Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘2021’

Lockdown V3 – January 2021 – March 2021

English Readers – these are just random photos taken during the lockdown.

Hierdie foto’s was almal geneem gedurende die ‘grendel’-tyd hierbo genoem. Op my daaglikse stappie deur die klein plekkie waar ons woon (village), het ek altyd my foon by my gehad en was dit vinnig om gou-gou net te ‘kliek’ as dit nodig was. Ek is lief vir my groot bome en as ‘n boom my aandag trek, dan moet ek dit afneem, soos jy hier kan sien. Selde was dit nodig om in te gaan skooltoe en dan was daar op baie plekke die nodige padwerke.

My twee rekenaarskerms is ‘n duidelike bewys van die aanlyn skoolhou – byna drie keer per dag moes ek my skerm deel met die groep en dan was dit gerieflik om die groep, wat as ‘n gallery op jou skerm opkom, oor te skuif na my tweede skerm – dit was ook dan maklik om almal in die oog te hou – veral daardie wat so nou en dan hul kameras wou afskakel of net plat wou neerval op die bed! Dit was gewoonlik in die eerste groep die geval en hulle was die wat heelwat vroe-er moes opstaan vir hul sessie.

Op ‘n stadium het ons te veel piesangs gehad en was dit gou om piesang-muffins te maak. Ek het sommer die resep van ‘n piesanbrood gebruik om die muffins te maak. Hulle was heerlik.

Lockdown V3 – January 2021 – March 2021

Read Full Post »