
Watu Kobese IM (South Africa)..Image: farm1.static.flickr.com
This is a news article about Watu playing chess on the 29th June in Pretoria in a simul to raise money for the Ramlodi chess festival in July. A Grade 7-student (u/14) checkmated him in a game! Rian Cox is also a Springbok Chess player.
Read more about the RAMLODI Chess Festival here and you can visit the Official site here …
On THIS LINK you can play through his games on Chessgames.

On THIS LINK you can read about the Chess simultaneous on the Kolonnade Centre’s site.
Skaakkampioen kom toe ’n Ermeloër teë
Jun 29 2008 06:13:41:670PM – (SA)
Mnr. Watu Kobese, Suid-Afrika se skaakmeester met die hoogste gradering tans, het Pretorianers – 40 van hulle – eergister by die Kolonnade-inkopiesentrum in Pretoria die stryd aangesê.
’n Oorlogsveld van 40 skaakborde is staangemaak terwyl Kobese opponente begin lok het.
“Ek glo skaak kry nie genoeg erkenning in Suid-Afrika nie. Selfs die onderwysdepartement moet verstaan dat skaak help met jou leerwerk en kognitiewe denke,” het die skaakfoendi gesê.
“ ’n Skaakbord het ’n X- en Y-as wanneer ’n mens byvoorbeeld aan wiskunde dink. Skaak is baie goedkoop en jy het geen spasie nodig daarvoor nie. Skaak is vir my soos musiek en kuns. Dis ’n intellektuele plesier. Dit leer jou ook om jou opponent te respekteer.
“Daar word gemeen dat skaak jou sosiale karakter weerspieël. Ek is ’n baie aggressiewe onkompromistiese speler. ’n Mens moet skaakfiks wees. Sodra jy slaplê, verlaag jou sin vir gevaar. ’n Rede vir my sukses is die vermoë om vinnig variasies te bereken op die skaakbord.
Soos ek aanstap van een opponent na die volgende, hou ek my moeilike opponente in gedagte en werk solank aan daardie skuiwe in my kop. Ek vrees Russiese spelers die meeste. Hulle leer skaak van vroeg af op skool.”
Terwyl die tuisopponente peinsend die skaakbord voor hulle bestudeer, stap Kobese al skuiwende van een spel na die volgende. “Skaak laat jou verder dink,” vertel Werner Buys (10) van Rayton. “Skaak is werklik fun en dit gee ’n mens kans om jou tyd ordentlik te bestee.”
En toe kom die groot gif in die klein botteltjie. Uit die 47 skaakspele wat Kobese gespeel het, was een spel ’n probleem.
’n Gr. 7-leerling van Ermelo en ’n o.14 junior skaak-Springbok, Rian Cox, vertel: “Ek het my ruiter vir twee van Watu se pionne opgeoffer, dit alles om Watu se koning oop te kry. En in die 21ste skuif was dit skaakmat.”

Hannah Kneen–8jr — van Johannesburg hou die volgende skuif van mnr. Watu Kobese, ‘n skaakmeester, dop. ‘n Geldinsameling is die naweek by die Kolonnade-inkopiesentrum in Pretoria gehou vir die Ramlodi-skaakfees wat op 18 Julie in Pretoria begin. Foto: Leon Botha
Source: http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2349020,00.html

Read Full Post »