Click on the image for a larger view.
Click HERE for the Camdeboo National Park in South Africa.
The Camdeboo Mountains in the Cape Province of South Africa. Beautiful, isn’t it?! How I love thee….Original Photo HERE also in Google Earth.
Camdeboo-family – image: Sanparks
Camdeboo flowers
Poetry again…at the bottom of this entry you can find the English version of Ingrid Jonker’s poem: Korreltjie Sand (Little grain of Sand)
‘n Gedig deur dr Flip Strydom van die Stigting vir Bemagtiging Afrikaans (SBA) opgeteken in ‘n boek getiteld Versies uit die veld.
Soos ‘n koelteboom in Februarie se karoo (Uit Murraysburg)
Meneer, u vra oor geletterdheid in my lewe?
Wel, ek is ’n Karookind
En geletterdheid is vir my soos ’n koelteboom
In Februarie se Karoo.
Of ’n jaloers buitjie reën wat die stof laat ruik
In die strate van Murraysburg.
Of die doringboomgeur van die Kamdeboo-streek
Daar naby Graaff-Reinet.
Of die treurgesang op ’n Sondagaand
Uit die kerkie op die bult.
Karoomense kyk anders na dinge, Meneer.
(Bron: Die Burger, 16 Augustus 2003) sien ook: cnx.org
Karoo-dorp: Someraand
Die laat-middag het room geword
en treine wat ver fluit
en ’n wit-bont klaas-skáwagter
wat wag-hou op ’n kluit
en rook uit die lokasie rook
en by die dorpsdam sing
en mense in tennisbroekies loop
die koper skemer in
dóér op die nasionale pad
loop motortjies onhoorbaar, hoog;
Oum-Appie-Slagkraal se ou fiets
kom staan, vanself, moeg, voor die oog.
Tant’-Tolie-met-die-kanker kom
sit op die bordienghuis se stoep:
vanaand gaan hoor ons nog hoe sy
Die Here en die uile roep.
~~NP van Wyk Louw
Tristia
Chris Chameleon sings one of Ingrid Jonker’s poems..Korreltjie Sand – Grain of Sand – do enjoy!
Korreltjie Sand – lyrics
korreltjie korreltjie sand
klippie gerol in my hand
klippie gesteek in my sak
word korreltjie klein en plat
sonnetjie groot in die blou
ek maak net ‘n ogie van jou
blink in my korreltjie klippie
dit is genoeg vir die rukkie
pyltjie geveer en verskiet
liefde verklein in die niet
timmerman bou aan ‘n kis
ek maak my gereed vir die niks
korreltjie klein is my woord
korreltjie niks is my dood
korreltjie klein
korreltjie sand
kindjie wat skreeu uit die skoot
niks in die wêreld is groot
stilletjies lag nou en praat
stilte in doodloopstraat
wêreldjie rond en aardblou
korreltjie maak ek van jou
huisie met deur en twee skrefies
tuintjie met blou madeliefies
pyltjie geveer en verskiet
liefde verklein in die niet
timmerman bou aan ‘n kis
ek maak my gereed vir die niks
korreltjie klein is my woord
korreltjie niks is my dood
korreltjie klein
korreltjie sand (5x)
The Original poem
Korreltjie niks is my dood
Ingrid Jonker (1933-1965)
Korreltjie korreltjie sand
klippie gerol in my hand
klippie gesteek in my sak
word korreltjie klein en plat
Sonnetjie groot in die blou
korreltjie maak ek van jou
blink in my korreltjie klippie
dit is genoeg vir die rukkie
Kindjie wat skreeu uit die skoot
niks in die wêreld is groot
stilletjies lag nou en praat
stilte in doodloopstraat
Wêreldjie rond en aardblou
ek maak net ‘n ogie van jou
huisie met deur en twee skrefies
tuintjie met blou madeliefies
Pyltjie geveer in verskiet
liefde verklein in die niet
Timmerman bou aan ‘n kis
Ek maak my gereed vir die niks
Korreltjie klein is my woord
Korreltjie niks is my dood
Read here about Ingrid Jonker where you can also listen to Bitterbessie Dagbreek as sung by Chris Chameleon.
Little Grain of Sand
Grain little grain of sand
pebble rolled in my hand
pebble thrust in my pocket
a keepsake for a locket
Little sun big in the blue
a granule I make out of you
shine in my pebble little grain
for the moment that’s all I can gain
Baby that screams from the womb
nothing is big in this tomb
quietly laugh now and speak
silence in dead-end street
Little world round and earth-blue
make a mere eye out of you
house with a door and two slits
a garden where everything fits
Small arrow feathered into space
love fades away from its place
Carpenter seals a coffin that’s bought
I ready myself for the nought
Small grain of sand is my word, my breath
small grain of nought is my death
© Translation: 2007, Antjie Krog & André Brink
From: Black Butterflies
Publisher: Human & Rousseau, Cape Town, 2007
ISBN: 9780798148924