Boerneef
Die berggans het ’n veer laat val
van die hoogste krans by Woeperdal
my hart staan tuit al meer en meer
ek stuur vir jou die berggansveer
mits dese wil ek vir jou sê
hoe diep my liefde vir jou lê
Images:noila.latsi.de
The translation in Dutch…on the link you will find more Afrikaans poems translated into Dutch.
De berggans heeft een veer laten vallen
Van de hoogste rots bij Wuppertal
Mijn hartje slaat al meer en meet
Ik stuur naar jou die berggansveer
Hierbij verklaar ik je gewis
hoe diep mijn liefde voor je is.
Boerneef (1897 – 1967)
Klik HIER vir meer Nederlandse gedigte – Afrikaans vertaal in Nederlands.
Wupperthal, South Africa
Boerneef: Die berggans het ‘n veer laat val
Bateleur – photo: Treknature- copyright: Andrea Piazza
25/3/2012 – ‘Dok’ het in die kommentaarboksie vir ons ‘n boodskap gelos oor die Bateleur/Berghaan. Ek dink Boerneef het eintlik bedoel dat dit ‘n berggans is en nie berghaan/bateleur nie. Ek plaas ook die boek hier – van Amazon – met die korrekte titel.
C.M. van den Heever (1902-1957)
Die vertrekkende wildeganse
Tot aan die ruigte-gladde waterkant
verglans die son se skuinse middagvuur,
om trillend oor die watervlak
in hierdie teer vertwyfelingsuur
’n oogwenk nog te duur –
’n oogwenk tot ’n vlerkgeklapper ruis,
die water, ru verras, sy rimpels plooi,
en swart figure oor die wye spieël
onrustige skaduwees gooi.
Dan uit die donker vleie styg
met hees geskreeu die pikswart ry,
en oor die rustig-diepe kuile reis
die ganse met hul heimweeroep verby,
verby na verre lugte waar die vuur
van weggekwynde sonlig
’n oogwenk bang nog duur …
al kleiner word die swart gedaantes,
en verder sterf die heimweeroep
die verre kimme oor,
en langs die wye land die hemele in
raak stil die ry met hul geskreeu verloor.
aah, mooi Afrikaanse woorde.
Ek’s gek oor hierdie Berggans, so eenvoudig, maar se dit so mooi!
Bly maar ‘n gunsteling!
Nikita Osterley Park is vreeslik mooi! Ek is gek oor die foto’s wat jy daar geneem het!
Ai ek wens ek het so mooi park naby my gehad!
Een van die mooiste gedigte – thanks!
Dis pragtig en ook een van my gunstelinge…. Lekker week verder…
Nou wat ‘n toeval! Ek het net gisteraand ‘n inskrywinkie gemaak oor Wium van Zyl se digbundel Oggendvuur wat ek laas week gelees het. Hierdie boek, waarvan jy die voorblad wys, is saamgestel deur Wium van Zyl en hy het sy M.A. oor Boerneef se digkuns geskryf.
Die besondere gediggie word ook gesing, ek is nie seker of ek iewers ‘n opname het nie…. Ja, ek het, op die CD Makie Mooigoed Staan, toonsetting deur Pieter de Villiers.
Die liefde is inspirasie vir besondere woorde en musiek! 🙂
hi boer/Pikkelik…bly julle het dit ook geniet.
hi mykop…is dit nou ‘n kwessie van “great minds…” 🙂
hi annerkant…ek het agterkom daar is nogal heelwat “ou” Afrikaanse gedigte wat getoonset word/is, ek weet nie of dit “ek” is wat “agter” is nie/en of dit al lankal gedoen was nie 🙂 dit maak my net opgewonde/bly as dit gebeur, dan weet ek die gedigte gaan nog in die “geslagte” bly…
O ja! Wipneus..ja, daardie park is mooi en hy het ‘n stukkie “geskiedenis” ook EN hy is in die Beatrix Potter film gebruik…die ou huis/museum wat daar is. Op die link kan jy die ou huis mooi sien….as jy op “gallery” kliek kan jy foto’s van binne sien!
http://www.nationaltrust.org.uk/main/w-osterleypark
Sooo mooi!
hi Renza, Welkom en dankie, ek is bly jy voel dieselfde 🙂
‘n berghaan is nie ‘n eend nie. Dit is ‘n arend (Bateleur).
Hi Dok, Welkom hier op my blog. Ek dink Boerneef het bedoel dat dit ‘n ‘berggans’ is en nie berghaan/bateleur nie. Ek het die boekomslag deur Wium van Zyl – gekry by Amazon – ook hier geplaas met die titel. Dankie vir jou besoek, doen gerus weer hier aan.
Stem saam met dok, so is ek ook geleer deur my dad.
Hi Luc, Welkom op my blog en dankie vir die boodskap. ‘n Berghaan is ‘n Bateleur, ek stem saam. Maar my vraag: Het Boerneef geskryf: Berghaan of Berggans? As hy ‘berggans’ geskryf het, het hy daarmee bedoel:Berghaan?
Kyk hierna vir ‘n berggans:
http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=51486
en hier ook:
http://www.nationalgeographic.nl/community/serie/bekijken/india-himalaya-2008/berggans-in-de-himalaya
en berghaan
http://af.wikipedia.org/wiki/Berghaan
Boerneef se gedig-titel heet: Die berggans…..
[…] Source: This entry was posted in Cederberg, Uncategorized by Pietmar. Bookmark the permalink. […]
Maak dit enigsins saak of die veer van ‘n berghaan of berggans is? Dis ‘n verklaring van verlange en liefde…..al was dit ook ‘n hoenderveer.
Hi Piet! Welkom op my blog. Ek stem! ‘n veer is ‘n veer is ‘n veer is ‘n veer is ‘n veer…