Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘skoolhou in Engeland’

P6300073

P6300074

P6300075

It’s summer in the northern hemisphere, 30th June 2009, 21:40. The church clock is quiet. All clear! Silence has been spilt! Night has slowly arrived. Next door’s cat keeps watching, unaware of an intruder invading its “personal space”, trying to zoom into its comings and goings. Then, telling the intruder to back off, kitty cat disappears on the other side of the roof, spoiling a moment’s excitement.

Dis een ding waaraan ons gewoond moes raak. In die somer, veral hierdie tyd van die jaar, word dit eers na tien uur donker. Julle kan op hierdie foto’s sien dat dit skemer is. Terwyl ek hier tik is dit 25 voor 11 en nou eers amper regtig donker. Maar als gebeur oornag hier. Baie gou is die somer verby en maak ons weer gereed vir die bitter koue wat enige tyd vanaf Oktober toeslaan. Verlede jaar het ons ‘n gematigde herfs gehad – wat Oktober tot Desember is. Die skole se termyne word ingedeel volgens die seisoene. Dus, die eerste termyn word van Autumn-term gepraat, dan is dit Spring en Summer begin na April-vakansie. Waar’s winter? Nee wat, jy praat nie van winter in hierdie land nie, dis al klaar erg dat dit so koud kan word, dus word winter sommer oorgeslaan! hehe… ons het drie termyne, maar in die helfte van elke termyn het ons ‘n week “vakansie”, wat die termyn darem soort van draaglik maak. Die breukie word “half term” genoem. Dit kom ook net betyds, soos ek altyd sê dat naweke net betyds kom. Jy voel die week wil net-net te lank raak, dan’s Saterdag op jou. Hier is die skooldae ook vreeslik lank, met die dat middagete by die skool genuttig word. Laerskole begin meestal 5 oor 9 en eindig op die laatste 3:30 – afhangende van hoe lank die middagete is. Hoërskole probeer die middagete slegs ‘n halfuur maak, wat meebring dat die meeste skole dan in die omgewing van 3:15 klaarmaak. Een groot rede vir die kort middagete is om allerhande “gevegte”  wat moontlik kan uitbreek, te verhoed. Dit gee kinders net genoeg tyd om hul eet-breuk te hê en ‘n kort geselsie in te pas. In sommige rowwe skole kan selfs ‘n halfuur ete menige  Onderwyser ‘n hoofpyn besorg. Sommige skole probeer ook soveel as moontlik klubs gedurende etenstye te hê sodat die kinders aktief en konstruktief besig gehou word en sodoende probleme uitgeskakel word, of verminder word. Natuurlik gaan ek die nuwe akademiese jaar by my skool met ‘n skaakklub begin. By die skool moet elke Onderwyser op ‘n Woensdagmiddag -na ete- een of ander aktiwiteit vir die leerders aanbied en elke leerling moet daardie uur aan iets deelneem. Ek dink dis ‘n puik idee. Bitter min skole doen so iets om kinders aktief te kry by een of ander sport of aktiwiteit betrokke te kry. Vra my oor sport in skole hier…en ek vertel jou dat dit ‘n groot grap is, in vergelyking met ons skole in SA. Nou praat ek ook nie eers van ‘n “sportdag” wat skole gewoonlik hierdie tyd van die jaar het – om kinders “besig” te hou. Dis genoeg brabbel vir eers, ek groet! Terloop, ek het eerskomende Maandag sportdag by my skool. Verlede jaar het ek my verbrande arms geblog! Die jaar sal ek weet om my baie dik met sonroom te smeer, ten spyte van die wolke!

Read Full Post »