image:weatherphotos.org
This is a rough translation of my Afrikaans poem, which I wrote first and James, a blog reader asked then to ‘translate; -so here goes:
Folded memories
Slowly and quietly,
in pouring rain –
my mind seeped: endless!
in the nuances of silent calls
to dust-loaded, plastered
and mutilated places.
Dusted images commuted by
my folded thoughts –
that voluntarily escaped
a Hillbrow of yesteryear
—nikita-
Opgevoude herinneringe
Traag en stilweg,
in gietende reën –
sypel my gedagtes: eindloos!
in nuanses van stille gesprekke
na stofbelaaide, toegepleisterde
en verminkte plekke.
Afgestofde beelde pendel deur
my opgevoude gedagtes –
wat onwillekeurig onstnap
na ‘n Hillbrow van vervloë
–nikita – 14/7/2012 – en ja, ek is die blogeienaar, nie soos iemand op
twitter gedink het dat ‘nikita‘ ‘n ander persoon is [nogal ‘n digter wat welbekend is] wie se gedigte hier neergeplak word nie. [lol] Sien die twitter-gesprekke op die link. Hierdie inskrywing oor Hillbrow was die inspirasie vir hierdie gegriffel. Nadat ek die inskrywing gemaak het, moes ek net iets in die vorm van wat hier is, skryf. Miskien eerder die paar woorde in plaas van die inskrywing! Hoe ookal, dis die gedagtes wat ek van ontslae wou raak, sodat ‘n ander reis onderneem kon word.
Sommige mense is maar altyd jaloers.
Hi Paul, Dankie vir jou besoekie, weereens, – en kommentaar. 🙂
Jou “Opgevoude Gedagtes” is pragtig verby! Ek (celiab) en manlief (John Baxter) skryf ook so bietjie en publiseer op Woes.co.za.
Groete,
Celia
Hi Celia, Baie dankie vir jou baie moooi boodskappie. Ek waardeer dit opreg.
Ek is ook op Woes geregistreer, maar niks so ver daar geplaas nie – tyd is altyd ‘n faktor – om ‘orals’ iets te blog/plaas. Ek sal seker eendag ‘n ‘effort’ maak en daar ook iets plaas.
Pragtig… gee mens heimwee na mense wat jy nie ken nie
Hi Rondomtaliedraai! Dankie vir jou besoek en boodskap! Ek waardeer jou kommentaar.
[…] Chessalee [….]
Baie mooi! Jy moet meer so griffel! 🙂
hi Boer! Baie dankie! Nou moet ek ‘n griffel en lei gaan koop. 🙂
Now Nikita, you know that is difficult for non Afrikaans speakers. 🙂
hi James, I’m so sorry! Shall we start with Afrikaans language lessons? I’m very happy to do it. lol
Folded memories
Slowly and quietly,
in pouring rain –
my mind seeped: endless!
in the nuances of silent calls
to dust-loaded, plastered
and mutilated places.
Dusted images commuted by
my folded thoughts –
that voluntarily escaped
a Hillbrow of yesteryear
—this is a rough translation – hope it helps! 🙂
Baie goed vertaal! Jy het talent, girl! 8)
Hi Boer, Baie dankie vir jou mooi kommentaar, ek waardeer dit! Ek het so ‘n paar dae terug- op Twitter – hierdie gesprek gehad – dis die vrou wat iemand anders gedink het my gedig geskryf het van ‘Ek stuur jou die goud’ [Annesu de Vos] Sy sê dat sy in die verlede mense aanbeveel het om te publiseer en dan het hulle pryse gewen, sy self was 16 toe sy [die jongste sover] die E Marais prys gewen het – het dit op haar site gelees. Hierdie drie images wys ons gesprek – sy is nou in Kanada, al vir jare. Sy sê nie in soveel woorde dat ek moet ‘publish’ nie, maar raai my aan om te doen, iets wat ek al vir jare wou doen, ‘n outjie wat ek ken is fantasties met illustrasies [student op die oomblik en ek het al sy goed gesien, presies waarvan ek hou]. Ek het hom reeds gevra om dit te doen met my gedigte, ons moet net afspreek wanneer. Ek wou nog altyd net EEN bundel hê, met my eie in boekvorm.
Nikita, die blogeienaar. Nikita die digteres. Een en dieselfde Nikita
Dankie, Toorts, ek glo nie ‘digteres’ is die regte woord vir my nie, dit klink te posh en ek het nog geen gedig wat gepubliseer is, buiten die vertaalde EMarais gedig, ek dink ‘woordspeler’ of ‘griffelaar’ pas beter 🙂
Go for it, girl! Die hartseer is dat vele talentvolle skrywers hulle eie talent misken. Moet jy dit nie doen nie. 🙂
Hi Boer! Dankie vir jou aanmoediging en positiewe boodskap. Ek het nog ‘gedigte’ wat ek geskryf het toe ek 14 was – dink dit was die eerstes wat ek gebêre het, wat meer speel met woorde was – soos ek dit sien. Ek het net verlede naweek deur ‘n klein boekie gegaan en agterin ‘n hele spul gekry wat ek in die ’80’s geskryf het. Ek sal seker een of ander tyd dit doen, ek het maar altyd net aan een enkele boek gedink, waarin ek dit kan ‘bewaar’ in plaas van dit ‘oral oor’ hê. Dalk moet ek dan maar meer ernstig begin dink.- mens weet nooit! 🙂