Herfs in November
22/11/2019 by Nikita

English Readers: my poem about Autumn in November. In the Southern Hemisphere, Autumn is not in November, but in March/April.
Hierdie gedig is my jaarlikse bydrae tot Afrikaans, wat ek tot dusver 14 Augustus probeer doen het – wanneer dit Taaldag. Ek’s so bietjie laat daarmee hierdie jaar, maar liewer laat as nooit.
Herfs in November
Herfs in November – in die Noorde –
is soos roomys in die winter. Dit pas nie.
Jy loop rond in stofverwaaide strate
Onverskillig kyk jy rond na
‘n mengelmoes van kleure
Bondels hare waai rond in die wind
En om hoeke van geboue fluit ‘n skerp windjie
Beelde van veranderinge flits om jou verby
Verslawend staar jy na bloedrooi papawers
En jy onthou: dis November maand!
Soms onthou jy ook van die fyn blomme
en die spruit wat iewers voort bly kabbel
in die berge waar die bobbejane geel perskes vreet
Dan dink jy aan die bloekombome en vinke in die lusernland
Vae gedagtes van die kleigat drentel in jou geheue
En jy strompel geduldig verder oor verkleurde blare
En wonder oor die liedjies van die lente.
Versperde donker wolke hang laag in die skemeraand
Dikgeweefde herinneringe van die aandkrieke wat
hul betowerende liedjies op vioolnote sing
sink en omvou onmiddellik jou gedagtes.
In die agterkamers van jou geheue
onthou jy die rooskleurige grassade wat buig in die wind
en skielik hoor jy die swaeltjies se twitter terwyl hulle
die lang, moeilike vlug terug huistoe neem.
©Nikita 22-11-2019 19:10
Like this:
Like Loading...
Related
Posted in Afrikaans, Afrikaans poems, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse taal, gedigte, gedigte oor Seisoene | Tagged Afrikaans, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse Taal, gedigte oor Seisoene | 5 Comments
Vir alle normale mense is herfs in November. Maar as jy met jou kop onderstebo, is dit dalk anders wees. 😉
Dan loop baie mense met hul koppe onderstebo – aan beide hemisphere van ons planeet. 🙂
O ja, wat sien jy as ‘normale mense’ – ek sien min van hulle hier rond waar ek is. hahaha
NS. ‘n Lekker gedig, hoor!
Dankie, Eugene.