• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« South African Open 2012
Opgevoude gedagtes »

Nag in Hillbrow

12/07/2012 by Nikita

Hillbrow Tower – now: Telkom Tower

Image: joburgnews.co.za

Dit was laat. Stadiger as gewoonlik ry ek terug huistoe, my gedagtes kies skielik koers na lank gelede. Pretoria Straat, Hillbrow. Ek onthou so helder. Byna die enigste keer dat ek ooit in ‘n middernag-kafee in Hillbrow, Johannesburg gesit het. Vroegaand het ons soos gewoonlik saam gekuier – in Pretoria – en besluit Hillbrow ‘roep’ ons. Ek onthou: ‘n Groepie vriende – ek was  toevallig  die engiste vroulike daardie aand, en ons gaan Hillbrow ‘verken’.  Wel, nie regtig nie, want van die groepie – sowat ses – was daar ouens wat reeds voorheen in Hillbrow was. ‘Gewapen’ met die wete dat die manlikes darem na my sou omsien, aangesien ek doodbang was [ja daardie tyd al] om dalk in ‘daardie plek‘ alleen gelaat te word, was ek vol moed en bravade en het taamlik uitgesien om ook later te kon sê: ‘Ek was in Hillbrow‘. Verras deur die klomp vriendelike mense wat buite die straatkafeetjies op die strate gekuier het, het ons ook by ‘n straatkafee ingestap. Dit was taamlik klein en ook reeds naby middernag, indien nie reeds verby middernag nie, maar ons het nie omgegee nie. Enkele paartjies het stil-stil saam gekuier. Die musiek! Dit was nie my ‘gewone’  tipe musiek nie, maar eerder jazz en jazz is nie regtig my smaak nie, maar wat my getref het, was dat die musiek perfek was vir die tyd en plek. Die kuier-atmosfeer wat ek daardie nag in Hillbrow ervaar het, was ongelooflik. Spyskaart word bekyk, ‘Pita’ word honger bestel. Jy staan en wag vir dit, neem self en sit jouself neer by ‘n kleinerige tafeltjie wat eintlik vir vier persone bedoel is, maar waar daar nou ses gaan sit!  Die musiek het my aandag elke nou-en-dan terug getrek, juis omdat dit so anders geklink het in die spesiale plekkie.  Ek het ‘n paar keer gedink hoe gepas die musiek was en hoe ek daarvan hou. Naby die plekkie was ‘n massiewe musiekwinkel –  ons het later daar verby gestap. Op ‘n stadium – soos jongmense maak – het ons natuurlik ‘laf’ geraak. Boemelaars het in die omgewing hulself agter hekke tuisgemaak en ons het – als vars in my geheue – die hekke geruk om hul slaap te stoor. Van hulle het vir ons geskree, omgesukkel omdat hulle nie met rus gelaat word nie en probeer verder slaap. Ons dit weer gedoen en aangestap. Later het ons roomys gekoop en op die hoek van Pretoria Straat en … ? gesit om dit te eet, terwyl ons die straat-naglewe ‘geabsorbeer’ het. Waarom sou mens sulke oomblikke onthou? Hoe werk jou brein dat die oomblikke ingeprent of vasgebrand is, nooit opgeroep word nie en dan skielik! – jy dink daaraan! Allerlei beelde kom in my geheue op. Beelde van waar ons gestap het, grappies wat gemaak is oor die boemelaars, ek ‘sien’ waar ons saam by die kafeetafeltjie sit, hoe ons tyd verwyl met filosofiese praatjies en gedagtes en dan die pad terug Pretoria toe. Ek’s byna by die huis en wonder, waarom het hierdie nag in my gedagtes opgekom, na so ‘n lang tyd? Hoe verklaar mens dit? Ek wonder watter ‘reis’ my brein volgende keer gaan neem, terug in my geheue en vir my weer laat onthou van die kosbare oomblikke, oomblikke wat jy met vriende gedeel het. Waar in die wêreld is almal nou? Jy wonder of hulle ook ‘helder’ oomblikke kry? Wat van daardie ‘nag’ in Hillbrow – en wat van ‘n Hillbrow-gedig, wonder ek.

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in gedagtes | Tagged gedagtes, herinneringe, Hillbrow | 8 Comments

8 Responses

  1. on 12/07/2012 at 23:36 Paul Van Straaten

    Ja, onwillekeurig dink ek nou ook nostalgies aan daardie jare. Ouma het altyd vir my genoem dat dit Sodom en Gemorra is, en die aller verskriklikste plek is. Maar ek het van die plek gehou. Byna elke naweek dar gaan jol. By Cafe Zurich gaan sit en koffie of bier drink lank na middernag, na die ge-jollery en nadat ons Fontana hoender ge-eet het. Dit was woning vir oud en jonk. Na 9 die aand het die dorp begin wemel van al die mense. Ai, Hilbrow! Vandag is dit net ‘n skaduwee van wat diet was in die jare 80 & 90!


    • on 13/07/2012 at 07:03 Nikita

      hi Paul, Welkom op my blog en dankie vir jou booskap ook. Jou woorde is presies wat ek gedink het -voordat ek soontoe was -, maar ek dink dit kan dalk nou meer waar wees. Ek weet nie waarom ‘Cafe Zurich’ so bekend klink nie, maar daar is seker baie plekke wat vir my nou ‘bekend’ sal klink – ek het geen plek daar geken nie, dit was slegs ook daardie een keer wat ek daar was. Johannesburg was maar ‘n ‘scary’ plek vir my gewees, net die gedagte dat dit ook so ‘n groot stad was.


    • on 15/07/2012 at 08:10 Paul Van Straaten

      Hi Nikita. Ja Cafe Zurich was 24 uur oop. Ek het al die Clubs geken vanaf die een punt van Pretoria straat tot onder punt. Ek het in 1987 vir die KP gewerk in die Hillrand gebou (Terwyl ek op verlof was, nie weg gegaan nie), Ja, dit was wonderlike jare. Daardie tyd was Hillbrow reeds ‘n gemengde woon buurt ten spyte van die NP se Aprtheid beleid. Almal het goed saam geleef daar. Ek het nou wel in Alberton gewoon, maar ek was naweek na naweek daar. Ek het dit geniet.Ek het altyd vir my oorlede ouma gese: Jy kan kaalbas deur die strate van Hillbrow loop, en niemande sal jou eers raak sien nie aangesien almal besig is met sy/haar eie ding.Ek en ‘n niggie se twee dogters het so paar jaar gelede daar deur gery, en die plek was vuil en verwoes. Ek ry soms daar deur as ek Sandton to ry, en sien die vervalle geboue, want eienarrs het eenvoudig net pad gegee en kon nie meer die “Influx” daar beheer het nie. Ja, die “Brow” soos ek dit genoem het, is nie meer die selfde nie. Daar is skaars ‘n Suid-Afrikaner sigbaar, aangesien die hele Zimbabwe en ‘n helse gedeelte Nigeriers en andere die plek oor geneem het.


  2. on 13/07/2012 at 04:14 Sandra

    Dis lekker om sulke herinneringe te he want sonder die “brein-trippie” sal mens seker nie Hillbrow sommer weer besoek nie :-).


    • on 13/07/2012 at 06:59 Nikita

      Hi Sandra, ek dink ek moet saamstem, want na wat ek gehoor het en gesien het [op die internet veral], dink ek Hillbrow is lankal nie meer daardie ‘selfde’ Hillbrow nie en hierdie ‘brein trippie’ het my nogal baie laat dink. 🙂


  3. on 13/07/2012 at 10:29 boerinballingskap

    Mooi, gevoelvol geskryf. Ek deel jou denke. Eintlik was Hillbrow toendertyd nie so sleg soos almal gedink het nie…wel, in elk geval nie as mens dit met die huidige stand van Hillbrow vergelyk nie!
    Snaaks hoe mens se geheue soos ‘n hardeskyf is, wat enige plek of enige tyd sommer net so ‘n lukrake leer van lank terug voor jou geestesoog kan gooi. Soms laat die gedagtes mens glimlag, soms bring dit ‘n traan, maar byna altyd skep dit ‘n oomblik of twee van nostalgie.


    • on 13/07/2012 at 20:59 Nikita

      Hi Boer! Dankie. Ek dink mense het dalk nie die plek regtig geken nie, maar eerder ‘saam’ gepraat met ander mense. Ek stem saam met wat jy sê, mens se brein is wonderlik. Wat my ‘tick’, is waarom jy NOOIT aan sekere goed dink nie, nooit ooit nie, maar dan skielik, net skielik! skiet dit op in jou geheue, waar jy dalk aan ander dinge elke nou en dan dink – selfs ander dinge van lank gelede. 🙂 Miskien ‘werk’ ‘n mens se brein – soos die rekenaar of is dit eerder die modem – gedurig liggies wat ‘flikker’ en elektroniese liggies wat heen-en-weer ‘flits’ 🙂


  4. on 15/07/2012 at 11:53 Opgevoude gedagtes « Chessalee

    […] Comments « Nag in Hillbrow […]



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 285 other followers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
    • The Sleepy Knight
    • Bourton-on-the-Water
    • ‘n Komplimentêre Kaartjie
  • Top Posts & Pages

    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • French Knitting-Tolletjie Brei
    • Alice in Wonderland's Mysterious Chess Game
    • Wolf and Jackal Stories
    • Hilary Stagg
    • Rooi Kappie en die Wolf
    • Lekker Afrikaanse kinderstories
    • Boer War Art Poetry and History
    • Buttermilk rusks - Karringmelk beskuit
    • Karringmelk Beskuit/Buttermilk Rusks
  • July 2012
    M T W T F S S
     1
    2345678
    9101112131415
    16171819202122
    23242526272829
    3031  
    « Jun   Aug »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Create a free website or blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 285 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Loading Comments...
 

    %d bloggers like this: