Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘Erl King’

elwe

 Image: Wikimedia

‘n Blogger het my vandag gevra na “Die Elwekoning”…sien haar boodskap op “my gedigte/poems”-bladsy. Ek kon geen spoor van die gedig, in Afrikaans vertaal, kry nie. Dit was vir my ‘n aangrypende gedig toe ek dit in Engels lees en het ek besluit ek vertaal dit gou vir haar. 

English readers: I’ve translated this Goethe-poem in Afrikaans for a blog-reader. As a rule I don’t like to translate, only if the poem is really touchy or if it “speaks” to me…almost like this Erl King-poem. On “my poems/gedigte” page you will find a few translations…English to Afrikaans vice versa and a few of my own which I tried. I’m no professional, I have done no particular course in writing poetry, so WYSIWYG…what you see is what you get. Just my own thoughts in words.

Die Elwe-Koning
Wie ry daar so laat deur die donker, somb’re nag?
Dis ‘n vader met sy kind
Hy hou die knaap klemmend in sy arm
Hy hou hom veilig, hy hou hom warm.

“My seun, waarom lyk jy so beangs?”
“Sien vader nie die Elwekoning nie?
 Die Elwekoning met sy kroon en trein?”
“My liewe kind, dis mis wat opstoot in die vlakte.”

“Kom nou, liewe kind, kom nou saam met my
Ek het lekker speletjies om met jou te speel.
Lieflike blomme blom op die strand,
My moeder het baie kledingstukke van goud.”

“My vader, my vader, hoor jy nie die
 beloftes wat die Elwekoning fluister vir my?”
“Wees rustig  my kind, bedaar, dis die
 nagtelike wind se ritseling deur gedroogde blaar’ .”

“Wil jy nie saam met my kom, my seun?
My dogters sal jou liefderyk versorg,
My dogters dans hul nagtelike dans
Hul sal jou wieg totdat jy slaap.”

“My vader, my vader, sien jy nie daar?
Die Elwekoning-dogters in die donker daar?”
“My seun, my seun, ek sien duidelik
hoe grys die wilgerbome lyk.”

“Ek’s lief vir jou, jou skoonheid bekoor my, my seun.
En as jy nie gewillig is, dan moet ek jou forseer!”
“Nee vader, my vader, hy gryp my arm!
Die Elwekoning het my seer gemaak!”

Die pa sidder, sy ry is wild
In sy arms hou hy die kermende kind
Hy kom tuis met ‘n geswoeg en gesweet
In sy arms – die lewelose kind.

Nikita-25/6/09
Oorspronklike gedig deur Goethe

Oeps! Hier het ek so pas die vertaling van SJ du Toit op Litnet opgespoor..waarom kon ek dit nie twee dae terug kry nie? Omdat ek Elwekoning twee woorde gespel het! ..wel, nou kan jy my vertaling vergelyk en natuurlik sien waarom ek nie ‘n digter is nie! hehe
Die Elwekoning
(Goethe)
Wie ry daar so laat deur nag en wind?
Dit is ‘n vader met sy kind;
Hy druk die knapie so styf in die arm,
Hy hou hom veilig, hy koester hom warm.

“My seuntjie berg bang sy gesiggie, vir wie?”
“Sien Vader die Elwekoning dan nie?
Die Elwekoning met mantel en sleep?”
“My kind, dit is ‘n newelstreep.”

“Kom, kindjielief, kom saam met my!
So heerlik speel hul waar ek bly;
Veelkleurige blomme groei op die strand,
Van goud gaan jou kleed wees uit moeder se hand.”-

“My Pappie, is Pappie dan heeltemal doof
Vir wat Elwekoning my saggies beloof?”
“Bly stil, wees rustig maar, my kind!
In dorre blare duisel die wind.”-

“Gaan jy, lief seuntjie, met my saam?
My dogters ken almal reeds jou naam;
My dogters dans voor die nagt’like rei
En wieg jou en dans en sing so bly.” –

“My Vader, kan Vader dan glad nie gewaar
Elwekonig se dogters in die donker kol daar?”
“My seuntjie, my seuntjie, ek sien dit heel goed:
Die ou-gras skyn geel aan die randjie se voet?”

“Jou skoonheid bemin ek, my siel is ontsteld;
En as jy nie wil nie, gebruik ek geweld!”
“My Pappie, my Pappie, nou vat hy my raak!
Elwekoning het my seer gemaak!”

Die vader skrik; hy ry soos die wind,
En hou in sy arms die kreunende kind,
Bereik sy plaas in bange nood;
Die kind lê in sy arms dood.
Vertaling – SJ du Toit

erl dancers


The Erl-King

WHO rides there so late through the night dark and drear?
The father it is, with his infant so dear;
He holdeth the boy tightly clasp’d in his arm,
He holdeth him safely, he keepeth him warm.

“My son, wherefore seek’st thou thy face thus to hide?”
“Look, father, the Erl-King is close by our side!
Dost see not the Erl-King, with crown and with train?”
“My son, ’tis the mist rising over the plain.”

“Oh, come, thou dear infant! oh come thou with me!
Full many a game I will play there with thee;
On my strand, lovely flowers their blossoms unfold,
My mother shall grace thee with garments of gold.”

“My father, my father, and dost thou not hear
The words that the Erl-King now breathes in mine ear?”
“Be calm, dearest child, ’tis thy fancy deceives;
‘Tis the sad wind that sighs through the withering leaves.”

“Wilt go, then, dear infant, wilt go with me there?
My daughters shall tend thee with sisterly care
My daughters by night their glad festival keep,
They’ll dance thee, and rock thee, and sing thee to sleep.”

“My father, my father, and dost thou not see,
How the Erl-King his daughters has brought here for me?”
“My darling, my darling, I see it aright,
‘Tis the aged grey willows deceiving thy sight.”

“I love thee, I’m charm’d by thy beauty, dear boy!
And if thou’rt unwilling, then force I’ll employ.”
“My father, my father, he seizes me fast,
Full sorely the Erl-King has hurt me at last.”

The father now gallops, with terror half wild,
He grasps in his arms the poor shuddering child;
He reaches his courtyard with toil and with dread,–
The child in his arms finds he motionless, dead.

Erlkönig
Wer reitet so spät durch Nacht und Wind?
Es ist der Vater mit seinem Kind.
Er hat den Knaben wohl in dem Arm,
Er faßt ihn sicher, er hält ihn warm.

Mein Sohn, was birgst du so bang dein Gesicht?
Siehst Vater, du den Erlkönig nicht!
Den Erlenkönig mit Kron’ und Schweif?
Mein Sohn, es ist ein Nebelstreif.

Du liebes Kind, komm geh’ mit mir!
Gar schöne Spiele, spiel ich mit dir,
Manch bunte Blumen sind an dem Strand,
Meine Mutter hat manch gülden Gewand.

Mein Vater, mein Vater, und hörest du nicht,
Was Erlenkönig mir leise verspricht?
Sei ruhig, bleibe ruhig, mein Kind,
In dürren Blättern säuselt der Wind.

Willst feiner Knabe du mit mir geh’n?
Meine Töchter sollen dich warten schön,
Meine Töchter führen den nächtlichen Reihn
Und wiegen und tanzen und singen dich ein.

Mein Vater, mein Vater, und siehst du nicht dort
Erlkönigs Töchter am düsteren Ort?
Mein Sohn, mein Sohn, ich seh’es genau:
Es scheinen die alten Weiden so grau.

Ich lieb dich, mich reizt deine schöne Gestalt,
Und bist du nicht willig, so brauch ich Gewalt!
Mein Vater, mein Vater, jetzt faßt er mich an,
Erlkönig hat mir ein Leids getan.

Dem Vater grauset’s, er reitet geschwind,
Er hält in den Armen das ächzende Kind,
Erreicht den Hof mit Mühe und Not,
In seinen Armen das Kind war tot.

(Johann Wolfgang von Goethe, 1778)

Read Full Post »