Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘waterfall’

Dankie aan Christo en Francious vir die foto’s

English readers…scroll down to the green writing.

Omtrent twee maande gelede, mag korter wees, het ‘n besoeker op my blog my ‘n booskap gelos op een van die inskrywings wat ek gemaak het oor die area waar ek groot geword het. Sy kantoor kyk uit op die “Kloof”.

Ek het nie op my laat wag nie en hom dadelik gekontak via email. Na die oor-en-weer nuus uitruil, besef ek dat sy ma my gr1-st1-Onderwyseres was destyds toe die plaasskooltjie nog bestaan het, voordat ons na die dorpskool moes oorskuif na die sluit van die plaasskool.  Ons was natuurlik hartseer, want die plaasskooltjie was natuurlik ‘n groot bederf! Daar was ‘n sement-swembad reg langs die skool en jy kan dink watter lekker tye ons daarin deurgebring het. Ons was bederf met sop op koue dae deur ‘n klasmaatjie se ma – hulle het byne 100m van die skooltjie gewoon. Ek kan nog onthou hoe ek as 5 jarige op Vrydae skooltoe gegaan het, die r-gebrei het en al die groter kinders het my op hul skoot geneem het en r-woorde laat sê het sodat hulle kon “oe!” en “a!” oor die “oulikgeit” daarvan!

Ook het ek mooi foto’s gekry van die waterval waarheen ons so baie keer na gestap het. Die waterval was sowat 1.5-2km se stap vanaf die plaashuis op in die kloof verby ‘n paar ander plase, maar steeds deel van ons plaas. Die plaas waar ek groot geword het – ek was 5 toe ons vanaf Pretoria na die familie-plaas verhuis het – was jare gelede een groot plaas en toe opverdeel in die plase wat tans in die kloof is.  Op hierdie oomblik behoort slegs die kerkhof aan ons – en ek wil my verstout om te sê dat minerale regte ook uitgehou is. In elk geval, ek wil vir julle hierdie foto’s wys wat Christo vir my gestuur het. En dit was wonderlik om te hoor dat sy ma nog leef ook en goeie gesondheid het! Sy was ‘n dierbare onderwyseres en nog al die jare sing ek lofliedere oor haar. Al die jare het ek my tafels 100% geken – te danke aan haar in st 2! toe sy saam met ons dorpskool toe gegaan het. Ek kan ook nog onthou ons het ‘n “leeskompetisie” gehad in die dorpskool – toe ek nog omtrent st 1 was – en ons was na ‘n vertrek met ou omies geneem en ons moes daar stukkies voorlees. Destyds het dit vir my soos die ouetehuis gevoel! Ons het natuurlik die dorpskool uitgestof met die “kompetisie” en roomys daarna gekry.  Vandag dink ek terug en dink dit was maar seker ‘n span inspekteurs wat hulle daardie tyd vermom het as die “ouetehuis-omies”. Of is dit vir ons vertel om ons dalk nie op ons senuwees te maak nie. Ek sal graag wil weet! Hierdie foto’s het my hierdie volgende “gediggie” laat aanmekaarslaan!

English readers: These pictures are from the farm where I grew up as a child. I used to go for long walks in the mountains and you can see the waterfall too. One visitor to my blog had me very excited a while ago when he said that his office overlooks the area where I grew up and he sent me these images! I used to spend many a day walking to the waterfall and enjoying nature! When I uploaded these images it inspired me to write a little poem and it’s here in Afrikaans. It’s all about the fantastic memories of those days in the field/mountains/nature etc. December is summer hols in South Africa and then it was the time when the extended family visited us and us kids sometimes camped at the waterfall just for fun! The bottom picture reminded me a lot about the farm when I found it last night…

Die holtes van my gedagtes
As kind het ek
die punte van my siel
laat ploeg in die akkers
waar mensestemme
voorheen opgeklink het

Skrams het ek gevoel
hoe die tuimelende bergstilte
‘n deursigtige telegram
van vrede laat deursypel
na die binnekamers van my hart

Die diggeweefde bergstilte het
spatsels waterdruppels moeiteloos
in my gemoed afgeprent
en ek smag na die
holtes van my gedagtes

©–Nikita 4 Sept 2008 20:30

 

Vroeër vanjaar het ek die gedig geplaas met ‘n waterval-foto wat my laat dink het aan die een op hierdie foto…in hierdie gediggie het ek verwys na die waterval…en die rante…nou sien julle presies waarna ek verwys het!

Suid-Afrika – my skaduwee

In die skadu’s
van die groot ou Eik
stoot ek weer in die sand
Boeta se karretjies een-vir-een
‘is verstommend hoe die mierleeus uit hul tonnels
krioel met kierang-hier en kierang-daar

Langs die waterval
sit ek, halfbewus
my gedagtes vind perspektiwiteit
en rol ragfyn ligstraaltjies voor my uit
op die kabbellende water

Op die meulwiel van vervloë
versamel ek babakatjies
pas gebo’, versteek
teen elemente daar buit’
en ek streel die sagtheid
wat ek koester
verder op my reis

Ek verdwaal tussen rante
soekend na onweerstaanbare
toktokkies en miskruiers
‘k neem ‘n honger teug
uit die kom van fluisteringe
“ons-vir-jou-ons-vir-jou”

Hoe sal ek jou kan vergeet
jou alledaagse ontwykende
en eindlose horison
onwetend
bly jy daar vir my
en ek vir jou
Hoe kán ek dan
Vergeet van: “ons-vir-jou”…?

©Nikita 17 Junie 2008

Hierdie volgende liedjie het in my gedagtes opgekom en ek weet nie eens of ek hom korrek het nie, dus, enige hulp sal waardeer word indien ek moet korrigeer!

Die berge, bome, blomme
Die berge, blomme, bome
Die helder water strome
Hul wink ons van daar ver (2x)

Ons sing en klap die hande
Ons klim en stap die rante
Uit pure lewenslus! (2x)

tra-lie-trala, tra-lie-trala… uit pure lewenslus, uit pure lewenslus!(2x)
Ek het geen idee of dit die hele liedjie is, ek het net dink hy pas so goed hierby toe hy in my gedagtes opskiet! dus…help asseblief…of sê my as dit reg is!

Image: http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/1/15/Lousios-kloof.jpg

This is an Afrikaans song by a blogger friend, Jasper. He sings about “memories”.

AddThis Social Bookmark Button

Read Full Post »