
Zoom school is finished!
Die 8ste Januarie het ons met aanlyn skool begin en vandag – 3 Maart – was die laaste dag – en ek dink ek het ‘n drankie nodig – soos die gedig hierbo se! Dit was harde werk, al die beplanning moes oorgedoen word sodat ons deur Zoom dit kon onderrig en die kinders dit tuis kon doen met die hulp van ouers – na die Onderwyser se aandeel afgehandel is. Dit was ‘n heeltemal ander manier van ‘doen’ en aanpassings moes gemaak word – waarmee Onderwysers baie goed is. Baie keer – byna daagliks, moet jy aanpassings maak, want sommer uit die bloute kan heelwat dinge in die skool gebeur en jy moet op jou tone kan dink en gereed wees vir daardie aanpassings. Dus, jy moet buigbaar wees en dit kan hanteer as jy vinnig dinge moet verander, vir welke rede ookal.
Die vertaling van die gedeelte van die gedig in plein Engels: I wish I had some vintage wine that has been stored for years deep in the belly of the earth, wine that tastes of flowers and the countryside, of dancing, folk singing, and happy sunshine!
Ek is nie ‘n wyndrinker nie – daarmee bedoel ek dat dit nie deel is van my daaglikse lewe nie, maar ek is eerder ‘n een-keer-‘n-jaar-glasie-persoon. Rooiwyn is my gunsteling – ek kry hoofpyn van witwyn of sjampanje.
Die Karlienblom is my groot gunsteling blom! Ek het so bietjie rondgespeel met die waterverf – iets wat ek nog nooit regtig aangepak het nie – eerder iets wat ek die kinders leer en dis iets wat hulle moet doen – hierdie keer het ek self probeer. Ek het net rondgespeel om die verf en papier te toets, veral die kwaliteit van die verf en wat dit op die tipe papier doen om te weet of ek ander verf moes koop – en ook dalk ander tipe waterverf papier. Ek het dit nogal geniet en dink dat verf met waterverf nogal ‘n lekker tydverdryf kan wees en baie makliker as olieverf is. Ek hou daarvan dat jy ‘n fout ken ‘fix’ met die waterverf. Ek het eenkeer olieverf op ‘n klein doek probeer, dit het nogal uitgekom soos die video wat ek gevolg het, maar dit was uiters moeilik om met die olieverf te werk – veral as jy dit nie voorheen gebruik het nie. Ek dink nie ek sal dit weer probeer nie, terwyl die waterverf iets is wat ek beslis weer wil probeer. Ek hoop jy het my pampoen raakgesien!