Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘Village markets’

Verskeidenheid / variety
Spaanse kosse / Spanish foods
Uile en nog meer – Franse goedere / Owls and more from France!
So oulik! / So cute
Beursies – Purses

English: lower down in this post.

Nadat ek Christa se inskrywing HIER gelees het en van haar ondervinding in Kazakhstan, het ek besluit om ook ‘n paar foto’s te deel na vandag se besoek aan ons buur-dorpie. Ons het voorheen in die dorpie gebly en gaan ons nog steeds soontoe vir verskeie redes. Ek besoek die haarsalon daar gereeld en sommer ook die oulike kunswinkeltjie en manlief hou van sy hardewarewinkel – en ek moet byvoeg ek myself ook met veral die kuns-goed wat die ou ook verkoop. Een van die helpers is ook ‘n oud-Suid-Afrikaner wat 40 jaar gelede uit SA is as ‘n Engelsprekende Suid-Afrikaner. Ek het baie respek vir die Omie, want hy groet ons altyd in Afrikaans en maak seker ‘n wissel ‘n paar woorde met ons in Afrikaans. Die verbasing op die ander werksmense se gesigte was in die begin redelik komies. 

Elke Saterdag is dit markdag en soos jy in die foto’s kan sien, is daar ware van Frankryk en Spanjaardse kos en geregte ook te koop. Ek het vir my hierdie liewe uiltjies gekoop – in die een foto –  en ‘n duidelike ‘merci’ gekry nadat ek betaal het. Ek hou van hierdie markdae, dit bring mense bymekaar en daar’s altyd een of ander oulike iets te koop. As dit nie vir manlief was, het ek met ‘n sak oudhede huistoe gekom! Die foto’s wat jy hier sien is slegs van ‘n paar stalletjies. Daar was heelwat meer. Ek het ook nie die groente/vrugte deel afgeneem nie.

This is our neighbouring town’s market on a Saturday. We used to live in this town and I still go back to it for various reasons. I’m sharing a few photos of my most recent visit for a hair cut. Do enjoy! 

Read Full Post »