• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« Chess Grand Slam Bilbao
The Highway Man »

Embedded Memories

05/09/2008 by Nikita

English readers…scroll down to the green writing…Omtrent twee maande gelede, mag korter wees, het ‘n besoeker op my blog my ‘n booskap gelos op een van die inskrywings wat ek gemaak het oor die area waar ek groot geword het. Sy kantoor kyk uit op die “Kloof” waarvan ek geskryf het. Ek het nie op my laat wag nie en hom dadelik gekontak via email. Na die oor-en-weer nuus uitruil, besef ek dat sy ma my gr1-st1-Onderwyseres was destyds toe die plaasskooltjie nog bestaan het, voordat ons na die dorpskool moes oorskuif na die sluit van die plaasskool.  Ons was natuurlik hartseer, want die plaasskooltjie was natuurlik ‘n groot bederf! Sement-swembad reg langs die skool, sop op koue dae…en ek kan nog onthou hoe ek as 5 jarige op Vrydae skooltoe gegaan het, r-gebrei het en al die groter kinders my op hul skoot geneem het en r-woorde laat sê het sodat hulle kon “oe!” en “a!” oor die “oulikgeit” daarvan! Ook het ek mooi foto’s gekry van die waterval waarheen ek (ons) so baie gestap het…die waterval was sowat 1.5-2km se stap vanaf die plaashuis op in die kloof verby ‘n paar ander plase, maar steeds deel van ons plaas. Die plaas waar ek groot geword het – ek was 5 toe ons vanaf Pretoria na die familie-plaas verhuis het – was jare terug…in my voorgeslagte…een groot plaas en toe later opverdeel. Op hierdie oomblik behoort slegs die kerkhof aan ons – en ek wil my verstout om te sê dat minerale regte ook uitgehou is. In elk geval, ek wil vir julle hierdie foto’s wys wat Christo vir my gestuur het…en dit was wonderlik om te hoor dat sy ma nog leef ook en goeie gesondheid het! Sy was ‘n dierbare onderwyseres en nog al die jare sing ek lofliedere oor haar. Al die jare het ek my tafels 100% geken…te danke aan haar in st 2! toe sy saam met ons dorpskool toe gegaan het. Ek kan ook nog onthou ons het ‘n “leeskompetisie” gehad in die dorpskool – toe ek nog omtrent st 1 was – en ons was na ‘n vertrek met omies geneem en ons moes daar stukkies voorlees…destyds het dit vir my soos die ouetehuis gevoel! lol! almal omies met brille en het so belangrik en vol wysheid gelyk! Ons het natuurlik die dorpskool uitgestof met die “kompetisie” en roomys daarna gekry…maar vandag dink ek terug en dink dit was maar seker ‘n span inspekteure wat hulle daardie tyd vermom het as die “ouetehuis-omies”..of is dit vir ons vertel om ons dalk nie op ons senuwees te maak nie…hehehe…sal graag wil weet! Hierdie foto’s het my hierdie volgende “gediggie” laat aanmekaarslaan!

English readers: These pictures are from the farm where I grew up as a child. I used to go for long walks in the mountains and you can see the waterfall too. One visitor to my blog had me very excited awhile ago when he said that his office overlooks the place where I grew up and he sent me these images! I used to spend many a day walking to the waterfall and enjoying nature! When I uploaded these images it inspired me to write a little poem and it’s here in Afrikaans…it’s all about the fantastic memories of those days in the field/mountains/nature etc. December is summer hols in South Africa and then it was the time when the extended family visited us and us kids sometimes camped at the waterfall just for fun! The bottom picture reminded me a lot about the farm when I found it last night…

Die holtes van my gedagtes
As kind het ek
die punte van my siel
laat ploeg in die akkers
waar mensestemme
voorheen opgeklink het

Skrams het ek gevoel
hoe die tuimelende bergstilte
‘n deursigtige telegram
van vrede laat deursypel
na die binnekamers van my hart

Die diggeweefde bergstilte het
spatsels waterdruppels moeiteloos
in my gemoed afgeprent
en ek smag na die
holtes van my gedagtes

©–Nikita 4 Sept 2008 20:30

 

Vroeër vanjaar het ek die gedig geplaas met ‘n waterval-foto wat my laat dink het aan die een op hierdie foto…in hierdie gediggie het ek verwys na die waterval…en die rante…nou sien julle presies waarna ek verwys het!

Suid-Afrika – my skaduwee

In die skadu’s
van die groot ou Eik
stoot ek weer in die sand
Boeta se karretjies een-vir-een
‘is verstommend hoe die mierleeus uit hul tonnels
krioel met kierang-hier en kierang-daar

Langs die waterval
sit ek, halfbewus
my gedagtes vind perspektiwiteit
en rol ragfyn ligstraaltjies voor my uit
op die kabbellende water

Op die meulwiel van vervloë
versamel ek babakatjies
pas gebo’, versteek
teen elemente daar buit’
en ek streel die sagtheid
wat ek koester
verder op my reis

Ek verdwaal tussen rante
soekend na onweerstaanbare
toktokkies en miskruiers
‘k neem ‘n honger teug
uit die kom van fluisteringe
“ons-vir-jou-ons-vir-jou”

Hoe sal ek jou kan vergeet
jou alledaagse ontwykende
en eindlose horison
onwetend
bly jy daar vir my
en ek vir jou
Hoe kán ek dan
Vergeet van: “ons-vir-jou”…?

©Nikita 17 Junie 2008

En hier is die eintlike waterval [vol-foto] deur Francois vdM aangestuur na my in Junie 2011. [Dankie Francois] – hy is ‘n groot pêl van Christo – hierbo genoem.

Hierdie volgende liedjie het in my gedagtes opgekom en ek weet nie eens of ek hom korrek het nie, dus, enige hulp sal waardeer word indien ek moet korrigeer!

Die berge, bome, blomme
Die berge, blomme, bome
Die helder water strome
Hul wink ons van daar ver (2x)

Ons sing en klap die hande
Ons klim en stap die rante
Uit pure lewenslus! (2x)

tra-lie-trala, tra-lie-trala… uit pure lewenslus, uit pure lewenslus!(2x)
Ek het geen idee of dit die hele liedjie is, ek het net dink hy pas so goed hierby toe hy in my gedagtes opskiet! dus…help asseblief…of sê my as dit reg is!

Image: http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/1/15/Lousios-kloof.jpg

This is an Afrikaans song by a blogger friend, Jasper. He sings about “memories”.

AddThis Social Bookmark Button

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in Afrikaans poems, gedigte, herinneringe, Krugerspost, memories, plaas, Poetry, waterfall | Tagged Afrikaans poems, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse liedjies, Die berge bome blomme, gedigte, herinneringe, Krugerspost, memories, plaas, Poetry, waterfall, waterval | 17 Comments

17 Responses

  1. on 05/09/2008 at 10:25 MeghnaK

    Hello Nikita,
    Lovely pics…I* wish I cld go on walks with u…BTW, I didn’t know u had a son!!! WOW!! Put up some of his pics too 🙂


  2. on 05/09/2008 at 10:53 Jasper

    Die gedigte gesels met my. Gaan hierdie skakel “save” in my favourites…


  3. on 05/09/2008 at 11:08 Nikita

    hi Megna..glad you like the pics! Yes and like i told you…about the computer stuff…he’s our “local network manager” at home…hehehe..he even knew the other day what to do when i couldn’t log on to the internet…phoned Virginmedia…they couldn’t help…said we have to load all the software again…and he just enabled something in the CMOS settings and voila! 🙂

    Hi Jasper..bly jy hou van dit! as jy ooit eendag in die Opelug-museum in Pretoria kom, – Silverton – dan kan jy by die Meule ‘n draai maak..daardie einste Meule is klip-vir-klip vanaf ons plaas (klippe was gemerk) verwyder en daar gaan herbou…dus lyk hy presies soos hy daar gestaan het en in daardie einste Meuletjie, het die katte altyd hul kleintjies gaan kry…onder in die wiel versteek…’n heerlike wegsteek-plek gewees! 🙂 Ek dink my ma se naam is op ‘n plaatjie aangebring wat se die Meule is deur haar geskenk, ek mag verkeerd wees…ek was al daar na hy daar herbou is en verbeel my daar was so iets.


  4. on 05/09/2008 at 13:44 ICE

    Xcellent gedig Nikita!

    Suid-Afrika – my skaduwee, het my laat terug verlang na my sorgelose kinder dae! Thanx!


  5. on 05/09/2008 at 14:41 reisiger

    Ai Nikita, dit klink of jou kinderdae wonderlik was!!

    Ek hou van jou gedigte! Baie mooi!!


  6. on 05/09/2008 at 15:25 eilandkind

    Jou woorde is baie mooi Nikita, ek kan dit net beskryf in jou eie woorde- ‘ragfyn ligstraaltjies’. Jy’t my nou ook weer laat dink aan my eie laerskooldae, ons was net 5 standerd vyfs en het lekker pret gehad.
    Wonderlike ou dae.


  7. on 05/09/2008 at 16:34 norrbu

    I’ll dig your place up soon. I’ll let you know what i find. Wiki Zindabad.


  8. on 05/09/2008 at 16:36 norrbu

    I’ll dig your place up soon. I’ll let you know what i find. Wiki Zindabad.

    BTW, do I get some kind of BLOG prize (from your last entry) or should I simply copy paste the image – it’s my first blog award so I’d like to have it on posted.

    so everyone knows –

    that I’m the real deal.

    anway.


  9. on 05/09/2008 at 17:16 boerinballingskap

    Nikita, jy het ‘n spesiale “weg” met woorde. Dis pragtig en strelend! Ek verstaan jou verlange…


  10. on 05/09/2008 at 17:30 Wipneus!

    Ek verlang nou so na my kinderdae!! 😦

    Baie mooi gedigte en foto’s Nikita!!


  11. on 05/09/2008 at 17:55 Nikita

    Hi Ice…welkom hier en baie dankie!

    @Reisiger..Baie dankie! Dit was HEERlik op die plaas! Ek praat nou nog van “ons” plaas, alhoewel dit al ‘n klompie jare terug verkoop is…en intussen is nog ‘n stukkie afgesny…hartseer daaroor!
    @Eilandkind…ons was presies 5 gr 1’s in ons groepie tot St 1! BAIE lekker gewees in die plaasskool!Dankie vir jou mooi woorde ook!
    @Norrbu…You can copy the image onto your sidebar, shout if you need help and I’ll help you!
    @Boer…baie dankie vir jou mooi woorde! Ek dink net iemand wat in SA groot geword het kan verstaan!
    @Wipneus..dankie vir jou woorde ook en ek voel nes jy! Kan mens nie maar altyd net “jonk”/kind bly nie! 🙂


  12. on 04/09/2010 at 08:01 madele

    Die foto’s is FANTASTIES! Ek is MAL oor die natuur. Die Here praat met my deur die natuur. Ek VREK oor ‘n waterval! Oe dis mooi!!! En dan is daar al weer NOG ‘n ooreenkoms – ek was ook in ‘n plaasskkool tot st 1. Hoe lyk dit ons worteltjies wil al in dieselfde rigting neig???


  13. on 04/09/2010 at 09:37 Nikita

    hi Madele, Dankie vir jou boodskap! Ja, hierdie waterval is mooi en ons het as kinders [meer die nefies/niggies as ek, die water was altyd vir my te koud] baie in die poel geswem. [en selfs een nag daar “gekamp” 🙂 ]
    Edit… jy was seker nie in die omgewing van Lydenburg op skool nie? 🙂


  14. on 28/06/2011 at 17:44 John-Henry

    Goeie naand se Nakita
    Ek ken vir F VD Merwe baie goed eintlik die hele familie het saam met sy suster groot geword! Ken daai waterfal! Ek het ‘n se ding Die grooigrond van Krugerspost trek in mens se bloed in! Self ‘n paar fotos van die waterfal! Die wereld is klein maar tog voel ons so ver uit mekaar!


  15. on 28/06/2011 at 19:31 Nikita

    hi John-Henry. Dis goed om te weet dat die waterval so baie beteken het vir verskillende mense. Ja-nee, die wereld is behoorlik klein as mens regtig met ‘n vergrootglas na als begin kyk.


  16. on 27/05/2013 at 16:29 Carl Greyling

    HI Nikita.
    Ek wil graag informasie he van Krugerspost. Ek het iewers op die internet gelees dat jy ook op Krugerspost gebly het maar ek kry dit nie nou nie. Ek weet net dat Engelse mense, Wood nou die winkel gedeelte van Krugerspost besit. Ek was verlede naweek op die plaas gewees en volgens inligting is dit waar Jock met die bobbejaan baklei het. Jacobus Abel Erasmus was my skoonpa en sy oupa grootjie en sy oupa is blykbaar daar begrawe. Ek het vandag die foto’s van die grafstene geprint. Waar is die begraafplaas? Abeltjie se as is by Lonecreek waterval gestrooi. Ek kan ook ongelukkig nie jou blog by die werk lees nie daarom wil ek he ons moet maar met e-mail kommunikeer. Dit is carel.greyling@sasol.com. Hoop om gou van jou te hoor.
    Groete
    Carl Greyling


    • on 27/05/2013 at 19:53 Nikita

      Hi Carl, Ek sal jou kontak via email, kyk na die link ook as jy kan. Volgens wat ek op ‘n ander link gelees het [koerantknipsels van 1900’1], was Abel Erasmus ‘n ‘vreeslike‘ man gewees.

      Click to access erasmus_canada.pdf



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 289 other subscribers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Concerto for two and three movements
    • War-time Chess
    • Queen Elizabeth II
    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
  • Top Posts & Pages

    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • South African recipes
    • Boer War Art Poetry and History
    • Blue Butterflies
    • Dans van die reen/Dance of the rain
    • Cilliers Ancestors
    • Bokkenvolle...recipe!
    • Peppermint Crisp fridge cake...recipe
    • Steve Hofmeyr in America
    • Karringmelk Beskuit/Buttermilk Rusks
  • September 2008
    M T W T F S S
    1234567
    891011121314
    15161718192021
    22232425262728
    2930  
    « Aug   Oct »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Create a free website or blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 289 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Loading Comments...
 

    %d bloggers like this: