This is what South Africans call “Rusks”….it is not for children when “teething”…but our children like it too, even when teething! We like to give them these Boudoir biscuits…they are soooooo yummy!! At the bottom of this post is a recipe about Banana bread, very delicious and very South African! Enjoy!
English readers, click on this link for the English translated recipe… HERE is the translated of the rusks- Enjoy!! Read the history of rusks further down in this post and find a delicous condensed milk rusk recipe at the bottom of this post.
On this next link you will find only recipes in Afrikaans..tons of it. The link will open in a new window.
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/06/30/heerlike-suid-afrikaanse-resepte/
Ek het hierdie volgende resep by ‘n vriendin gekry en boere! is dit nou lekker. Ek moet hom nog net self bak. Daarby het ek nog nie uitgekom nie en dit is nou my doelwit vir hierdie komende week! Hier in Engeland het hulle soveel “Targets”, dis targets vir elke liewe dingetjie, ‘n wonder hulle het nog nie opgekom met targets vir jou met jou troeteldiere nie, want soms is dit al wat saak maak, die targets! Nou sal ek myself een stel…om die beskuit te bak…hier kom hy!
Karringmelk beskuit
3x 500 g pakkies bruismeel
1/2 t sout
3/4 van 500g margarien
3 eiers
2k suiker
1k klapper
1t vanilla geursel
1t voedselkleursel- geel
500ml Karringmelk
Metode:
Stel die oond op 180 grade C
1. Vryf die botter in die meel en sout.
2. Klits die Karringmelk, suiker en eiers saam.
3. Voeg klapper by die meelmengsel.
4. Voeg geursel en kleursel by die eiermengsel.
5. Meng alles saam. Voeg melk by indien die deeg te styf is.
6. Smeer broodpannetjies. Plaas die deeg daarin totdat +- 1/4 van die boom bedek is, anders is die beskuit te groot.
7. Bak +- 20 minute, sny en droog uit.
8. Geniet met ‘n heerlike koppie tee!
History of Ouma Rusks.
Ouma Rusks (Afrikaans: Ouma Beskuit – literally “Ouma Rusks”; “Ouma” is a brand and proper noun meaning “Grandmother” ) are South Africa’s best-known brand of rusks – a traditional South African snack that is dipped in coffee or (less often) tea before being eaten.Owing to the South African diaspora it has become an iconic South African product that is consumed all over the world. It is usually marketed with the slogan Doop ‘n Ouma (in Afrikaans) or Dip ‘n Ouma (in South African English) (Dip a Ouma).According to the manufacturer, the history of Ouma Rusks began in the 1939 in the small Eastern Cape town of Molteno, where the effects of the Great Depression were bringing many people to their knees. During this time, a certain Ouma Greyvensteyn and her friends attended a church meeting where ways in which to help mission work were discussed. At the end of the meeting, each of the women were given a half-a-crown coin and told to multiply it using their talents, as in the Gospel. Ouma Greyvensteyn used this money to buy ingredients in order to make rusks using her family recipe. The rusks she baked proved to be extremely popular and orders continued to be placed for her rusks.Ouma Rusks are now owned by NOLA – one of South Africa’s leading food manufacturers and a division of Foodcorp. Currently, the rusks are available in single, 500 g and 1 kg packs in the following flavours:
Condensed Milk
Aniseed
Buttermilk
Muesli
Wholewheat
Original Sliced
Buttermilk Sliced
Dunkems Blueberry
Read HEREabout Rusks
Piesangbrood…soos in die Kook-en-geniet resepteboek!
Bestanddele:
1/2 koppie botter/margarien
1 koppie suiker
2 eiers
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
4 – 6 piesangs …fyn gedruk
1 teelepel vanilla geursel
1/2 teelepel sout
Metode:
Stel die oond op 180 C.
Klits die botter en suiker tot romerig en glad. Voeg die vanilla geursel by. Klits die eiers goed en meng dit by. Sif die droe bestanddele en voeg dit by. Meng goed. Meng die fyngedrukte piesangs by en meng alles deeglik. Plaas die mengsel in gesmeerde broodpannetjies. Bak vir 1 uur. Laat afkoel en sit voor met botter/margarien.
:: Banana Bread::
This very traditional South African bread is best served as buttered slices. It is best to buy the bananas a few days in advance and wait until they are at their ripest, with the skin just starting to turn black.
Ingredients:
125 butter or margarine
375 ml sugar
3 eggs
5ml (1tsp) vanilla essence
250ml (1 cup) banana pulp (about 2 bananas, depending on size)
500ml (2 cups) flour
10ml (2 tsp) baking powder
1.25ml (1/4 tsp) baking soda
1.25ml (1/4 tsp) salt
25ml milk
A small 25cm cake tray (1.75L)
*The banana is best mashed in a food processor; or just cut into pieces and then mashed with a fork/potato masher.
Method:
1. Mix the butter and sugar together. If you have an electric beater, all the better.
2. Add the eggs one at a time, mixing well inbetween.
3. Add the vanilla and banana pulp, mixing well.
4. Add the dry ingredients with the milk and mix well till you have a smooth thick batter.
5. Pour into bread tin and bake for one hour at 180 degrees Celsius.
Recipe to be found here:
http://hoogendoorn.livedsl.nl/Recipes/Piesangbrood.html
This next recipe comes from Peter Veldsman, one of South Africa’s most knowledgeable food writers. I hope you enjoy it!
CONDENSED MILK RUSKS
(Makes 120 rusks)
The easy way out for those who can’t or won’t bake mosbolletjies.
1 tin (397 g) condensed milk
500 ml (2 cups) boiling water
250 g (250 ml/1 cup) butter
200 g (250 ml/1 cup) sugar
500 ml (2 cups) cold water
3 extra-large eggs, beaten
2 cakes of fresh yeast (25 g each), crumbled
1 packet (2,5 kg) cake flour
25 ml (2 T) salt
50 ml (4 T) aniseed (optional)
BAKING TINS
4 greased loaf tins
1. Mix condensed milk, boiling water, butter and sugar until butter has melted and sugar has dissolved. Add cold water, eggs, yeast and half the flour. Mix thoroughly to a smooth batter. Do not be too concerned if small pieces of yeast are still visible. Cover and leave in a warm place for 1-2 hours to allow the leavening to rise and become spongy.
2. Punch back the leavening and add salt, aniseed (if used) and enough of the remaining flour to make a soft dough. Sprinkle more flour, a little at a time, onto the dough board and knead well until the dough no longer sticks to the board. Knead for 15 minutes or until the dough is smooth and elastic. If another pair of hands is available, divide the dough into two and knead separately.
3. Complete dough by leaving it to prove, punching back, pinching into balls, packing tightly in greased baking tins and setting aside to rise again.
4. Bake the rusk loaf for 40-50 minutes. Cover with aluminium foil, shiny side up, as soon as the top becomes too brown. Turn out and leave to cool. Break into rusks and dry out.
Recipe from this site…http://www.showcook.co.za/pveldsman.htm
Hierdie volgende reseppie het ek van ‘n blog-leser gekry, sien haar boodskap in die kommentaar-boks hier. Ek plaas haar resep hier. Geniet dit!
Hier is ‘n Karringmelk beskuit resep – ‘n wenner!! (Dit was op die karringmelk houer).
1 kg Bruismeel; 5ml sout; 200ml suiker; 250g botter of magarien; 500ml karringmelk; 2 eiers; 25ml olie.
Metode: 1. Meng bruismeel en sout. 2. Vryf botter of margarine in (tot dit fyn korreltjis is). 3. Klits suiker, eiers, olie en karringmelk in ‘n aparte houer. 4. Voeg nou die “nat” mengsel by die “droee” mengsel. 5. Meng baie deeglik en plaas in ‘n gesmeerde oondpan – krap dit gelyk met ‘n vurk. (Ek maak nie bolletjies nie, dit neem te veel tyd!) 6. Bak ongeveer 45min by 180 grade Celsius – so ligbruin bo-op. 7. Haal uit oond, laat effens afkoel, dop uit pan en breek in stukkies. 8. Droog uit in oond. (Toe die kinders klein was het hulle dit net so sag geeet!)
Dis gou om te maak en baie lekker!!!
http://rpc.technorati.com/rpc/ping
can you tell me what the english translations for karringmelk is please or give me an english translation for rusks. i wish to make them for my wife who grew up in sa
Buttermilk Rusks is the English for Karringmelk beskuit
Hi Estelle, I think you missed it, but the translation was given to Bill and recipe sent too. 🙂 Tks for your help too. I don’t think Bill will be reading here anymore, his message is also from 4 years ago.
Hi Bill…so you want the recipe? If you give a bit of time…i will translate it for you! and Karringmelk beskuit is “Buttermilk rusks” ! Can I email you the recipe? I’ve got your email….
Hi
n Mens kry daai Boudoir koekies by Asda.Dis by al die bakgoeterse en kondensmelk in n pers pakkie.Enige kans vir n melktert resep met n puff pastry kors?Dankie
Hi Harry…
Dankie! Ek sal gaan kyk! Ek sal bietjie kyk vir die melktert resep.. 🙂
[…] THIS LINK you can find a very delicious buttermilk rusk recipe, once again, I need to translate it for English […]
Hi Harry…een gekry en gepos…kyk of dit is wat jy soek!
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/26/south-african-recipes/
😉
[…] rusks, Karringmelk Beskuit, recipes, Rusks, South African foods | On my Afrikaans link HERE I was asked to translate the buttermilk recipe. Well, here it goes! This recipe is of a friend of […]
Dankie Nikita.Sal bietjie probeer en jou laat weet.
Hi Harry! Plesier! 😉
Nikita, my lus hang vanoggend op my tone vir n stukkie karring melk beskuit.
My grootse probleem op die stadium is om regte produkte te bekom. Beskikbaar is dit wel, maar my Russies nog te swak om al die etikette te verstaan. Gaan in elke geval probeer bak. Sal laat weet of suksesvol was.
Hallo Braam! Welkom hier en ek sal bly wees as jy laat weet! Ek ken nou ook iemand in Rusland, vriendin van my se man is nou so ‘n maand daar…sterkte met die Russies!!
Al wat ek kan se (kry nie dekselse kappies en deeltekens op die sleutelbord, Verskoon spelling asb.) ……
Beskuit …… Heerlik. sal graag foto wil aanhaak, maar weet nie hoe.
Bruismeel raakgeloop! Margerien..nyet. Botter wel. Kremetart een teelepel en ook sonder die klapper. karring melk met “Qatig ” vervang ..(amper soos Bulgaarse jogurt). Gelukkig nie nodig gehad om met gasstellings te sukkel. Lieflike waaieroond gebruik.
Al wat tel is die eindproduk!!
Nie in Rusland self, wel Azerbaijan. twee hooftale Russies en Azeri. Meeste produk etikette in Russies.
ek wil dit met heuning maak…..
Hallo Braam…ek sal jou kontak via die email wat jy gelos het…en as jy wil, stuur die foto en ek blog dit hier!
Bly ek kon jou help en dat jy reggekom het! Ek sien uit na die foto’s!
Hallo Nikita,
My bakkery het toe ‘n nadraai gehad. Gisteroggend vinnige koppie koffie en beskuit gehad voor werk en paar stukke seker so 8 in bordjie op tafel gelos sonder om weg te pak. Gisteraand so halfuur vroëer as normaal tuisgekom. Skoonmaakster was net oppad uit. My oog vang leë tafel en ek vra waar sy beskuit geplaas het. (Sy het die vermoë om goed op die snaakste plekke te bêre)
O, sy het die “ou, droë, harde brood uitgegooi!!!!!”
Mens, dit was die vinnigste wat skootrekenaar en woordeboeke gewerk het om haar aan DIE stukkie kultuur bekend te stel.
Sou sy op die blik met die ander afgekom het, was die ook seker “Good-bye”.
Nou lag ons daaroor, maar gisteraand was voorwaar geen grap.
Hi Braam! ek kan net INDINK …HOE jy moes gevoel het!! Jammer om van die tragedie te hoor!! Ek het net vandag ‘n boks karringmelk beskuit by my skool gehad en die mense kon nie ophou eet nie…een ou van ‘n ander afdeling het spesiaal teruggekom om nog een te kom haal…almal dink dit was BAIE lekker…ek wil jou foto’s vanaand probeer blog! Dis baie oulik!! Ek hoop die skoonmaakster verstaan presies hoe PRECIOUS daardie beskuit was!! my liewe genade!! sy moet sommer 3 dae gehok word…!lol!
[…] living/working in Azerbaijan. He’s found my blog for the recipes and in particular the buttermilk rusk recipe… and he’s baked his own and he sent me pics of the evidence too…which I will upload on […]
My aarde kyk nou net hoe word ek hier bederf met lekker resepte!!
Ok nou gaan ek langer van my blog af weg bly. Die rede is duidelik hier bo uiteengesit!!!
😆
hi Wipneus! noudat ek weer hier lees…besef ek dat ek nog nooit Braam se foto’s opgelaai het nie en moet dit sommer die week doen! Ja, hierdie is lekker resepte, maar wag..ek het ‘n HEERLIKE beskuitresep van Huisgenoot se wenresepte wag wag om geblog te word, spesiaal my sus gevra om hom aan te stuur…jy eet jou vingers af vir daardie resep en dan het ek my muffin-resep gekry waaroor ek geskryf het op Roer se blog ‘n paar maande gelede…sjoe en is daardie resep nou heerlik…van Rooi Rose van lank terug, moet voor 2001 wees want ek het hom al die vorige keer hierheen gebring toe ons heerheen die eerste keer gekom het..ek het my sus 2 weke terug gevra om die foto uit daardie boek te scan, maar sy het nou nog nie aangestuur nie, eintlik moet haar seun dit doen, sy is nou glad nie tegnies nie en hy swot en is vreeslik besig met sy werk/swottings… dus dink ek ek gaan voorlopig ‘n internet een soek wat naastenby lyk soos ek weet dit lyk… dus, wees reg vir dit in die volgende dag of twee… 😉
Mmmm jy bederf ons vreeslik hier. Ek is mal oor bak en juis nou so bietjie lus om in die kombuis in te spring!!
😉 geniet dit! ek het gister hierdie vetkoek-resep op my blog weer gemaak, hy bly vir my ‘n wenner en hy is heerlik! Die kinders bly net vra of dit dan nou klaar is…so ek sal weer moet maak!! 😉
Ek sal graag n goeie recepe van SA kry vir boere biscuit.
wat gemaak word van brood recept met “buttermilk” in, as jy een het stuur dit vir my
Ek het grootgeword in SA in het baie recepies as enige een van dit wil he.
hi Lollie, Welkom hier! Ongelukkig het ek nie so ‘n resep op die oomblik nie en sal ek die internet moet deursoek vir dit! Maar sodra ek so iets kry, sal ek dit plaas, ongelukkig is my tyd vir die volgende 3 weke bietjie beperk! Dit sal nice wees as jy vir ons kan se watter resepte jy het! In watter land woon jy nou?
Hi Nikita, my dogter wat In Maidstone, Kent, UK woon het hierdie “link” vir my gestuur. Ons woon in Centurion (Pretoria), SA, waar dit tans ongelooflik warm is.
Hier is ‘n Karringmelk beskuit resep – ‘n wenner!! (Dit was op die karringmelk houer).
1 kg Bruismeel; 5ml sout; 200ml suiker; 250g botter of magarien; 500ml karringmelk; 2 eiers; 25ml olie.
Metode: 1. Meng bruismeel en sout. 2. Vryf botter of margarine in (tot dit fyn korreltjis is). 3. Klits suiker, eiers, olie en karringmelk in ‘n aparte houer. 4. Voeg nou die “nat” mengsel by die “droee” mengsel. 5. Meng baie deeglik en plaas in ‘n gesmeerde oondpan – krap dit gelyk met ‘n vurk. (Ek maak nie bolletjies nie, dit neem te veel tyd!) 6. Bak ongeveer 45min by 180 grade Celsius – so ligbruin bo-op. 7. Haal uit oond, laat effens afkoel, dop uit pan en breek in stukkies. 8. Droog uit in oond. (Toe die kinders klein was het hulle dit net so sag geeet!)
Dis gou om te maak en baie lekker!!!
Groete uit SA
Helena
hi Helena! Welkom hier! Dankie vir jou besoek en die resep! Sjoe, ek kan amper hierdie link ‘n beskuit “boek” noem! Ek gaan beslis jou resep hier plaas met jou naam daarby! Ons het natuurlik verskriklike koue nou hier, sommer skielik van hierdie week af baie kouer as verlede week- vriesend! jy’t seker by jou dogter gehoor hoe koud dit nou hier is, op die nuus het hulle so pas gese dit gaan in Glasgow-omgewing
-4 wees more!brrrrr!! Ek sal bietjie jou resep uitprobeer hierdie komende vakansie.
Hi Nikita
Sit in New Zealand en wil graag die naweek probeer om die lekker beskuit te maak. Is net nie doodseker van die grote van die pan wat ek moet gebruik nie??
Thanks
Hallo Marie! Welkom hier. Ek glo jy kan enige grootte pan gebruik, dit maak regtig nie saak nie, as hy nie groot genoeg is vir al jou beskuit nie, dan meen dit jy moet net 2x of meer kere hom in die oond kry. Ek’s hier in london en my panne is tuis in SA, kan ongelukkig nie nou onthou hoe groot dit presies is nie. Ek het nog nie hier beskuit gebak nie – skande! 🙂 Sterkte en laat weet my hoe dit gegaan het!
[…] https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/25/karringmelk-beskuit/ […]
Hi
Ek is Gerda Mey (Fourie) wat in Bronkhostspruit skool
gegaan het en is op soek na ‘N Helena Klopper wat in die
koshuis daar was en daarna na meisies Hoërskool PTA
gegaan het
Dankie
GERDA
hi Gerda, Welkom hier, al wat ek kan doen is om vir die persoon hierbo ‘n email te stuur..indien die email ‘n geldige een is en jou email (indien joune ‘n geldige een is) vir haar gee.
Hello Gerda en Nikita,
Nee jong dit is beslis nie ekke nie – het gematrikuleer aan Hoerskool Tygerberg in Parow en daarna geswot op Stellenbosch. Toe getroud en na drie kinders ‘n draai in Amanzimtoti gemaak voor ons na Centurion verhuis het. Wat ek kan voorstel is doen dalk ‘n “search” met Google – jy weet sit die naam in aanhalingstekens – as daar nog persone is met die naam behoort jy haar te vind. Sterkte,
Helena van Centurion.
Hi Helena
Baie dankie vir die terugkom hierheen, ek glo Gerda sal ook daaraan dink om Facebook te deursoek.
Hallo julle – ons is sopas terug van ‘n lekker vakansie in SA, maar die paar pakke beskuit wat ek by Woolworths gekoop het is al amper klaar…. toe raak ek aan die soek en kom op hierdie blog af – tog te lekker!!
Ek weet nie eers of ek karringmelk hier iewers in Dublin gaan kry nie, maar ek gaan soek en dan gaan ek die resep wat Helena geplaas het probeer. Hou duim vas, want ek is nie juis ‘n bakster nie…
Helena, net nuuskierig – watter jaar was jy in Tygerberg matriek klas? My man het daar skoolgegaan en in 1977 matriek geskryf. Wat is die kanse??
hi Elly, Welkom hier op my blog! Jy maak my jaloers met ‘n vakansie in SA!!!
As jy nie die gewone karringmelk kry nie, vra vir hulle om vir jou te wys (in Tesco’s ens.) watter is karringmelk van Pole! Ons het laasweek in Tesco’s karringmelk gesoek en toe sê die ou hulle karringmelk is klaar,maar dat hy vir ons die Poolse karringmelk gaan wys in die ander yskaste. Dit was heerlik, proe soos die ware jakob.
Oor Helena, ek dink nie sy sal terugkom en hier lees nie, sy was ook net ‘n blogleser soos jy, dalk, mens weet nie, kom sy weer hier langs! Dan sal sy seker jou boodskap sien. 🙂 Laat weet of die resep ‘n sukses was en baie sterkte daarmee!
Hallo Nikita
Ek het per toeval by jou blog uitgekom – was op soek na “bran beskuit” wat geen suiker bevat nie [ek is diabeties].
Ek het op die plaas grootgeword waar my ma altyd boere beskuit gebak het – dis nou beskuit wat met ‘n aartappel suurdeeg begin word en dan uiteindelik die heerlikse GROOT stukke beskuit uitdraai.
Ek is mal oor julle stories en miskien het iemand tog ‘n tipe semel beskuit wat ek sal kan gebruik.
Voorspoed met die blog – ek sal tog dikwels kom inloer.
Marietta
Hi Marietta! Baie welkom hier en dankie vir jou kommentaar. Ek sal bietjie my vriendin “Skoor” se hulp inroep. Sy is sommer flink en vinnig as dit by resepte kom. Tans is ek bietjie toegegooi onder skoolwerk en gaan ek ongelukkig nie tyd he om te help soek nie. Hier is haar resepteblog ook: http://netresepte.wordpress.com Ek gaan sommer nou vir haar hierheen laat kom. Wees welkom om in te loer.
Ek dink op http://www.skoorkos.wordpress.com is ‘n bran beskuit. Los net die suiker uit. Dis heluit lekker, daai beskuit.
Tik net regs bo, in die search blokkie ‘beskuit’ en vind die poging wat jy moet aanwend.
Dankie, Skoor!
Baie dankie Nikita & Skoor – watter juwele het ek nou ontdek.
Ek dink ek sal nog baie tyd op julle blog[ke] spandeer want daar is so baie wat ek nog wil lees.
Ek het ook heelwat resepte maar wanneer ek iets vir diabetiese siele soek is my vingers stomp. Ek is mal oor kook en bak en raak rustig wanneer ek in die kombuis is. As julle miskien iets soek ek ek kan help, praat gerus. Ek sal my bes doen.
Voorspoed en baie dankie vir julle hulp en vriendelikheid.
Marietta
hi Marietta, Dis ‘n plesier. Loer in wanneer jy so voel. 🙂
As jy nie karringmelk kry nie, gooi net bietjie asyn by gewone melk. Dit maak dit dik en jy gebruik dit dan as karringmelk.
tip: As ‘n resep koeksoda inhet, is dit ook goed om die koeksoda met bietjie asyn te meng. Dit neem die snaakse smaak weg.
Ek het ‘n probleem: hoekom rys my karringmelk beskuit nie gelyk nie, dit het altyd ‘n punt na bo! Ek het al die deeg slapper aangemaak, maar dan maak dit ook so!! Wie kan help!!
Hi Lettie, Welkom hier op my blog en dankie vir die raad/tip! Ongelukkig het ek nie raad vir jou nie, miskien moet jy Skoor, my medeblogger vra, of sal ek haar vra. Skooooooorrrrr!! Help!!! 🙂
Nikita,
Het ons nou nie laasweek met ‘n vreeslike beskuit lus opgestaan nie, en sowar daar kry ek jou blog, Ek het die eerste resep bo aan die blog gebak en dit was lieflik, maar dit is nou op. Mens kan net soveel doen as dit sneeu en beskuit en koffie is nou maar lekker.
Nou ja, daai beskuit is nog net ‘n lekker herrinering, so more gaan ek die Helena Klopper Karringmelk beskuit bak… yum yum yum
Dankie vir die blog en die lekker resepies.. Groete uit Darlington(naby Newcastle)
Hi Charmaine! Welkom hier! Jong, ek is bly die reseppie het vir jou lekker uitgewerk, dis ‘n resep van ‘n baie groot vriendin van my en dis regtig heerlik! Ek het haar spesiaal die resep gevra! Ek het net vandag met ‘n ou gesels wat die vakansie in Newcastle was – lekker koud daar! Sterkte vir die week se weer! Ons het ook weer so effe sneeu gehad…die wereld was spierwit en dit het gelyk asof ‘n groot sak sout oral uitgegooi was, selfs oor die bome…’n baie dun lagie sneeu.
dit was nou baie lekker om van al die nuus en beskuit resepte te lees. Ek gaan dit defnitief probeer lekker bly
hi Elain, Welkom hier en dankie vir die inloer…geniet die resepte en stuur vir ons ook! 🙂 Lekker bly – jy ook!
BESKUIT is literally translated as rusk but it does not really tell one what it is. South African Style Biscotti for Dunking in Tea or Coffee is how I describe it. Side note Boerebeskuit is more the original farm style normally made with Yeast and little to no sweetening. Baking powder was not invented until the last decade of the 1800’s.
hi Kondi…Welcome to my blog. Yes, you are right. Thank you for your visit and the message, have a great weekend. Victorian-time Baking powder was invented 1854. I’m not a yeast person, so I prefer the baking powder in my beskuit. 🙂 Thanks for “modern” times.
Hello again, when making the rusks can i use anise extract? How much do you think? I thought a tsp.
hi April, I haven’t made anise rusks myself, maybe it’s best to make a little bit and to test it first. Sorry I can’t help you with this one.
Hallo Nikita, ook al amper 3 jaar plus sedert my eerste baksessie met snaakse naam meel en goeters in Baku. Beskuit bly ‘n wenner. Speel ook rond met ekstras soos rosyne en gekapte droë vrugte.
Vir April….
“Soak about 2 heaped teaspoonls of anise seed in your buttermilk for about 30 min.before you start you baking process. Why use extract when you can have the real thing?”
O ja, weet darem al wat is meel in Russies, maar kon nog nie op bruismeelterm afkom.
Hi Braam! Goed om jou weer hier rond te sien!! Ek het nou ‘n vriendin in Rusland, miskien kan ek haar vra! Sy is nou al byna ‘n jaar daar – na haar man eers soontoe gegaan het [van hier af, na 4 jaar hier]. Sy het nogal gegaan vir Russiese klasse ook! Ek sal haar bietjie vra of sy weet en jou ‘n email stuur sodra ek weet. Sterkte daar en dankie vir die raad aan April!
Thanx vir die Karingmelk beskuit resep, Nikita!
Het nie geel koek kleursel gehad nie, toe gebruik ons sommer pienkes…. 😉
hi ICEI!
Welkom hier op my blog en bly jy kon die resept met pienk kleursel gebruik! Kan my net indink hoe moet pienk beskuit lyk! [hihihhi] 😆
oh for heaven’sake! I want a recipe for about 10 rusks for 2 old peole to eat in a week. Not a recipe for 70 or 170.
Hi Penny….if you know your maths, you just DIVIDE everything. 🙂 and if you want more…you DOULBE the recipe. Easy peasy. E.g. if it says 700 g of butter, you divide 700 by 10 and you have 70g! Easy? Maybe other sites have recipes for people who would like rusks for 1 person to have 1 per week? or 2 people to eat 10 per week? or 3 people to have 5 per day, or 9 people to have 1 per day…or am i being sarcastic. Sorry. I’m just using my logical mind on a Friday night, being frustrated and getting a message like this. Please use your logical mind too.
Hi,
Do any of you have the recepie for the traditional South African “Perermint Crisp Fridge Tart” I love this, but I cant find the receipe!!??
Dankie, ek hoop ein van yulle het dit 🙂
hi Cheri
Welcome to my blog. I do have it! Hang on, get it for you from another bloglink. 🙂
There you go!
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/04/peppermint-crisp-fridge-cakerecipe/
Nêrens hier sien ek dat enige van die bogenoemde resepte diabeties is nie, maar ek het wel nou ń rukkie terug ń boks Ouma besluit gekoop en dit het die diabetiese kenteken op gehad. Kan iemand my dalk asseblief van diabetiese koekies en beskuit resepte voorsien, ek sal dit baie waardeer.
By voorbaat dank
Die uwe
Hi Natásja, Ek is jammer, ek weet nie hoe ek jou boodskap gemis het nie. Ek dink as jy op die internet ‘n ‘search’ doen, sal jy dalk resepte kry. Ek het self nog nie probeer nie, maar glo daar sal beslis resepte wees. Ek hoop jy kom reg!
Hi Nikita,
Ek is in NZ en het al ‘n paar resepte probeer vir Karringmelk beskuit, myne kom net nooit gaar nie! Dink jy dit sal werk as ek die oond bietjie laer sit en net langer inhou? Gaan nou jou resep probeer en jou laat weet hoe dit uitkom. Vir die wat nie geweet het nie, meng een koppie (250ml) gewone meel met een telepel (5ml) bakpoeier, en jy het jou eie bruismeel!
Hi Dianne, kom joune dus soort van kluitjierig uit? Ek dink as hulle te vinnig bak op ‘n te hoe temp, dan mag dit dalk die probleem wees, maar te lae temperatuur mag dalk ook probleme oplewer. Probeer jou beskuitjies bietjie kleiner maak, ek dink mens moet maar probeer met ‘trial and error’ as jou resep nie heeltemal werk nie. Ek hoop die resep werk vir jou. Ek sal bly wees as jy terugvoer kan gee! Sterkte!
Hallo Nikita en almal,
Jou resep wat lees “Hierdie volgende reseppie het ek van ‘n blog-leser gekry” , is beslis n wenner probeer hom maar gerus. (vir die soet tant gebruik 250gm suiker)
Ek sny sommer die baksel. Dit lyk net mooier.
Groete.