• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« Angel of the wind
Sea of Dreams »

In die Hoëveld-In the Highveld

05/10/2008 by Nikita

Image:Brittanica.com

English readers…I’ve translated the first Afrikaans poem for you…then you can slide down to read more in English…

 In die Hoëveld

1. In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,
Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
Waar ’n mens nog vry kan asemhaal en aan ’n God kan glo,
Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.
En as ek in die gange van die myn hier sit en droom
Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,
Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,
Sawens as ek bees of skaap toe ry.

On the High-veld

1. In the High-veld where it’s open and heaven’s wide up there
Where herds of tall grass frisk about the veld
Where you can breath freely and believe in God
Stands my little house which I’ve left for money
And If I sit here in the tunnels of the mine, dreaming
About the High-veld wind, wide and free
Then I hear the sound of my tracks, saddle and bridle
At dusk when riding to the livestock.

image:mooikrans.co.za

2.Op die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,
(Die ylblou bring ’n knop dan in jou keel)
Staan my huisie nog en wag vir my, wag al ’n jaar of tien,
Waar die bokkies op die leigrafstene speel.
Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
Ek soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek kleiosse gemaak het as ’n kind.
Toon van den Heever (1894-1956)

2.On the High-veld, where it’s spacious, where you can see far off
(The wispy blue brings a lump to your throat)
Stands my little house, waiting for me about a year or ten
Where the little deer play on the slate tombstones
But if the tuberculosis gets worse and I hear the last wheeze
I then wander to the High-veld wind
And in the moonlight I seek all the most beautiful places
Where I made clay oxen as a child.
—©Nikita —

Image: kaapland.voortrekkers.org.za/kommandos/stellenbosch

Highveld Sky…image: Eb-art.com Artist: Estelle Botha

Al die gedigte wat nou volg, is NP van Wyk-Louw gedigte!

My venster is ’n blanke vlak

My venster is ’n blanke vlak
in skaduwee en skemering,
waar ek my nagte waak en wag
op magiese deursuiwering:

dat hierdie siel deursigtig word
in vreemde voorgevoelde lig,
tot kring bo kring opglans en straal
in eindelose vergesig;

dat wat ek nog verlore waan,
o my verlore dae in my,
in hierdie stille skemering
hul vorming en gestalte kry,

tot ek my eensaamheid besit,
volmaak, as kosbare gewin,
van duister wense en van smart
die uiterste deurstraalde sin.
N P van Wyk-Louw

VROEGHERFS

Die jaar word ryp in goue akker blare
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot self die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan
dat die takke van die lang popliere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
Of enkel jeug en vér was van die pyn;
Laat ryp word Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

Osterley Park

Nagreën

Die reën skuifel deur die straat,
verby my venster, mensverlaat …
Soos ’n trossie narsings wat verkwyn,
flikker die druppels teen my vensterruit
waar die geel straatlig daardeur skyn;
en voel die wind
met bleek vingers, soos ’n kind,
aan die swaar gordyn, wat plooi
in die lamplig, teer en droef papawerrooi.

Image: wvs.topleftpixel.com

Grense

My naakte siel wil sonder skrome
in alle eenvoud tot jou gaan,
soos uit diepe slaap ons drome,
soos teen skemerlug die bome
opreik na die bloue maan;

gaan met al sy donker wense,
en die heilige, nooit-gehoorde
dinge sê, waarvoor die mense
huiwer, en wat om die grense
flikker van my duister woorde.

Image: astroden.com/images.htm

Voël

’n Voël vlieg voor my venster verby,
’n naalddun lyn wat daaroor gly
en die glas in twee vlakke sny;

die wêrelde val apart en bly
elk in sy enkelheid geskei –
ek hierbinne, en daarbuite hy.

Die liefde in my

Dis altyd jy, net altyd jy,
die een gedagte bly my by
soos skadu’s onder bome bly,
net altyd jy, net altyd jy.

Langs baie weë gaan my smart,
blind is my oë en verward,
is alle dinge in my hart.

Maar dit sal een en enkeld bly,
en aards en diep sy laafnis kry,
al staan dit winter, kaal in my,
die liefde in my, die liefde in my.


Nog eenmaal

Nog eenmaal wil ek in die skemeraand
weer op ons dorp en by ons dorpsdam staan,
weer met my rek op in die donker skiet,
en luister, en al word ek seer en dof,
hoe die klein klippie ver weg in die riet
uit donker in die donker water plof.
Uit Nuwe verse (1954)

Image:http://www.naboom2germany.co.za/Naboomspruit.htm

Voorspel 1950

Miskien sal ek die wingerd prys
en nooit meer van hom drink
en net in ’n verbeelde glas
die koel gedagte skink:

dié wat in jare donkerte
sy wynsteen kon laat sak
en niks wat somers is meer het
nie pit nie dop of rank:

miskien nog van Gods weë weet:
– Sy paaie en Sy pyn:
maar ingewikkeld alles ken
en mens wil wees én rein.
Uit Tristia (1962)

Afskeid

Jy’t weggegaan en jy bewoon
‘n silwer herberg in die sneeu
jou venster kyk nog elke nag
met drie blink oë na die plein
die plein is boom en wind en boom
en wind en wind
en wintermiddag voer daar iemand
die meeue krummels teen die wind

Uit: Tristia (1962)

English readers:This is my 1000th entry and I want to celebrate it with some beautiful poetry…in Afrikaans…but, there’s some links for you to follow…English/French and other languages…poems to enjoy. There’s a brilliant bird-site for you to enjoy…South African birds…do take a look, it’s worth visiting this site! The poems in this entry are mainly from two wonderful South African well-known poets…and poems I really love. The first poem is about the Highveld and I was 11 years of age and had to know about 4-6 poems every week… to recite on a weekly basis and some were really long…as a child you don’t always understand why you have to learn certain things in life, but now I do appreciate my Afrikaans Language teacher from Primary after all these years, of course we had to learn English poems too…but let’s leave that for later, Afrikaans is a much more beautiful language, especially when it comes to poetry!

On this link here you can read more fantastic poems in different languages…the link will open in a new window.

To see more fantastic bird pictures….please click here and the link will open in a new window. There is an English page as well as an Afrikaans page…the link will open in the English page. If you want the Afrikaans page, you will have to click on “front page”.

This was my 1000th entry…!

AddThis Social Bookmark Button

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in Afrikaans poems, birds, gedigte, herfs, hoeveld, liefde, NP van Wyk-Louw, poems, Poetry, South African birds, Suid-Afrikaanse digters, Toon van den Heever | Tagged Afrikaans poems, Afrikaans poems translated to English, Afrikaanse gedigte, afskeid, birds, Die liefde in my, gedigte, gedigte oor Seisoene, Grense, In die Hoeveld, My venster is 'n blanke vlak, Nagreen, Nature poems, Nog eenmaal, NP van Wyk-Louw, poems, reën, South African birds, South African Poets, Suid-Afrikaanse digters, The Highveld, Toon van den Heever, translations, voëls, voëls van Suid-Afrika, Voorspel, Vroegherfs | 21 Comments

21 Responses

  1. on 06/10/2008 at 13:53 eilandkind

    Dankie Nikita, my Afrikaanse digbundels is ver in Suid-Afrika.


  2. on 06/10/2008 at 15:09 boerinballingskap

    Pragtige gedigte! Thanks.


  3. on 06/10/2008 at 19:14 Nikita

    Hi eilandkind en boer… dit was ‘n plesier, bly dat julle dit geniet. Die Voeltjie-gedig was vir my nogal “nuut”, ek het hom nog nie voorheen gelees nie.


  4. on 07/10/2008 at 09:33 Pikkelik

    Baie geluk met daai 1000!!!!! Jou gedigte is ‘n fees… Ek geniet dit vreeslik. Ek is baie lui om my digbundels te gaan uitgrawe. Ek lees gewoonlik sommer aanlyn, maar as iemand dit nou vir my opsit!, is ek in my element!!!


  5. on 07/10/2008 at 15:29 Wipneus!

    Pragtig, dis juis waar ons nou werk!! Ag SA is regtig ‘n mooi plek. Dankie vir die gedigte!

    Hie haaaaa!! Baie geluk met jou 1000 ste inskrywing, dit wil gedoen wees! Waar is die ballonne? 😆


  6. on 07/10/2008 at 18:58 annerkant

    Nikita, 1000ste inskrywing!!!! Baie geluk!! Genugtig, maar dit is baie skryf. Dink net hoe in hoeveel mense se lewens het jy kultuur, musiek, blomme en alles wat mooi is, gebring! Die gedigte is lieflik!


  7. on 07/10/2008 at 19:55 Nikita

    Hi Pikkelik, Wipneus en annerkant! dankie vir die gelukwense…ja mens kan nie glo dat 1000 so gou kom nie! 🙂 Ja, ek stem saam met julle, hierdie gedigte is almal mooi! Ek hou van die styl van hierdie twee digters en die beeldspraak hier…”kuddes waaigras huppel oor die veld”!! en die voeltjie-gedig..daardie tweede reeltjie…darem baie fyn gese! Wipneus, ek sal moet ballonne kry! 🙂


  8. on 08/10/2008 at 05:51 kyker

    Jinne, geluk met jou 1,000, Ek wonder hoeveel ure van harde werk dit moes geverg het.

    Dankie ook vir die gedigte en foto’s. NP v WL se werke is tydloos en sal my altyd aangryp.


  9. on 08/10/2008 at 07:11 Nikita

    Hi kyker, Dankie! ja, ek moet erken dat dit nogal tyd neem, veral as jy links wil insit…wat ek altyd poog om te doen, vir myself! gewoonlik begin ek ‘n inskrywing, dan slegs deur images te kry, kry ek dan al die ander interessante goed en dan kan ek dit nie los nie. Ek stem saam oor wat jy se oor vWL, maar ook hierdie een van van Heerden…ek hou van hulle style in hierdie gedigte. Ek’s bly jy’t dit ook geniet!


  10. on 08/10/2008 at 19:42 Reisiger

    Dankie Nikita, dit was nou lekker om soveel pragtige gedigte deur te lees.

    Baie geluk ook met jou 1000ste inskrywing! Wow, dit wil gedoen wees!!


  11. on 08/10/2008 at 20:40 Nikita

    Dankie Reisiger! Bly jy het dit geniet! ja, en ek het gedink ek stop hier, maar nee, die gogga bly byt! 🙂


  12. on 23/01/2009 at 03:49 Carol McCullar

    Oh What a blessong this website is. I am sitting here in the USA- cold as can be in Minneapolis and I am so homesick- my children too. For days now my thoughts have been on a poem i recited during my primary school years- In Die hoeveld and I thought- I feel just like the author of that poem . I just had to go and find that poem!! And then I found so many more !!

    Maar laat ek julle dit vertel. Skaamteloos dit vertel!! F.A Venter is 1 miljoen keer nog my held
    ! As daar nou ‘n skrywer is wat na aan my hart is- is dit daardie man.

    I am as black as an ace of spades. You cannot get any blacker than me. Maar ek is ‘n Afrikaner in murg en in bloed!! Gee my “n F a Venter op Maandag- ‘N Np van Wyk Louw op ‘n Dinsdag- Raka veral – gee my Totuis enige dag- gee my Geknelde land Bedoelde Land Belofte Land Gee my Kambro Kind veral- my gunsteling!!

    Ag mense gee my skool boeke Trompie- Saarjie, Soekie en Kaptein, ha ha ha ha………ai tog nou huil ek sommer ‘n emmer vol trane.

    Mense- ons het baie om trots op te wees en min om oor te baklei. Vas byt. Min dae.
    Carol


  13. on 23/01/2009 at 17:42 Nikita

    Hi Carol!

    Nice to have you on my blog, feel welcome to come back and to read more wonderful poetry by our National poets! Thanks you for your kind comments too! It’s true what you say, we have PLENTY to be proud of and I would like to say that we ARE proud of our culture! IT’s sad being away from home…I know! I know exactly how you feel! And all those poets/books you mention is just a few of our treasure chest of what we have! It’s wonderful to know that you as a black South AFrican enjoy the AFrikaans Language so much, you give me goosebumps!! and I know there are MANY others too! I actually have a blog-link of a black writer – of Afrikaans – on my blogger-blog.

    Jy moet maar gereeld hier inpop vir ietsie Afrikaans! As jy my Afrikaanse bladsy volg, sal jy meer en meer kry, ek’s besig om daardie bladsy op te vul soos tyd dit toelaat! Ai, tog, ek hoop jy en jou kinders kan gou weer terug gaan! en daardie “homesickness” stil maak! Laat hoor weer van jou!! Groete en ‘n drukkie daar!


  14. on 26/02/2009 at 13:50 hannie

    heerlike afrikaanse gedigte!! maak my hart sommer week !!


  15. on 27/02/2009 at 00:20 Nikita

    Hi Hannie! Welkom hier! Ek’s bly jy het dit net so geniet soos ek en al die ander! Ja, enige van ons beste digters se werke maak mens se hart sommer week!


  16. on 21/07/2009 at 18:39 boendoe

    O heiden. Ek ween nog een stryk deur – veral nadat ek Carol se comment gelees het.


    • on 21/07/2009 at 18:48 Nikita

      Ag boendoe, dis alles my skuld 😦 en dit deur ‘n “TOE” klei-os! Ja, Carol se kommentaar het my ook aangegryp toe ek dit gelees het. Ek sal vir jou ‘n bondel tissues hier los!


  17. on 02/08/2009 at 17:43 Cas

    Kan iemand asseblief help. Ek het iemand nodig om te help met vertalings van Afrikaans na Engels. Is bereid om te vergoed daarvoor. Ek is desperaat!


    • on 02/08/2009 at 18:19 Nikita

      hi Cas..sien my boodskap op die “Afrikaans”-link waar jy ook die boodskap gelos het. Ek het my niggie ‘n email gestuur. Sy’s ‘n professionele vertaalster deur die Hooggeregshof van SA aangestel om dit te doen…ek glo sy sal jou kontak. Sterkte. Ek gaan aflyn wees en eers Donderdag weer hier wees…agv ‘n trekkery die kant. Laat weet my as sy jou gekontak het!


  18. on 08/02/2016 at 13:36 Debra Hart

    Ek verlang baie terug na my kinderjare op die plaas in Namakwaland. Toon van den Heever se “In die Hoeveld” roer baie diep in my en ek resiteer dit wanneer die heimwee na die plaas my nostalgies maak. Veral …”.waar dit oop is en die hemel wyd daarbo”.


    • on 06/04/2016 at 13:07 Nikita

      Hi Debra! Jammer ek kom nou eers terug na jou! Namakwaland is ‘n deel van die land waar ek nog nie was nie en nog beslis wil sien!



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 287 other subscribers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Concerto for two and three movements
    • War-time Chess
    • Queen Elizabeth II
    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
  • Top Posts & Pages

    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • Happy Valentine's Day!
    • French Knitting-Tolletjie Brei
    • South African recipes
    • Die Berggans het 'n veer laat val
    • From Russia with love
    • Wolf and Jackal Stories
    • The Dance of the rain
    • Lekker Afrikaanse kinderstories
    • Storietyd-Storytime
  • October 2008
    M T W T F S S
     12345
    6789101112
    13141516171819
    20212223242526
    2728293031  
    « Sep   Nov »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Create a free website or blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 287 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Loading Comments...
 

    %d bloggers like this: