Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘Afrikaans 1916’

Ek het ‘n vorige inskrywing gehad van die 1916-Huisgenoot en drie publikasies daarmee saam. Jy kan die link aan die einde van hierdie inskrywing vind en die publikasies in PDF aflaai. Hierdie gediggies in hierdie inskrywing kom almal van die drie publikasies en ek plaas hulle onveranderd. Hier kan jy vergelyk en sien hoe Afrikaans as taal ontwikkel het. Ek hou veral van die laaste gediggie waar die Boer beskryf is gedurende die oorlog.

Diep in ‘t hart

Diep in ‘t hart verborgen,
Onbewust en stil,
Onder smart en zorgen,
Woont een heil’ge wil.

Wonen moog’likheden,
Die geen tijd nog weet,
Kracht voor eenwigheden,
Leniging voor leed.

Dieper zult gij kennen
Eens, dit wonder hart,
Dat aan leed moet wennen
En aan wrede smart.

Dieper zult gij graven
In uw hartegrond:
Bronnen zullen laven
Uw versmachte mond.

Weet in ‘t nederdalen
Vindt ge diep-ontroerd:
Wat uit smart en kwalen
U tot beter voert.
R.v.D.

Huweliksgebooie

Ek hoor klanke in die toekoms –
klanke nes van huwliksklokke
Tongelonge- vreug en blijdskap
weergalm in die tempelnokke.

Mannekrag en vrouweskoonheid
word verbind om één te lewe,
om één pad van voor- en teenspoed
op te gaan en voort te strewe.

Als die één sig wil verloen
om die ander toe te eie,
dan het hul mekaar tot trouwpand-
dat dit tot geluk gedije!
PIET

De Vlam

O vlamme, vol mysterieglans
In ‘t grillig weven van uw lijnen,
O, glanzend sehone lichtekrans.
Die duisterheden doet verdwijnen,
Vol sproke is uw lichtgetril.
Geheimnisvol uw ganse wezen,
Waar gij in donk’re nachte, stil
En levend komt omhoog gerezen.

Ik zag uw zachte, milde gloed
In ‘t oude kerkje. ‘t Eeuwig branden
Van Gods groot harte deed weer moed
M’ in ‘t harte dalen en mijn handen,
–Die lang vergeten hadden in symbool
Het smeken van het harte weer te geven —
Ze vouwden zieh… Mijn ziel ontstool
Een bede zich om licht en leven.
R.v.D.

Op moed verloor se vlak

Jij vra mij: Is jij dapper?
En hoop jij nog te win,
Hoe hoog ook stijg die donker wolk,
Hoe klein die kans, die moed hoe min?
Jij vra mij: Is jij dapper?
En is dit naar jouw sin?

Ek antwoord: Nee, nie dapper!
Ek is te sleg en swak,
Ek weet, die taak is al te groot:
Mijn hart is bijna hoop ontbloot.
Ek dool op Moed-verloor se vlak,
Ek antwoord: Nee, nie dapper:
Ek is halfpad mak.

Jij vra mij: Glo jij seker,
Dat God sal uitkoms gee?
Ons het so baje hard geveg
En moed en hoop en krag is weg
Daar is geen hoop op uitkoms, nee!
Jij vra mij: Glo jij seker?
Met oë blind van wee?

Ek antwoord: Skijn die sterre
Vir altijd dag en nag
Hoe kan jij ooit die son se skijn
Bespeur, als skemerlig verdwijn?
Hoe kan jij ooit die daglig wag?
Ek antwoord: Man, die sterre,
Die gee mij nuwe krag!

Ja, ek was op die vlakte
Waar mense moed verloor:
Daar het ek in mijn siel gebewe
Daar baje dinge aangehoor;
Maar ek is uit die vlakte
En bo sijn skaduws oor.
C. Louis Leipoldt

Die Verkenner
(Naar die Duits van Fritz Lienhard)

Daar onder blink ‘n witte lijn:
Die vijandstente! Die gewere staan
In hopies. Sidderende sonneskijn
Hang oor die krans; die windjies kom en gaan
En laat die sand oor pad en vlakte stuiwe.
Die kop lê doodstil! Net ‘n akkedis,
Wat rads en ritslend deur die bossies roer,
Soek wildverskrik ‘n skeurtjie om te rus.
En dan ‘n perdekop, geblaas, gesnuiwe —
‘n Hoed en Mauser — oor die klippe loer
Twee oë– dan weer weg. Dit was ‘n Boer!
J.F.W.G.

Op hierdie link kan jy ou Huisgenote van 1916 in PDF-formaat aflaai en nog meer “vroeë” Afrikaanse gedigte lees wat in die ou Huisgenote verskyn het.

Read Full Post »