…vir die trane wat ek nou kon stort.
Vir die wat gedigte op my blog soek deur Adam Small: Hier is een. Op die bladsy oor: Afrikaanse digters en gedigte sal jy nog kry.
Die Here het gaskommel
Lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas
’n sigaretjie en ’n kannetjie Oem Tas
en dis allright pêllie dis allright
ons kannie worry nie
’n sigaretjie en ’n kannetjie Oem Tas
en ’n lekker meid en lekker anner dinge
oe!
lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas
wat daarvan
wat daarvan
wat maak dit saak
soes die Engelsman sê it cuts no ice
die Here het gaskommel
en die dice het verkeerd gaval vi’ ons
daai’s maar al
so lat hulle ma’ sê skollie pêllie
nevermind
daar’s mos kinners van Gam en daar’s kinners van Kain
so dis allright pêllie dis allright
ons moenie worry nie
–Adam Small
So kom alle mense en selfs die bekendes tot ‘n einde-maar ek dink dat nog vir jare sal hy onthou word-ek kan redelik onthou hoe ons as kinders voor die radio gesit het-daardie jare was daar nog nie tv nie.Die stem het dalk stil geword maar die legende sal seker nog vir baie jare saam met meeste van die ouer mense lewe.Sy lewe het die natuurlik vloei gehad maar sy stem sal vir langer onthou word
hi GDL, Welkom hier en dankie vir jou boodskap. Ja, oom Fanus sal nog lank onthou word – hy het baie VIR Afrikaans gedoen/beteken – nie net vir ons as mense nie. Ek dink ons wat hom ken, met hom grootgeword het, sal altyd daardie goue gedagtes he/troetel.
Baie hartseer…
Hi Boer! Ek is bly nog iemand deel hierdie hartseer, want dis ‘n baie groot verlies. Daar sal nooit weer ‘n ander Fanus kan wees nie.
Ja. Dis veral moeilik vir iemand soos ek wat hom op Flink uit die vere kan onthou, wat die oorspronklike Staal Burger uitsendings geluister het, wat onthou hoe hy partykeer dinge gesê het waaroor hy vir ‘n paar dae van die lug af gehaal is.
Maar die mooiste vir my is bv. sy vertaling van Ne me quitte pas. Ek vermoed daar moet minstens een boek van hom wees met sulke tipe gedigte, wat ek nog nie het nie.
Soos jy sê, daar was nooit en sal nooit weer iemand soos hy wees nie.
hi Kop. Ek onthou ook nog die Staal Burger, alhoewel ek nie daarna geluister het nie, dink dit was eerder my ouer susters, maar kan Flink uit die Vere onthou,want die radio was altyd daarop ingeskakel. Van die lug afhaal kan ek ook goed onthou! Ek onthou ook nog vir Mot. Fanus is deel van ons kultuur!
Ja, ons het almal met hom groot geword. (Ons wat al so ‘n bietjie ouer is!!)
hi Toorts, en daarom ons sal hom ook meer onthou as die ander.
Ek onthou in 1959 die oggend met Flink uit die Vere toe Fanus gepraat het van die potjie met ‘n spietkop van die “mislike paliteit” wat hy geloop het .Voorwaar ‘n woord nog beter van toepassing vandag vir ‘n munisipaliteit.
hi Peet, Welkom hier, LOL…Daardie woord is nogal snaaks, tipies Fanus, hy was toe nog jonk! dis nogal kosbaar om sulke woorde te onthou van hom. Jy moet als wat jy onthou opskryf en iewers “publiseer” – as dit genoeg is. 🙂