Listen to her song here….
On THIS LINK – also on my blog – you can find more information about Ingrid and watch a short movie about her too.
On THIS LINK you can read more about Ingrid Jonker and listen to a song.
BITTERBESSIE DAGBREEK ~~
Ingrid Jonker
Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
‘n spieël het gebreek
tusen my en hom
Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
Papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
TOE MAAR DIE DONKER MAN
(ook gesing deur Laurika Rauch!)
Ingrid Jonker
Op die groen voetpad
van die horison ver
om die aarde skat,
stap ‘n ou man
wat’n oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
en ‘n rug gebuk aan sy jare.
Wat maak hy, mammie?
~~
Hy roep die kriekies
Hy roep die swart
stilte wat sing
soos die biesies,
my hart
en die sterre wat klop
tok-tok liefling,
soos die klein toktokkies
in hul fyn-ver kring.
Wat is sy naam, mammie?
~~
Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet
uit die land van Vaak
Sy naam is toe maar
hy heet, my lam
Toe maar, die donker man
Muskietejag moes ek op laerskool leer! Dis was regtig ‘n gedig wat ek baie geniet het! Hy het soveel drama wat jy kan insit met die voordra van hierdie gedig!
Muskietejag : A D Keet
Jou vabond, wag,
ek sal jou kry,
Van jou sal net ‘n bloedkol bly
Hier op my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.
Mag ek my voorstel,
eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry –
My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie so kieskeurig nie,
Jy moet tog ééndag sterwe.
Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria –
Nog een minuut vir grasie.
Al soebat jy nou nòg so lang,
Al sê jy ook: ek is nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie…
Hoe sedig sit hy, O, die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
Nóu gaan die vabond sterwe…Pardoef!
Dis mis! Daar gaan hy weer!
Maar dòòd sal hy, sowaar, ek sweer –
My naam is van der Merwe!
Madeliefies in Namakwaland
Waarom luister ons nog
na die antwoorde van die madeliefies
op die wind op die son
wat het geword van die kokkewietjies
Agter die geslote voorkop
waar miskien nog ’n takkie tuimel
van ’n verdrinkte lente
Agter my gesneuwelde woord
Agter ons verdeelde huis
Agter die hart gesluit teen homself
Agter draadheinings, kampe, lokasies
Agter die stilte waar onbekende tale
val soos klokke by ’n begrafenis
Agter ons verskeurde land
sit die groen hotnotsgot van die veld
en ons hoor nog verdwaasd
klein blou Namakwaland-madeliefie
iets antwoord, iets glo, iets weet.
Ingrid Jonker
© Ingrid Jonker Trust
From: Rook en Oker
Publisher: Afrikaanse Pers, Johannesburg, 1963
The above poem in English translated:
Daisies in Namaqualand
Why do we still listen
to the answers given by the daisies
to the wind to the sun
what has become of the little kokkewiets
Behind the closed forehead
where perhaps a twig still tumbles
from a drowned springtime
Behind my word killed in action
Behind our divided home
Behind the heart locked against itself
Behind wire fences, camps, locations
Behind the silence where foreign languages
fall like bells at a funeral
Behind our land torn apart
sits the green mantis of the veld
and dazed we still hear
small blue Namaqualand daisy
answering something, believing something, knowing something
© Translation: 2007, Antjie Krog & André Brink
From: Black Butterflies
Publisher: Human & Rousseau, Cape Town, 2007
ISBN: 9780798148924
Ingrid is een van my gunstelinge en sekerlik een van die begaafste digters wat SA nog gesien het.
Ja, baie beslis en ek is gek oor die liedjie wat Laurika sing, op ‘n cd wat ek hier het.
Find more info on this link and watch a movie too about her!
she killed herself……it was stupid……very…………..
Ek is MAL oor Ingrid se werk. Sy is ‘n inspirasie. Ek is ‘n taalonderwyser en ek integreer graag van Ingrid se werke in my lesse. L.Human
Ek is MAL oor Ingrid se werk. Sy is ‘n inspirasie. Ek is ‘n taalonderwyser en ek integreer graag van Ingrid se werke in my lesse. L.Human
hi Lizeth
Welkom hier, bly jy geniet haar werke ook! Ek kan net dink hoe die kinders dit moet geniet!
Eks versot op die werk van Ingrid Jonker, dus inspirenend en intens.
Hi Michelle, Welkom hier en ek’s bly nog iemand is versot op haar werke! Ek stem saam, baie inspirerend, beslis.
Muskiete-jag heb ik voor het eerst in 1956 gehoord.
Ben het nooit vergeten.
M’n broer kent nog alle woorden.
hi Frank, Welkom hier op my blog. Dis wonderlik dat jou broer nog die woorde als ken! Dis ‘n oulike gediggie ook.
Kende Ingrid Jonker niet. Ben onder de indruk van haar gedichten. Ik begrijp niet alles, maar het rijm is zo sterk, dat ik er kippevel van krijg!
Hallo Pieter
Welkom hier! Ek is bly jy kon Ingrid se gedigte geniet het. Ja, sy kan mens nogal hoendervleis gee met haar gedigte.
Omstreeks 1958 kreeg ik Het grote Boek voor de Jeugd, een verzameling korte verhalen en gedichten, ik was tien. Daar stond ook het gedicht over de muskietenjacht in. Ik ben een visueel lezer/denker, dus zag ik het allemaal voor me. Ik heb ook de woorden onthouden, nou ja, tot op de helft letterlijk, maar de strekking helemaal en vaak als ik zelf of later ook mijn man op de neefjesjacht (in Groningen en Drenthe noemen we de muskietachtige muggen neefjes) was, moest ik aan dit gedicht denken en grinniken. Als het raak was dan dacht ik: geen grasie nie!. De jacht ging beter met een hemd of T-shirt dan met een muggenklapper. Laurika heeft hier in Groningen een echte hit gehad met haar nummer: mijn outante Coba.
my pa het my ma geserenade met toemaar die donker man, en die liedjie het vir ‘n lang ruk nou al weer in my kop vas gesit. toe het ek radeloos na google toe gedraai en ‘n paar lirieke ingetik… en nou sit ek hier en wonder hoe die wereld werk, dat ons talent en idividualiteit so kan verloor, koud en harteloos.
ingrid jonker was beslis een van die beste digters wat al op hierdie aarde geloop het.
baie dankie vir die paar gedigte en die vertaling wat jy gepost het vir ons engelse vriende. baie hartseer dat taal ‘n mens so kan wegskeur van die ritme en rym van ‘n gedig…
Hi Ilse, jy was gelukkig! Ek stem saam met wat jy se oor Ingrid Jonker. Ek is bly jy kon hier kry wat jy gesoek het.
Ja,Muskietejag gebruik ik aanstaande zondag om voor te dragen op een verjaardagsfeest. Ik vind het zo treffend beschreven. Het gedicht leeft dus nog. Dag.
Hi Rob, Welkom op my blog. Dit is goed om te weet dat Muskietejag nog so geniet word en op hierdie manier ‘leef’ die gedig voort, soos jy sê. Dankie dat jy Afrikaans op hierdie manier laat ‘leef’!