Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘Die 59 Katte’

Storietyd-Storytime

 

storiewerf

image: storiewerf

English Readers – This is an Afrikaans entry about stories and books – mainly for teachers and teaching. There are a few links to English books too.

As jy hier is vir die stories – die PDF dokumente is verder af in hierdie inskrywing. Hierdie bloginskrywing is van ‘n hele paar jaar gelede – en die werkskaarte – neem dit in ag, alhoewel: stories bly stories!

Nuut bygevoeg: 2020 hierdie stories is van ‘n website wat hulpmiddels vir Onderwysers maak.

Die-beer-wat-ons-kom-oppas

Die-dieretuin-veearts

Hoekom-Renoster-grys-vel-het

Hoekom-die-Wolke-Bo-Op-die-Heuwel-Sit

Hoekom-Son-en-Maan-In-Die-Lug-Bly

On this next link you can read about childrens’ books…English and Afrikaans. Some really great books to have.
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/07/07/your-closest-friend/
This story is an Afrikaans story…Bollie Konyn

Kliek HIER vir Storiewerf – ‘n website vol stories. Kliek op hierdie link waar jy Jakkals-en-Wolf Stories kan kry en ook audio-files sal kry met stories en op hierdie link gaan jy lekker Afrikaanse verhale kry. Alle links in die inskrywing maak in ‘n nuwe bladsy oop!
This link has info on Dalene Matthee’s books and films. Books like Circles in the Forest, The Mulberry Forest, Fiela’s Child, etc. and on this link you can read about Alida Bothma, a book illustrator and artist.  These links will open in a new window.

Ek het al ‘n paar besoekers op die blog gehad wat sekere soek-terme ingesit het wat vir my ‘n aanduiding was dat daar dalk ‘n behoefte was na werkskaarte. Ek het in SA o.a. vir Gr4-Gr6 Afrikaans onderrig – wat ek natuurlik verskriklik geniet het. Ek het later o.a. begin om my eie werkskaarte op te stel deur begripsvrae en Taalkunde-vrae. Dit is ‘n probleem met boeke wat jy koop in die handel. Daar is goeie boeke meeste van die tyd, maar ek het altyd geglo dat ek my werk beplan rondom die kinders wat voor my in die klas gesit het. Jy kan nie ‘n boek koop en net so gebruik en dink dis altyd voldoende vir die spesifieke kinders in jou klas – jy as Onderwyser moet maar gedurig aanpassings maak. 

Met die werkskaarte kan jy die vragies afknip en verander volgens jou behoefte. Ek het die Word-dokumente omgeskakel in pdf, slegs omdat dit netjieser lyk. Die storie van die Reëndruppels het ek uit ‘n Daan Retief-boekie gekry met daardie titel – ‘n dierbare storie wat ek altyd met Gr3 gedoen het sodra ons by die waterkringloop gekom het. Die kinders het die storietjie baie geniet.

Hierdie pdf’s wissel vir kinders Gr3-Gr4. Selfs vir kinders in Gr 5/6/7 wat die taal as tweede taal het. Jy sal die kinders in jou klas ken en jou eie oordeel gebruik. 

Verder het ek ‘n paar van my gunsteling boeke – wat natuurlik van ‘n goeie paar jaar gelede is – maar van ons top Afrikaanse skrywers/skryfsters. Dit is ook boeke wat kinders graag gelees het in die tyd wat ek in beheer was van die Mediasentrum – vir 14 jaar. My groot gunsteling skrywers/skryfsters: Dolf van Niekerk, Maretha Maartens, Elsabe Steenberg, Hester Heese, Freda Linde, W. A. Hickey – net om ‘n paar te noem!

Die Pianis

Met sensitiewe
vlinder-vingers
wip jou hande
oor swart en wit
en wit en swart
raak-raak hier,
rus-rus daar
‘n lange, ‘n korte
‘n agtste
en die molle en kruise
en linkerhandtekens,
kom lê hier warm op my hart.
Met solo’s en duete
het jy jouself tot in my siel begelei
en jy trap nou die pedale van my emosies
met jou sagte-sagte voete.
Met donderslae en diep akoorde
speel jy jouself al dieper in my wese in,
tot jy weer
tikkel, tokkel
flidder, fladder,
iewers ver agter die Baby Grand,
so ver,
so onbereikbaar ver,
dat jy netsowel ‘n opname kon gewees het.
Oor swart en wit
en wit en swart
en grys het nie ‘n plek nie,
en c’s en e’s
en vir jou bestaan ek nie verder as g nie.
maar vir my is jy alles,
want jy het jouself
met geoefende vingers
onlosmaakbaar déél van my gemaak,
jouself in my in getoonleer.

Maryke Wennick

DIE PADDA

Padda, jou grootoog ding,

Kan jy wip of kan jy spring?

O, jy kan wip,

Wip-wip tot op die klip.

Ek kan tog sing

jou skurwe ding:

Ka-tjie-rie, Ka-tjie-rie

My ouma het ‘n kie-rie,

‘n kier-rie.

Vir wat spring jy nou weg?

Jou maniere is maar sleg.

Ek praat dan nog met jou,

Ek wil net vra:

Hoeveel vratte het jou vrou?

Tot siens jou skurwe ding,

wat met jou paddaboudjies

in ons visdam spring!

 Al die volgende PDF’s maak in ‘n nuwe venster oop. Sien verder in die inskrywing nog PDF’s wat bygewerk is. [opgedateer Augustus 2011 – ek wou nie die werkskaarte ‘delete’ nie en het dit goedgevind om dit ook hier te plaas en hoop iemand sal dit kan gebruik!]

Bokkie met begripsleesvragies. Bokkie-begripslees-en-taal 

Die Hoogmoedige muskiet –  Die-hoogmoedige-muskiet 

Spookstories – Spookstories-gedig-leesbegrip   

Die Reëndruppels van Daan Retief –  Die-reendruppels 

Die verwaande Walvis Die-verwaande-walvis-gedig   

  Gedig: Skinderbek met vragies uit: 101 Diereverhale Gedig-skinderbek
Afrikaans leeskaart voels
Begripslees en vrae BOKKIE en taal lettergrepe
Begripsvrae Luilekkerhappie
Leeskaart Luilekkerhappie
Helen Keller
Sampie 2
Karoo gediggie
Reën gedig
Die verwaande walvis gedig met vrae
Storie van die sterre
Storie wat die San vertel het van Heisib en die Volstruis
Vrugte gedig
Jenny Seed Die 59 Katte Hierdie is slegs ‘n gedeelte van die storie.
Koue lande Leeskaart
Wereldreis gedig met vragies
padda gedig hoogmoed
Leeskaart Die eensame teepot
Die direkte rede-pdf’s is slegs strokiesprente waarvan die teks verwyder is en leerders kan self hul eie teks invul!
DIREKTE Rede4
Direkte Rede 3
Direkte Rede 2
Direkte Rede 1
fiets gedig
Leesbegrip Liedjie

Kinders sonder fantasie ontspoor later
Elfra Erasmus
Sy het ‘n groot droom, sê die bekroonde kinder- en jeugboekskrywer Elsabe Steenberg. ‘n Droom oor busse vol boeke wat op al die dorpe in die land aandoen en waar kinders (en grootmense), soos oorsee, boeke op straat kan koop. Elsabe se jongste publikasie, die kleuterboek Kariena Karyn, oor ‘n meisietjie wat vir die donker bang is, het pas by J.L. van Schaik-uitgewers verskyn. In die verhaal gesels Kariena met die goudvis, wat ”borrel-orrel-gorrel”, en die botterblom, wat sy stingel swaai en kraai van die lag, oor hoekom sy snags so skreeu. Die boek, wat in Engels heet Katie Colly Wobbles, is fraai geïllustreer deur Alida Bothma. Elsabe meen daar het ‘n verandering (en gelukkig ‘n verbetering) plaasgevind in die kinderboektemas oor die jare. Vroeër is ”verskriklik afgeskryf op kinders”. Die boeke het gehandel oor sake waarin grootmense geïnteresseer was. Deesdae is kinderboeke egter meer ”kindgerig”. Maar lees kinders nog? ‘n Mens bekommer jou daaroor sê sy, maar sê sy hoor bemoedigende verhale oor kinders wat nie meer as ses boeke by die biblioteek mag uitneem nie en vir wie dit ‘n allemintige probleem is dat hulle eers twee dae later weer ses mag uitneem! Om die jong TV-geslag voor die vervlietende prentjies op die stel weg te kry, is daar net een oplossing: ouers moet kinders van kleins af lief maak vir boeke. Sy het vir haar kinders begin stories lees voordat hulle twee jaar oud was en vir haar een seun bly lees totdat hy elf was, bloot omdat hy daarvan gehou het. ” ‘n Kind betree ‘n boek soos hy die wêreld betree, dit word deel van sy ervaring van die lewe.” Die skool maak nie juis in hierdie verband ‘n positiewe bydrae nie. Onderwysers is so besig om die kinders te léér dat daar nie meer tyd gemaak word sodat hulle net kan sit en lees nie. Is daar in ons moderne samelewing plek vir sprokies, of moet dit, soos in sommige kleuterskole in Pretoria, verbied word omdat dit nie die ”werklikheid” is nie? Kinders het sprokies en fantasie besonder nodig, sê sy. In sprokies is altyd ‘n element van geweld, maar dit word ”deurgewerk”. ”Elke mens het geweld of woede in sy onderbewuste wat deurgewerk moet word. Kinders moet dit van kleins af leer.” Fantasie bevat gewoonlik ‘n dieper waarheid en is nodig om ‘n kind gebalanseer groot te maak. Kinders wat daarsonder grootword, ontspoor heeltemal. Hulle ontwikkel later persoonlikheidsversteurings omdat hulle reeds te veel werklikheid moes hanteer. ” ‘n Mens kan byna sê, wat bly oor as daar nie fantasie is nie. Sonder fantasie is die lewe so eendimensioneel.” Oor of stories ‘n les moet bevat, voel sy sterk. ”Ek gril daarvoor. Stories moet ‘n kind laat groei omdat dit oorspronklik anders is. Dit moet nooit ‘n versuikerde preek wees nie. Kinders is te fyn, hulle let dit dadelik op.” Dis juis hoekom sy vir kinders skryf. Omdat hulle eerliker is as volwassenes. Soos die bekende Nederlandse kinderboek-skrywer Guus Kuijer gesê het: jy kan nie kinders bluf met literêre foefies nie. ”Die terugvoer wat ek van kinders kry, is heerlik. Omdat hulle so eerlik is, sal hulle nie aan my skryf as hulle nie werklik die boek geniet het nie.” As kenner van kinderboeke is sy bekommerd oor die toekenning van pryse vir kinder- en jeugboeke in Suid-Afrika. ”Daar moet gewerk word aan die keurders.” Kyk ‘n mens na die boeke wat bekroon word, is dit duidelik die mense wat dit beoordeel, het nie kennis van kinders nie. Sy sonder egter die die laaste paar jaar se toekenning van die Scheepers-prys uit as meer in die kol. * Dr. Elsabe Steenberg is reeds verskeie kere bekroon, onder meer met die J.P. van der Walt-prys vir Klawervyf (1975), die Sanlam-prys vir Boom bomer boomste (1980), die Tafelberg-prys vir Eendoring met lang bene (1979), Goue fluit my storie is uit (1986) en die Zoeloe-vertaling van Masilo en die monster (1991) is bekroon met Maqhawe Mkhizi-HAUM-Daan Retief-prys vir kinderliteratuur.
Op skool is verskeie van haar boeke voorgeskryf, onder meer Rooi kanarie Hoepelbeen, Waar is Pappa se panfluit en Ken jy die weerligvoël.
http://152.111.1.251/argief/berigte/beeld/1992/09/3/2/2.html
Boekeblad
Elsabé was altyd ‘n wenner
Marina le Roux
MISKIEN is Elsabe Steenberg in haar ryk en vol lewe nie na waarde geskat nie. Benewens kreatiewe en produktiewe skryfster was sy immers ook nog vrou en moeder, vertaler, resensent, akademikus, geliefde dosent en gewilde spreker by leeskringe en skryfskole. Maar daar was moontlik nie genoeg literêre bekronings nie. Die J.P. Van der Walt Prys twee maal, vir Klawervyf en vir Eendoring met lang Bene, die welverdiende Sanlam Prys vir Boom bomer boomste, en in 1993 die erepenning van die Akademie, het sy besonder waardeer. Maar sy het ‘n pragmatiese siening oor skryfpryse behou: “Dis so ‘n gedwonge soort ding. Wie wen, berus soms op wie die pryse toeken”, het sy by geleentheid gesê. Elsabé Steenberg was egter altyd ‘n wenner: onder haar toegewyde en getroue lesers, waaronder kleuters, kinders, tieners en volwassenes, en ‘n wenner oor die “draakstasie” in haar lewe. Nou is sy bevry van die rolstoel waarin sy die afgelope 20 jaar ‘n “vasgerankte” was. Ten spyte van die uitmergelende aanslae van veelvuldige sklerose, het sy steeds onwrikbaar geglo in die terapeutiese vennootskap met die letterkunde. Sy kon selfs met humor skryf oor haar siekte, die “gog”, die bedreigende “draakstasie” in haar outobiografiese werk Twee hang bo die Pad, vier Loop op die Mat:”Met genoegsame genade sal ek nou nie toelaat om die kern van dit wat ek is, aan te tas nie. Eerder sal jy my sterker maak, ‘n verbete vegter, ‘n dankbare mens. Maar ónderkry? O nee, onderkry sal jy my nie”. Hierdie lewensbeskouing het Elsabé Steenberg ten grondslag gelê. Sy was een van die mees prolifieke Afrikaanse skryfsters, veral dan van kinder- en jeuglektuur. As tiener het sy alreeds kortverhale gepubliseer, en haar eerste boeke het in 1968 verskyn : Die Moerasloper en Dat ek mag sien, wat vir televisie verfilm is as Sien jy nou? Sedertdien het daar ‘n wye verskeidenheid boeke, kortverhale, eenbedrywe, resensies en vaklektuur uit haar pen verskyn, vir volwassenes sowel as vir kinders Sy het egter altyd verkies om vir kinders te skryf, “omdat hulle tegelykertyd wond-baarder en oper is as grootmense én beter gewapen deur die vermoë tot verbeelding”. Die “wondbaarheid” van kinders is dan ook die herhalende tema in Steenberg se oeuvre. Gebore op Vrede, staan sy nou in die gees op Horeb, die hoogste piek van die Rooiberge by haar geliefde Clarens, en sy sien die beloofde land, sy glo en begroet dit.

http://152.111.1.251/argief/berigte/dieburger/1996/05/22/15/2.html

In Engels…Tree more-Tree most
Update: August 2011 – Opdateer: Augustus 2011 – Ek hoop dat die volgende PDF-lêers ook bruikbaar gevind sal word. Maak seker oor die Woordeboekbladsynommers in die vragies, want dit sal verseker nie dieselfde as jou klas s’n wees nie.

Althea die stokroosfeetjie
Althea en die Stokroosfeetjie – storie met vragies
Die Diefstal
Die Diefstal – storie met vragies
Die Haan en die Mieliepit
Die Haan en die Mieliepit – storie met vragies

Die Ongeluk
Die Ongeluk – storie met vragies
Die pot met die drie pote
Die Pot met die drie pote – slegs die storie, geen vragies
Mini raak ‘n spogmotor
Mini raak ‘n spogmotor – storie met vragies
Tessa
Tessa – storie met vragies
Wollie en Wippie
Wollie en Wippie – storie met vragies

Klik op die afbeelding vir ‘n groter weergawe

Die Leeu en die Muis -‘n Tradisionele fabel

Eendag beland ‘n piepklein muisie in die poot van ‘n yslike groot leeu. “Ek het jou gevang, Meneer Muisie, jy is myne!” brul die yslike groot leeu.”Asseblief, Grote Leeu, Koning van die Diere, moet my nie seermaak nie. Laat my asseblief los. My kinders wag vir my en die son sak al laag. As jy my loslaat, sal ek vir jou ook eendag ‘n guns bewys”, pleit die muisie.”Jy weet”, brul die yslike, groot leeu, “ek dink nie jy sal enige nut vir my wees nie. Jy is glad te klein om vir my gunste te bewys. Maar loop maar, ek sal jou lewe spaar ter wille van jou kinders. Toe, loop nou, voor ek van plan verander.”Piepklein Muisie skarrel vinnig weg en verdwyn in die bosse.’n Paar dae later word Grote Leeu in ‘n strik gevang. Hy is vas en kan nie roer nie. Hy brul en brul, maar kan nie loskom nie. Skielik hoor hy ‘n “piep-piep” hier naby hom. Sowaar, dit is dieselfde muisie wat hy ‘n paar dae tevore gevang het.”Lê stil”, piep die muisie, “Ek sal gou-gou die toue deurknaag, dan sal jy los wees.””Ag, ou Muisie,” kla Grote Leeu moedeloos, die toue is so dik en jou tandjies is so klein. Hoe sal jy dit regkry?”Maar die muisie hou net aan met knaag en sowaar, kort voor lank is daar ‘n yslike gat waardeur Grote Leeu kan kruip.”Baie dankie, Kleine Muisie. Jy het vandag my lewe gered. Al is jy baie, baie klein, het jy my gered toe ek magteloos was. Ek is jammer dat ek gedink het dat jy te klein is om my te help. Ek sal vir jou en jou kindertjies ‘n groot geskenk gee.” Hulle was vir ewig vriende. Source: Connexions

Die Skilpad en die Haas

‘n Skilpad is ‘n dier wat baie stadig beweeg.Eendag sê die uitgeslape skilpad vir Haastige Hasie: “Ek wed jou ek sal jou wen as ons twee resies hardloop.” Die hasie kyk verbaas na skilpad en dink by homself: “Ek het seker nie reg gehoor nie. Glo hierdie trapsuutjies nou regtig hy sal my wen? Weet hy nie hoe vinnig ek kan hardloop nie? Hier is nie ‘n hond op hierdie plaaswerf wat my kan vang nie!””Nou goed”, sê Haas, “ons kan môre resies hardloop en dan kyk ons wie kom eerste by die wenstreep aan.”Die volgende oggend het al wat dier is bymekaar gekom om hierdie resies dop te hou.Skilpad en Haas staan gereed.”Op julle merke, gereed en weg is julle!” roep die olifant en hy blaas die fluitjie so hard dat dit deur die bos weergalm.Haastige Haas spring met ‘n vaart in die pad.’n Groot stofwolk agtervolg hom en hy verdwyn heeltemal daaragter.Skilpad stap maar voetjie vir voetjie aan.Hy is baie rustig en glimlag vir homself.Hasie dink toe dat hy genoeg tyd het om nou eers ‘n bietjie te rus en ‘n bietjie te eet.Hy gaan lê uitgestrek in die koelte van ‘n groot boom en begin knibbel aan die smaaklike, vars, groen grassies wat daar naby hom groei. Dit smaak heerlik, dink hy, en lê agteroor.Hy lê so lekker dat hy insluimer en vergeet van Ou Skilpad.Skilpad is bult-op en bult-af.Hy kyk nie regs nie en ook nie links nie.Hy hou net aan.Uiteindelik is hy twee tree van die wenstreep.Dis toe dat Hasie wakker skrik en onthou!Hy spring soos ‘n weerligstraal daar weg, maar te laat!Skilpad is oor die wenstreep!Al die diere juig en klap hande vir die wenner.”Jy sien”, sê Skilpad, “dit is waar wat hulle sê: HOE MEER HAAS, HOE MINDER SPOED. Jy het gedink jy is vinniger as ek en toe het jy te gerus geraak.”Skilpad stap weg met ‘n glimlag wat nou nog breër is.

Read Full Post »