Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘Afrikaanse Taalmonument’

The Afrikaans Language Monument, Paarl, Cape Province, South Africa

The Afrikaans Language Monument…from a different angle

http://www.trekearth.com/gallery/Africa/South_Africa/photo600228.htm

The original idea behind the Afrikaans Language Museum in the 1970’s was to honour the members and work of the society – GRA – founded in 1875 in Paarl. Their aims were to establish Afrikaans as a written language, to standardise the language and to start publishing in Afrikaans. Gideon Malherbe was one of the founders.

This post will be mainly in Afrikaans…You can enjoy the images with the captions in English. As 14th Aug is an important day for Afrikaans, the language, -the most beautiful language in the whole wide world! -I would like to dedicate this post to Afrikaans, the language of my mother tongue, the language I love and the language I cherish! I do write many posts in English, as I have chess players on Chess World that come here often to read and the whole idea of my blog in the start was to blog about South Africa- the country I love – and to introduce them all to the most beautiful country in the world!  On this link – on my blog – you can see magazine covers in Afrikaans and also read some bits from the family magazine – “Huisgenoot” dated 1916 – Advertisements in English.https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/28/huisgenoot1916/
Here’s an extract of Steve Hofmeyr’s song…”Gatvol”

Net een ding irriteer  my meer as ‘n Engelssprekende Suid Afrikaner   wat aanmatigend oor sy taal is. Daardie een ding wat my so grensloos irriteer en wat ek selfs verafsku, is Afrikaners wat probeer Engels wees. Sulke spontane kulturele selfverkragting is tipies van ‘n sekere tipe agterlike Afrikaner. Ja, diegene ly blykbaar aan’n intense minderwaardigheidsgevoel oor hul herkoms…http://www.praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=40&Itemid=37

Die  inligting wat nou volg,  het ek van Roosmaryn se blog gekry. Ek geniet haar blog geweldig en kuier gereeld daar. Jy sal haar blognaam kry in my verwysings. Hierdie inligting is alles wat in my soektog op haar blog opgekom het toe ek na inligting oor die GRA gesoek het. Sommige van julle sal weet dat 14 Aug altyd as “Afrikaanse dag”  – “herdenk” is. Dit is die dag waarop die GRA (Genootskap van Regte Afrikaners) gestig is ..14 Aug 1875. Lees hierdie brokkies van Roosmaryn, dis werklik interessant. Aan die einde van hierdie pos is daar twee gedigte…jy kan op die bladsy “my poetry-gedigte” nog meer Afrikaanse gedigte ook vind.
FAK se Taalkomitee gestig
2 Junie 1967

Die Hoofbestuur van die FAK het sy Taalkomitee gestig om hom te adviseer oor die wyse waarop die FAK sy taak ten opsigte van die handhawing en bevordering van Afrikaans kan uitvoer. Die komitee het van meet af aan doelgerig aandag geskenk aan die bevordering van Afrikaans onder meer in die sakewêreld, die hotelbedryf, die staatsdiens, die vervoerwese, op alle onderwys vlakke en die naamgewing van strate en dorpsgebiede. Dit is gedoen by wyse van gereelde briefwisseling en persoonlike onderhoude. Boek uitstallings, soos die omvangryke boeke fees in die Taalfeesjaar in die Paarl in 1975, is ‘n gereelde projek van die komitee om die lees van die Afrikaanse boek te bevorder. Die Langenhoven fees is in 1973 gereël, die gevierde skryfster M.E.R. is met haar honderdste verjaardag vereer, en huldigingsfeeste vir Totius (1977) en A.G. Visser -1978- is gehou. Die publikasies Afrikaans ons Pêrel van Groot Waarde en GRA Herdenk is op inisiatief van die komitee in 1974 en 1975 uitgegee. Afrikaans was by verskeie Algemene Vergaderings die kongres tema, en gereelde artikels oor al die aspekte van taalbevordering word vir Handhaaf gelewer. FAK–365Spore.blogspot.com


22 April 1923
D.F. (Oom Lokomotief) du Toit oorlede

Daniel Francois du Toit, D.P. seun, in later jare alombekend as Oom Lokomotief, is op 15 Januarie 1846 op die plaas Kleinbos, Daljosafat, gebore en is in Bloemfontein oorlede. Hy was ‘n stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners. In 1878 word hy redakteur van die Afrikaanse Patriot, en hy oefen op die wyse geweldig baie invloed uit op die Taalbeweging. Van Die Patriot het hy ‘n gevestigde koerant met invloed gemaak. Hy het so eie met die lesers gesels dat hulle vertroue in sy koerant gehad het. Alle moontlike vrae word daarin beantwoord; daar word raad gegee, moed ingepraat en koers aangedui. Daar ontstaan ‘n onverbreekbare band tussen leser en redakteur. Met die veranderde politieke houding van sy ouer broer, ds. S.J. du Toit, leier van die GRA, kon hy nie saamgaan nie, en hy verlaat saam met C.P. Hoogenhout in 1891 Die Patriot. In 1892 verhuis hy na die Vrystaat, waar hy later in Bloemfontein argivaris was. Aka fak P.J.N–365Spore.blogspot.com

1874
W. Postma gebore

Willem (dr. O’kulis) Postma was ‘n Gereformeerde predikant, baanbreker skrywer en streng Calvinis. In Bloemfontein beywer hy hom vir die erkenning van Afrikaans as taal en voorspel dat Afrikaans een van die amptelike tale van Suid-Afrika sal word. Hy het as CNO-man die Engelse Onderwysstelsel in die OVS heftig teëgestaan. Gevolglik stig hy die eerste CNO-skool in 1905 in die voorportaal van die Gereformeerde Kerk, Bloemfontein. In 1916 word hy voorsitter van die provinsiale onderwyskommissie in die OVS. Op die eerste vergadering van die Bybelvertalings kommissie (22November 1916) verteenwoordig hy die Gereformeerde Kerk en in dieselfde jaar verskyn uit sy pen ‘n vertaling in Afrikaans van die Nuwe Testamentiese boek Titus. In 1914 word hy die regterhand van genl. J.B.M. Hertzog tydens die stigting van die Nasionale Party. In 1909 verskyn sy werk, Die esels kakebeen. Hy is op 13 Desember 1920 op Reddersburg oorlede. Aka fak D.E


1876
Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal gepubliseer

Die voorstanders van Afrikaans het dadelik besef dat ‘n Afrikaanse spraakkuns onontbeerlik is. Nog voor die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners skryf Een Ware Afrikaander (ds. S.J. du Toit) op 30 Januarie 1875 aan Klaas Waarzegger jr. (C.P. Hoogenhout) oor die Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal onder meer die Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal onder meer Die eerste vraag sal wees …wat is die Afrikaanse taal? Die eerste boekies is geskryf en gedruk ooreenkomstig ‘n bepalingin die statute van die GRA. Die naam van die vroegste werkie is Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal (1876), wat veral die hand van ds. S.J. du Toit verraai, maar waaraan ook eerw.. J.W. van der Rijst en C.P. Hoogenhout meegewerk het. Dit was maar dun en het slegs 29 bladsye leesstof bevat. Ses jaar later is dit herdruk en in 1897 deur ds. Du Toit enigsins omgewerk, toe 6 000 eksemplare van die Fergelykende Taalkunde fan Afrikaans en Engels, soos dit nou heet, gedruk is. In 1902 was ‘n herdruk al nodig. Die GRA is op hulle vergaderings gereeld op die hoogte gehou van die vordering wat gemaak is met die skryf en publikasie van Eerste Beginsels. Aka fak P.J.N

1859
E.J. du Toit gebore

Erns Johannes du Toit, oorlede op 12 Januarie 1924, was hoof van die drukkers firma D.F. du Toit en Co. en later lid van die Genootskap van Regte Afrikaners. Hy het verskeie van die eerste Afrikaanse boeke uitgegee en ook die laaste jaargange van die koerante Die Afrikaanse Patriot en die tydskrif Ons Klyntji.
Aka fak prof. dr. P.J. Nienaber

1876
Die Afrikaanse Patriot verskyn vir die eerste keer

Met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl is ‘n tydvak van georganiseerde stryd om die Afrikaanse taal ingelui. In artikel IX van die Genootskap se bepalings word beoog om ‘n Afrikaanse maandblad uit te gee. Op hierdie dag in 1876 verskyn die eerste uitgawe van die maandblad Die Afrikaanse Patriot, wat die orgaan van die GRA sou wees. C.P. Hoogenhout was die eerste redakteur onder die skuilnaam Oom Lokomotief, wat deur die redakteurs na hom oorgeneem is. In Die Patriot dek die GRA die terreine van hul doelstelling, naamlik die van land, volk en taal. Daarin is leiding gegee ten opsigte van landsake, die Afrikaanse taal, geskiedenis en belangrike nuus. ‘n Rubriek van vrae en antwoorde is ontwerp om weetgierigheid op te wek en te bevredig. Afrikaners is aangemoedig om bydraes te stuur, sodat hulle kon leer om hulle taal ook te skryf. Die redaksie het lesers aangespoor om gedigte hou foutief ook al, in te stuur. Deur taal bespreking wou die GRA liefde, eerbied en belangstelling opwek vir die Afrikaanse taal. In eenvoudige spreektaal sou die lesers ingelig word oor die vernaamste nuus. So kon plattelandse Afrikaners bereik en opgevoed word vir wie die Hollandse en Engelse taal moeilik leesbaar was. Die Patriot het sterk teenkanting ontvang sowel van Hollandse as van Engelse kant. Medewerkers het onder skuilname geskryf en moes dikwels onder growwe spot deurloop. Die sterkste teenkanting het van die voorstanders van Hollands gekom, wat Nederlands as die volkstaal gesien het en Afrikaans as ‘n “patois”, ‘n Hotnotstaaltjie beskou het. Ten spyte van teenkanting het die redaksie soms met groot opoffering voorgegaan, en teen 1880 was Die Patriot die mees gelese blad in Suid-Afrika. Dit was veral te danke aan die politieke houding wat die blad aangeneem het, gebaseer op Christelike beginsels en die strewe om die Afrikaanse volksaak te bevorder. In 1904 is die blad gestaak na kwynende belangstelling, veral as gevolg van die veranderde politieke beleid van S.J. du Toit, wat sy steun aan Rhodes toegesê het. Die redaksie van Die Patriot het insig in die behoeftes van die volk gehad en was daarop ingestel om by die eenvoudige Afrikaners die behoefte aan geestesvoedsel op te wek en dan daarin te voorsien. Die blad het leiding gegee in landsake en die Afrikaner laat belang stel in die politiek. Die Patriot het baie bygedra tot die ontwaking van ‘n Afrikanernasionalisme deur die Afrikaner bewus te maak van die skoonheid van sy taal, sy eie grootse geskiedenis en sy unieke geestesbesit. Dit het die Afrikaner leer lees en skryf en hom laat besef dat sy spreektaal nie vir Hollands as skryftaal hoef terug te staan nie. As die eerste Afrikaanse koerant, het Die Patriot ‘n onberekenbare bydrae gelewer tot die opheffing van Afrikaans tot skryf- en volkstaal. Aka fak prof. dr. P.G. Nel

1865
Jan F.E. Celliers gebore

Johannes Francois Elias Celliers was ‘n bekende Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg. Hy lê sy Landmeters eksamen in Nederland af, maar word later ‘n amptenaar in die onderwysdepartement van die ZAR en in 1894 staatsbibliotekaris in Pretoria. Met die uitbreek van die Engelse Oorlog, sluit hy hom by die kommando’s aan, en in 1902 vertrek hy na Europa, waar hy sy beroemde gedig: Die Vlakte skryf. In 1907 keer hy na Suid-Afrika terug en werk by die Departement van Binnelandse Sake in Transvaal. In 1919 word hy ‘n buitengewone professoraat aan die Universiteit van Stellenbosch aangebied. Baie van sy verse weerspieël sy huislikheid en liefde vir kinders. Behalwe sy digterlike arbeid, werk hy ook mee tot die stigting van Die Brandwag. Hy was ‘n volksdigter, “een wat in woorde vaslê wat in die hart van die nasie omgaan” (Preller). Sy prosawerk is van weinig literêre waarde, maar as digter beklee hy ‘n besondere plek in die Afrikaanse letterkunde. Hy vestig hom na sy aftrede aanvanklik in Kaapstad maar later op Harrismith, waar hyop 1 Junie 1940 oorlede is. aka fak prof. dr. P.G. Nel


Vryheidslied

Vrome vad’re fier en groot!
Deur vervolging, ramp en nood,
was hul leuse, tot die dood:
Vryheid! Vryheid!

Erfnis van hul moed en trou
is die grond waar ons op bou.
Juigend tot die hemelblou:
Vryheid! Vryheid!

Ere wie die dood mag lei
om te rus aan hulle sy,
met die sterwenswoord te skei:
Vryheid! Vryheid!

Op dan, broers en druk hul spoor,
voorwaarts, broers, die vaandel voor,
laat die veld ons krygsroep hoor:
Vryheid! Vryheid!

Woes geweld mag hoogty hou,
kettings mag ons lede knou,
maar die leuse bly ons trou:
Vryheid! Vryheid!

Jukke mag vir slawe wees,
manneharte ken geen vrees,
duld geen boei vir lyf of gees:
Vryheid! Vryheid!

Woorde: JaN F.E. Celliers
Musiek: Emiel Hullebroeck


Die vlakte

Ek slaap in die rus van die eeue gesus,
ongesien, ongehoord,
en dof en loom in my sonnedroom,
ongewek, ongestoord.
Tot die yl-bloue bande van die ver-verre rande
skuif my breedte uit,
wyd-kringend aan die puur al-omwelwend asuur
wat my swyend omsluit.

Jong aarde se stoot het my boesem ontbloot
bo die diep van die meer;
en volswanger van lewe ‘t oor die waat’re geswewe
die gees van die Heer.
Uit die woelende nag van haar jeugdige krag
brag die aarde voort
Lewiatansgeslagte, geweldig van kragte –
storm-ontruk aan haar skoot.
Diep in my gesteente berg ek hul gebeente –
die geheim van hul lewe en lot;
maar gewek uit die sode herleef uit die dode,
na die ewig hernuwingsgebod,
die van d’ verlede in vorme van d’ hede,
in eindeloos komme en gaan;
wat die dood my vertrou ‘t, ek bewaar dit as goud,
en geen grein sal ‘k verlore laat gaan.

As die son oor my vloer in die more kom loer,
en die dou van my lippe kom kus,
dan kyk ek net stom met ‘n glimlag om
en ek le maar weer stil in my rus.
Hog bowe die kim op sy troon geklim,
is hy heer van lewe en dood;
na wil of luim gee hy, skraal of ruim,
verderf of lewensbrood.

Uit die gloeiende sfeer brand hy wreed op my neer,
tot my naaktheid kraak en skroei,
en my koorsige asem in bewende wasem
al hygend my bors ontvloei.
In sy skadetjie rond om sy stam op die grond
staat ‘n eensame doringboom,
soos die Stilte op haar troon, met dorings gekroon,
wat roerloos die eeue verdroom.
Geen drop vir die dors aan my stofdroe bors:
my kinders* versmag en beswyk,
en die stowwe staan soos hul trek en gaan
om my skrale dis te ontwyk.

Soos ‘n vlokkie skuim uit die sfere se ruim
kom ‘n wolkie aangesweef,
maar hy groei in die blou tot ‘n stapelbou
van marmer wat krul en leef –
kolossaal monument op sy swart fondament,
waar die bliksem in brul en beef.
En o, met my is die windjies bly:
hul spring uit die stof orent
en wals en draai in dwarrelswaai
oor my vloer, van ent tot ent:
die gras skud hul wakker om same te jakker,
tot hy opspring uit sy kooi
en soos mane en sterte van jaende perde
sy stingels golf en gooi.

Met dof-sware plof, soos koeels in die stof,
kom die eerste drupples neer,
tot dit ruis alom soos deur die gebrom
en gekraak van die donderweer.
Met kloue vooruit om te gryp en te buit
jaag ‘n haelwolk langs verby,
soos ‘n perde-kommande wat dreun oor die lande
vertrap en gesel hy-
en sy lyke-kleed sien ek ver en breed
in die awendson gesprei.

Stil in die duister le ‘k so en luister
hoe die spruite gesels en lag;
maar bowe die pak van my wolkedak
het die maan al lank gewag:
nou breek en skeur hy ‘n baan daardeur
om te deel in my vreug benede;
hy sprei die waas van sy romig-blou gaas-
en ek lag so stil-tevrede.
Plek op plek, soos die wolke trek,
sweef die skaduwees onder mee,
soos eilande wyd oor die waat’re verspreid
op die boesem van die grote see.
Met ‘n afskeidskus gaan die maan ook ter rus,
en ek wag op die daeraad-
so skoon en so mooi soos ‘n fris jong nooi
wat lag in haar bruidsgewaad.

Oor die bukte se rug slaat die gloed in die lug
van die brande wat ver-weg kwyn,
en doringbome fluister in rooi skemerduister
van gevare wat kom of verdwyn.
Uit slote en plas, uit die geurende gras,
styg ‘n danklied op ten hemel;
en dis net of ek hoor hoe die kriekies se koor
weergalm uit die sterre gewemel,
waar wêrelde gaan op hul stille baan
tot die einde van ruimte en tyd.
So, groots en klaar, staat Gods tempel daar,
wyd – in sy majesteit.

* “kinders” is wildsbokke
Uit “Die Vlakte” -1908-

1847
Ds. S.J. du Toit Gebore
Stephanus Jacobus du Toit is op Dal Josafat by die Paarl gebore. Hy het sy skool-en teologiese opleiding respektiewelik aan die Paarlse Gimnasium en die Kweekskool op Stellenbosch ontvang. S.J. du Toit was onder die invloed van Arnoldus Pannevis ‘n vurige voorvegter vir Afrikaansas selfstandige taal. Sy politiek-nasionale doelstelling- “om te staan vir ons taal, ons nasie en ons land” – het hy deur die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875, met as spreekbuis Die Afrikaanse Patriot, die Afrikanerbond in 1879 en sy aandeel in die opstel van die Afrikaanse Volkslied, bevorder. Hy kan daarom as die eerste Afrikaanse Nasionalisbeskou word. In 1882 het hy Superintendent van Onderwys in Transvaal geword. Sy onderwyswet het die onderwys in die Republiek bevorder. Sy eersug en betrokkenheid by Transvaalse politieke aangeleenthede, soos die Wesgrens-kwessie, die Pretoria-Konvensie, aandelespekulasies in die Goudstad, leerstellige aangeleenthede en sy teenkanting teen die regering se konsessiebeleid, het hom in regeringskringe ongewild gemaak. In 1888 het hy as Superintendent van Onderwys bedank en hom weer in die Paarl gaan vestig, waar hy hom met die vertaling van die Bybel in Afrikaans, ‘n taak deur die GRA in 1885 aan hom oorgedra, besig gehou het. Hy was dus ook ‘n baanbreker op die gebied van die Afrikaanse Bybelvertaling. Na sy terugkeer in die Paarl het hy die beleidsrigting van Die Patriot gewysig. Sy kritiek op die Krugerbewind en pleidooie vir konsiliasie tussen Brits- en Afrikaanssprekendes het hom verder van sy mede-Afrikaners vervreem. Die gevolg was dat die Eerste Taalbeweging, waarvan hy die vader was, teen 1900 doodgeloop het. In sy tweede Paarlse tydperk het ds. S.J. du Toit egter verbasend veel ter bevordering van die Afrikaanse taal en letterkunde sowel as oor algemene en godsdienstige onderwerpe gepubliseer. Hy het verskeie Afrikaanse boeke geskryf, soos Die Koningin van Skeba (1898), die eerste Afrikaanse gepubliseerde drame. Hy het ook gedigte geskryf, maar hulle is nooit gebundel nie. Hy is algemeen beskou as die “Vader van die Afrikaanse taal; stigter van die Afrikanerbond en stryder van die Calvinisme”. (Die inskripsie op sy graf). In sy lewe was hy predikant van die NG Kerk, Calvinistiese teoloog, Bybelvertaler, leier van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging, skrywer, Superintendent van Onderwys in Transvaal, en koerant- en tydskrifredakteur. Op ‘n besoek aan Calvinia in Augustus 1910 het sy perdekar omgeval. Die ernstige beserings wat hy in die ongeluk opgedoen het, het uiteindelik gelei tot sy sterwe op 28 Mei 1911 op Kleinbosch, Dal Josafat. Dankie aan Roosmaryn! 365Spore.blogspot.com

The National Afrikaans Literature Museum in Bloemfontein

Charlize Theron…Afrikaans speaking..and proud to admit it!

This T-shirt says…”my dad is bigger than your dad!”…you all know that one for sure!

As jy ‘n DelaRey t-shirt het…sal jy die woorde ken!

This t-shirt says: Daddy’s little sperm!! hehe

This card says…”I love you” in Afrikaans.

Afrikaans on T-shirts…image found on google

Jou afwesigheid
Die son se stilte sprei oor die more-dou
en maak jou afwesigheid soveel moeiliker
Tyd kan nie uitvee die herinneringe
En moeiliker die misverstande
Nog die gebroke siel heel
Maar die soete verlede van lank gele’
Steek vas en onderhou my geheue
Verblydend is jou bestaan
Wat my wêreld  verkleur!

–©Nikita–

 

birds_flying

Afrikaans
Die taal wat ek liefhet
Afrikaans
Die taal wat ek praat
Afrikaans
Die taal waarin ek dink
Afrikaans
Die taal waarin ek droom
Afrikaans
Die taal van my hart
Afrikaans
Die taal wat ek koester
Vir nou en altyd
Afrikaans
Jy is myne
Afrikaans
Jy is nou
Afrikaans
Jy is besonders
Afrikaans
Jy is uniek
Afrikaans
Jy is getrou
Afrikaans:
My denke
My wese
My lewe!
©Nikita 2008
Nadat ek die kort gediggie geskryf het, het ek dit op verskeie webbladsye gelees – en ek is bly julle almal geniet dit! Maak asseblief net seker dat jy krediet gee aan wie dit verskuldig is.
Afrikaanse stories op hierdie link op my blog:
Dankie weereens aan Roosmaryn: 365Spore.blogspot.com

O, BOEREPLAAS

Woorde: C.F. VISSER
Musiek: JOHANNES JOUBERT; verwerk: ARTHUR ELLIS

O boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.
Al dwaal ek heel die wêreld rond,
waar so gelukkig, so gesond?
O boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.

O moederhuis, waar ooit so tuis?
Jou het ek lief bo alles.
Die wêreld, rykdom, prag en praal
kan jou verlies my nooit betaal.
O moederhuis, waar ooit so tuis?
Jou het ek lief bo alles.

O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Van al die tale wat ek hoor,
niks wat my siel ooit so bekoor.
O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.

AddThis Social Bookmark Button

Read Full Post »