Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘verlange’


Picture taken in Osterley Park.
Sê nou die afgevalde blare
waai dartellend
en vul heimlik my blootgestelde verlange?

Nikita 29 Sept 2008

Opdatering: 8/3/2013 – Ek lees so pas hierdie gedeelte van Barend Toerien en kon nie glo wat ek lees nie… jy sal verstaan as jy die inskrywing oor hom op my blog lees. Barend Toerien is ‘n klein neef van my – wat ek slegs onlangs ‘ontdek’ het! 

++++

Barend J. Toerien 

Uit: Momente (herfs)

XV
Sê nou die koue maan
ruk hom los
en tuimel agter die trekganse aan?

Update: 2021

Doodgaan

Om dood te gaan is seker soos ‘n valskermsprongdie eerste keer; jy breek in koue sweet uit na gelangdie oomblik nader, sluit jou oë, laat los en val -!Die skerm gaan tog ope, jy was verniet zo bang.

Barend J. Toerien

Spleen

Ek dra die swartgal in my bloedstroom rond;daarom ontwaak ek traag en kom ek swaar orent. Hoe word mens aan die bitter wakkerlangesmaak wat klewe in jou mond gewend?

B.J. TOERIEN

Vinknessies

Eens het ek in my hande gehouvinkeiers, hul was hemelblou,en kaal kleintjies voor hul gesmyt word teendie wal probeer nog aan my vingers klou.- B.J.Toerien

Read Full Post »