English readers: please slide down for the English recipe!
You can also visit THIS post on my blog for rusks-recipes – the link will open in a new window- and on THIS LINK you will find delicious SA-recipes. The link will open in a new window.
Heerlike Muffin resep!
Hierdie resep kom uit ‘n Rooi Rose van so ‘n klompie jare terug, daarmee wil ek se dit is so van 2001 of net voor 2001. Enige persoon kan dit maak, selfs ‘n 9jarige kind! Ek kan dit se want ek het die ondervinding daarvan! Ek gee hom soos hierdie einste 9jarige gewoond was om hom te lees en te bak! Die reseppies aan die einde van die possie kom van ‘n boek vir kinders. Jy kan op die images kliek om dit af te druk of om beter te kan lees! Hiedie Spogbeskuit reseppie kom uit een van die Huisgenoot se Wenresepte! Dis ‘n HEERLIKE resep!! Geniet dit! Jy kan dit ook “nat” eet! dis vir my lekkerder nat…maar ek sê nooit nee dankie as hy gedroog is!
Muffin resep
1.Stel oond op 140grade C
2. Meng saam: 500 ml Nutty Wheat meel (volkoringmeel)
10 ml koeksoda (of 20 ml bakpoeier
5 ml sout
625 ml bruin suiker
500 ml semels
3.Meng saam in ‘n ander bak: 2 eiers, 125 ml olie, 500 ml melk en 5 ml vanielje geursel.
4.Meng dan die “nat”-bestanddele by die droe bestanddele en meng deeglik.
5.Voeg dan by: 250 ml kersies wat in stukkies gesny is.
6.Smeer koekpannetjies vir muffins en skeep lepels vol deeg daarin.
7.Bak die muffins vir 20 minute.
As jy ‘n broodjie maak, bak hom vir 1 uur in die oond.
LW: As die deeg te slap is, kan jy nog 250 ml nutty wheat by voeg
LEKKER EET!
Muffin recipe….very delicious!
This recipe is so easy, even a child of age 9 – at least- can bake!
here it goes…
1. Preheat oven to 140 deg C
2. Mix together – this is the dry ingredients :
500 ml Nutty Wheat flour
10 ml of bicarbonate of soda (or 20 ml baking powder)
5 ml salt
625 ml brown sugar
500 ml bran
Mix in a separate bowl:(“wet” ingredients) 2 eggs, 125ml oil, 500ml milk and 10 ml vanilla
Mix the dry ingredients and the “wet” ingredients in one bowl thoroughly and add 250 ml cherries – cut in small pieces.
Coat the muffin pans with oil/margarine. If the dough is too runny, you may add 250 ml flour.
Bake your muffins for about 20 min and ENJOY!!
The following recipe is a rusk recipe…made with nutty wheat flour…and I will translate it for you as it’s now well after midnight…so see you l-a-t-e-r! and the other recipes on the images are from a book – as you can see – for children…. I might translate some of them for you later too….just keep checking back and…patience! my dear friend!
Image: Hatfield tuisnywerheid se website! Dit gee jou nastenby ‘n idee hoe die beskuit gaan lyk…
Spogbeskuit
700g botter of margarien
875ml karringmelk
500g (625ml) suiker
4 eiers
1pak (350 g ) Raisin Bran-ontbytgraanmengsel
1pak (300g) Honey Crunch-ontbytgraanmengsel
1,5 kg bruismeel
40g (50ml) bakpoeier
7 ml sout
Metode:
Stel oond op 180C (350F) en smeer 3-4 beskuitpanne.
Smelt botter in n groterige kastrol.
Haal van stoof af en klop karringmelk suiker en eiers by tot goed gemeng.
Meng res van mengsel met n houtlepel by.
Meng goed (deeg is slap).
Skep in panne, maak gelyk en bak 45-60 min.
Keer op draadrak uit en laat heeltemal afkoel.
Sny in beskuitgrootte en droog uit by 100grade C
Lewer 7dosyn middelslag – beskuite.
Ongebakte Koekies
Malva Yskastert
Rotskoekies
Pynappel-en-Kaastert
Bak en Kook vir die Kleinspan Volume 1 deur Hester Jacobs
ISBN:0-620 26649-X
Danie Theronstraat 215, Pretoria Noord
Faks: 012-546-4640
Tel: 082 670 1145
Die boek begin met Mates, Wenke, Soorte Vitamiens, 2 bladsye met kooktermes en 4 bladsye inhoudsopgawe, alles redelik groot gedruk vir maklike lees vir jong kinders wat al kan lees. By elke afdeling is daar illustrasies en daar is spasies vir notas aan die einde van elke afdeling, genoeg spasie vir ten minste een langerige reseppie of ander notas. Hierdie boek sal maklik deur ‘n sterk Gr2-kind gebruik kan word en baie beslis enige Gr3-kind wat nie leesprobleme ondervind nie. Dis beslis baie oulik vir enige Taal-Onnie wat “Instruksies” met kinders doen.
Warm Chocolate Brownies!
Serves 6
125g butter
175g caster sugar
2 eggs
125g plain flour
55g cocoa powder
1⁄4 tsp baking powder
pinch salt
Preheat the oven to 170C/150C fan/325F/gas 3. Use a little butter to grease a 15cm x 20cm deep baking tin and line the base with baking paper.
Melt the remaining butter and set aside to cool.
Meanwhile, in a large bowl, whisk together the sugar and eggs. Pour in the melted butter and whisk again.
Sift together the remaining ingredients and fold into the egg mixture.Transfer to the prepared tin and level the top.
Bake for 25 minutes or until a skewer when inserted at the centre comes out with just a few crumbs on. Leave to cool in the tin for 20 minutes before slicing.
SERVE WITH an optional swirl of melted chocolate and ice cream or berry sorbet (see below).
FOR THE SORBET Destalk 50g redcurrants, 50g blackberries and 50g blueberries. Place 350ml water in a pan with 200g sugar and 1 tbsp liquid glucose. Gently heat until dissolved. Add all the fruit and bring to a gentle simmer for 5 minutes. Remove from the heat and leave to go cold. Drain the fruit, reserving the liquid and berries separately. Churn the fruit liquid in an ice-cream machine until you have a nearly frozen sorbet. Transfer to a plastic tub and fold the berries through. Freeze overnight. Remove from the freezer at least 30 minutes before serving.
Petits pois muffins
Makes 12 large sweet muffins
INGREDIENTS
100g butter
2 medium eggs
200ml milk
2 tbsp maple syrup
1⁄2 tsp vanilla essence
300g self-raising flour
1 tsp baking powder
75g caster sugar
200g frozen petits pois
15g butter
1 tbsp reduced-fat crème fraîche
METHOD
Line a 12-hole muffin tin with paper muffin cases. Preheat the oven to 200C/180C fan/ 400F/gas 6.
Gently melt the butter in a pan. Remove from the heat and set aside.
In a bowl, whisk the eggs. Stir in the milk, maple syrup and vanilla essence. Pour the melted butter into the bowl and mix with a fork. Sift the flour and baking powder into a separate bowl. Add the caster sugar.
Cook the petits pois in boiling water for 5 minutes. Drain and then purée in a food processor, or using a hand blender, with the 15g butter and the crème fraîche.
Add the pea mixture to the flour mixture and stir with a fork. Then add all the remaining ingredients and quickly mix until the flour is fully moistened. Don’t over mix. The muffin batter will be a little lumpy.
Divide the batter among the muffin cases and bake in the oven for 20 minutes. The muffins will rise and be lightly golden when ready. Leave to cool in the tin for a few minutes before turning out on to a wire rack to cool completely.
WORTELKOEK IN MIKROGOLF
Bestanddele:
180 gr / 370 ml Koekmeelblom
10 ml Kaneel
8 ml Koeksoda
3 ml Neutmuskaat
3 ml Sout
750 ml Gerasperde Wortels
300 gr / 375 ml Suiker
250 ml Olie
100 gr / 250 ml Neute gekap
3 Eiers Geklop
Versiersel (Die versiersel is bietjie baie vir die koek * kan dit verminder)
250 gr Gladde maaskaas
120 gr Botter
50 gr / 125 ml Okkerneute gekap
5 ml Vanieljegeursel
400 gr / 800 ml Versiersuiker – gesif
Voorbereiding:
Sif meelblom, kaneel, koeksoda, neut, sout saam. Hou eenkant.
Meng wortels met suiker, olie, neute en eiers. Meng goed.
Voeg droë bestanddele by. Roer goed. Skep mengsel in ‘n diep mikrogolfringpan met ‘n deursnee van 250 mm. (Gat in middel).
Plaas pan op ‘n omgekeerde piering en mikrogolf 10 * 11 minute by 100% krag.
Laat effens afkoel. Keer op ‘n dienbord uit.
Versiersel
Klop maaskaas tot glad. Voeg botter by. Klop goed.
Voeg neute en geursel by. Meng deeglik. Voeg versiersuiker geleidelik by.
Klop dit tot die verlangde tekstuur. Smeer oor koek
_____________________________________
500 ml meel 10 ml bakpoeier
2,5 ml koeksoda
5 ml sout
500 ml gerasperde wortel
125 ml neute, gekap
10 ml kaneel
500 ml suiker
250 ml olie
4 eiers
1 klein blikkie fyn pynappel
Vulsel:
110 ml botter
375 ml versiersuiker
100 ml geroomde kaas
5 ml vanielje
Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, sout en kaneel saam. Voeg dan die suiker, olie en eiers by en meng goed. Voeg die wortel, gedreineerde pynappel en neute by en meng goed. Sit in 3 koekpanne wat gesmeer is en bak teen 350ºC vir 40 minute of tot gaar. Koel af en versier met die vulsel. Die bestandele hiervoor moet goed gemeng word.
Skoor het bogenoemde twee resepte aan my voorsien. Dankie Skoor! Sien ook Skoor se resepteblog: http://netresepte.wordpress.com
ai lekker, ek sal defnitief ‘n paar uit probeer…
Net jammer die Amerikaners weet mos nie van tennisbeskuitjies nie!
hi Eilandkind! Ja, die Engelse ook nie. Gelukkig het al die SA-winkels dit en kan mens dit bestel. Hier in Engeland is ‘n tee-koekie wat baie soos die Marie-koekies is, nou glad nie die Marie-koekie se heerlike smaak nie, maar hy is redelik naby.
Dankie vir die lekker reseppies – ek het hulle gou uitgedruk en gaan dit in my lêer met resepte bêre!
Iets wat my opgeval het by die besonderhede van Bak en Kook vir die kleinspan deur Hester Jacobs is haar adres – ek het tot en met my troue in 1982 in dieselfde straat gebly, net ‘n paar huise ondertoe!
hi Reisiger! Geniet dit…daardie muffins is heerlik! jy moet hulle probeer…
Wow Dankie Nikita!!!!!
Hier is ‘n paar wenners!!
Daai brownies is eerste op die spyskaart 😛
hi Wipneus! Ek stem vir daardie brownies…dis altyd ‘n gunsteling! geniet dit! 😉
Eish!!! Jy sal maak dat ek net bak en vergeet van kook! Definitief eerste die muffins en dan Spogbeskuit.
LOL! hi Braam…Daardie Rooi-Rose-muffins is HEERLIK! jy kan jou vereet aan die goed! ek stem saam, eers die muffins… 😉
Hi Nikita
I want to make the muffins above but do not want to use eggs. Can you please tell me what to use instead or give me a recipe for eggless muffins using the same ingredients that you have above.
Thanks
Jenny
hi Jenny! Welcome to my blog. I’m sorry, unfortunately I haven’t got an eggless muffin-recipe. Follow this link and you will find a link – top link, where you can read what to use to replace the eggs with. good luck!
http://www.eggless.com/links/links.htm
I have also found you this link:
http://www.egglesscooking.com/?s=muffins
Goeie Dag!! Ek is opsoek na ‘n resep vir die horinkies wat mens koop in die tuisnywerhede in SA en dan vul jy dit met gekookte kondensmelk of chocolate of wat ookal jou hart begeer. Het jy dalk vir my die resept of weet jy dalk van iemand wat dringend vir my die resep kan gee? Ek bly in NZ nou en kry die resep net mooi nerens nie.
Wat die eierlose resepte aan betref – my kinders kon op ‘n stadium ook nie eiers gebruik nie en ek het ‘n produk gekoop met die naam van “Eggless” – jy koop dit in ‘n boksie en as ek reg kan onthou, het ek dit gekoop by Pick & Pay of Spar in SA.
Dankie en lekker dag verder!!
Edna Nagel
Hallo Edna!
Welkom hier op my blog! Nee, ongelukkig het ek nie daardie resep nie, maar sal tog maar net kyk in die een file wat ek het, maar kan nou al sê dit klink nie bekend nie. Ongelukkig weet ek nie waar mens dit in die hande sal kan kry nie. Miskien moet jy bietjie die resepte-sites probeer. Dankie vir die “raad” oor die “Eggless”-produk. Ek glo mense wat hier lees sal dit beslis uit probeer! Lekker naweek vir jou daar in NZ!
baie dankie, ek het drie kinders wat dit gaan probeer oor die desember vakansie
hi Andre, Welkom hier, ek hoop hulle geniet dit en stuur maar bietjie daarvan vir my ook aan! 🙂
Het iemand dalk ‘n lekker wortelkoek resep.
Hi Ivy potas! Welkom hier op my blog. Hou hierdie spasie dop, ek het ‘n resep wat binne die volgende dag/twee hier gaan verskyn!
Edit: 16/3…Resepte geplaas, sien die pos-inskrywing hierbo!
hi
ek soek na n choc chip muffin resep wat nie uit mekaar val as jy hom hap nie en wat lekker soet is
hi Tersia, Welkom hier. Jongie, ek het ongelukkig nie so ‘n resep nie, wat daarvan om net ‘n gewone resep te neem en choc chips by te sit en te kyk wat gebeur – sit net min by om mee te begin en eksperimenteer op daardie manier so?