I am an African
For her wildness quenches my spirit
And brings me closer to the source of life
When the music of Africa beats in the wind
My blood pulses to its rhythm
AndI become the essence of sound
When the colours of Africa dazzle in the sun
My senses drink in its rainbow
And I become the palette of nature
When the stories of Africa echo round the fire
My feet walk in its pathways
And I become the footprints of history
I am an African
Because she is the cradle of our birth
And nurtures an ancient wisdom
I am an African
Because she lives in the world’s shadow
And bursts with a radiant luminosity
I am an African
Because she is the land of tomorrow
And I recognise her gifts as sacred
Copywright: Wayne Visser – 2005
Suid-Afrika: my land
Jy’s indrukwekkend, manjifiek
jou sondeurdrenkte landskappe
weerkaats helder beelde in my siel
jou pragtige wonders flikker oneindig
lank in die stilte van jou nagrus
Mount Aux Sources – so elegant en grasieus
verrys jy vanuit die voetheuwels, soos
‘n fakkel by die Spele ets jy lekkende
beelde teen die muur van my geheue
en voel ek jou hitte gloeiend teen my hart
O Blyde! ek fantaseer oor jou
magiese kragte wat jy sorgloos
en galant in die galery van my
stille gemoed stilletjies uitpak terwyl
my dawerende applous eggo
oor die velde van my gedagtes
Moederstad! hoe inskiklik laat jy my
telkens hakkel wanneer ek my herinneringe
sagkens koester – jou fasades!
waar ek jou gambiet betree
en gewillig my pionne oorgee
En saans voel ek jou fluweelagtige
skoonheid van elke sonsondergang
stadig neerdaal in my gemoed terwyl
ek stadig drink van jou geloofs-fonteine
wat borrellend bruis in oorvloed
Fragmentaries vier ek feeste
ek dans en omhels jou en jy –
jy blus my gees telkens met jou
magiese heildronke: een-vir-een
op ‘n toekoms – wat mag wees!
–Nikita –14/8/09 14:00
This next poem is a ‘cento‘ which I wrote a little while ago, by using Shakespeare lines. A ‘cento’ is a poem written by using lines or passages of other authors in a new form or order. I used different plays of Shakespeare where he quoted something about the game of chess.
A Game of Chess
Sweet lord, you play me false
For a score of kingdoms you should wrangle
and I would call it fair play
How fares the king?
His hour is almost past
A horse! A horse! My kingdom for a horse!
And I have horse – will follow where the game makes way.
I have his horse!
Give me another horse!
So, the good horse is mine.
My day’s delight is past, my horse is gone.
The rascal hath removed my horse.
Are the knights ready to begin their triumph?
A wandering knight?
I am undone! The knight is here!
Great shouts within all cry ‘the mean knight!’
Great is the humour of this dreadful knight.
I dare thereupon pawn
My life I never held but as a pawn
I have not pawn’d to you my majesty?
I pawn’d thee none!
I’ll send some bishop to entreat
The bishop will be overborne by thee
Wat says my bully rook?
There stands my castle!
His queen, it was his queen!
Queen of queens, how far dost thou excel?
Come hither, come! Come, come, and take a queen
Sir your queen must overboard!
Will take your queen
Farewell sweet queen!
I’ll move the king.
The skipping king, he ambles up and down
This may gall him for some check
No mates for you!
We’ll draw!
My lord, your son drew my master
Where’s the master? Play the men!
Uneasy lies the head that wears a crown
image: googleimages
CENTO
A poem consisting only of lines from other poems. This, from the Italian word for patchwork, is almost a technique rather than a form, especially as it can be of any length, and any metre, and need not rhyme; however, as the finished poem is referred to as a cento, just as a sonnet is called a sonnet, it is a form.This is not my own writing, but I ‘put’ the lines together. All these lines are Shakespeare’s writing. What I’ve done, was to take lines – with the same theme, which is the moon, and put them together – and I was trying to get it to make sense. The title is my own though, of course. This is what you call a ‘cento.’
I do love Shakespeare and my favourite is Hamlet, maybe because it was the book prescribed when it was my matric-year. It was always a nightmare, having to study Shakespeare and knowing all those quotes – I think I studied about 50 of the quotes. We had to know from what Act/Scene the quote was and you never knew which quotes you would get, but even that didn’t put me off from Shakespeare.
Moonrider
The pale-faced moon looks bloody on the earth
It is the very error of the moon
Swifter than the wandering moon
Arise, fair sun, and kill the envious moon
This old moon wanes!
She lingers my desires
Sweet moon, I thank thee for they sunny beams
So many journeys
That I, being govern’d by the watery moon
Of the extreme verge:
for all beneath the moon
You moonshine revellers and shades of night
How sweet the moonlight sleeps upon this bank!
Another moon: but, o, methinks, how slow
And the moon changes even as your mind
Clouds and eclipses stain both moon and sun
Chanting faint hymns to the cold fruitless moon
My lord, I am a mile beyond the moon
-Nikita-
Net ons… [Just us…]
Ek probeer ‘n glimlag onderdruk
Terwyl die son onbewustelik op jou hare skyn
Onder die perfekte blou lug
Omring deur klanke van die natuur
Hou ons pas – met niemand
Kompleet op ons eie skedule
Geen afsprake om na te kom
En beloftes om te maak of breek
— ©Nikita —6 Feb 2008 – 8:00
Image:http://iasos.com/artists/annenberg/sell.html
Do yourself a favour to see the complete image! I know I “stole” from Andrew here, but it is such a beautiful painting!! I just had to upload it here, which I couldn’t, to show you all, but now here’s a piece of it! I know he’ll forgive me! see another part at the bottom of this post!
Jou afwesigheid
Die son se stilte sprei oor die more-dou
en maak jou afwesigheid soveel moeiliker
Tyd kan nie uitvee die herinneringe
En moeiliker die misverstande
Nog die gebroke siel heel
Maar die soete verlede van lank gele’
Steek vas en onderhou my geheue
Verblydend is jou bestaan
Wat my wêreld verkleur!
–©Nikita–Sept 2008
My smekende gedagtes
Ek sak my hoof en oordink my vreugde
Ligsinnig verkrummel ek
die verdroogde blare
in my Afrika hand en ‘k laat
dit waai soos kaf in die wind
Dit smee my gedagtes mee
met die onrus in my hart
wat bly groei en bloei
Waarom verpletter ons die volke
van hierdie aarde?
Waar’s die regeerders
van hierdie wêreld?
Ken hul nie Sy toorn?
Offers bring en oë opslaan
uitroepe van “wees ons goedgesind!”
weerklink in my smekende gedagtes
Sal ons ooit die Tempel binnegaan?
Ek luister na my gedagtes in die mÔre
en laat die moordenaars en leuenaars
deur Hades swerwend dryf
hul ontmoet die gelag van Charon op Styx
Nooit sal hul die Elisiese veld bereik
Nóg betowerend; nóg kan in delf
Hul egosentriese voorland:
Tanatos!
Sál hul ag slaan op my geroep?
©Nikita 5 Julie 2008
Please click on THIS LINK to read what I’ve said about this poem and to have fun on the River Styx!
Enjoy this next piece of music ….piano concerto in D major…while reading the poem…
Die strelende skemer van my gemoed
Vanselfsprekend dartel
jou skadu’tjie
langsaam, ritsellend
soos ‘n vlokkie
eind’lose skaterlag
vibrerend in my gemoed
en die weerspieëling
is onvermydelik verstrengel
tussen Haydn en Wagner
en die draaikolk
van my gryse gedagtes
wat in die
strelende skemer
van my gemoed bly vloei
©Nikita
29 Junie 2008
The soothing twilight of my mind
Self-evidently frolic and sprightly
Your little shadow
gradually quivering
– as a flakelet –
endless peals of laughter
vibrating in my mind
and the reflection
is inevitably intertwined
between Haydn and Wagner
and the whirlpool
of yesterday’s thoughts
flowing
through the soothing twilight
of my mind
–Nikita – 16/2/2012
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/06/29/die-strelende-skemer-van-my-gemoed/
This poem as well as the next poem is about my thoughts….and South Africa…also about what happens in South Africa.
Die Broosheid van my Siel
Dit is soos gister
dat my gedagtes swerf
op golwe van stormwinde;
ongesiens, verwyder dit
die eind’lose groenbedekte
ystergrendels van my hart
Verstommend genereer dit
beelde uit lande
versamel van die Ooste en Weste
die Noorde en van die see af
– ‘n half herwonne reis
Diep onder lê ‘n sluimerende stilte
ontsnapte krete reën om my
helder buitelyne van donker oë
kruis my lewenspad
en ek huiwer
Hunkerend na ‘n somers-motreën
blomruigtes, onweerstaanbare weerligstrale
waterfonteine, ‘n ontnugterde haelbui
Vind jy my siel op haelwit wolke
Ja, soos gister
stap ek deur die Dorsland
met lofoffers
en êrens omhels die broosheid
die gedagtes van my siel.
©Nikita 18 Junie 2008
Enjoy the music of Hilary Stagg
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/06/18/die-broosheid-van-my-siel/
This poem was written by Totius…it’s about his little daughter that was struck by lightning..and she died instantly in his arms…I’ve translated it for my English friends to “enjoy”…I think this is a pain only a parent like Totius can describe…
Oh the painful thought
Totius….translated (originally: O! Die Pyngedagte)
Oh the painful thought: my child is dead!
It burns like a dart in my flesh…
People don’t see anything….
Only God knows my suffering!
Days come and nights go
Shadows grow tall and short
Behind me, the echo of my work’s moving spirit;
and I… continue my way to the cross
But then, a pain poked through my heart!
so much, the brilliance of my life disappeared;
Your child is dead; died a horrible death!
And I clenched my chest due to the pain…
Oh the thunderbolt-thought!….yes, beloved child!
One flash of lightning scorched your tender body,
but numerous thunderbolts burnt my heart
and left it …. bleeding
She was so tender, like a butterfly …
She glided lightly about;
A breath of wind could damage her tiny wings
and…what a death she died!
Few children die like this
only one in ten-thousand!
and oh!…It’s my little girl..
witnessed by me…. and died in my arms!
Oh the painful thought: my child is dead!
It burns like a dart in my flesh…
People don’t see anything…
Only God knows my suffering!
translated by….
©~~Nikita…12 Nov 2007
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/11/12/seven-ii/
This next poem is my translation from an English poem, written by a South African poet, Wayne Visser – you can read the English poem on the link at the end of this poem. It’s a poem about Africa…beautiful…”I know a place in Africa”…
Ek weet van ‘n plek in Afrika
Ek weet van ‘n plek in Afrika
Waar ek die son op my rug voel skyn
En die sand tussen my tone speel
Waar ek die seemeeu op die windjie hoor
En golwe op eindlose strande breek
Ek weet van ‘n plek in Afrika
Waar die berge die blou lug ontmoet
En valleie die groen wingerde huisves
Waar bome hul pers kleed sprei
En die bosveld sy room kleed dra
Ek weet van ‘n plek in Afrika
Waar die dondergode hul stemme laat hoor
En sien ek hul weerligspiese neerdaal
Waar ek die reuk van reenwolke intrek
En die soet van die stowwerige doudruppels proe
Dis ‘n wildernis, die plek
Van Evolusie en dinosorusse
Waar lewe begin het, hier was die eerste mens
Van lewende fossiele en olifante
Waar leeus brul en springboktroppe spring
Dis die plek van swaarkry
Van woestyne en doringbome
Waar paaie doodloop en jagters jag
Van horisonne en grense
Waar reise begin en sonsondergange bloei
Dis die plek van vryheid
Van ontdekkings en pioniers
Waar donkerte geskuil – en die lig deurgebreek het
Van ware legendes en wonderwerke
Waar dagbreek begin en hoop helder brand
My hart is tuis in Afrika
Waar die tromme se ritme in my klop
En tydlose liedere in my ore sing
Waar die reenboogmis in my oë skyn
En vriende se glimlagte my welkom heet
My gedagtes ontspan in Afrika
Waar die mense na aan die aarde leef
En seisoene die veranderde gemoed aandui
Waar besige markte handel dryf
En die Skepping sy stadige gang steeds gaan
My siel is gelukkig in Afrika
Haar strome bring lewe in my are
Haar winde bring genesing vir my drome
Wanneer haar verhaal vertel is
Verenig dit in ons noodlot.
© Nikita…2008
Read the ENGLISH version here…
Koedoe/Kudu..Image: Treknature
This poem is my translation of the Afrikaans poem…”Die Dans van die Reën” by Eugene Marais.
Please read on THIS LINK more about Eugene Marais.
This translation has been [used and] published in a book for Grade 6 – reading series [in South Africa] – and, I’m still waiting for the publishers to send me my copy! Hopefully, I will receive it soon. Update Sept 2011: I have now received my copy of the reading series – here is the page from the booklet.
The Dance of the Rain
Song of the violinist: Jan Konterdans
translated by:Nikita
The Dance of the Rain
Oh, the dance of our Sister!
First, over the hilltop she peeps stealthily
and her eyes are shy
and she laughs softly
From afar she begs with her one hand
her wrist-bands shimmering and her bead-work sparkling
softly she calls
She tells the wind about the dance
and she invites it, because the yard is spacious and the wedding large
The big game rush about the plains
they gather on the hilltop
their nostrils flared-up
and they swallow the wind
and they crouch to see her tracks in the sand
The small game, deep down under the floor, hear the rhythm of her feet
and they creep, come closer and sing softly
“Our Sister! Our Sister! You’ve come! You’ve come!”
and her bead-work shake,
and her copper wrist-bands shine in the disappearance of the sun
On her forehead, rests the eagle’s plume
She decends down from the hilltop
She spreads her ashened cloak with both arms
the breath of the wind disappears
Oh, the dance of our Sister!
©~~ Nikita…Feb 2008
My translation can also be found on the next link.
http://allpoetry.com/opoem/121576-Eugene-Marais-The-Dance-of-the-Rain
Body and Soul
Standing by the window
I feel your closeness uncovered
looking back my eye catches a sunbeam
touching your unwrapped muscular body…
my soul surfing the lines
of your thoughts…
orbiting the aura that precedes
my imagination;
reaching and bursting through
the crust, entering my heart and
suddenly…I turned and the desire to meet
is far beyondmy understanding.
~~~Nikita©…Jan 2006
Ek wandel op paaie van herinnering
in die laataand van my skemering
seer is die felle herinnering
opgewonde die blye ontmoeting
Ek klop aan die deur van smart
ek het nie vergeet die liefde van my hart
en drink soms die beker van smart
wat soos kanker bly vreet in my hart
Ek steek nie al die kerse aan
die brand — jy sal verstaan
as jy laat in die aand
net een kry wat brand
Net een wat steeds brand
vir ons liefde se stand
wat lank nie is: bestand
teen die wette van vanaand
~~~Nikita ©…2001
Gister en vandag
Ek sit met gedagtes wat loop
gedagtes van hartseer tot by die bo-loop
van gister, gister se nadraai
van herinneringe wat is – oorlaai
Gister se herinneringe – vars in my geheue
en ek koester die seer in my hart gedweë
ek wil onthou, onthou die mooi
wat nie meer in my is – die mooi
Die bedding van my hart
is deurtrap en bekrap
met spore van ink
van gedweë en dink –
ek het nog nie gevind
die liefde wat wink
Vandag, na gister – vandag
‘n dag van liefde en lag
Verby is die seer en terug die lag
ek’t gevind die liefde van my hart!
Liefde wat gewink het
wat ek gevind het
in aandskemering
tot in die môre – volbring!
Vandag, na gister – vandag
met ‘n hand vol sterre
sien ek in die verre
net die geluk in pag!
©Nikita ~~2001
Afrikaans
Die taal wat ek liefhet
Afrikaans
Die taal wat ek praat
Afrikaans
Die taal waarin ek dink
Afrikaans
Die taal waarin ek droom
Afrikaans
Die taal van my hart
Afrikaans
Die taal wat ek koester
Vir nou en altyd
Afrikaans
Jy is myne
Afrkaans
Jy is nou
Afrikaans
Jy is besonders
Afrikaans
Jy is uniek
Afrikaans
Jy is getrou
Afrikaans:
My denke
My wese
My lewe!
©–Nikita…2008
The next two translations are songs, therefore I’ve posted the songs here too, because it’s worth listening to the songs (melodies) while followingthe words. The first song is sung by a South African tenor..Ge Korsten… he died a couple of years ago. The second song is sung by Valiant Swart and Laurika Rauch…and Laurika is a great artist and a legendin South Africa…you will notice it by the reaction of the audience when she appears on the stage…on this link you can listen to Ge Korsten also singing “Liefling”.
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/03/31/lied-van-die-lewesong-of-life/
Song of life
To be young brings blissful days
The sun shines ‘bout every day
The children in the streets skate and do bike riding
Youngsters listen to new music
Nobody thinks about time flying by
And that life is moving on
And that life is moving on
Chorus:
Sing with me a song of life
Sing with me ‘bout young and old
Life gives so much back to us
But often days go flying by
Sing with me a song of life
Sing with me ’bout young and old
Life gives so much back to us
But often days go flying by
Yes, quite often the days fly so soon
But life is never ever static
Days come and days go
Young people get married and live their lives
Now come even tougher times
Everybody works as for now and here
Hours, weeks, months and years fly like the wind
Yes, hours, weeks, months and years fly like the wind
Chorus:
Sing with me a song of life
Sing with me ‘bout young and old
Life gives so much back to us
But often days go flying by
Sing with me a song of life
Sing with me ’bout young and old
Life gives so much back to us
But often days go flying by
Yes, quite often the days fly so soon
The older get much older too
They become grandpa and grandmamma
Days grow shorter very quickly
Slowly the sun goes down
Memories make us wonder ‘bout life
Beautiful and harder days
Near its end
Beautiful and harder days
Near its end
Chorus:
Sing with me a song of life
Sing with me ‘bout young and old
Life gives so much back to us
But often days go flying by
Sing with me a song of life
Sing with me ’bout young and old
Life gives so much back to us
But often days go flying by
Yes, quite often the days fly so soon
© translated by: Nikita..2008
Suncatcher
See if you could catch me the sun
There’s a room in the house where it can be hung
It’s dark by the window in the middle of the day
Do you remember how brightly the room could laugh?
See if you could bring me the sun
There’s a song in the corridors the sun can sing
Coz it’s quiet in the corners, this cold season
Can you see what the wind and rain do to me?
Chorus
S-u-ncatcher!
I ask you, please, let it shine for me again
S-u-ncatcher!
Let me understand
How a summer disappear like that in the nothingness
And let it shine
See if you could get me the sun
There’s a home in my heart where the sun can live
See if you could steal me the sun
There’s a place in the garden where the sun can play
Chorus
S-u-ncatcher!
I ask you please, let it shine for me again
S-u-ncatcher!
Let me understand
How a summer could disappear like that in the nothingness
And let it shine
Bring some light for the meanders on my road
And a handful of rays for the darkness in my heart
~~~ © Nikita…2008
Dankie aan Francois vdM wat vandag [18/6/2011] vir my die foto van my geliefde waterval gestuur het!! Die waterval is die einste waterval in die volgende gedig- op ons familieplaas! Ek kon ure en ure by die waterval sit – daar rondstap en in die rante rondklouter. Soms het ons by die waterval oornag met familie wat van die stad kom kuier het. Dit was altyd groot pret om met die niggies en nefies wat dit geniet het om rond te swem in die poel – alhoewel dit altyd vir my te koud was, was dit heerlik vir die wat braaf genoeg was.
Suid-Afrika – my skaduwee
In die skadu’s
van die groot ou Eik
stoot ek weer in die sand
Boeta se karretjies een-vir-een
‘is verstommend hoe die mierleeus uit hul tonnels
krioel met kierang-hier en kierang-daar
Langs die waterval
sit ek, halfbewus
my gedagtes vind perspektiwiteit
en rol ragfyn ligstraaltjies voor my uit
op die kabbellende water
Op die meulwiel van vervloë
versamel ek babakatjies
pas gebo’, versteek
teen elemente daar buit’
en ek streel die sagtheid
wat ek koester
verder op my reis
Ek verdwaal tussen rante
soekend na onweerstaanbare
toktokkies en miskruiers
‘k neem ‘n honger teug
uit die kom van fluisteringe
“ons-vir-jou-ons-vir-jou”
Hoe sal ek jou kan vergeet
jou alledaagse ontwykende
en eindlose horison
onwetend
bly jy daar vir my
en ek vir jou
Hoe kán ek dan
Vergeet van: “ons-vir-jou”…?
©Nikita 17 Junie 2008
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/06/17/suid-afrika-my-skaduwee/
Image: google
My gedagtes
Ek’t my hart verloor in die skadu’s
Van ‘n reënerige Oktober-oggend
Die lug was stil en swaar
En die son steeds ongebore
Die afgeleë lied van ‘n eensame voel
Kras deur die stilte van my gedagtes
En brand ‘n afdruk van eensaamheid
Wat nie weggedink kon word nie
Moet ek onthou
Kan ek vergeet?
Die fragmente van ‘n verlore lewe
‘t kan nie heel
Ek peins oor die betekenis van
Hoe en waar en waarom.
©Nikita-8 Jan 2008-8:00
Die holtes van my gedagtes
As kind het ek
die punte van my siel
laat ploeg in die akkers
waar mensestemme
voorheen opgeklink het
Skrams het ek gevoel
hoe die tuimelende bergstilte
‘n deursigtige telegram
van vrede laat deursypel
na die binnekamers van my hart
Die diggeweefde bergstilte het
spatsels waterdruppels moeiteloos
in my gemoed afgeprent
en ek smag na die
holtes van my gedagtes
©–Nikita 4 Sept 2008 20:30
Sien die foto’s wat die gedig geinspireer het..op hierdie link!
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/09/05/embedded-memories/
This poem is my translation of the poem written of one of our best poets Jan FE Celliersand I hope you will enjoy it. The Afrikaans poem …”Eensaamheid” is the poem after my translation.
Loneliness
My fire and I are on guard
My fire and I alone
the evening star
winks from afar
and the fields slumber about
And the day dies impedingly slow
like somebody left in need
unnoticed, unesteemed
without a sigh or laugh
where nobody knows or speaks
Now the air about
in silent worshipping dwells –
no chiming bells
that count the hours:
only the stars that come and go
The oxen, with their heads bowed
Ruminate in the silence of the night,
till one by one
Lies by its yoke
with a sigh after a day’s goad
My fire is all that burns with me
in the endless space
and its little voice wander
like an untold melody
days without end
the young blissful morning
with enliven bygone laughing
Then I feel a tear
in my eye – it’s near
and I whisper: “God, forgive!”
The sleeping fields lie broad
and broader the dark sea
that separates my fire
and myself tonight
from the world’s happiness and woes
I know there’s a feast tonight
in many glorious halls,
not one to miss me
at the dance or dish –
an exile forgotten and lost
But even if I am, far from the crowd,
in solitude
I feel myself like one
with God alone
a contented child close to His heart.
translated ©…Nikita 11 September 2008
My vuurtjie en ek is op wag –
my vuurtjie en ek alleen;
die awend-ster
wink al van ver,
en die velde slaap omheen.
En stadigies sterwe die dag,
soos een in sy armoed verlaat,
ongesien, ongeag,
sonder suggie of lag,
waar niemand van weet of van praat.
Nou bly die lug alom
in stil aanbidding staan –
geen tampende bel
wat die ure tel:
net die sterre wat kom en gaan.
Die osse, met koppe gebuie,
herkoue nog stil in die nag,
tot één vir één buk
en gaan lê by sy juk,
met `n sug, ná die trek van die dag.
My vuurtjie is al wat nog leef
in die eindeloos ruim met my,
en sy stemmetjie dwaal
soos `n deuntjie wat draal
om dae lank verby,
om jonkheids blye môre
en laggies lank verlewe.
Dan voel ek `n traan
in my oë staan
en ek fluister: “Heer, vergewe!”
Die slapende velde lê wyd,
en wyer die donker see,
wat my vuurtjie en my
vanawend skei
van die wêreld se vreug en wee;
ek weet daar`s fees vanaand
in menig verligte saal,
maar geeneen wat my mis
by die dans en die dis –
`n balling vergeet en verdwaal.
Maar al is ek, ver van die skaar,
in eensaamheids wonings getrede,
ek voel my soos een
met die Heer alleen –
`n kind aan Sy boesem tevrede.
Jan F E Celliers
Sê nou die afgevalde blare
waai dartellend
en vul heimlik my blootgestelde verlange?
—©Nikita 29 Sept 2008
September Maan
So grasieus en helder
indrukwekkend stil
skyn op ‘n doudeurdrenkte landskap
drapeer haar beeld om ons heen
verlig die probleme van die mensdom
deur haar stilswye skaduwee
glyend vul sy die siele
van haar bewonderaars met
blydskap en wonder oor
haar elegansie en skoonheid
–Nikita–2 Sept 2008 – 6:00
Vriendskap
Soms, op die helderste,
Mees perfekte dag,
Mag ‘n kombers van donkerte
Na jou kant vaar
Om te versmoor – die gawe van geluk
om te vernietig, oorwin en verswelg
Weet dat ek altyd hier is aan jou sy
Geen woord is nodig as ons gedagtes deel
Donker dae sal weer sonnig wees
En gou verdwyn
‘n Vertroostende wete
Wat behoue sal bly
vir nou en vir ewig!
©Nikita 11 June 2008 – 10:00
Picture: Clarens, South Africa, by Estelle Botha
http://www.eb-art.com/landscapes.htm
Transformasie
Herfs het my wêreld stadig binnegesluip
omhul in ‘n sluier van rooi en goud
Ek snak na my asem by die aanskoue
van die transformasie – die wonderlike natuur!
Soete doudruppels gly van ‘n grashalmpie
met die verbygaan van raserige eende
Ek dwaal na die warmte van verlore gedagtes
versteek waar stof en tyd dit nie kan vind
Die laatmiddag son op my vel, jou lippe
wanneer weerstand verkrummel
deur jou vingerpunte –
Ek weet, nie lank,
dan sal Winter se koue winde begin waai
maar Herfs se warmte sal my by-bly
Met gedagtes aan jou op die koel Herfs-oggend
koester ek die warm gedagtes aan jou verewig
—Nikita—7 May 2008: 9:00
Image: flickr.com/photos/carlosweick/400261505/
Dag en Nag
Ek is dag en jy’s die nag
saam reis ons deur die wêreld, vannag
Ek kan nie slaap, ek dwaal verlore
Jy’s die nag en trek my nader
Ek soek beskerming, jy omvou my
Ek versteek soete drome en roep jou naam
Jy antwoord nie, ek wonder waarom?
Miskien.., sal ek hieroor wonder?
Ek bedek my – met fantasie, verlange
en soete beloftes, sal dit realiseer?
—Nikita —1 July 2008 – 7:00
This next poem is my own translation of Toon van den Heever’s poem…”In die Hoëveld”…I hope you enjoy the English version…”In the High-veld”.
In die Hoëveld
In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,
Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
Waar ’n mens nog vry kan asemhaal en aan ’n God kan glo,
Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.
En as ek in die gange van die myn hier sit en droom
Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,
Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,
Sawens as ek bees of skaap toe ry.
Op die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,
(Die ylblou bring ’n knop dan in jou keel)
Staan my huisie nog en wag vir my, wag al ’n jaar of tien,
Waar die bokkies op die leigrafstene speel.
Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
Ek soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek kleiosse gemaak het as ’n kind.
Toon van den Heever (1894-1956)
On the High-veld
In the High-veld where it’s open and heaven’s wide up there
Where herds of tall grass frisk about the veld
Where you can breath freely and believe in God
Stands my little house which I’ve left for money
And If I sit here in the tunnels of the mine, dreaming
About the High-veld wind, wide and free
Then I hear the sound of my tracks, saddle and bridle
At dusk when riding to the livestock.
On the High-veld, where it’s spacious, where you can see far off
(The wispy blue brings a lump to your throat)
Stands my little house, waiting for me about a year or ten
Where the little deer play on the slate tombstones
But if the tuberculosis gets worse and I hear the last wheeze
I then wander to the High-veld wind
And in the moonlight I seek all the most beautiful places
Where I made clay oxen as a child.
—©Nikita — 5/10/2008
Jan FE Cilliers
Dis al
Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en ‘n voël draai bowe in eensame vlug –
dis al
Dis n balling gekom
oor die oseaan,
dis n graf in die gras,
dis n vallende traan –
dis al
My own translation:
That’s All
It’s the blond
It’s the blue
It’s the veld
It’s the air
and a bird circles above in a
solitude flight
That’s it
It’s an exile that came
across the ocean
A grave in the grass
A shed teardrop
That’s all.
–Nikita–2008/10/5
This next poem is a poem by D J Opperman… “Draaikewers”…(whirligig beetle) and I’ve “replied” to his poem…just for the fun of it…Afrikaanssprekendes…as jy hier lees, ek het regtig nie probeer om iets “wonderliks” te skep met die “antwoord” nie, dis in 5 min geskryf en ek het regtig geen poging aangewend om dit iets uitsonderliks te maak nie! Dus…net wat in daardie paar sekondes by my opgekom het! “Draaikewers” van Opperman het nogal ‘n belangrike rol in my lewe gespeel, toe ek baie jonger was…in ‘n verhouding en in daardie verhouding het die gedig vir my spesiale betekenis gehad en daarom my “antwoord”…soos ek die verhouding ervaar het…
Nothingness
Not aware of the dullness between now and then
Oblivious of my existence I
Treasure the conundrums of your thoughts and
Hold on to the never-changing monotony voices of identicalness, stepping
In the dryness of an exciting
Nowhere watching the sluggishness of time
Grabbing the stillness of the wind moving soundlessly through the flatness of my thoughts
Nobody that cares, only the sameness and the harmony of my mind that
Engulfs the unanimity and wholeness of my being
Sometimes my imagination drifts in the minds of angels, then
Stumbles upon the singleness of life!
—©Nikita—18th October 2008
Image: Greece fires 2008
I give thanks
My heart is blighted
and withered like grass
It faces the peril of falling stones
I mummified my heart
against any grief
and I’m like a dessert owl
an owl among the ruins
I lie awake, I have become
like a seagull
alone in the sky
The moon marks off the seasons
and the sun knows its path
the earth trembles around me
and I?
I give thanks to an unfailing love.
— © Nikita 8th November 2008–
Image: Thomas Pace
Image: crystalphoenixgallery.com..’blue rose’
What if
What if
I figure out how to be arrogant
and land on an angel’s mantle
to dial the word love
and play hide and seek
in the shadows of your breath
What if
I figure out how to keep my distance
and play merry tunes
alongside the river banks
on my wooden flute
while capturing your soul in my mind
What if
I figure out how to surf your mind
and make bed in your memories
with your thoughts as my pillow
and play my xylophone tunes
on the solitary hills
of your everlasting trust
What if
I figure out how to take
occasionally rides
on petals of love
and drink a cup of sunlight
in the chambers of your heart
where thoughts of love
may prevail
and my mind gets entwined
instinctively forever
with your courageous spirit
What if!
–©Nikita–29 November 2008
AMAKEIA ~ deur A.G. Visser
In die skadu van die berge,
bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van Kafferland.
Saggies neurie Amakeia
op die wal van Kei-rivier,
tot hy slaap, die tere wiggie
van die blanke pionier:
“Stil maar, stil maar, stil Babani;
kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie –
stil maar, al is Mammie ver.”
Amakeia had belowe
toe haar nonna sterwend was,
om die hulpelose kindjie
tot hy groot was, op te pas.
Liefd’ryk sorg sy vir die wit kind,
tot vir hom die lewenslig
straal uit aia Amakeia’s
vrind’lik-troue swart gesig.
Onheilspellend sien sy tekens,
oorlog kom daar in die land:
Snel die inval, huis en hawe
uitgemoor en afgebrand.
Selfvergetend, doodveragtend,
met die wit kind op haar rug,
na die Amatola-berge
het sy ylings heen gevlug.
“Stil maar, stil maar, pikanienie;
oor die bergtop rys die maan.
Niemand sal vir ons hier sien nie;
môre sal ons huis toe gaan.”
Ag, dat oë van verspieders
ook haar skuilplaas moes ontdek!
“Spaar hom, hy’s so klein nog,” smeek sy
met die hande uitgestrek.
Woedend tier die wilde bende:
“Sterf of gee die wit kind hier!”
“Oor my lewelose liggaam …”
antwoord Amakeia fier.
“My belofte aan my nonna –
beste wat daar ooit nog was –
waar hy gaan, moet Amakeia
saamgaan om hom op te pas.”
“Is jul lewend nie te skei nie,
bly dan in die dood vereen –
kort proses met haar, Maxosas,
laat die blink asgaaie reën!”
*
In die Amatola-klowe
sing nog net die winterwind
deur die riete in die maanskyn:
“Tula – Tula – stil, my kind!”
Amatola Klowe – Amatola Mountains
I was asked by Norma on my “Afrikaans”-page to translate Amakeia in English as she wants to use it as an African poem. Well, I’ve tried my best, so here goes! For English readers: “Tula”=”hush/keep quiet” and “Pikanini”-little boy. For Afrikaans readers: any suggestions to improve the poem…feel free to tell me!
Amakeia
In the shadow of the mountains
bush-sheltered on all sides
stands alone the wattle-and-daub hut
on the boarder of Kaffircountry.
Softly Amakeia hums
on the banks of the River Kei
till he sleeps, the tender baby
of the white pioneer:
“Hush now, hush now, hush Little One
see how the evening star twinkles
No one will hurt you, Little One
hush now, even if Mummy isn’t near.”
Amakeia had promised
when her madam was dying
to look after her vulnerable baby
till he’s a grown-up boy.
Lovingly she cares
for the white child
till the light of day beams
from Amakeia’s friendly-loyal black face.
She sees the ominous
signs of war:
Quick the invasion, home and haven
Slaughtered and burnt down
Selflessly, death defying
with the white child on her back
to the Amakeia mountains
she’d hastily fled
“Hush now, hush now, Pikanini
over the mountains the moon rises
No one will see us here
Tomorrow we’ll go home.”
Oh, that the eyes of the scouts
had to discover their hiding place!
“Save him, he’s so little!” she begs
with hands stretched out.
Ragingly snarled the wild gang:
“Die or give the white child here!”
“Over my lifeless body,”
replied Amakeia vivaciously.
“My promise to my madam,
the best I could asked for:
Where he goes, Amakeia goes,
to care for him.”
“Unite in death
If in life you can’t be parted.
Quick death with her, Maxosas,
Let the glinting spears rain down!”
In the Amatola valleys
Howls only the winter wind
through the reeds in the moonlight:
“Tula-tula – sleep my child.”
(c) Nikita 9:30 14/2/2009
Amatola Mountains – Image: hubertha.co.za
Tyd
Ek hou die tyd in my hande
terwyl ek onder die koel lakens
in die maanverligte kamer lê
niks kan my gedagtes aan jou keer
behalwe die beperkinge van verbeelding
soete rakings bring die sug van genot
terwyl ‘n verdwaalde uil sy goedkeuring gee
geen beperkinge is geplaas
in die alleenheid van die middernag
terwyl ek op jou terugkoms wag
-Nikita- 8/4/08 21:00
Aksioom
(stelling wat waar is sonder bewyse)
My beleë gedagtes
het danig met ‘n pyl
die dampkring om ons
huiwerig binnegedring
Afsydig het jy die die buikgord
van jou hart buitengewoon
ingetrek en daarmee saam
die sfeer om ons vernou
Balhorig het ek met woorde
jou gebombardeer
besimpeld-besluiteloos
het jy die dekmantel
gelig en stadig begin delf
in ‘n argaïese verlede
Domastrant en diktatoriaal
het jy ondersoekend erken:
‘n dilemma! en aanvaar jy
aanspreeklikheid as skipper
en red die breukeling
Selfversekerd en delikaat
het jy my gedagtes omvou
lugleegtes doodgelag en
doodluiters my hart bedraad!
-Nikita-17/5/09
The Erl-King…translated into Afrikaans..
Die gedig is deur ‘n blogleser gesoek en ek het hom vir haar vertaal nadat ek die oorspronklik-Afrikaans-vertaalde nie kon kry nie. Twee dae later kry ek dit nadat ek die titel een woord gespel het! Wel, ek het besluit om my interpretasie hier te los – saam met SJ du Toit s’n. Ten minste kan jy sien waarom ek nie ‘n digter is nie! hehe… wat jy hier van my kry is: WYSIWYG!
Die Elwe-Koning –
Wie ry daar so laat deur die donker, somb’re nag?
Dis ‘n vader met sy kind
Hy hou die knaap klemmend in sy arm
Hy hou hom veilig, hy hou hom warm.
“My seun, waarom lyk jy so beangs?”
“Sien vader nie die Elwekoning nie?
Die Elwekoning met sy kroon en trein?”
“My liewe kind, dis mis wat opstoot in die vlakte.”
“Kom nou, liewe kind, kom nou saam met my
Ek het lekker speletjies om met jou te speel.
Lieflike blomme blom op die strand,
My moeder het baie kledingstukke van goud.”
“My vader, my vader, hoor jy nie die
beloftes wat die Elwekoning fluister vir my?”
“Wees rustig my kind, bedaar, dis die
nagtelike wind se ritseling deur gedroogde blaar’ .”
“Wil jy nie saam met my kom, my seun?
My dogters sal jou liefderyk versorg,
My dogters dans hul nagtelike dans
Hul sal jou wieg totdat jy slaap.”
“My vader, my vader, sien jy nie daar?
Die Elwekoning-dogters in die donker daar?”
“My seun, my seun, ek sien duidelik
hoe grys die wilgerbome lyk.”
“Ek’s lief vir jou, jou skoonheid bekoor my, my seun.
En as jy nie gewillig is, dan moet ek jou forseer!”
“Nee vader, my vader, hy gryp my arm!
Die Elwekoning het my seer gemaak!”
Die pa sidder, sy ry is wild
In sy arms hou hy die kermende kind
Hy kom tuis met ‘n geswoeg en gesweet
In sy arms – die lewelose kind.
Nikita-25/6/09
Oorspronklike gedig deur Goethe
Oeps! Hier het ek so pas die vertaling van SJ du Toit op Litnet opgespoor..waarom kon ek dit nie twee dae terug kry nie? Omdat ek Elwekoning twee woorde gespel het!
Die Elwekoning
(Goethe)
Wie ry daar so laat deur nag en wind?
Dit is ‘n vader met sy kind;
Hy druk die knapie so styf in die arm,
Hy hou hom veilig, hy koester hom warm.
“My seuntjie berg bang sy gesiggie, vir wie?”
“Sien Vader die Elwekoning dan nie?
Die Elwekoning met mantel en sleep?”
“My kind, dit is ‘n newelstreep.”
“Kom, kindjielief, kom saam met my!
So heerlik speel hul waar ek bly;
Veelkleurige blomme groei op die strand,
Van goud gaan jou kleed wees uit moeder se hand.”-
“My Pappie, is Pappie dan heeltemal doof
Vir wat Elwekoning my saggies beloof?”
“Bly stil, wees rustig maar, my kind!
In dorre blare duisel die wind.”-
“Gaan jy, lief seuntjie, met my saam?
My dogters ken almal reeds jou naam;
My dogters dans voor die nagt’like rei
En wieg jou en dans en sing so bly.” –
“My Vader, kan Vader dan glad nie gewaar
Elwekonig se dogters in die donker kol daar?”
“My seuntjie, my seuntjie, ek sien dit heel goed:
Die ou-gras skyn geel aan die randjie se voet?”
“Jou skoonheid bemin ek, my siel is ontsteld;
En as jy nie wil nie, gebruik ek geweld!”
“My Pappie, my Pappie, nou vat hy my raak!
Elwekoning het my seer gemaak!”
Die vader skrik; hy ry soos die wind,
En hou in sy arms die kreunende kind,
Bereik sy plaas in bange nood;
Die kind lê in sy arms dood.
Vertaling – SJ du Toit
The Erl-King
WHO rides there so late through the night dark and drear?
The father it is, with his infant so dear;
He holdeth the boy tightly clasp’d in his arm,
He holdeth him safely, he keepeth him warm.
“My son, wherefore seek’st thou thy face thus to hide?”
“Look, father, the Erl-King is close by our side!
Dost see not the Erl-King, with crown and with train?”
“My son, ’tis the mist rising over the plain.”
“Oh, come, thou dear infant! oh come thou with me!
Full many a game I will play there with thee;
On my strand, lovely flowers their blossoms unfold,
My mother shall grace thee with garments of gold.”
“My father, my father, and dost thou not hear
The words that the Erl-King now breathes in mine ear?”
“Be calm, dearest child, ’tis thy fancy deceives;
‘Tis the sad wind that sighs through the withering leaves.”
“Wilt go, then, dear infant, wilt go with me there?
My daughters shall tend thee with sisterly care
My daughters by night their glad festival keep,
They’ll dance thee, and rock thee, and sing thee to sleep.”
“My father, my father, and dost thou not see,
How the Erl-King his daughters has brought here for me?”
“My darling, my darling, I see it aright,
‘Tis the aged grey willows deceiving thy sight.”
“I love thee, I’m charm’d by thy beauty, dear boy!
And if thou’rt unwilling, then force I’ll employ.”
“My father, my father, he seizes me fast,
Full sorely the Erl-King has hurt me at last.”
The father now gallops, with terror half wild,
He grasps in his arms the poor shuddering child;
He reaches his courtyard with toil and with dread,–
The child in his arms finds he motionless, dead.
Suid-Afrika: my land
Jy’s indrukwekkend, manjifiek
jou sondeurdrenkte landskappe
weerkaats helder beelde in my siel
jou pragtige wonders flikker oneindig
lank in die stilte van jou nagrus
Mount Aux Sources – so elegant en grasieus
verrys jy vanuit die voetheuwels, soos
‘n fakkel by die Spele ets jy lekkende
beelde teen die muur van my geheue
en voel ek jou hitte gloeiend teen my hart
O Blyde! ek fantaseer oor jou
magiese kragte wat jy sorgloos
en galant in die galery van my
stille gemoed stilletjies uitpak terwyl
my dawerende applous eggo
oor die velde van my gedagtes
Moederstad! hoe inskiklik laat jy my
telkens hakkel wanneer ek my herinneringe
sagkens koester – jou fasades!
waar ek jou gambiet betree
en gewillig my pionne oorgee
En saans voel ek jou fluweelagtige
skoonheid van elke sonsondergang
stadig neerdaal in my gemoed terwyl
ek stadig drink van jou geloofs-fonteine
wat borrellend bruis in oorvloed
Fragmentaries vier ek feeste
ek dans en omhels jou en jy –
jy blus my gees telkens met jou
magiese heildronke: een-vir-een
op ‘n toekoms – wat mag wees!
–Nikita –14/8/09 14:00
Today was the day that we celebrate Afrikaans as language. Follow this link to see my entry about it.
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2009/08/14/afrikaans-afrikaans-afrikaans/
Hoe sou ek weet
Hoe sou ek weet
ek sou jou soveel mis –
as die gemis so alledaags was?
Hoe sou ek weet ek sou so verlang
– na slegs ‘n aanraak –
so nimmereindingend?
Hoe sou ek weet dat dit so brandend sou wees?
Teen die middag-breek
reik ek na ‘n hand – wat nie meer is daar
ek luister fyn na die sagte, fermheid van ‘n stem
wat ek nou so selde hoor, maar
leegheid gevul deur die lees
van ‘n woord:
‘n naam, jou naam
tog toe nie joune nie
Hoe sou ek weet – in my fantasieë
– dat totsiens sou wees:
‘n woord gevul met soveel realiteit
‘n woord gevul met soveel finaliteit
Hoe sou ek weet?
–nikita 18/8/2008 18:45
Soms …
voel ek blou
en ek gee voor
om nie raak te sien
die gevoelens in jou oë
ek ignoreer jou
vergrote pupille en jou
stem se sagte toon
of verbeel ek my
dat ek dit ignoreer
probeer ek die verlede
net dalk maar… begrawe
dit sou nie die eerste keer
wees…
‘n siklus van ebb en vloed
‘n lang tyd het verby
gegaan sedert
ek jou naam weer neergeskryf het
ek sal geduldig wag
totdat die aarde oopskeur
~~Nikita~~31/12/2009
Die Beste
Afrikaans:
Ek is aan jou verknog
Jy is vir my ‘n sieraad
Jou wingerdstokke groei welig
in my opgeploegde land
Jy is besprinkeld met
onbeskaamde liefde en
jy bring voort troetelkinders
Jou sprekers strek
van die Ooste na die Weste
en jy bly verreweg
Die Beste!
13/8/2010 -21:30 Nikita
The Best
Afrikaans
I’m attached to you!
To me: you are a trinket
Your grapevines flourish
in my ploughed land
You’ve been irrigated with
impudent love
You bear cuddly-children
Your speakers stretch
From the East to the West
And by far:
You’re the BEST
Translated: (c)Nikita – 16/2/2012 – 20:00
Ek stuur jou die goud
oor die dansende blou waters
nie die koue hartelose soort,
maar die goud van ‘n herfsblaar
malend oor ‘n golwende terras
wat ‘n helder skynsel nalaat:
kontrasterend teen die skemer
Ek stuur jou die goud
van ‘n vertroueling met die warmte:
warmte van ‘n spinnende vlam van vuur
wat jou alkant omsingel en dié
van ‘n liefdevolle glimlag
wat jou las sal verlig
en jou plesier sal verskaf
Ek stuur vir jou die goud
van ‘n laatmiddag sonsondergang
langdurig en langsamerhand
die warmligte aanraking
van die strale wat jou deurboor:
laag vir laag tot in jou siel
Ek stuur jou die goud
van goue vonkelende wense en geluk
alhoewel ek nie fisies daar is,
maar my gedagtes wel, wat nooit verwelk:
my gedagtes, altyd aan jou sy!
Ek stuur vir jou die goud!
–Nikita 19:00 17/03/2012
Carol Burnett: Words, once they are printed, have a life of their own.
The camp
White tents like white ant hills.
Strange, awkward stenches fill the war-torn air
Weak, though proud, with no disinfectant
Sitting around in poverty: deprived!
Waiting for food. Waiting for water.
Humiliation. Disgrace. Filth.
Dead bodies carried along white rows
They don’t care, they don’t think!
They can’t think. They just kill!
The pain inside: it cuts deep, very deep.
No sound. No breath. No life.
No words. No food. Only thoughts.
Only thoughts. Only Blue vitriol.
Children crying, children dying
Hunger screams, hunger wails
Endless waiting. Timeless prayers.
Shock. Horror. Pain.
Forgotten lives.
Panic. Fright. Terror.
God! My child is dead!
Footsteps. No words.
Empty arms. Eyes watching.
Not my child!
Patience because:
‘Another seepkissie will arrive soon.’
Silence.
Nikita 22/8/2013
I’ve contacted Laurika Rauch, the artist that sings “Sonvanger” (Sun catcher) about the translation…and she was impressed with the translation…I copied her message via email here, unfortunately in Afrikaans…
~~~~~~
Ek het vir Laurika gekontak via email en dis haar antwoord terug op my versoek om kommentaar te lewer op die vertaling van haar liedjie “Sonvanger”. ‘n Mens weet nie altyd verseker of jy afbreuk doen aan ‘n vertaling nie…
Hi
Ek hou van jou gedig van Bobby Fisher
Ek sien jy deel my liefde vir die digkuns, miskien het dit Skaak in gemeen. Ek bedoel Skaak en gedigte het dalk iets in gemeen.
Ek het al vir myself geteoritiseer dat dig, musiek, skaak en wiskunde gemene elemente bevat en dat kinder prodigies wat goeie skaakspelers is normaalweg ook goed is musikaal en wiskunde. Ek dink maar so.
Hier is n skaak gedig vir jou;
Die skaak speler
Die klein soldaat,
tree vorentoe ewe kordaat.
eë twee eë vier
en sneuwel
toe ‘n ridderlike dood.
By Magersfontein lê die loopgrawe nou
wit klippe uitgestrook
en vind jy nog stukkies lood
as jy in die grond rond grou.
“Die een het ons gewen”, sê God
en pak die skaakbord,
weer ‘n keer.
Hi Lewies…die gedig is PRAGTIG!!
jy praat nogal waar oor wat jy se van skaak/gedigte ens. Ek het juis ‘n pos gedoen, nog “draft” met “Remembrance” waar ek so bietjie iets se van my klavierlesse… 😉 en snaaks genoeg, is ek ‘n Wiskunde-liefhebber en verkies ek om Wiskunde/Tale te gee as ek kon kies…en pak meer van jou gedigte hier af! 😉
Ek is mal oor Paaie van herinnering!!!! Ek is mal oor al die gedigte !!!
Terloops baie nice kompliment wat Laurika jou gegee het 😉 Ek stem saam met haar awesome site!
Hi Wipneus…Baie dankie!!! 😉 en vir jou mooi kommentaar!
Dis net ek wat alweer in jou gedigte snuffel 😉
ek het gewonder wat voel ek op my rondloop! 🙂
Ek hou baie van jou gedigte! Hou so aan!
hi Paula! Dankie, ek voeg nou-en-dan ‘n gediggie hierby wat ek nie noodwendig blog nie! Bly jy geniet dit!
Xcellent gedigte!
Veral “Ek weet van ‘n plek in Afrika”
Puik!
hi ICE…Baie dankie! Ek’s bly as jy dit ook geniet het, “Ek weet van ‘n plek…” is ook ‘n gunsteling van my…
Ek het jou webtuiste en gedigte baie geniet. Kom definitief weer hier kuier. Groete Ans Coetzee
Ons is so ‘n klompie digters wat besig is met ons eerste digbundel en sal graag wil dat jy gaan kuier op ons webtuiste wat nou in wording is en vir ons jou mening gee.
http://www.kunstigekreukelkamers.co.za/index.html
Ons het ‘n forum waar ons werk en beplan en die eerste gedigte geplaas het vir redigering. Laat weet of jy sou belangstel om toegang as gas daar te he en ons jou mening te gee.
Ons het oorspronklik op die http://www.ans.coetzee.woes.co.za webtuiste ontmoed. Hul doen baie vir afrikaanse gedigte.
Groete
Hi Ans! Baie welkom hier en dankie vir jou besoek/kommentaar! Ek sal beslis so ‘n draaitjie gaan maak op daardie website. Lekker dag en jy’s enige tyd welkom om weer te kom!
Nikita, ek’s mal oor al jou gedigte! ek skryf self ook en is baie geinspireer. mooi loop.
Petro
Hi Petro..welkom hier op my blog! Het jy dalk ‘n website/blog waar ek jou gedigte kan lees? Dankie vir jou mooi kommentaar!
“Hello again I thought I’d let you (and your lekker vriende) know that I’ve launched a “Poets of Africa” blog – http://poetsofafrica.blogspot.com/. Afrikaanse digters welkom! Just email me on wayne@waynevisser.com and I will give permission for you to post. Kwa heri Wayne”
—————-
Hallo Almal…Wayne het hierdie boodskap via email gestuur en gevra ek moet dit hier pos, dit het nie deurgekom om een of ander rede toe hy dit gepos het nie. Hy vra enige persoon (as jy weet van enige iemand wat gedigte skryf, help!!) wat graag deel wil wees van hierdie blog wat hy begin het… stuur vir hom email en hy kan vir jou “regte” gee om in te log en jou gedigte op te laai. Ek het van hom ‘n uitnodiging aanvaan en sal dus ‘n paar gaan opsit…Afrikaans of Engels…ek dink dis ‘n oulike idee..gaan loer bietjie in daar…Dankie! Jou gedigte kan oor Afrika wees of jy as digter kan van Afrika af wees…
Hi All…if you write poems..and you have any poems about Africa..or if you’re a poet from Africa (any country)…and if you’re interested to be part of Wayne Visser’s blog…send him an email with one of your poems to:
wayne@waynevisser.com and he will invite you and give you permission to have access to the blog too…to upload your poems…thank you!!
Hello Nikita
Dankie vir jou uitnodiging en kuier daar by die Hawe. Baie mooi blog en duidelik ‘n refleksie van jou passie en liefde vir die dinge wat jou na aan die hart is.
Sal gaan loer by Wayne ook.
Groete en alles wat mooi is.
Hi White Knight!
Dankie vir jou mooi woorde! Ek hoop jy kan ons “join”. Gaan lees sy gedigte op sy webbladsy, daar’s ‘n hele paar baie mooies.
Groete vir jou ook!
zoooooeeeeeemmmmmmmm! 007 land toe so heel onverwags na ‘n secret mission hierso by Nikita! Heng sal nog die skaak bladsy als gaan deursniffel – kyk ek speel my spel en soms nogal goed, maar hier is nou soveel meer info lat ek wonner of ek werklik nog ken van skaak! 😉
Nikita ek geniet jou vertalings en jy verwoord gevoelens baie uniek! Ek het op my blog http://007meisie.wordpress.com so hier en daar in die verlede ‘n gediggie al geplaas, en daar is so 2 of 3 wat ek graag jou wil sien oorvertaal! Gaan 2 oor Suid Afrika hierso plaas en kyk wat jy daaruit optower! 😆
Oor die mooi van SA se natuur – net stil raak en waardeer! Hier gat hy! Enjoy!
Epiese liefdesgedig oor die hangmat onder ‘n boom
hoor – luister
nantuur gaan sy gang
vink se kwetter en fisant se roep
oge toe – vlietend versteen
sekond se stilte
eienaardig mooi
viooltjie blou lug
adem longe vol vars vrede
pomp esensie soel en sag
vene – are – vol skeppings chemie
wieg heen en weer
heen en
weer
water kabbel oor klippe
in ‘n stroompie vol hoop
ontkiem lewe
weet
salig
begeer dit stop nooit
in alle oppenhoud is die
hele Skeppingswonder
‘n miertjie op jou toon
en groen kruisie in die sand verdroom
Kopiereg – 007meisie (N. Eloff)
Laaste ene ook oor SA se natuur – die groot verskeidenheit wat jy in een kry hierso! Daarsy – sal graag wil sien wat maak jy met die 2 poems se vertalings! 😉
Soos ‘n web met ‘n knoop
Reën in die noorde
Son in die suide
WOUDE – WOESTYNE
grasveld – groot berge
Kranse en klowe
koue Sutherland
warm Phalaborwa
Noordkus
Weskus
Soos ‘n web
almal ‘n dag uitmekaar
altyd iets iewers te doen
weer net mooi reg
Mooiste dagbreek
heritage my herkoms
herwaarts of derwaarts
orals waar jy reis
nooit kan jy genoeg kry
van die bestemming so vry
soos ‘n web met ‘n knoop
my Suid-Afrika!
Kopiereg 007meisie (N.Eloff)
hi 007meisie!
Baie welkom hier! Dankie vir jou mooi kommentaar ook! Jou gedigte is mooi! Ek sal bietjie gaan loer op jou blog ook! Ongelukkig gaan ek nie nou in die nabyheid tyd kry om te vertaal nie, sommige gedigte is net baie makliker om te vertaal as ander en ander moet mens nie vertaal nie, hulle is net mooier in die taal wat hulle geskryf is. Dis hoe ek voel, mens moet nie afbreuk doen aan ‘n gedig nie en dis soms baie moeilik met die vertalings, jy moet probeer se wat die digter werklik probeer se het en jou woordkeuse moet van so ‘n aard wees dat jy die boodskap van die digter daarmee moet oordra sonder om die essensie van die gedig te verloor. Ek blog nie meer my eie op die hoofblad nie, maar eerder hier, daarom sal jy vind dat sekere van die hier nie op my hoofblog is nie. Jy moet bietjie van joune ook vir Wayne stuur, ek dink jy’t dalk sy boodskap hier gesien. Ek is byna klaar met my skaakgames, maar sodra ek meer tyd het om weer te speel, kan ons gerus ‘n paar spelle speel! Daar’s twee links op my blog na twee sites waar ek geregistreer is as jy wil gaan loer hoe dit daar lyk ens. Bly om te hoor nog een van die SA-vroulike geslag hou van skaak en speel dit graag! 🙂
Wonderlik! Pragtig alles Nikita.
x
🙂
🙂
Hi pepik! Welkom hier! Baie dankie vir jou kommentaar en ek’s bly jy’t dit geniet.:)
Goeiedag,
Ek wonder of u dalk so belangstel om gedigte na my e-pos koerant te stuur by die.reizigers@gmail.com.
Indien u enige verdere navraag het kan u my gerus kontak by bostaande e-pos.
Groete
MARTIE JANSE VAN RENSBURG
Hallo Martie, Welkom op my blog en dankie vir jou boodskap. Ek het jou ‘n email gestuur na die adres wat jy opgegee het met die los van jou boodskap, maar nie die een wat hier verskyn nie, want hy word nie herken deur google nie. PS: moet asb nie vir my “u”! 🙂
Wow, maar jy doen ‘n groot ding vir ons taal. Dis tyd dat Afrikaners so ‘n bietjie Afrikaanse trots kry, anders gaan die Engelse ons taal oorneem!
Dankie…
hi Tatiana! Welkom hier en baie dankie vir jou baie mooi woorde! Ek is bly dat ander dit geniet. Ek dink net hierdie bladsy raak nou bietjie swaar gelaai en dat ek dalk ‘n tweede moet begin want ek hou net aan om hier by te voeg! Ja, die rooinekke moet bietjie op hul plek gesit word, Afrikaans BO! 🙂
thank you for your wonderful blog…i have so enjoyed reading the recipes and the poems and your translations into english.
i am looking for more well-known and not-so-well-known poetry about the southafrican veld….. have you any ideas?
hi Helene, Welcome to my blog and many thanks for your very kind words. I’m glad you’ve enjoyed the recipes and the poetry. If you’re looking for more South African poetry, I guess you’re looking for English poetry?
The only SA English poet with a site I know from the top of my head is Wayne Visser. http://www.waynevisser.com If you give me a little time, I may find you more. I guess you’re English and not interested in Afrikaans poems/poetry. As a rule I don’t translate every SA poem, I only did a few that are really some of my top 10-favourites…but did one on request too.
If you have time on hands, you might want to do a search too, as my time is a bit limited for the next week or so. I look forward to reading your comments on Wayne’s poetry.
On this next link you can also read translated poems..from an Afrikaans poet…into English. I must admit that I don’t know this Poet, I think she must be one of the young and upcoming poets of SA.
http://ateljee.co.za/poems/ and another site:
http://southafrica.poetryinternationalweb.org/piw_cms/cms/cms_module/index.php?obj_id=10
Ek is op soek na ‘n vertaalde gedig. Die Elwe-Koning van Goethe.
Kan u my asb daarmee help.
Groete
Linda
Hi Linda! Welkom hier! Sien my blog-entry oor die Elwe Koning. Jy sal die gedig daar kry.
Oulike site!
hou so aan!
Hallo Manie! Welkom hier op my blog. Ek is nou nie seker of jy Manie Jackson die country sanger is nie! Baie dankie vir jou mooi woorde. Ek sal probeer so aangaan! 🙂
I thoroughly enjoyed reading your translations. Keep up the fantastic work!
hi Anil J! Welcome to my blog and thank you for your kind comments. I will try keeping it up. 🙂
Hello Nikita
I publish poetry both in Afrikaans and English. My poem about the concentration camps in the Anglo Boer war, was banned from the Mabooki web site which is a sister site of Woes, but it’s still running on the poemhunter website.
My great grandmother died in a Brithish concentration camp and my Grand father grew up in an orphanage because of it and maybe this poem vexes to near to the truth for some people.
Grieve England
Grieve, England, and hang your head
in utter shame,
as the tale of your inhumanity
rings to this very day.
Grieve about your fallen brave, England,
for no glory did your heroes bring
back from the battlefields of South Africa,
where they killed children
who did not want to betray
the whereabouts of their fathers.
What glory shines
in pillage and rape
and how does lament ring,
with the utter destruction
of farmsteads of a nation?
Grieve about the soulless slaughter, England,
of most of a nation’s women
and children in your cruel concentration camps,
where you fed glass mixed with meal
and let thousands of the innocent die of pestilence.
Cry, England, and hang your head
in utter shame,
as the tale of your inhumanity
rings forever more.
[Reference: => To the Anglo-Boer war where thousands of innocent woman and children died in British concentration camps.]
Gert Strydom
Hi Gert, Thanks for your poem, I’m going to copy it on my link about the Boer War, if you don’t mind. I think it’s a great poem. You know why it’s been banned? Just because it’s the truth and they can’t handle the truth…trying to hide it always.
Thanks again!
Dear Nikita. I am truely honored.
Thanks
Gert Strydom
Dis ‘n plesier!/ Pleasure!
Hi Nikita
I am trying to find an Afrikaans poem we used to recite in primary school. I think it was called Die Muskiet. I am going back many years (1973) and have tried googling it. Any ideas where I might find it?
Thanks
hi Donna, is it not Muskietejag? I do have Muskietejag on my blog.
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/10/06/bitterbessie-dagbreek/
Have a look on this link.
Hi Nikita
I saw that poem, it’s not the one. I don’t remember it being that long. I’ll have to ask around.
Thanks anyway.
Sorry, Donna, if I find something that might be the poem (will be by “accident”) 🙂 I will let you know.
Help my asseblief!!!!
Ek soek gedigte vir Gradd 3 Leerlinge!
Asseblief
Lynne
hi Lynne
Ek het hier iewers op my blog PDF’s met gedigte vir Gr3’s! Ek kyk of ek vir jou ‘n link kan kry. Kyk bietjie op hierdie link…’n hele paar pdf’s
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/09/26/storietyd-storytime/
Dear Nikita here’s some more poems that I have written about the Anglo-Boer war.
Voor ‘n vuurpeloton
Japie verbrand hom amper
as hy koffie uit stort
en dis nog donker,
as daar vier uur een oggend
Britse soldate
op die Greylings se plaas opdaag
Daar’s ‘n boerseun
wat teen ‘n plaashuis
se muur staan
en Engelse kaptein Jack Seeley
wil weet waarheen
sy vader se
Boere kommando gaan?
Japie Greyling weier om
enige iets daaroor te sê
en Jack Seeley
beveel sy manne
om op Afrikaner seun aan te lê
Ses Britse Martini Henri gewere
word op ‘n tien jarige kind gerig
en hy hoor hoe slot
na slot agter ‘n koeël toeslaan.
Ek vra jou ‘n laaste keer,
sê die onverbiddelike Brit
en ‘n Boere seun kyk
in die dood vas,
maar nog is daar niks
wat hy oor sy mense verklap.
Die Britse kaptein hou aan
om senuweeagtig op en af te stap
en die blou oë
van ‘n Boere seun
sny regdeur hom
en die kind sê
laat die dood dan maar kom,
maar praat sal ek nie.
Al die Britse soldate
staan verstom vir die moed
wat uit ‘n Afrikaner kind uit kom
en op bevel
word die gewere laat sak
voordat hulle, hulle ry kry
en Japie Greyling
lewend agter bly.
[Verwysings: Geskiedkundige helde verhaal van Japie (Jacobus Johannes Cornelis) Greyling gedurende die tweede Anglo-Boere oorlog. Die gedig “Japie Greyling” deur J.F.E Celliers. Die boek “Fear and Be Slain” deur Jack Seeley.]
In front of a firing squad
Japie almost burns himself
when he mess some coffee
and it’s still dark,
when at four o’clock one morning
British soldiers arrive
at the Greyling’s farm.
There’s an Afrikaner farm boy
standing against the wall
of a farm house
and English Captain Jack Seeley,
wants to know to where
his father’s Boer commando is going?
Japie Greyling refuses
to say anything about it
and Jack Seeley
order his men,
to aim at an Afrikaner boy.
Six British Martini Henri rifles
are pointed at a ten year old child
and he hears gunlock after gunlock
closing behind a bullet.
I ask you a last time
says the relentless Englishman
and a Boer boy
looks into death,
but still there’s nothing
that he lets out about his people
The British Captain keeps
walking nervously up and down
and the blue eyes
of a Boer boy,
cuts right through him
and the child says
let death then come,
but talk I wont.
All the British soldiers
are astounded by the courage
that comes from an Afrikaner child
and on command,
the rifles are lowered
before they ride away
and Japie Greyling
is left alive.
[References: Historic heroic story of Japie (Jacobus Johannes Cornelis) Greyling during the second Anglo-Boer war. The poem “Japie Greyling” by J.F.E Celliers. The book “Fear and Be Slain” by Jack Seeley.]
Gideon Scheepers
Daar’s ‘n Boere kommandant
wat by Magersfontein sy staal wys
en die Britte help verslaan
en by Paardeberg dwarsdeur
Britse soldate te perd ry
en hulle kan nie
‘n vinger op hom lê nie.
Toe sy kommando die kaap kolonie binne gaan
word spoorlyne flenters geskiet
en Britse treine staan en wag
en is daar baie Kaapse Boere
wat by hom aansluit
om die oorweldigende Britse mag
te help stuit.
Die Britte deel gewere
aan die swart bevolking uit
en laat hulle op boere plase los
om vrouens en kinders te vermoor
en te verkrag
en vir Gideon Scheepers is dit genoeg
en dit tref hom soos ‘n helse hamer slag
en elke swarte wat sy kommando gewapen vang,
word opgehang.
Toe dit gebeur
dat die Britte vir Gideon Scheepers
siek in die veld kry,
fusseleer hulle hom
en hy word iewers in die veld
in ‘n ongemerkte graf
in die aarde gedruk
en selfs vandag nog
weet niemand waar
Gideon Scheepers lê.
[Verwysing: Die heldeverhaal van Gideon Scheepers gedurende die tweede Anglo-Boere oorlog.]
Gideon Scheepers
There’s a Boer commandant
that proofs himself at Magersfontein
and help to beat the British there
and at Paardeberg on horseback,
rides right through them
and they cannot touch him.
When his commando
enters the Cape Colony
rail tracts are blown away
and British trains stand and wait
and there are many Cape Boers
that joins him
to fight against
the overwhelming British might.
The British give guns
to the black population
and send them to farmsteads
to murder women and children
and to rape
and to Gideon Scheepers it’s more than enough
and it hits him like a hammer blow
and every black man
that his commando catches carrying a firearm
is hanged.
Then it happens
that the British find Gideon Scheepers
lying ill in the field
and they execute him
and somewhere in the field
he is pushed into an unmarked grave
and even today
nobody knows where
Gideon Scheepers lies.
[References: The rank of Commandant is equivalent to that of Lieutenant-Colonel. The heroic story of Gideon Scheepers during the second Anglo-Boer war.]
Die bergpas
Daar’s koeëls wat vonk strepe
op die klippe langs hom trek
en in die nek
staan Jan Pieterse
en tien manne,
om die Engelse terug te hou.
Die rook van skote wat klap
hang soos mis om hom
en geweer slot na geweer slot,
word keer op keer oorgehaal
en Jan Pieterse en sy manne
skiet fyn terwyl die oggendskemer kom
Onder gaan ‘n Boere kommando
deur die rivier se drif
en daar’s perdepote wat klap
en ‘n liddiet bom,
ontplof soos ‘n vlammende ster
in die grou lug
voor die son nog opkom.
Die stof gaan lê
en die kommando ry weg
en Jan Pieterse het net een makker,
wat saam met hom lewendig is
en hulle gee die perde vrye teuels.
Dis net Jan Pieterse wat daar wegry
en hy swaai om
en jaag terug in die koeëls
en liddiet bomme in
om sy maat te kry.
Met sy gewonde makker
wat oor sy saalboom hang
kan Jan Pieterse en elke Engelsman
die son se eerste rooi strale daar vang
en sy perd stap stadig aan,
asof geen koeël hom daar kan raak
en niks ‘n Boere held dood kan maak.
Die Engelse hou op skiet
en juig oor die dapperheid
van ‘n vyandelike Boer,
wat met roer in sy hand
weg oor die horison verdwyn.
[Verwysings: Die historiese helde verhaal van Jan Pieterse gedurende die tweede Anglo-Boere oorlog. Die gedig “Rit-rympie” deur Toon van den Heever.]
The mountain pass
There are bullets that draw sparking lines
on the rocks next to him
and in the mountain pass,
Jan Pieterse and ten men
stand to keep
the English back.
The smoke of shots being fired
hangs like fog around him
and gunlock after gunlock,
are cocked time after time
and Jan Pieterse and his men
shoot carefully while the morning’s dusk appears.
At the bottom a Boer commando
goes through the river’s ford
and there are horse hoofs resounding
and a liddite bomb,
explodes like a flaming star
in the grey air
before the sun rises.
The dust clears
and the commando rides away
and it’s just Jan Pieterse and one comrade,
that is still alive
and they give their horses full reigns.
It’s only Jan Pieterse that gets away
and he turns his horse around,
chase back into the bullets
and liddite bombs
to get his mate.
With his wounded comrade
hanging over the front of his saddle
Jan Pieterse and each Englishmen
experience the first red rays of the sun
and his horse walks slowly on,
as if no bullet can touch him there
and nothing can kill a Boer hero.
The English stop shooting
and cheer about the bravery
of a enemy Boer,
that disappears with rifle in his hand
over the horizon.
[References: The historic heroic story of Jan Pieterse during the second Anglo-Boer war. The poem “Rit-rympie” by Toon van den Heever.]
‘n Dapper Veldkornet
Vanaf ‘n rantjie
storm twee Boere kommando’s
by ‘n Engelse kamp in
en ‘n paar Britte word geskiet,
‘n klomp word gevang
en die meeste vlug weg.
In die rigting van die Tuli rivier
word die vyand agterna gejaag
waar hulle by makkers
met ‘n ossewa aansluit
en die Boere skiet skerp en raak
en die Engelse vlug
om in ‘n huis skuiling te vind.
Die huis word uitmekaar geskiet
en vir die derde keer op een dag
vlug die Engelse weer
en die volgende dag,
buit die Boere nege waens
met kos en ammunisie.
Boere verkenners vind
die dag daarop
‘n groot verlate Britse kamp
met uitgebrande vure,
tente, perde en muile
en sien ‘n groot stof wolk
wat in hulle rigting aankom.
Daar’s ‘n Veldkornet
wat sy man staan,
terwyl twee Boere kommando’s
jaagend by hom verby gaan
en op vlug slaan.
Jacobus Potgieter vind teen skemer aand
nog manne met ‘n kanon
op ‘n koppie
en net meer as twintig Boere,
maak hulle gereed
om weerstand aan ‘n groot vyandelike mag te bied.
Hoe donkerder die nag word
hoe nader kom die stofwolk aan
en Jacobus Potgieter en sy manne
is gereed om raak en dood te skiet
en geen Engelse by hulle verby te laat gaan
en daar’s ‘n rammelende geluid,
maar geen vyand verskyn
en hulle word oorval
sonder dat ‘n geweer skoot knal
deur ‘n swerm springkane
wat verby trek.
[Verwysing: Die “JJ Potgieter manuskrip.” Tweede Anglo Boere oorlog.]
A brave Field Cornet
From a hillock
two Boer commandoes
ride into an English camp
and a few British are shot,
a lot are caught
and the most flee away.
In the direction of the Tuli river
the enemy are followed in haste
where they join comrades
driving a ox wagon
and the Boers are marksmen
and the English flee again
to find shelter in a farmhouse.
The house is shot to pieces
and for the third time on one day
the British flee again
and the next day,
the Boers capture nine wagons
with food and ammunition.
The day following Boer scouts
find an abandoned enemy camp
with burned out fires,
tents, horses and mules
and see a big cloud of dust
coming along in their direction.
There’s a Field Cornet
that does not drive away,
while two Boer commandos
escapes to safety.
At dusk Jacobus Potgieter
finds more men with a canon
set on a hillock
and with just more than twenty men,
he prepares
to give resistance to a huge enemy force.
The darker the night gets,
the nearer the cloud of dust comes
and Jacobus Potgieter and his men
are ready to shoot killing shots
and to let no Englishmen past them
and there’s a rambling sound,
but no enemy appear
and they are invaded
without a shot being fired
by a swarm of locusts
that is passing.
[Reference: The “JJ Potgieter manuscript.” Second Anglo-Boer war.]
Dankie Gert
Ek sal bietjie later lees, nou baie besig met dringende merkwerk.
Hallo Nikita
Ek het toevallige op die web werf afgekom en is mal oor al die ou gedigte uit my kinderdae. Daar is egter een gedig wat se woorde ek soek oral word hy aangehaal maar niemand gee die volle gedig nie. Is dit moontlik vir jou om te kyk of jy die woorde kan opspoor Dit is – Dis donker donker middernag nader kom die Soeloemag deur A G Visser.
Ek sal definitief gereeld op jou web ingaan
hi Meisie, Welkom hier op my blog. Dit is vir my ‘n plesier, ek is bly jy kon die gedigte geniet. Sodra ek vir jou iets gekry het, sal ek dit hier pos.
Hi Nikita,
Baie dankie ek waardeer dit baie dis nou al die laaste 10 jaar dat ek hom vir my kleindogter wil sê maar ken net die stukkie wat ek vir jou neer geskryf het.
Geniet jou dag
Meisie
Hi Meisie, Plesier, dit gaan net bietjie dol met my hierdie week! Sal kyk wat ek na die week kan uitrig.
Groete aan jou ook!
Hi Nikita
Gaan dit goed daar ver by jou.
Ek het net gou ingeloer om te sien of jy dalk al vir my die gedig kon opspoor. Sal later weer kyk of jy hom dalk vir my kon kry. Dankie vir al jou moeite
Groete daar by jou
Meisie
hi Meisie, Dit gaan goed dankie! Nee, ongelukkig kon ek nie, ek het selfs een ander blogger gevra [wat moontlik sou weet] en hy kon ook nie. Jammer ek kan nie help nie. As jy in SA naby ‘n groot biblioteek is wat AG Visser se bundels het, kan jy dit dalk opspoor, maar ek het dit nie op die CD wat ek het nie. Jammer dat ek vergeet het om hier te kom terugrapporteer. Groete aan jou ook!
hi nikita,
i have read the poem “i am an african”. i love it because it spans the epic reasons for penning this poem. how nationalistic and patriotic to give tribute to your native land. the languange and the emotions laid on this poem is a patent proof that indeed you are proud to be african.
long live africa!
hi Hames
I’ve not written this beautiful poem, but Wayne Visser has. He is an ex-pat also living in the UK and has asked me to translate this poem in Afrikaans. I’ve done another one and when he read it, he liked it and asked me to translate this one too. [he had in mind to publish a book with his poems in Eng/Afrikaans. He does read/understand Afrikaans too, but he says he prefers English when writing as he is better at it.] thanks for your visit and comments. Some of my own poems [in Afrikaans] are about South Africa, my country which I love with a passion, and yes, I’m proud to be a South African! 🙂 I’ve actually done a few about South Africa and places where I grew up.
HI daar
Ek is verras deur hierdie pragtige webwerf. Ek is op soek na ‘n gedig vir my seun se skoolmondeling. Ek weet hy begin so:
“Ek is hier en ma is hier, ons twee le op Baas se baadjie – weet jy dalk wat die naam is of wie dit geskryf het
Groete
hi Karen
Welkom hier en dankie vir jou mooi boodskap. Dis Waghondjies!! Ek het hom op my hond se blog…sal dit vir jou gaan kry.
Hi Karen
Hier’s hy! Sterkte met die mondeling, dis ‘n pragtige keuse wat jy gemaak het!
WAGHONDJIES (Jan F. Celliers)
Ek is hier, en Ma is hier,
Ons twee lê op Baas se baadjie.
Wie is jy?
Kom, loop verby,
Anders word ons knor ‘n daadjie –
Kry jou bene dalk ‘n hap.
Kry jou broekspyp dalk ‘n gaatjie.
Mooipraat? Nee, ons ken jou nie.
Weg jou hand en raak ons nie!
“Oppas,” het die baas gesê,
“Tot ek weer kom, hier bly lê.”
Op ons pootjies lê ons kop,
Maar ons hou jou darem dop.
Toe-oog slaap ons op die baadjie,
Maar ons loer nog deur ‘n gaatjie –
Een oor plat, en een oor op,
PAS-OP!!
Awesome painting
hi Shaun-Paul, Welcome to my blog, good to see you agree with me. 🙂
Once I get my new site up and going I will definitely give you a link for my visitors to come here.
Hi Sandiego-blogger! Welcome to my blog. I’ve updated your link with the blog-link which I found – if you don’t mind. That is a great entry. Thanks for your visit and message.
Nikita,
What a wonderfull surprise I just got. My Mom (73) is very good with poems, always remember’s something. This afternoon my puppy-dog was lying on the bed with me & next thing Mom walkes in with ….”ek is hier & ma is hier, ons twee le op pa se baadjie” & so on so goes. Next thing I’m browsing around here & what do I see? Waghondjies-JF Cilliers. I was stunned not knowing where she got the poem from. This is great, also looked for Winternag for my brother & looked for Amakeia(my all time favourite), thank you so much, it was good to be around these great guys on this cold night.
hi Winnie!
Welcome here at my blog! You enjoyed these great guys’ poetry while I watched Bafana! lol…and I heard about the cold in SA! I’m glad you enjoyed it all here…and of course I have waghondjies here too…also my old favourite..had to know it when I was at Primary. Your mum sounds like mine…glad she loves it as you will too. Feel free to come back for more reading when you feel like. Keep warm and stay warm in the cold! Hot chocolate will keep you warm. 🙂
Hi Nikita,
I am a teacher in Durban and am desprite for a South African poem!!!! I have been to every book store and spent about 10 hours so far on the net trying to find anything…
I am needing a poem that is about how proud we are living in South africa and the hope of a happy tommorow. I am wanting to use this poem as the ending to a play and presented as a Grade 7 cHoral verse. Any suggestions…
Hi Cara! Welcome here! What about the poem of Wayne Visser…”I’m an African”…I think that is a perfect poem! The poem is in this entry above…I’ve done the translation of it to Afrikaans, or…what about his other poem…”I know a place…” –I’ve translated it to Afrikaans too. See this link here for it.
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/05/18/i-know-a-place-2/
Ek is op soek na die liedjie se woorde van “Ongebore Baba” ek dink Ge Korsten het dit gesing?
hi Hanchen
Welkom hier op my blog. Nee jongie, nou vra jy totaal die verkeerde persoon vir so ‘n liedjie se woorde. Ek kan nie onthou of ek al die liedjie gehoor het nie en ek ken heelwat van Ge se liedjies, maar het hom nog nooit die een hoor sing nie. Jammer!
I am trying to trace an Afrikaans or Netherlands poem which is either called, “Die Rekenmeester Kom” or has these words in it. I think It relates to fraud or corruption in a business or an organisation or Government. It could well possibly have be taken from the Bible.
It was also used at schools in the 1940’s or 50’s as part of their prescribed work. Either in Afrikaans as a first or second language level.
Can anybody help trace this poem for me?
Mike.
Hi Mike
Welcome to my blog. I’m not sure if I will be able to help you. This poem of Opperman – has the words : “…die rekenmeester kom” , not sure if this is what you were looking for?
Ballade van die grysland D.J. Opperman
Die vroegte boere- paradijs
is nou één molshoop, groot en grijs
Totius (Trekkerswee)
I
Uit tonnels van die nag tuur
ek oor rook en mis as ysterspore
my in kringe van die stad instuur.
Teen dakke en skoorstene blink
die son, soos in ‘n leeggeloopte dam
op bottelskerwe en geroeste sink.
Eers in slote langs die straat,
met blou koffiekan en pik
het ek verbygangers beny, gehaat.
Toe het ons tot ‘n staaldriehoek
die leë olievate opgestapel –
bye aan ‘n nat bruin heuningkoek.
En haar hande, soos oor ‘n klavier,
gryp en vou en gryp en vou
stukke sjokola in blinkpapier.
Draaisae gil en in my ore
klink die geklets van beitels,
die geneul van swart motore.
Uiteindelik valse syfers neergekrap,
kon ek uit vet van viskafees
na ‘n paradys ontsnap.
II
Na tuine van die nag, waar neonligte blom,
het ek met haar gevlug; maar by my was
die vrees – die rekenmeester kom.
Bo na sterre, soos die grootwiel,
van sterre na die aarde,
duisel elke vrou my siel.
Bioskoop en dans, draak en die fisant
dra ons op die mallemeul
nagliks na ‘n Feëland.
‘n Pennieslotmasjien se kake
spoeg ‘n kaartjie na my uit:
“Wees veral versigtig met geldsake.”
O die vrees! as die rekenmeester kom
hoe sal ek kan verantwoord
en verslag gee van sy eiendom?
Die dag breek grou: ‘op tafelblad’
links in my smalle kamer
‘staan leë bottels in hul nat’.
O week na week gebonde
‘n haas aan die ovale kring
en agter my ses honde.
III
Die hospitaal is wit- gevlak en koel
as die glaspypie water uit my tap…
tot ek die vrees weer voel.
Smiddags groei ‘n oog uit elke kwas
en in die nanag gryp ‘n vlermuis
my dae soos ‘n tros lukwarte vas.
‘n Knop het in my keel gekom
die oggend toe die peerboom
in die steenkoolerf wit blom
O as die rekenmeester kom!
wat sal ek van sy wêreld
nog kan wys aan hom?
Deur tralies wat die tuin omsluit
kyk ek en my verwarde broers
verlangend na die stad nog uit:
hoe deur die reën en laaste lig,
krukkig soos nat voëls
loop elke jas met sy gesig.
–Opperman
ek is opsoek na n gediggie wat begin met sê nou, dis of wat se nou in het dit is nogals dringend
hi Marieta, Welkom hier! Ek glo nie ek het so iets nie, baie jammer! As ek wel op iets afkom, sal ek dit hier vir jou plaas.
Hi Marieta
Hier is die gedig wat jy soek! Ek het ook `n song daarvan gemaak. Weet nie hoe om dit op te laai nie.
Kontak my gerus. Ek maak songs van voorgeskrewe gedigte vir skole – 1st Add Taal veral. Loer op my website.
Groetnis
Philip
Sê-nou
(Soos `n man met `n ou maat en `n nuwe idee.)
Sê-nou is `n lekker sê:
Alles wat `n mens wil hê,
alles wat jou hart begeer,
kry jy daarmee en nog meer.
Nooit kan jou die tyd verveel
as jy altyd sê-nou speel.
Sê-nou, sê ek aan my maat
toe ons saam loop langs die straat,
sê, byvoorbeeld, elke iets
van `n motor tot `n fiets,
perdekar of ossewa,
ryperd wat sy ruiter dra –
alles waarop mense ry,
kom onsigbaar hier verby,
net die mense – wat `n klug! –
trek dan sit-sit deur die lug,
ooms te perd met lange baard
wip-wip luglangs doodbedaard;
snaaks sou wees die trem-wa daar,
twee verdiepings op mekaar;
maar die baie-sukkel trap
lyk my nog die grootste grap
as jy net die fietser sien
maar geen spoor van sy masjien!
Sê-nou, antwoord toe my maat,
jy hou op met onsin praat;
jy moet na die dokter gaan
met jou kop: daar skeel iets aan:
Sulke mal gedagtes kry
kom van mallemole ry!
hi Philip, Dankie vir jou boodskap hier! Ek glo nie Marieta lees nog steeds hier rond nie [mens weet seker nooit!], sy het in Januarie gevra vir die gedig, ek weet nie of sy dit nog steeds nodig het nie. Ek sal dit vir haar moet email. Dankie weereens, dis gaaf van jou om dit hier vir ons te gee.
Haai Nikita,
Ek is ook mal oor gedigte, geskiedenis, wiskunde, musiek en skaak. Albert Schweitzer van Lambarene was baie goed in musiek, medisyne, filosofie en teologie en die versorging van melaatses. Ek soek ook die woorde van die gedig waarin donker, donker middernag voorkom. Iemand het iets gese dat die moontlik kom van A G Visser. Sterkte. Die site gaan na gunstelinge toe. Jan
hi Jan! Welkom hier op my blog en dankie vir die boodskap. Ek is besig om vir jou die gedig te soek, was tot dusver onsuksesvol en hoop om dit vir jou iewers te kry. Lyk my ons hou van dieselfde dinge 🙂
Hi Jan
Hier het ek die gedig gekry – ‘donker donker middernag’ – wat jy gesoek het!
This is a quick rough translation of the above poem by me, will try and improve when I have more time.
It’s dark, dark midnight:
closer creep the Zulu,
black adders crawl around the camp
inflated by the grass;
no wind awaken the sleepers-
Sleep is sweet after the workload:
vision allows a little child laughing
mother arms embrace her mildly.
Surrounded, clasped in Kaffir Hand,
yearn thousands assegais because
they have suffered thirst
for nine long days
in summer heat
Oh, Death also so deeply-stay
as on warm body, he lay his hands?
To her heart gently, her mother hugs
her child to sleep – it’s midnight!
Jou boodskappe is baie mooi
Hi Vilma! Welkom hier op my blog en dankie vir jou vriendelike boodskap. Dankie vir die tyd wat jy geneem het om dit hier te laat, ek waardeer dit.
Pragtige gedigte, het toevallig na iets moois gesoek om voor te lees aan iemand wat Afrika gaan verlaat en iemand wat verjaar. Gedig oor Afrika het my sprakeloos gelaat, ons mooes beslis dieselfde gewaarwordinge ervaar het om dit so raak te beskryf.
Hi Annemarie, Welkom hier op my blog. Dankie vir jou boodskap en ek’s bly om te hoor dat die gedig jou so ‘geraak’ het, dit het dieselfde vir my gedoen toe ek dit in Engels gelees het, daarom die vertaling wat ek gedoen het, ek het net gevoel die gedig VRA om vertaal te word.
All I can say as in America is “WOW”.
I’m needing to send a greeting to a brother-in-law who turns eighty shortly & I’m unable to attend this momentous occasion. I’m very close to him & just a phone call won’t be enough. Any suggestions to the wording in Afrikaans?
hi D, Welcome to my blog. I can email you with suggestions, if you want?
Hi, ek het die gedig kom soek hier by jou, die een waarvan jy by my vertel het. Jy sal maar moet help, asseblief!! Dankie 🙂
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2010/08/13/somer-en-son-en-saffier-vir-my/
Hi Toortsie, Hierdie link het die gedig. Ek het gedag ek het vir jou laat weet die titel is ‘Die Beste’ – jammer, dalk het ek nog gedink om dit te se en toe vergeet!
Nikita, twyfel sterk of ons kenisse van mekaar is, maar jou gedigte is onsettend mooi…
Wesley.
Hi Wesley, Welkom hier op my blog! Nee, ek glo nie ons ken mekaar nie. 🙂 BAIE dankie vir die BAIE mooi kompliment! Jy laat my voel om sommer weer ‘n gedig te skryf! 🙂
Jy het gesê dis “die beste” maar toe kon ek nie dit kry nie. ekskuus!!
Ek dink jy moet net ‘die beste’ in die search box ingesit het, dalk het jy ander woorde ook ingesit, want dit was die eerste link wat opgekom het toe ek dit gesoek het. 🙂 Terloops, ek was so pas op jou blog! lol
Dis laat en ek moes al lank al gaan slaap het, maar ek dog toe laat ek net gou jou gedig, “Die Affodil-dans” lees. Pragtig! Soms kan gedigte moeilik lees en swaar voel, maar hierdie gediggie is lig en opgewek en vloei net sonder moeite. Pragtige beelde word in my gedagtes geskep soos ek dit lees. Ek sal beslis weer hier ‘n draai kom maak maar, nou is dit eers slaaptyd! 🙂
Hi Reinhardt
Welkom op my blog en dankie vir jou mooi boodskap. Ek stem saam met wat jy se oor gedigte. Bly jy kon dit lees voor slaaptyd! 🙂 Jy’s enige tyd weer welkom.
Hi. Jy skryf vreeslik mooi. Lekker dag. 😉
hi Cezanne
Dankie vir die mooi woorde.
Wat ‘n aangename verrassing om hierdie blog op te spoor. Ek het toevallig daarop afgekom op soek na die gediggie van A G Visser Swart en Wit of Wit en Swart ek is nie seker nie. Groete
Hi Elna! Baie welkom op my blog en baie dankie vir jou vriendelike boodskap! Ek hoop jy het gevind wat jy gesoek het! 🙂 Jy’s meer as welkom om weer in te loer.
Hi,
hierdie is ‘n gawe idee en ek wens jou sterkte toe daarmee.
Kom kuier gerus vir ons op Facebook – Carpe Noctem
Almal wat gedigte skryf (professioneel en vir ontspanning) neem daar deel. Ek sal self elke nou en dan hier kom inloer.
Groete,
Rudi
hi Rudi
Welkom hier op my blog! DAnkie vir jou boodskap. Ek was so pas op FB en daar is ‘n hele aantal ‘Carpe Noctem’-groepe – geeneen wat lyk asof hulle ‘n gedigte-groep is nie. Musiekgroepe/kuiergroepe/ens. omtrent 30+ van dieselfde naam…jy sal meer spesifiek moet wees as jy wil hê ek moet julle groep opspoor. 🙂
Jy is meer as welkom om weer in te loer!
Fantasties!!!
hi Linda!
Dankie vir jou besoek en kort kommentaar. Ek neem aan jy het dit geniet. 🙂
Ek is mal oor jou gedigte dis Great
Hi Renee
Welkom by my blog en baie dankie vir jou positiewe kommentaar! Ek waardeer dit.
So bly ek het jou gedigte ontdek, soms wil mens uiting gee aan jou seerkry of blywees en wat beter as woorde om dit te doen. Dankie aan al die sensitiewe siele wat dit met ons deel!!
Mariet
Hi Marietjie
Welkom op my blog en baie dankie vir jou mooi woorde/boodskappie! Woorde laat mens kreatief dink ook.
Soek afrikaanse gedigte van diere en siektes/gesondheid vir kinders in graad 5 en6 asb. Baie dankie
hi Muriel
Welkom hier! Ongelukkig het ek net Waghondjies – oor diere, sover ek kan onthou en ek kan nie nou dink aan enige gedigte oor siektes/gesondheid vir Gr5&Gr6 nie. Jammer! Ek dink die Waghondjies sal jy op die Afrikaanse Gedigte bladsy kry, daar is enkele rympies ook.
As jy ‘Slaap’ neem [op die Afrikaanse gedigte bladsy] en dit deurtrek na Gesondheid, glo ek dis ‘n goeie gedig, want slaap is nodig vir goeie gesondheid. 🙂 Dalk as jy ander gedigte kan neem en ietsie daaruit kan haal wat ‘n konnetasie [link] het tot die onderwerp?
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/03/01/afrikaans/
Waghondjies sal jy op hierdie link kry.
Hi, ek soek inligting oor die gedig: In die Hoëveld van Toon van den Heever. Ek moet die gedig met gr.10’s behandel. Kan u help?
Hi Monic
Met plesier, hier is hy! van die Afrikaanse gedigte bladsy geneem 🙂 Geniet dit!
In die Hoëveld
1. In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,
Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
Waar ’n mens nog vry kan asemhaal en aan ’n God kan glo,
Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.
En as ek in die gange van die myn hier sit en droom
Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,
Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,
Sawens as ek bees of skaap toe ry.
2.Op die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,
(Die ylblou bring ’n knop dan in jou keel)
Staan my huisie nog en wag vir my, wag al ’n jaar of tien,
Waar die bokkies op die leigrafstene speel.
Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
Ek soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek kleiosse gemaak het as ’n kind.
Toon van den Heever (1894-1956)
Ongelooflik… het nie woorde nie..
Hi
Ek is opsoek na n gepaste gedig oor winde of woeste winde vir n graad 3 leerling wat sy kan voordrae in die klas
@Maryna, Baie dankie vir jou mooi woorde en besoek, voel welkom om weer hier langs te kom!
@Santjie
Ek is jammer ek kon nie help nie. Ek hoop jy het reggekom met ‘n gedig. Ek ken ongelukkig nie ‘n gedig wat gaan oor woeste winde nie – behalwe Willem Wouter se rympie. Gee die Onderwysers nie vir julle gedigte wat die kinders moet voordra nie? Dit was die geval gewees jare gelede – nou praat ek van 10 jaar terug!
Goeie more Nikita,
Ek bewonder jou werk, Jy doen dit pragtig; doe so voort!
Ek sou dit waardeer indien ek jou vergunning sou verkry om jou gedigte te mag aanhaal?
Dig ook self effe maar wil nie publiseer, miskien kan ons effe privaat daaroor gesels?
Goeie Naand, Neels! Dankie vir jou waarderende boodskappie, ek waardeer dit opreg. Ons het nou 2 weke vakansie, dus het ek weer ‘n tydjie vir ‘gesels’, blog en dalk ‘n gedig. 🙂 Ons kan maar ‘effe’ praat – ek sal jou kontak via email. 🙂 Groete Nikita
Ek is so bly ek het op hierdie blog afgekom
Hallo Diek, Welkom op my blog en ek is bly jy het dit geniet. Voel vry om weer hier langs te kom!
Hallo
Ek soek na ‘n gedig wat ek geken het toe ek standerd een was.
Ek kan nie die digter onthou, net die eerste paar verse. Hier volg dit:
“Windpomp…
‘n ou verslete ding,
‘n haasbek wiel wat mank-mank draai,
En skor is die deuntjie wat hy sing,
As die Augustus winde waai,
Sy stert is vaal, hy’s sonder naam….”
Dis tot waar my geheue my toelaat. As iemand my kan help, sal ek vreeslik bly wees.
Groete
Henry
Hi Henry
Ek het hierdie gedig gekry:
Leon Strydom (Geb. 1944)
jare lank was sy geteem
‘n stem in die woestyn
maar toe skielik sluk hy wind
oor die werfdans en krulle van ‘n kind
en vurig en fier soos oor ‘n kleintandooi
die kop geolie en die stert bloedrooi
staan ons ou slyttand met ‘n nuwe rug
oor die jongste boorgat opgerig
die dun bene bewe
die binnegoed kry lewe
dit slurp en dit skrok
dis bokjol dis amok
en toe met pype wat roggel
en koggel
met geknars en gekraak in lit
en gebit
toe raak die gulpwater ryp
in die weggooipyp
roesrooi en vol wind
klopdisselkind klopdisselkind
ons windpomp pomp weer water
en hoe later hoe kwater
ons windpomp pomp weer water
en wie wie’t gesê hy’s bokkapater
—Ek soek nog verder 🙂
Baie dankie, ek soek ook nog en sal vir jou pos as ek dit kry.
Groete
Henry
Hi Nikita
Baie dankie, ek sal ook nog soek en met jou deel as ek kry.
Groete
I love Afrikaans poetry, and have enjoyed all the exchanges above. I come from an Afrikaans family (dad from Mooreesberg and mom from Colesberg), love the Afrikaans language, and have been in the U.S. since 1964 (a professor). Ek sal dit waardeur as een (of meer) van julle asseblief die wooede vir my kan kry vir die gedig oor the Boere Oorlog wat so begin:”My ma, ek hoor van verre om, ‘n dreuning oor die velde kom. Dit is die bome in die wind, die wilger takke kreun my kind.”…………..
Asseblief…asseblief. Ek onthou die gedig van Std. 5 in 1948!!!!!!
Groete aan almal.
Charlie
Hi Charles, Welcome to my blog. Afrikaans is such a wonderful language- something I find hard to say about the English language.
Hi Charlie! Hier is die gedig, dis deur JFE Celliers!
DIE BRAND.
Dit is die winterwind wat waai,
al wenend deur die lange nag,
al wenend om die verre dag;
die twye swenk, die takke swaai–
dit is die winterwind wat waai.
Hy sleep die sug van eeue mee
uit dieptes van die diepe see,
en waar vergane skepe rus
op menig maan-gebleekte kus;
hy sing van lang vergete wee,–
hy bring die sug van eeue mee.
Hy kom oor velde ver en wyd,
oor grafte in hul eensaamheid,
waar moeders van hul sorge rus,
waar kindersnikkies is gesus–
dit is die lied van d’eensaamheid,
hy kom oor velde ver en wyd.
* * *
„My ma, ek hoor van verre om
’n dreuning oor die velde kom!”
„Dit is die bome in die wind,
die wilgertakke kreun, my kind.”
„My ma, ek hoor my brakkie huil,
wat sou daar kruip, wat sou daar skuil?”
„My kind, die nag is koud en lang,
die diertjie is alleen en bang.”
„My ma, dit dreun al in die rond
soos perdehoewe op die grond;
my ma, wat lig daar soos ’n vuur
van buite op die kamer-muur?
My ma, daar brand die koring-miet!”–
„My kind, die Heer Se wil geskied!”
* * *
Is daar ’n beul so woes en wreed
wat manne-eer en plig vergeet,
met onskuld en met swakheid lag
en uitdryf in die winternag?
Is daar ’n hand wat nie ontsiet
die liefste wat Gods aarde bied,
die skoonste gawe uit Gods hand–
die vaderhuis in die vaderland?
Dis heilig grond, dis heilig grond,
die plekkie waar ’n wiegie stond
en waar ’n jonge moeder bly
haar kindjie se eerste skrede lei;
waar sy die lippies, jong en teer,
hul eerst’ gebedjie het geleer,
en waar sy lange nagte vaak
vol angs en kommer het gewaak.
’n Stille vrede dra die plek
waar, om die witte tafel-dek,
die etens-ure so om haar
die blonde koppies het vergaar.
En uit herinn’rings bly verlee,
vergange dae se soete wee,
berg elke hoekie so sy deel;
O wee, wie ’n hart die skat ontsteel!
* * *
Daar staat ’n moeder met haar kind
allenig in die winterwind–
en niemand wat haar trane siet,
en niemand wat haar trooste bied.
En wilde vlamme strooi dit wyd,
die vrug van lange lewensvlyt–
in vonke deur die lug gesaai,
in vonke wat die wind verwaai.
Haar kindjie aan haar bors gevou
beskut sy teen die winterkou–
die trane wat sy swyend ween,
so op haar wang tot ys versteen.
En winterwinde sing die lied
van eensaamheid en stil verdriet;
en sonder weerklank sterf die klag
op wye velde in die nag,
al sugtend deur die gras se saad–
en verre is die daeraad.
Die twyge swenk, die takke swaai,
dit is die winterwind wat waai….
Baie, baie dankie Nikita. Ek het dit baie geniet. Ek onthou dit goed nou van Std. 5 by Goodwood Primer (Kaapstad). ek het dit nou tweekeer weer gelees. Wonderlikke Afrikaans. Ai tog, my woordeskat het versleg oor die jare, asook spelling en grammatika. Weereens, baie dankie.
Is jy in SA? Hopelik sal jy nie omgee as ek vir jou skryf en vra vir ander “goed”. Hoe se ek in Afrikaans wat ek in Engels so se: “I love to recite poetry”?
Dankie, dankie, dankie.
Charlie
Hi Charles, Ek’s bly ek kon jou help! Afrikaans is ‘n wonderlike taal. Geen taal is beter om in te skryf, gedigte te skryf, te praat as Afrikaans! Afrikaans is soveel meer ‘n kreatiewe taal dan enige ander taal. Ek is nie in Suid-Afrika nie maar voel welkom om meer te vra en soos ek dit vind, kan ek dit hier vir jou plaas. My tyd is met tye min want ek hou skool ook. Groete van die UK.
Haai Nikita. Adelbert hier.
Dit is ‘n uitsekende bron vir Afrikaanse gedigte. Baie dankie.
Ek soek die woorde van ‘n kindergedigie uit ‘n boekie wat ek as kind in die vroeë 1950’s gehad het.
Die naam of eerste strofe lui:
“Sommer” of “Sommer sê Sannie” Ek dink later word haar van as Kopaan of iets dergeliks gegee. Sy is stout en waneer sy gevra word hoekom sy sekere dinge doen antwoord sy altyd net “Sommer”.
Hi Adelbert! Dankie vir jou mooi boodskap! Jammer dat ek nou eers by my blog uitkom! Kan ek jou oor so 2 weke help soek na die gedig? Ek hou skool en dinge gaan bietjie rof met alles wat mens moet doen, so tyd is min. Ek beloof om te help soek en jou dan te laat weet! Groete intussen!
Sjoe dit is pragtig, aai-jaai-jaai,jy kan ♥ ek kan nie my geliefkoosde kies nie.
Ek lees ‘n mooi versameling Afrikaanse gedigte ook.
Baie dankie, Tokeloshe! Ek probeer en het nie aldag tyd nie. Ek kry ook ‘giere’ en dan kom die woorde sommer vanself. Ander kere sit ek en dink en kan aan niks dink nie. ha-ha. Dankie vir jou besoek hier ook. Voel vry om weer te kom.