Posts Tagged ‘Afrikaanse Taal’
Herfs in November
Posted in Afrikaans, Afrikaans poems, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse taal, gedigte, gedigte oor Seisoene, tagged Afrikaans, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse Taal, gedigte oor Seisoene on 22/11/2019| 5 Comments »
Herfs in November – in die Noorde –
Jy loop rond in stofverwaaide strate
Soms onthou jy ook van die fyn blomme
Versperde donker wolke hang laag in die skemeraand
‘n Lewe verkort
Posted in Afrikaans, Afrikaanse taal, gedigte, Vigs, tagged Afrikaans, Afrikaanse gedigte oor vigs, Afrikaanse Taal, gedigte, HIV, Vigs on 18/08/2013| 6 Comments »
image:kerkbode.co.za
‘n Lewe verkort
Die beklemmende gedagte:
onbewustelik ‘n verbintenis
stigmatisering, diskriminered,
wraaksugtig, miskennend
onbeskermd…
‘n Lewe verkort
In die binneste
van jou siel:
jou fisieke, jou psige
vasgevang – die vrees
vasgeknoop – die woede
Ingelaat en toegelaat,
onbeplan, ongenaakbaar
grusaam en gruwelooslik
deurboor dit jou vlees.
Sirkelend alom jou siel:
geregtigheid, regverdigheid
melaatsheid en dilemmas
lugleegtes van pleidooie.
Slagoffer van die dood.
++Nikita++ 18/8/2013
Nadat ‘n blogleser, Azile, op hierdie link ‘n versoek gerig het in die kommentaarboksie, het ek ‘gehoor’ gegee. Sy het gevra vir ‘n gedig oor ‘Vigs’, in Afriaans. Wel, soos almal teen hierdie tyd weet – dat ek nie ‘n professionele digter is nie, en ek wou my ook nie laat afsit deur Amanda Lourens ‘n ‘ doktor‘ – sien die link na die paragraaf. Ek die geskribbel maak vir jou sin. Dus, as jy iemand soos Amanda is – of kenner van Afrikaans – lees asseblief met ‘ander‘ ogies na hierdie ‘geskribbel’. Vir die doktors wil ek graag sê: Spandeer jul etenstye deur Opperman se Groot Verseboek en Verswêreld te lees. Ek persoonlik dink daar is ‘n paar ‘moderne‘ byvoegings in Verswêreld wat ek nie dink daar behoort te wees nie – my opinie. ‘n Ander vraag: Hoe word ‘n Eugene Marais prys toegeken aan ‘n digter wat sy taal meng, dan nog ook erg onsmaaklike Afrikaanse woorde in sy gedigte inwerk? Wat sou Marais daarvan gedink het? En, moenie na my kom met die verskoning van: dis modern. <sug, watter tipe beoordeelaars het ons in Afrikaans vandag? Red Afrikaans….iemand, asseblief>
https://versindaba.co.za/2013/01/22/amanda-lourens-daardie-dekselse-papierknippie/
Ook aan Amanda Lourens: Waarom, as die internet gedigte op ‘social media’ so erg vir jou is, waarom doen jy nie iets daaraan om Onderwysers beter opgelei te kry in die onderrig van hoe om gedigte te skryf! Ek was in ‘n baie goeie laer- en ho-erskool en sal met trots my eie kinders daarheen kon stuur, maar die gebrekkige leiding wat Onderwysers gehad het om kinders gedigte te laat skryf. Selfs met my eie opleiding as Onderwyser kan ek daarvan getuig. Toe, maak dit jou passie, Amanda! Nie om ander af te breek wat ‘probeer’ nie!
Die sterre gee nuwe krag
Posted in Afrikaans, Afrikaans poems, Afrikaans poetry, Afrikaanse digters, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse taal, gedigte, General, tagged Afrikaans, Afrikaans 1916, Afrikaanse digters, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse Taal, C Louis Leipoldt, gedigte, Huisgenoot 1916 on 28/06/2009| 6 Comments »
Ek het ‘n vorige inskrywing gehad van die 1916-Huisgenoot en drie publikasies daarmee saam. Jy kan die link aan die einde van hierdie inskrywing vind en die publikasies in PDF aflaai. Hierdie gediggies in hierdie inskrywing kom almal van die drie publikasies en ek plaas hulle onveranderd. Hier kan jy vergelyk en sien hoe Afrikaans as taal ontwikkel het. Ek hou veral van die laaste gediggie waar die Boer beskryf is gedurende die oorlog.
Diep in ‘t hart
Diep in ‘t hart verborgen,
Onbewust en stil,
Onder smart en zorgen,
Woont een heil’ge wil.
Wonen moog’likheden,
Die geen tijd nog weet,
Kracht voor eenwigheden,
Leniging voor leed.
Dieper zult gij kennen
Eens, dit wonder hart,
Dat aan leed moet wennen
En aan wrede smart.
Dieper zult gij graven
In uw hartegrond:
Bronnen zullen laven
Uw versmachte mond.
Weet in ‘t nederdalen
Vindt ge diep-ontroerd:
Wat uit smart en kwalen
U tot beter voert.
R.v.D.
Huweliksgebooie
Ek hoor klanke in die toekoms –
klanke nes van huwliksklokke
Tongelonge- vreug en blijdskap
weergalm in die tempelnokke.
Mannekrag en vrouweskoonheid
word verbind om één te lewe,
om één pad van voor- en teenspoed
op te gaan en voort te strewe.
Als die één sig wil verloen
om die ander toe te eie,
dan het hul mekaar tot trouwpand-
dat dit tot geluk gedije!
PIET
De Vlam
O vlamme, vol mysterieglans
In ‘t grillig weven van uw lijnen,
O, glanzend sehone lichtekrans.
Die duisterheden doet verdwijnen,
Vol sproke is uw lichtgetril.
Geheimnisvol uw ganse wezen,
Waar gij in donk’re nachte, stil
En levend komt omhoog gerezen.
Ik zag uw zachte, milde gloed
In ‘t oude kerkje. ‘t Eeuwig branden
Van Gods groot harte deed weer moed
M’ in ‘t harte dalen en mijn handen,
–Die lang vergeten hadden in symbool
Het smeken van het harte weer te geven —
Ze vouwden zieh… Mijn ziel ontstool
Een bede zich om licht en leven.
R.v.D.
Op moed verloor se vlak
Jij vra mij: Is jij dapper?
En hoop jij nog te win,
Hoe hoog ook stijg die donker wolk,
Hoe klein die kans, die moed hoe min?
Jij vra mij: Is jij dapper?
En is dit naar jouw sin?
Ek antwoord: Nee, nie dapper!
Ek is te sleg en swak,
Ek weet, die taak is al te groot:
Mijn hart is bijna hoop ontbloot.
Ek dool op Moed-verloor se vlak,
Ek antwoord: Nee, nie dapper:
Ek is halfpad mak.
Jij vra mij: Glo jij seker,
Dat God sal uitkoms gee?
Ons het so baje hard geveg
En moed en hoop en krag is weg
Daar is geen hoop op uitkoms, nee!
Jij vra mij: Glo jij seker?
Met oë blind van wee?
Ek antwoord: Skijn die sterre
Vir altijd dag en nag
Hoe kan jij ooit die son se skijn
Bespeur, als skemerlig verdwijn?
Hoe kan jij ooit die daglig wag?
Ek antwoord: Man, die sterre,
Die gee mij nuwe krag!
Ja, ek was op die vlakte
Waar mense moed verloor:
Daar het ek in mijn siel gebewe
Daar baje dinge aangehoor;
Maar ek is uit die vlakte
En bo sijn skaduws oor.
C. Louis Leipoldt
Die Verkenner
(Naar die Duits van Fritz Lienhard)
Daar onder blink ‘n witte lijn:
Die vijandstente! Die gewere staan
In hopies. Sidderende sonneskijn
Hang oor die krans; die windjies kom en gaan
En laat die sand oor pad en vlakte stuiwe.
Die kop lê doodstil! Net ‘n akkedis,
Wat rads en ritslend deur die bossies roer,
Soek wildverskrik ‘n skeurtjie om te rus.
En dan ‘n perdekop, geblaas, gesnuiwe —
‘n Hoed en Mauser — oor die klippe loer
Twee oë– dan weer weg. Dit was ‘n Boer!
J.F.W.G.
Op hierdie link kan jy ou Huisgenote van 1916 in PDF-formaat aflaai en nog meer “vroeë” Afrikaanse gedigte lees wat in die ou Huisgenote verskyn het.
Die Berggans het ‘n veer laat val
Posted in Afrikaans, Afrikaans poems, Afrikaans poetry, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse taal, berggans, Boerneef, C M van den Heever, Die Berggans het 'n veer laat val, Die vertrekkende wildeganse, gedigte, liefdes gedigte, Nederlands, tagged Afrikaans, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse Taal, berggans, Boerneef, C M van den Heever, Die Berggans het 'n veer laat val, Die vertrekkende wildeganse, gedigte, liefdes gedigte, Nederlands, Wupperthal on 29/09/2008| 17 Comments »
Boerneef
Die berggans het ’n veer laat val
van die hoogste krans by Woeperdal
my hart staan tuit al meer en meer
ek stuur vir jou die berggansveer
mits dese wil ek vir jou sê
hoe diep my liefde vir jou lê
Images:noila.latsi.de
The translation in Dutch…on the link you will find more Afrikaans poems translated into Dutch.
De berggans heeft een veer laten vallen
Van de hoogste rots bij Wuppertal
Mijn hartje slaat al meer en meet
Ik stuur naar jou die berggansveer
Hierbij verklaar ik je gewis
hoe diep mijn liefde voor je is.
Boerneef (1897 – 1967)
Klik HIER vir meer Nederlandse gedigte – Afrikaans vertaal in Nederlands.
Wupperthal, South Africa
Boerneef: Die berggans het ‘n veer laat val
Bateleur – photo: Treknature- copyright: Andrea Piazza
25/3/2012 – ‘Dok’ het in die kommentaarboksie vir ons ‘n boodskap gelos oor die Bateleur/Berghaan. Ek dink Boerneef het eintlik bedoel dat dit ‘n berggans is en nie berghaan/bateleur nie. Ek plaas ook die boek hier – van Amazon – met die korrekte titel.
C.M. van den Heever (1902-1957)
Die vertrekkende wildeganse
Tot aan die ruigte-gladde waterkant
verglans die son se skuinse middagvuur,
om trillend oor die watervlak
in hierdie teer vertwyfelingsuur
’n oogwenk nog te duur –
’n oogwenk tot ’n vlerkgeklapper ruis,
die water, ru verras, sy rimpels plooi,
en swart figure oor die wye spieël
onrustige skaduwees gooi.
Dan uit die donker vleie styg
met hees geskreeu die pikswart ry,
en oor die rustig-diepe kuile reis
die ganse met hul heimweeroep verby,
verby na verre lugte waar die vuur
van weggekwynde sonlig
’n oogwenk bang nog duur …
al kleiner word die swart gedaantes,
en verder sterf die heimweeroep
die verre kimme oor,
en langs die wye land die hemele in
raak stil die ry met hul geskreeu verloor.
Oktobermaand…Leipoldt
Posted in Afrikaans, Afrikaans poems, Afrikaanse digters, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse taal, C Louis Leipoldt, digters, Leipoldt, Poetry, South Africa, Suid-Afrika, tagged Afrikaans, Afrikaans poems, Afrikaanse digters, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse Taal, Capital of South Africa, CL Leipoldt, digters, gedigte, Oktober Maand, poems, Poetry, Pretoria, South Africa, Suid-Afrika on 01/10/2007| 14 Comments »
Update: This is my post from 1 October 2007…It’s the 1st of October and in the top images you can see what Pretoria, the capital city usually looks like during October! On this link – which will open in a new window – you can see more images.
Leipoldt, C. Louis, 1880-1947
Leipoldt is a South African poet, one of the BEST poets…he describes in this poem the month October. He says October is the most beautiful month…for South Africa, that’s the truth of course if you look at my previous entry’s photos!
C. LOUIS LEIPOLDT
Oktobermaand
Viooltjies in die voorhuis,
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!
Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand:
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand,
So blou en sonder wolke
die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
die asvaal ou Karoo.
Dit is die maand Oktober:
die varkblom is in bloei;
Oor al die seekoegate
is kafferskuil gegroei;
Die koppies, kort gelede
nog as ‘n klip so kaal,
Het nou vir welkomsgroetnis
hul mooiste voorgehaal.
Dit is die maand Oktober:
die akkerboom is groen;
Die bloekoms langs die paaie
is almal nuutgeboen;
En orals in die tuin rond
ruik jy sering en roos,
Jasmyn en katjiepiering,
lemoen en appelkoos.
Al was die dag soos yster,
lank in die vuur gesteek,
Die varings in die klofies
deur hitte geel verbleek,
Tog as die son daaronder
agter die berge gaan,
Dan word oor heel die wêreld
die mooiste geur geslaan.
Dit is die maand Oktober:
die kokewiet is uit;
Boomsingertjies en kriekies
die hoor jy orals fluit;
Fiskaal is op die oorlog:
daaronder by die sluis,
Daar is ‘n dor ou doringboom
sy spens en sy kombuis,
Dit is die maand Oktober:
ek dink, die mense vier
Vir ewig in die hemel
Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme,
as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier,
of heerliker verwag?
Ek is nog in Oktober:
my tuin is nog so groen,
So wit met al wat mooi is,
met bloeisels van lemoen,
So pragtig in die môre.
so heerlik in die aand!
Ek is nog in Oktober,
die mooiste, mooiste maand!
Wat gee ek om die winter?
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit, as ons later
weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober,
die mooiste, mooiste maand,
Met elke dag so helder,
so pragtig elke aand!
Viooltjies in die voorhuis,
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!
