


















We drove off this afternoon – I wanted to keep my sanity, with all the marking of GCSE Coursework – and took the road down where we live into the countryside. The first photo was taken about 500m from our house and the others – as we travelled down Chartridge Lane. Photo 13 and 14 were taken along the road which I travel daily. I have more pics to share, but thought to spoil you a bit later with more. Seasons in the northern hemisphere change rapidly. Now you see bare trees, now you don’t! We new those lovely colours would be gone by next week and I’m glad I was in time to show you what it looks like during Autumn where we live now. Enjoy the Autumn-poems too.
Die plekkie waar ons bly is nie baie groot nie, maar heelwat groter as wat ek gedink het. Wat klein is, is die besigheidsarea – daar’s nie ‘n verskeidenheid van winkeltjies nie. Wat wel lekker is, is hulle Boeremark op Saterdae. Heerlike vars groente en vrugte is te koop. Ons naburige Amersham – byna 1 myl van hier af, het ‘n groot en lekker Tesco wat 24 uur oop is en hulle hoofstraat word in die week toegemaak en dan’s daar ook ‘n straatmark. Die twee plekkies – Chesham en Amersham – het altwee ‘n baie ou gedeelte wat hulle die “old town” noem. Ek het foto’s geneem van Chesham se old town gedeelte, alhoewel dit ‘n klein gedeelte is, Amersham se gedeelte is groter en ek gaan Saterdag daar lekker foto’s neem om te blog. Albei die plekkies het geboue wat dateer uit Doomsday! Dit skep natuurlik atmosfeer wat jy nie sommer kan beskryf nie. Natuurlik is daar ook hordes villages al om hierdie areas, baie klein. Hierdie Pub in hierdie possie is in so ‘n klein village afgeneem – “The Lee”.
Vroegherfs: NP van Wyk Louw
Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rookvaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
Laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en ver was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.
Uit Vroegherfs
To Autumn by William Blake
O Autumn, laden with fruit, and stain’d
With the blood of the grape, pass not, but sit
Beneath my shady roof; there thou may’st rest,
And tune thy jolly voice to my fresh pipe,
And all the daughters of the year shall dance!
Sing now the lusty song of fruits and flowers.
‘The narrow bud opens her beauties to
The sun, and love runs in her thrilling veins;
Blossoms hang round the brows of Morning, and
Flourish down the bright cheek of modest Eve,
Till clust’ring Summer breaks forth into singing,
And feather’d clouds strew flowers round her head.
‘The spirits of the air live in the smells
Of fruit; and Joy, with pinions light, roves round
The gardens, or sits singing in the trees.’
Thus sang the jolly Autumn as he sat,
Then rose, girded himself, and o’er the bleak
Hills fled from our sight; but left his golden load.
N.P. Van Wyk Louw
Ek kry ’n klein klein beiteltjie,
ek tik hom en hy klink;
toe slyp ek en ek slyp hom
totdat hy klink en blink.
Ek sit ’n klippie op ’n rots:
– mens moet jou vergewis:
’n beitel moet kan klip breek
as hy ’n beitel is –
ek slaat hom met my beiteltjie
en dié was sterk genoeg:
daar spring die klippie stukkend
so skoon soos langs ’n voeg:
toe, onder my tien vingers bars
die grys rots middeldeur
en langs my voete voel ek
die sagte aarde skeur,
die donker naat loop deur my land
en kloof hom wortel toe –
só moet ’n beitel slaan
wat beitel is, of hoé?
Dan, met twee goue afgronde
val die planeet aan twee
en oor die kranse, kokend,
verdwyn die vlak groen see
en op die dag sien ek die nag
daar anderkant gaan oop
met ’n bars wat van my beitel af
dwarsdeur die sterre loop.
Read Full Post »