Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"
Ek het die boek vandag raakgeloop. Dis die mees oulikste kinderboek boek wat ek lanklaas gesien het. Die tou – wat lyk soos rêrige tou – is deel van die boekomslag. Jy kry die idee dat dit ‘n regte stukkie tou is wat om die boek gebind is as jy op ‘n afstand daarna kyk. Meerkatte is een van my gunsteling Afrika-diere…My gunsteling voël is die Tarentaal.
Voorin is allerlei humoristiese sê-goetjies en interessanthede oor die Meerkat-familie, o.a. hulle motto: Stay Safe, Stay Together.
Sunny Meerkat decided to find the perfect place to stay – and then sent postcards home about his travels and experiences. The Meerkat motto is: Stay Safe, Stay Together. [and sleep together!] Click photos for a larger view, especially the photo following the next photo, so you can read the message.
Binne in die boek is verskeie poskaarte wat deur die Meerkat – wat besluit het om te travel om die perfekte plek te soek om te bly, huistoe gestuur is. Hier kan jy een so ‘n poskaart sien. Die volgende foto is die agterkant met die boodskap. Klik die foto sodat jy die boodskap kan lees.
Die einde van die storie. Soort van ‘n foto-album. Sunny Meerkat het besluit om terug te keer huistoe – slegs na ‘n week! ‘n Baie oulike idee van die skryfster, Emily Gravett. Ek kyk graag Meerkat Manor, dit word nou weer op Channel 5 uitgesaai, episode 2 was gister en jy kan die video’s op hul webbladsy kry tot ‘n maand nadat dit uitgesaai is. Wel, terwyl ek heerlik kuier, onthou die Meerkat motto: Stay Safe, Stay Together! [and sleep together!] Ek sal nou nie soos Sunny Meerkat kan belowe dat ek gaan ‘skryf’ nie, dus, hou die blink kant bo en moenie vergeet: 14 Augustus is Afrikaans-dag nie! Die dag waarop die GRA gestig is. [14/8/1875] O ja, Vrouedag is 9 Augustus.
Hierdie volgende gedig het ek op laerskool geleer [moes!] en ek kon nie die hele gedig onthou nie. Baie dankie aan Koos van Rensburg wat die gedig vir my op die blog in ‘n boodskap kom plaas het!
Die Meerkat
Die Meerkat deur C.F. Hofmeyer
Spitse snoetjies, donker ogies
stertjie lank en kaal
lange naels, skerp soos naalde
en ‘n jassie vaal.
In die moreson se strale
in die oggenddou,
penorent sien jy die meerkat,
sy kinders en sy vrou.
Spoedig loop hul heen en weertjies
knibbel hier en daar,
grawe gou lekker uintjies:
oggendmaal is klaar
Sonder sorge is hul lewe
in die ope lug,
tot daar kom die wrede honde –
Ja! dan moet hul vlug.
DIE MEERKAT
Regop sit die meerkat teen die bult, sy koppie roerloos, fyn gesny en slim met die ogies soos vonke daarin; hy staar na die verdorde velde en die slingerloop van die paaie en hou die bosse dop van waar die dood gou kan bespring. Maar niks lewe of roer in die rondte en die somerson is `n bol vlammende vuur wat ver en wyd die berge laat tril in die hitte Dan roer hy sy kop en die omgewing, verras en ontwaak, vloei na die lewe na wat daar beweeg het, en verstol dan weer gou in die doodsheid. En waarom hy ook moet lewe, die rooimeerkat met penregop lyf, dit weet niemand – hy, nog die lang ketting lewe lank voor hom.
Nou spring die omgewing in aandag; geluid het gekom oor die stilte, `n gulsige hond met hangende tong het verskyn en sy woeste geblaf, val luid teen die lug en eggo die klowe dan in. `n Paar draaie, vervolger en vervolgde die verskroeide aarde oor, dat die pote dreun en gehyg van `n asem gulsig bly gaan. Dan net `n fyn, angstige skreeu en die meerkat ril nog `n keer en sterwe met sy tandjies wit na die sonlig daarbo. Die hond gaan dan snuffelend verder en daar hoog kras `n kraai – was hy nodig – die meerkat – en wie van ons sal dit raai?
CM van den Heever
Ek is uiteindelik oppad, ongelukkig slegs vir ‘n baie kort tydjie. Gelukkig kon ek die tydjie afknyp om weer bietjie in Suid-Afrika te gaan kuier, anders sou nog ‘n jaar verby gegaan het sonder dat ek die familie gesien het.
Hierdie liedjie is baie mooi – met veral die mooi tonele uit SA.
Halala Afrika
Toe die wêreld hier nog jong was en die horison wyd en oop
Was dit groen hier in die halfrond, suid van die ewenaar
En in die skemer as die son sak en die beeste huis toe loop
Klink die roepstem van die vroue oor die heuwels van die land:
Halala, ewig is ons Afrika.
Tula tula mtanami, tula tula sanaboni, tula tula mtanami,
Ubab uzobuya sihlale naye, ubab uzobuya sihlale sonke, Hmmm-Hmmm
Toe kom die skepe uit die weste, wit seile oor die see
Om te vra vir koos en water en te bly vir so veel meer.
En die land wat een tyd oop was, die land het ons verruil
Vir die ghetto’s van die stede is ons koperdraad gegee.
Halala, ewig is ons Afrika
Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika
Tula tula mtanami, tula tula sanaboni, tula tula mtanami,
Ubab uzobuya sihlale naye, ubab uzobuya sihlale sonke, Hmmm-Hmmm
Daar was rykdom in die maag van ons moeder Afrika
Diamante en ook steenkool, goud, edel metaal
En die mense word die slawe hier want die mense word betaal
Om te tonnel in die aarde elke greintjie uit te haal
En die groot en oop grasvlaktes span dit toe met doringdraad
En van die olifant tot die gemsbok al die diere moes kom buig
Voor die mag van die grootwildjagter voor die mag van sy groot geweer
Totdat net die stilte oorbly, totdat net die stilte heers.
Halala, ewig is ons Afrika.
Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika
Sasidjapolutjoloythina
Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika
Source: southafrica.com/forums/language/5041-zulu-translation-request.html Krediet vir foto met Tafelberg: Suid-Afrikaanse Lugdiens
English Readers – This is an Afrikaans entry about stories and books – mainly for teachers and teaching. There are a few links to English books too.
As jy hier is vir die stories – die PDF dokumente is verder af in hierdie inskrywing. Hierdie bloginskrywing is van ‘n hele paar jaar gelede – en die werkskaarte – neem dit in ag, alhoewel: stories bly stories!
Nuut bygevoeg: 2020 hierdie stories is van ‘n website wat hulpmiddels vir Onderwysers maak.
Kliek HIER vir Storiewerf – ‘n website vol stories. Kliek op hierdie link waar jy Jakkals-en-Wolf Stories kan kry en ook audio-files sal kry met stories en op hierdie link gaan jy lekker Afrikaanse verhale kry. Alle links in die inskrywing maak in ‘n nuwe bladsy oop! This link has info on Dalene Matthee’s books and films. Books like Circles in the Forest, The Mulberry Forest, Fiela’s Child, etc. and on this link you can read about Alida Bothma, a book illustrator and artist. These links will open in a new window.
Ek het al ‘n paar besoekers op die blog gehad wat sekere soek-terme ingesit het wat vir my ‘n aanduiding was dat daar dalk ‘n behoefte was na werkskaarte. Ek het in SA o.a. vir Gr4-Gr6 Afrikaans onderrig – wat ek natuurlik verskriklik geniet het. Ek het later o.a. begin om my eie werkskaarte op te stel deur begripsvrae en Taalkunde-vrae. Dit is ‘n probleem met boeke wat jy koop in die handel. Daar is goeie boeke meeste van die tyd, maar ek het altyd geglo dat ek my werk beplan rondom die kinders wat voor my in die klas gesit het. Jy kan nie ‘n boek koop en net so gebruik en dink dis altyd voldoende vir die spesifieke kinders in jou klas – jy as Onderwyser moet maar gedurig aanpassings maak.
Met die werkskaarte kan jy die vragies afknip en verander volgens jou behoefte. Ek het die Word-dokumente omgeskakel in pdf, slegs omdat dit netjieser lyk. Die storie van die Reëndruppels het ek uit ‘n Daan Retief-boekie gekry met daardie titel – ‘n dierbare storie wat ek altyd met Gr3 gedoen het sodra ons by die waterkringloop gekom het. Die kinders het die storietjie baie geniet.
Hierdie pdf’s wissel vir kinders Gr3-Gr4. Selfs vir kinders in Gr 5/6/7 wat die taal as tweede taal het. Jy sal die kinders in jou klas ken en jou eie oordeel gebruik.
Verder het ek ‘n paar van my gunsteling boeke – wat natuurlik van ‘n goeie paar jaar gelede is – maar van ons top Afrikaanse skrywers/skryfsters. Dit is ook boeke wat kinders graag gelees het in die tyd wat ek in beheer was van die Mediasentrum – vir 14 jaar. My groot gunsteling skrywers/skryfsters: Dolf van Niekerk, Maretha Maartens, Elsabe Steenberg, Hester Heese, Freda Linde, W. A. Hickey – net om ‘n paar te noem!
Die Pianis
Met sensitiewe vlinder-vingers wip jou hande oor swart en wit en wit en swart raak-raak hier, rus-rus daar ‘n lange, ‘n korte ‘n agtste en die molle en kruise en linkerhandtekens, kom lê hier warm op my hart. Met solo’s en duete het jy jouself tot in my siel begelei en jy trap nou die pedale van my emosies met jou sagte-sagte voete. Met donderslae en diep akoorde speel jy jouself al dieper in my wese in, tot jy weer tikkel, tokkel flidder, fladder, iewers ver agter die Baby Grand, so ver, so onbereikbaar ver, dat jy netsowel ‘n opname kon gewees het. Oor swart en wit en wit en swart en grys het nie ‘n plek nie, en c’s en e’s en vir jou bestaan ek nie verder as g nie. maar vir my is jy alles, want jy het jouself met geoefende vingers onlosmaakbaar déél van my gemaak, jouself in my in getoonleer.
Maryke Wennick
DIE PADDA
Padda, jou grootoog ding,
Kan jy wip of kan jy spring?
O, jy kan wip,
Wip-wip tot op die klip.
Ek kan tog sing
jou skurwe ding:
Ka-tjie-rie, Ka-tjie-rie
My ouma het ‘n kie-rie,
‘n kier-rie.
Vir wat spring jy nou weg?
Jou maniere is maar sleg.
Ek praat dan nog met jou,
Ek wil net vra:
Hoeveel vratte het jou vrou?
Tot siens jou skurwe ding,
wat met jou paddaboudjies
in ons visdam spring!
Al die volgende PDF’s maak in ‘n nuwe venster oop. Sien verder in die inskrywing nog PDF’s wat bygewerk is. [opgedateer Augustus 2011 – ek wou nie die werkskaarte ‘delete’ nie en het dit goedgevind om dit ook hier te plaas en hoop iemand sal dit kan gebruik!]
Kinders sonder fantasie ontspoor later Elfra Erasmus Sy het ‘n groot droom, sê die bekroonde kinder- en jeugboekskrywer Elsabe Steenberg. ‘n Droom oor busse vol boeke wat op al die dorpe in die land aandoen en waar kinders (en grootmense), soos oorsee, boeke op straat kan koop. Elsabe se jongste publikasie, die kleuterboek Kariena Karyn, oor ‘n meisietjie wat vir die donker bang is, het pas by J.L. van Schaik-uitgewers verskyn. In die verhaal gesels Kariena met die goudvis, wat ”borrel-orrel-gorrel”, en die botterblom, wat sy stingel swaai en kraai van die lag, oor hoekom sy snags so skreeu. Die boek, wat in Engels heet Katie Colly Wobbles, is fraai geïllustreer deur Alida Bothma. Elsabe meen daar het ‘n verandering (en gelukkig ‘n verbetering) plaasgevind in die kinderboektemas oor die jare. Vroeër is ”verskriklik afgeskryf op kinders”. Die boeke het gehandel oor sake waarin grootmense geïnteresseer was. Deesdae is kinderboeke egter meer ”kindgerig”. Maar lees kinders nog? ‘n Mens bekommer jou daaroor sê sy, maar sê sy hoor bemoedigende verhale oor kinders wat nie meer as ses boeke by die biblioteek mag uitneem nie en vir wie dit ‘n allemintige probleem is dat hulle eers twee dae later weer ses mag uitneem! Om die jong TV-geslag voor die vervlietende prentjies op die stel weg te kry, is daar net een oplossing: ouers moet kinders van kleins af lief maak vir boeke. Sy het vir haar kinders begin stories lees voordat hulle twee jaar oud was en vir haar een seun bly lees totdat hy elf was, bloot omdat hy daarvan gehou het. ” ‘n Kind betree ‘n boek soos hy die wêreld betree, dit word deel van sy ervaring van die lewe.” Die skool maak nie juis in hierdie verband ‘n positiewe bydrae nie. Onderwysers is so besig om die kinders te léér dat daar nie meer tyd gemaak word sodat hulle net kan sit en lees nie. Is daar in ons moderne samelewing plek vir sprokies, of moet dit, soos in sommige kleuterskole in Pretoria, verbied word omdat dit nie die ”werklikheid” is nie? Kinders het sprokies en fantasie besonder nodig, sê sy. In sprokies is altyd ‘n element van geweld, maar dit word ”deurgewerk”. ”Elke mens het geweld of woede in sy onderbewuste wat deurgewerk moet word. Kinders moet dit van kleins af leer.” Fantasie bevat gewoonlik ‘n dieper waarheid en is nodig om ‘n kind gebalanseer groot te maak. Kinders wat daarsonder grootword, ontspoor heeltemal. Hulle ontwikkel later persoonlikheidsversteurings omdat hulle reeds te veel werklikheid moes hanteer. ” ‘n Mens kan byna sê, wat bly oor as daar nie fantasie is nie. Sonder fantasie is die lewe so eendimensioneel.” Oor of stories ‘n les moet bevat, voel sy sterk. ”Ek gril daarvoor. Stories moet ‘n kind laat groei omdat dit oorspronklik anders is. Dit moet nooit ‘n versuikerde preek wees nie. Kinders is te fyn, hulle let dit dadelik op.” Dis juis hoekom sy vir kinders skryf. Omdat hulle eerliker is as volwassenes. Soos die bekende Nederlandse kinderboek-skrywer Guus Kuijer gesê het: jy kan nie kinders bluf met literêre foefies nie. ”Die terugvoer wat ek van kinders kry, is heerlik. Omdat hulle so eerlik is, sal hulle nie aan my skryf as hulle nie werklik die boek geniet het nie.” As kenner van kinderboeke is sy bekommerd oor die toekenning van pryse vir kinder- en jeugboeke in Suid-Afrika. ”Daar moet gewerk word aan die keurders.” Kyk ‘n mens na die boeke wat bekroon word, is dit duidelik die mense wat dit beoordeel, het nie kennis van kinders nie. Sy sonder egter die die laaste paar jaar se toekenning van die Scheepers-prys uit as meer in die kol. * Dr. Elsabe Steenberg is reeds verskeie kere bekroon, onder meer met die J.P. van der Walt-prys vir Klawervyf (1975), die Sanlam-prys vir Boom bomer boomste (1980), die Tafelberg-prys vir Eendoring met lang bene (1979), Goue fluit my storie is uit (1986) en die Zoeloe-vertaling van Masilo en die monster (1991) is bekroon met Maqhawe Mkhizi-HAUM-Daan Retief-prys vir kinderliteratuur. Op skool is verskeie van haar boeke voorgeskryf, onder meer Rooi kanarie Hoepelbeen, Waar is Pappa se panfluit en Ken jy die weerligvoël. http://152.111.1.251/argief/berigte/beeld/1992/09/3/2/2.html Boekeblad Elsabé was altyd ‘n wenner Marina le Roux MISKIEN is Elsabe Steenberg in haar ryk en vol lewe nie na waarde geskat nie. Benewens kreatiewe en produktiewe skryfster was sy immers ook nog vrou en moeder, vertaler, resensent, akademikus, geliefde dosent en gewilde spreker by leeskringe en skryfskole. Maar daar was moontlik nie genoeg literêre bekronings nie. Die J.P. Van der Walt Prys twee maal, vir Klawervyf en vir Eendoring met lang Bene, die welverdiende Sanlam Prys vir Boom bomer boomste, en in 1993 die erepenning van die Akademie, het sy besonder waardeer. Maar sy het ‘n pragmatiese siening oor skryfpryse behou: “Dis so ‘n gedwonge soort ding. Wie wen, berus soms op wie die pryse toeken”, het sy by geleentheid gesê. Elsabé Steenberg was egter altyd ‘n wenner: onder haar toegewyde en getroue lesers, waaronder kleuters, kinders, tieners en volwassenes, en ‘n wenner oor die “draakstasie” in haar lewe. Nou is sy bevry van die rolstoel waarin sy die afgelope 20 jaar ‘n “vasgerankte” was. Ten spyte van die uitmergelende aanslae van veelvuldige sklerose, het sy steeds onwrikbaar geglo in die terapeutiese vennootskap met die letterkunde. Sy kon selfs met humor skryf oor haar siekte, die “gog”, die bedreigende “draakstasie” in haar outobiografiese werk Twee hang bo die Pad, vier Loop op die Mat:”Met genoegsame genade sal ek nou nie toelaat om die kern van dit wat ek is, aan te tas nie. Eerder sal jy my sterker maak, ‘n verbete vegter, ‘n dankbare mens. Maar ónderkry? O nee, onderkry sal jy my nie”. Hierdie lewensbeskouing het Elsabé Steenberg ten grondslag gelê. Sy was een van die mees prolifieke Afrikaanse skryfsters, veral dan van kinder- en jeuglektuur. As tiener het sy alreeds kortverhale gepubliseer, en haar eerste boeke het in 1968 verskyn : Die Moerasloper en Dat ek mag sien, wat vir televisie verfilm is as Sien jy nou? Sedertdien het daar ‘n wye verskeidenheid boeke, kortverhale, eenbedrywe, resensies en vaklektuur uit haar pen verskyn, vir volwassenes sowel as vir kinders Sy het egter altyd verkies om vir kinders te skryf, “omdat hulle tegelykertyd wond-baarder en oper is as grootmense én beter gewapen deur die vermoë tot verbeelding”. Die “wondbaarheid” van kinders is dan ook die herhalende tema in Steenberg se oeuvre. Gebore op Vrede, staan sy nou in die gees op Horeb, die hoogste piek van die Rooiberge by haar geliefde Clarens, en sy sien die beloofde land, sy glo en begroet dit.
In Engels…Tree more-Tree most Update: August 2011 – Opdateer: Augustus 2011 – Ek hoop dat die volgende PDF-lêers ook bruikbaar gevind sal word. Maak seker oor die Woordeboekbladsynommers in die vragies, want dit sal verseker nie dieselfde as jou klas s’n wees nie.
Eendag beland ‘n piepklein muisie in die poot van ‘n yslike groot leeu. “Ek het jou gevang, Meneer Muisie, jy is myne!” brul die yslike groot leeu.”Asseblief, Grote Leeu, Koning van die Diere, moet my nie seermaak nie. Laat my asseblief los. My kinders wag vir my en die son sak al laag. As jy my loslaat, sal ek vir jou ook eendag ‘n guns bewys”, pleit die muisie.”Jy weet”, brul die yslike, groot leeu, “ek dink nie jy sal enige nut vir my wees nie. Jy is glad te klein om vir my gunste te bewys. Maar loop maar, ek sal jou lewe spaar ter wille van jou kinders. Toe, loop nou, voor ek van plan verander.”Piepklein Muisie skarrel vinnig weg en verdwyn in die bosse.’n Paar dae later word Grote Leeu in ‘n strik gevang. Hy is vas en kan nie roer nie. Hy brul en brul, maar kan nie loskom nie. Skielik hoor hy ‘n “piep-piep” hier naby hom. Sowaar, dit is dieselfde muisie wat hy ‘n paar dae tevore gevang het.”Lê stil”, piep die muisie, “Ek sal gou-gou die toue deurknaag, dan sal jy los wees.””Ag, ou Muisie,” kla Grote Leeu moedeloos, die toue is so dik en jou tandjies is so klein. Hoe sal jy dit regkry?”Maar die muisie hou net aan met knaag en sowaar, kort voor lank is daar ‘n yslike gat waardeur Grote Leeu kan kruip.”Baie dankie, Kleine Muisie. Jy het vandag my lewe gered. Al is jy baie, baie klein, het jy my gered toe ek magteloos was. Ek is jammer dat ek gedink het dat jy te klein is om my te help. Ek sal vir jou en jou kindertjies ‘n groot geskenk gee.” Hulle was vir ewig vriende. Source: Connexions
Die Skilpad en die Haas
‘n Skilpad is ‘n dier wat baie stadig beweeg.Eendag sê die uitgeslape skilpad vir Haastige Hasie: “Ek wed jou ek sal jou wen as ons twee resies hardloop.” Die hasie kyk verbaas na skilpad en dink by homself: “Ek het seker nie reg gehoor nie. Glo hierdie trapsuutjies nou regtig hy sal my wen? Weet hy nie hoe vinnig ek kan hardloop nie? Hier is nie ‘n hond op hierdie plaaswerf wat my kan vang nie!””Nou goed”, sê Haas, “ons kan môre resies hardloop en dan kyk ons wie kom eerste by die wenstreep aan.”Die volgende oggend het al wat dier is bymekaar gekom om hierdie resies dop te hou.Skilpad en Haas staan gereed.”Op julle merke, gereed en weg is julle!” roep die olifant en hy blaas die fluitjie so hard dat dit deur die bos weergalm.Haastige Haas spring met ‘n vaart in die pad.’n Groot stofwolk agtervolg hom en hy verdwyn heeltemal daaragter.Skilpad stap maar voetjie vir voetjie aan.Hy is baie rustig en glimlag vir homself.Hasie dink toe dat hy genoeg tyd het om nou eers ‘n bietjie te rus en ‘n bietjie te eet.Hy gaan lê uitgestrek in die koelte van ‘n groot boom en begin knibbel aan die smaaklike, vars, groen grassies wat daar naby hom groei. Dit smaak heerlik, dink hy, en lê agteroor.Hy lê so lekker dat hy insluimer en vergeet van Ou Skilpad.Skilpad is bult-op en bult-af.Hy kyk nie regs nie en ook nie links nie.Hy hou net aan.Uiteindelik is hy twee tree van die wenstreep.Dis toe dat Hasie wakker skrik en onthou!Hy spring soos ‘n weerligstraal daar weg, maar te laat!Skilpad is oor die wenstreep!Al die diere juig en klap hande vir die wenner.”Jy sien”, sê Skilpad, “dit is waar wat hulle sê: HOE MEER HAAS, HOE MINDER SPOED. Jy het gedink jy is vinniger as ek en toe het jy te gerus geraak.”Skilpad stap weg met ‘n glimlag wat nou nog breër is.
Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.
"The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.