Feeds:
Posts
Comments

Archive for the ‘gedagtes’ Category

Die ‘Mayor Oak’ boom in Sherwood Forest Sherwood Forest – some ancient trees.
My poem about this forest. My annual contribution to the Afrikaans language.
Die voetpad na die boom
Die voetpad na die boom is nog steeds bedek – half versteek.
Gure weer en aanhoudende reen oor die jare het die toegang onomkeerbaar versper.
Daar was eens ‘n voetpad wat deur die woud na die boom gelei het.
Voorheen was die area boomryk, lowerryk.
Koeltesoekers het passievol al die bome vereer –
snoesig soos ‘n lappieskombers het hul ingekruip
onder die wydverspreide skadu-kolle.
Selfs laventel-pers heide is met deernis aangeplant
wat net deur enkeling opgemerk word.
Baie molle het op hul reis onlangs kom vlerksleep –
waarvan al die molshope getuig.
Daar was eens ‘n voetpad deur die woud.
As jy die soomlose woud binnestap,
veral laat, in die laat somer –
wanneer die skarlaken-son laag sit
en die laat-middag woud-wind om jou fluit
en die eekhorinkie speels sy den binnegaan,
dan hoor jy die dowwe getrippel van perdehoewe in die verte
terwyl die mis ‘n dun wolk-laag begin vorm al om die
karbonkelrige boomstamme en welig-groeiende gras
en bedek stadig die eens voetpad wat deur die woud gekronkel het.
~~Nikita – 26-8-2020 Hierdie gedig het ek geskryf as my bydrae tot Afrikaans en om 14 Augustus, Afrikaans-dag te ‘vier’. Elke jaar probeer ek om my bydrae te maak rondom hierdie datum. Ons het so bietjie in Sherwood Forest gaan rondstap om veral die baie bekende boom waar Robin Hood en sy ‘manne’ vergader het. Die Major Oak – het ongelukkig gedurende die ‘lockdown’ bietjie deurgeloop deurdat vandaliste dele van die boom probeer vernietig het. Die boom is nou afgesper en word dit al vir baie jare gestut om die boom te beskerm – soos jy in die foto kan sien.Dit was eers in die jare ’50 toe mense besef het dat die boom bewaar moet word en is enige persoon verbied om in die boom te klim en klouter – soos dit gereeld die gewoonte was. As jy die kans kry en jy is in die omgewing van Nottingham, maak gerus ‘n draai by die woud. Dan is daar ook die Robin Hood Kasteel in Nottingham wat jy kan besoek en dit is baie beslis die moeite werd – maak net seker jy besoek die grotte ook. Sien die foto. You can go on a cave tour when visiting the Robin Hood Castle in Nottingham. English Readers: This is a poem I’ve written after my visit to Sherwood Forest. 14th August is also Afrikaans Language Day. This is my contribution to the Afrikaans Language, the most beautiful language in the world.

Read Full Post »

image:weatherphotos.org

This is a rough translation of my Afrikaans poem, which I wrote first and James, a blog reader asked then to ‘translate; -so here goes:

Folded memories
Slowly and quietly,
in pouring rain –
my mind seeped: endless!
in the nuances of silent calls
to dust-loaded, plastered
and mutilated places.
Dusted images commuted by
my folded thoughts –
that voluntarily escaped
a Hillbrow of yesteryear
—nikita-

Opgevoude herinneringe
Traag en stilweg,
in gietende reën –
sypel my gedagtes: eindloos!
in nuanses van stille gesprekke
na stofbelaaide, toegepleisterde
en verminkte plekke.
Afgestofde beelde pendel deur
my opgevoude gedagtes –
wat onwillekeurig onstnap
na ‘n Hillbrow van vervloë

–nikita – 14/7/2012 – en ja, ek is die blogeienaar, nie soos iemand op
twitter
gedink het dat ‘nikita‘ ‘n ander persoon is [nogal ‘n digter wat welbekend is] wie se gedigte hier neergeplak word nie. [lol] Sien die twitter-gesprekke op die link.
Hierdie inskrywing oor Hillbrow was die inspirasie vir hierdie gegriffel. Nadat ek die inskrywing gemaak het, moes ek net iets in die vorm van wat hier is, skryf. Miskien eerder die paar woorde in plaas van die inskrywing! Hoe ookal, dis die gedagtes wat ek van ontslae wou raak, sodat ‘n ander reis onderneem kon word. 

Read Full Post »

Hillbrow Tower – now: Telkom Tower

Image: joburgnews.co.za

Dit was laat. Stadiger as gewoonlik ry ek terug huistoe, my gedagtes kies skielik koers na lank gelede. Pretoria Straat, Hillbrow. Ek onthou so helder. Byna die enigste keer dat ek ooit in ‘n middernag-kafee in Hillbrow, Johannesburg gesit het. Vroegaand het ons soos gewoonlik saam gekuier – in Pretoria – en besluit Hillbrow ‘roep’ ons. Ek onthou: ‘n Groepie vriende – ek was  toevallig  die engiste vroulike daardie aand, en ons gaan Hillbrow ‘verken’.  Wel, nie regtig nie, want van die groepie – sowat ses – was daar ouens wat reeds voorheen in Hillbrow was. ‘Gewapen’ met die wete dat die manlikes darem na my sou omsien, aangesien ek doodbang was [ja daardie tyd al] om dalk in ‘daardie plek‘ alleen gelaat te word, was ek vol moed en bravade en het taamlik uitgesien om ook later te kon sê: ‘Ek was in Hillbrow‘. Verras deur die klomp vriendelike mense wat buite die straatkafeetjies op die strate gekuier het, het ons ook by ‘n straatkafee ingestap. Dit was taamlik klein en ook reeds naby middernag, indien nie reeds verby middernag nie, maar ons het nie omgegee nie. Enkele paartjies het stil-stil saam gekuier. Die musiek! Dit was nie my ‘gewone’  tipe musiek nie, maar eerder jazz en jazz is nie regtig my smaak nie, maar wat my getref het, was dat die musiek perfek was vir die tyd en plek. Die kuier-atmosfeer wat ek daardie nag in Hillbrow ervaar het, was ongelooflik. Spyskaart word bekyk, ‘Pita’ word honger bestel. Jy staan en wag vir dit, neem self en sit jouself neer by ‘n kleinerige tafeltjie wat eintlik vir vier persone bedoel is, maar waar daar nou ses gaan sit!  Die musiek het my aandag elke nou-en-dan terug getrek, juis omdat dit so anders geklink het in die spesiale plekkie.  Ek het ‘n paar keer gedink hoe gepas die musiek was en hoe ek daarvan hou. Naby die plekkie was ‘n massiewe musiekwinkel –  ons het later daar verby gestap. Op ‘n stadium – soos jongmense maak – het ons natuurlik ‘laf’ geraak. Boemelaars het in die omgewing hulself agter hekke tuisgemaak en ons het – als vars in my geheue – die hekke geruk om hul slaap te stoor. Van hulle het vir ons geskree, omgesukkel omdat hulle nie met rus gelaat word nie en probeer verder slaap. Ons dit weer gedoen en aangestap. Later het ons roomys gekoop en op die hoek van Pretoria Straat en … ? gesit om dit te eet, terwyl ons die straat-naglewe ‘geabsorbeer’ het. Waarom sou mens sulke oomblikke onthou? Hoe werk jou brein dat die oomblikke ingeprent of vasgebrand is, nooit opgeroep word nie en dan skielik! – jy dink daaraan! Allerlei beelde kom in my geheue op. Beelde van waar ons gestap het, grappies wat gemaak is oor die boemelaars, ek ‘sien’ waar ons saam by die kafeetafeltjie sit, hoe ons tyd verwyl met filosofiese praatjies en gedagtes en dan die pad terug Pretoria toe. Ek’s byna by die huis en wonder, waarom het hierdie nag in my gedagtes opgekom, na so ‘n lang tyd? Hoe verklaar mens dit? Ek wonder watter ‘reis’ my brein volgende keer gaan neem, terug in my geheue en vir my weer laat onthou van die kosbare oomblikke, oomblikke wat jy met vriende gedeel het. Waar in die wêreld is almal nou? Jy wonder of hulle ook ‘helder’ oomblikke kry? Wat van daardie ‘nag’ in Hillbrow – en wat van ‘n Hillbrow-gedig, wonder ek.

Read Full Post »