On this page you can find all the links on my blog about recipes, they are mostly South African recipes and many of them translated into English too, even traditional recipes too. All links will open in a new window.
Nadat soveel bloglesers nou al gevra het vir die grootmaat-resepte dokument, plaas ek dit nou hier vir aflaai en gebruik deur enige persoon. Ek het die dokument lank terug op ‘n site afgelaai, kan ongelukkig nie onthou van waar meer nie en daar is geen aanduiding in dit waar dit vandaan kom nie. Geniet dit!
Update Augustus 2011 –Op link nr 16: In hierdie inskrywing [2de laaste link in hierdie inskrywing waar jy nou lees] is daar nou nuut bygesit – TWEE PDF dokumente met die allerheerlikste resepte, moet dit nie misloop nie.
RESEPTEBOEK GROOTMAAT PDF DOKUMENT – deur Celia – sien haar boodskap hier: Ek gee graag erkenning aan Celia wat die dokument saamgestel het – email haar gerus by die email en bedank haar. celiabu[at]mweb.co.z
KLIEK OP DIE ROOI LINK hier —Vir die PDF-dokument met grootmaat resepte, klik die ROOI link wat hier volg in die volgende paragraaf-dit sal in ‘n nuwe venster oopmaak.
Resepteboek groot maat PDF [Update: August 2011 – op link nr 16 – onderaan in hierdie inskrywing – [2de laaste link] is NOG TWEE PDF-dokumente met die allerheerlikste resepte. Moet dit NIE misloop nie.]
1. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/02/vetkoek-phat-cake/
2. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/06/30/heerlike-suid-afrikaanse-resepte/
3. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/06/30/koeksusters-or-cook-sisters/
4. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/03/pap-dis-pap-tert-south-african-side-dish-with-bbq/
5. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/03/pap-in-your-microwave/
6. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/29/crumpets/
7. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/10/comfrey-pizza/
8. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/25/karringmelk-beskuit/
9. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/08/potjie-kos-more-recipes/
10. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/04/peppermint-crisp-fridge-cakerecipe/
11. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/26/south-african-recipes/
12. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/24/fish-kebabs-jamie-oliver/
13. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/26/buttermilk-rusks-karringmelk-beskuit/
14. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/26/milk-tart-and-puff-pastry/
15. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/07/29/muffin-recipes-and-lots-more-yum/
16. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/08/05/cheese-cake-tipsy-tart-tiramisu-and-other-yum-yum-recipes/
17. https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/10/03/wartime-recipes/
Soetsout teeskons
5ooml ongesifte meelblom 20 ml bakpoeier
50 ml kookolie
1 ml sout 175 ml melk
1 ekstra-groot eier
50 ml heuning 30 ml botter/margarien
30 ml fyngerasperde Cheddar kaas
Metode
Voorverhit die oond tot 200 grade celcius.
Smeer kolwyntjiepannetjies of bespuit met kleefwerende middel.
Sif die dro-e bestanddele saam. Klits die melk, kookolie en eier saam. Voeg die melkmengsel by die meelmengsel en meng goed. Sny dit met ‘n slaplemmes in tot ‘n sagte deeg.
Skep lepelsvol deeg in die kolwyntjiepan. Bak die skons 12-15 minute tot ligbruin.
Verhit intussen die heuning en botter oor matige hitte totdat die botter/margarien gesmelt het. Skep die mengsel oor die warm skons sodra dit uit die oond gehaal is. Strooi die kaas oor en indien verkies, plaas terug in die oon net totdat die kaas gesmelt het.
Hi Daar
Ek sien jy het ‘n “resepte boek” vir grootmaat resepte. Is dit dalk moontlik dat jy vir my ook ‘n kopie kan aanstuur asseblief? Ek is voedseldiensbestuurderes by ‘n hospitaal en verwelkom altyd nuwe grootmaat resepte.
Baie dankie.
Mariaan Niemand
hi Mariaan! Welkom hier. Ek stuur dit vir jou! Laat my weet as dit nie deurgegaan het nie. Ek het jou email gebruik wat jy hier vir my gelos het.
Mariaan,
Ek het die resepte na jou email gestuur wat jy hier gelos het, maar die email het terug gekom. As ek jou regte email kan kry, kan ek dit vir jou aanstuur.
More ek sien jy is so nice om met iemand jou groot maat resepte te deel ek is besruurderes by n kampus in die kombius en die chef het nie n benul van grootmaak kos maak vir 200 studente nie kan jy my help asb
More Annette! Welkom hier op my blog. In die inskrywing hierbo is die PDF wat jy kan aflaai. Sien die teks in rooi. Lees asb net mooi waar jy moet klik, ek dink dit is nogal duidelik. Indien jy probleme ervaar, laat my asb weet en ek kan dit vir jou email. groete en sterkte daar!
Hallo
Ag asseblief tog, sal jy vir my ook die grootmaat boek stuur? En, uhhm, askies tog, maar is dit dieselfde as die “lywige word doc” met resepte wat jy per email gekry het? As dit nie is nie, mag ek daai een ook kry? Groot asseblief. En byvoorbaat baie, baie dankie. Mag die son vir ewig oor jou en al jou nasate (= sand van die see) skyn 🙂
Liv
hi Livvie! Ja, dis die “lywige word doc”, het ek dit al vir jou gestuur? Indien ek niks van jou hier hoor nie, sal ek dit vir jou per email aanstuur – maar eers vanaand. Dankie, stuur bietjie son! 🙂
Hi, kan ek ook die “lywige word doc” kry groot asb? Ek is absoluut verslaaf aan resepte bymekaarmaak. Lol.
baie dankie.
hi Gloria…ek maak so teen more-aand! 🙂
Hi daar, ek het asseblief hulp nodig. Moet volgende naweek potjiekos vir omtrent 150 mense gee. Het gedink aan beesvleis/ skaapvleis? Hoeveel bestandele het mens omtrent nodig vir soveel mense?
hi Karen, Liewe Aarde, nee, ek het geen idee nie, ek kook nooit vir so baie mense nie, gelukkig nie. Jammer! Jy moet dalk op die internet bietjie rondkrap – potjiekosresepte vir grootmaat – of so iets. Sterkte!
Haai Karen, hoe lyk dit kan ek dalk ook ‘n kopie van jou resepe boek kry. Waardeer baie.
hi Anette, ek glo nie Karen gaan terugkom en hier lees nie, ek het so pas vir jou die resepte “boek” aangestuur. 🙂
waar kan ek resepte kry om parfuum te maak? Kan iemand dalk help? borduurland[@]vodamail.co.za
hi Marinda, Jy is welkom hier, maar nou vra jy totaal en al die verkeerde persoon!! 🙂 Ek hoop iemand wat hier lees sal jou kan help!
Hello
Weet nou nie met wie om te praat nie.Ek is op soek om lekker vrugte pons te maak met sonder drank of net n kein beitjie
As julle kan help sal dit wardeer word
Dankie
Hennie
http://www.mawsac.org/Publications/AlcoholFreeDrinks2004.htm
Hi Hennie, Welkom hier. Ek het in ‘n search “alcohol free fruit punch” ingesit en die link gekry, kyk bietjie daar. Ek het net op my blog ‘n resep van vrugtepons ongelukkig met wit wyn
Hello Nikita
Ek se net Dankie dit gaan Help
hi Hennie, dis ‘n plesier.
Hallo almal!
Ek is dringend opsoek na grootmaat resepte. Ek trou 2 Oktober 2010 en ek het resepte nodig! Alle resepte sal waardeer word!!! Julle kan my email by: anel.accounts[@]gmail.com
Dankie!
Anel
Hi Anel…welkom hier! Ek het so pas vir jou die word dokument met grootmaatresepte aangestuur…sterkte met die reelings vir jou troue!!
Kan julle asb vir my ook grootmaat resepte stuur ek trou 11 Desember
Dankie
Maran
Hi Marna…welkom hier by almal en ek het so pas vir jou die dokument afgestuur! Sterkte met die reelings!
Naand Sê.
Ek geniet jou site. Ek bestuur ‘n padkamp vir 20 mense. Kan ek dalk ook ‘n kopie van jou grootmaat resepe boek kry?
Baie dankie
Arthur
hi Arthur, Welkom hier en dankie vir jou boodskap. Ek het so pas die resepte vir jou aangestuur na die email wat jy hier gelos het. Geniet dit!
Baie dankie.
Groete
Dis ‘n plesier! 🙂
Groete vir jou ook!
haai mag ek asb ook n kopie van jou grootmaat resepte kry ek het n probleem om vir 20kinders elke dag kos te gee help my asb uit
Goeie Môre
Kan ek ook asseblief ‘n kopie van die grootmaat resepteboek kry.
Baie dankie
hi Nelmarie! Welkom hier, ek maak so…
Hallo Vriendin in die Verre
Ek ontmoet moreaand die Wosonki’s vir ‘n piekniek. Ek wens jy kon ook by wees om te sien hoe die son oor die see sak terwyl ons teug aan ‘n bekertjie wyn en kou aan ‘n kasie.
Gaan alles goed met jou?
Hi Vriendin in die Verre Suide! Jy moet nie sulke dinge hier kwytraak nie, ek pak my tas vanaand, more op die vliegtuig en kom hou piekniek daardie kant…hier sit ons weer met effense sneeu/koue…maar ek kla nie, hoor! Nee, glad nie… 🙂 Jy maak my lus met daardie wyn+kaas, ek dink ek moet een van hierdie bottels hier in die volgende week ledig…dis hoeka “half term” volgende week..dus…laat slaap vir ‘n verandering! Sal jou mailtjie stuur! – oor die naweek…ek hoop als gaan nog goed met jou!
Min dinge sal vir my so lekker wees soos om met jou te kan sit en kuier!
Hopelik tref daai voorreg ons nog eendag.
Lekker drink. hahaha, ek het ‘n nuwe vriendin gemaak wat my vertel het daar is vanaand padblokkades rondom ons dorp. M.a.w ons is dalk in vir ‘n ding…
Hi Skoor! Ja, ek dink dit sal ook heerlik wees om jou te sit en gesels. Ek hoop dat daardie voorreg ons sal tref! 🙂 Ek hoop die padblokkades was nie te erg nie. 🙂 Sterkte daar!
Goeie Middag
Kan ek ook asseblief ‘n kopie van die grootmaat resepteboek kry. Het so bietjie lekker respte nodig hier in london 🙂
Baie dankie en groete
Francois
Hi Francois, Goeie naand [amper nag!] Welkom hier, ek stuur vir jou aan! groete uit Bucks en geniet dit!
Hi Nikita
Ek sien jy het baie lekker resepte ek moet ‘n bietjie kyk wat ek het het ook die Kook en geniet asook die Knuppeldik en ‘n paar ander so as jy wil kan ek dalk ook vir jou ‘n paar resepte laat kry. Ek het o.a in een van my boeke afgekom op ‘n baie lekker skaapboud resep wat ek altyd maak. Laat weet maar as jy wil hê ek moet hom vir jou opsit.
Ek is absoluut ook mal oor resepte en het resepte uit tydskrifte hier uit 1970 erns.
Geniet jou dag.
Groete
Meisie
Hi Meisie
Voel vry om enige tyd ‘n lekker reseppie hier neer te plak! Ander sal dit ook dan kan geniet! Dankie, ek hoop jou dag was ook lekker gewees.
Awesome kan nie glo dat ek na 4 jaar se gesukkel nou eers jou webpage raak loop nie So baie dankie vir al die bekende lekker resepte. Ek soek nog ietsie seblief druiwekonfyt korrelkonfyt Ek is jou ewig dankbaar
liefde in oormaat
Lien USA
Hallo Lien!
Baie welkom hier en jammer dat jy sooo lank moes vat om te kry wat jy wou he, maar gelukkig het jy dit nou. 🙂 Ek het nie ‘n druiwekonfyt resep nie, maar as jy by my blogger-vriendin -Skoor – gaan inloer, is ek seker sy sal vir jou iets uitkrap iewers. Baie groete vir jou ook in die USA! Hier is haar blogadres:
http://skoorkos.wordpress.com
Hi Nikita
Ek het nou net weer deur my resepte gegaan en toe die resep vir die gaarmaak van lamsboud gekry. Ek hoop dit is reg dat ek die resep sommer hier vir jou gee.
OONDGEBRAAIDE LAMSBOUD
2.5 KG lamsboud
10ml sout
2 ml vars gemaalde swartpeper
5 ml gedroogde kruisement
knoffel na smaak
5 ml gedroogde roosmaryn
100ml botter of margarien
15 ml mazina
250 ml warm vleisaftreksel
Sny oortollige vet af. Vryf peper en sout in die vleis in.
Meng die kruisment, knoffel, roosmaryn en margarien goed saam om ‘n pasta te maak. Sny insnydings in die vleis en stop die vleis met die mengsel. Plaas die boud in ‘n pan met ‘n deksel smeer die oortrollige bottermengsel oor die vleis . Plaas die pan in die vooraf verhitte oond (160C of 325F) oondbraai vir ongeveer 2½ TOT 3 UUR lank tot vleis sag is. Bedruip die boud gereeld met die pansappe. Wanneer vleis gaar is haal uit (moenie die vleis toemaak terwyl dit rus nie dan verloor hy van sy borsheid) sit die pan bo-op die stoof oor matige hitte roer mazina by en roer vleisaftreksel by laat prut totdat die sous verdik. Roer dit voortdurend.
Hoop julle geniet dit.
Hallo Meisie! Dankie dat jy jou belofte nagekom het, ek sal dit later ook op een van my links plaas met jou naam daarby. Ek is seker ons almal gaan dit geniet. Dankie weereens!
Hallo Nikita
Dit was ‘n groot plesier ek het tonne resepte wat vêr teruggaan volgende keer sit ek vir julle ‘n Hoenderlewer patee resep op, sluit net die yskas toe tot jy dit wil gebruik anders is daar niks oor om te gebruik nie. Ek het ook gekyk vir die druiwekonfyt maar kon net fyn konfyt kry. Ek stuur vir Anel ‘n paar resepte en hoeveelhede na haar e pos hoop sy kry dit. Geniet jou dag tot volgende keer.
Hi Nikita
Hiers ek alweer om te loer op jou blad en vir jou nog ‘n lekker resep te gee hoop julle geniet dit.
Tan San se Hoenderlewer Patee
jy het nodig
500g (2 klein bakkies) hoenderlewer
2 pakkies varkwors (vars)
1 biefblokkie
+- 5 eetlepels gelatien
sout en swartpeper (‘n goeie gooi)
½ teelepel droë tiemie
+- 5 – 6 groot, vet knoffelhuisies hoe meer hoe beter!! Ek gebruik partykeer sommer die klaar gepressde knoffel so 1 – 2 hoogvol eetlepels
Verhit oond tot 160C
Nou
Maak lewer skoon en fyn in Twista
Haal worsies uit velle
Druk knoffel fyn in pres
Meng alles BAIE goed saam met tiemie, sout en peper.
Kook 1 liter water. Los biefblokkie daarin op. Gooi gelatien bo-oor. Hou NET warm oor lae hitte MOENIE KOOK NIE.
Skep so ‘n soplepel vol gelatienmengsel in ‘n pyrex bak met ‘n deksel. Skep vleismengsel in bak en gooi soplepel gelatien bo-oor. Sit in oond.. Bak 3 ure. Skep kort-kort gelatien bo-oor.(bak met deksel op)
Wanneer gaar, laat by kamertemperatuur afkoel. Daar sal ‘n wil vet lagie bo-op vorm, skep af. Sit in yskas sodat gel stol en dan sluit jy die yskas tot jy dit nodig kry!! Geniet dit.
Groet vir jou
Meisie
Hallo Meisie! Welkom weer en baie dankie vir die reseppie! Ek sal dit beslis uitprobeer en ek glo dat Anel jou ewig dankbaar sal wees vir die wat jy vir haar gaan aanstuur! Ander wat hier lees sal beslis ook die resepte waardeer! Dankie weereens en groete aan jou ook!
Hallo Nikita
Dit was ‘n plesier geniet die resepte
Groete
Meisie
Dankie, Meisie…selfde vir jou!
Nikita
Ek is op soek na grootmaat poeding resepte. Ons moet vir die kerk poedigs maak en soek ‘n bietjie verskeidenheid. Dankie.
hi Desire, Welkom hier, ek het vir jou die Word-dokument aangestuur, kyk wat daarin is, ander grootmaat-resepte het ek nie, jammer.
Hi Nikita
Sal jy asseblief vir my ‘n kopie van jou grootmaat resepteboek aanstuur.
Baie dankie
Louise
Hi Louise…Welkom hier op my blog…ek het dit so pas vir jou aangestuur. Geniet dit!
Hi Nikita
ek moet n skaapskenkel potjie maak vir 200 persone
kan jy my asb help met resepte en groote van potte
baie dankie
groete thys
Hi Thys! Welkom hier op my blog!
Ongelukkig vra jy die verkeerde persoon hier. Ek het geen idee van potte vir soveel mense nie. Miskien moet jy bietjie vir my vriendin Skoor gaan pla…sien haar blog-link hierbo in een van die kommentaarboksies…12 Februarie…die vrou wat so lekker agteroor-lag op die avatar met haar sonbrilletjies 🙂 Sterkte!
My seun trou Desember en het ook jou grootmaat resepteboek nodig. Kan ek dit ook asb kry. en byvoorbaat dankie
Hi Rika, Welkom hier, so pas aangestuur! Geniet dit!
baie dankie sal definitief
Hi jong, Ek is op soek na grootmaat resepte en veral m’n grootmaat resep vir skons. Een wat baie goed kan vries. Kan jy dalk HELP???
hi Monique…Welkom hier op my blog. Hier is ‘n link met ‘n skonresep wat ek self al gemaak het…heerlik! My foto is ook daar…dan uit die “grootmaat”-dokument wat ek het…kom die volgende resepte…geen idee van vries nie..ek glo dit sal gevries kan word. Ek het ook geen idee vir hoeveel mense dit is nie…kyk maar na my resep en verdubbel (ens) soos jy nodig het. Se maar as ek die dokument moet aanstuur met ander grootmaat resepte.
BOTTERBROODJIES
500 g bruismeel 100 ml kookolie
2 eiers geklits knypie sout
halwe koppie gerasperde kaas/1 blikkie fyn vleis opsioneel
200 ml melk
Meng droë bestanddele saam. Voeg olie, melk en eier by en meng goed. Voeg kaas/vleis by. Rol uit op meelbestrooide plank. Druk af met koekiedrukker en pak in sirkel op gesmeerde ronde bord. Bak ongeveer 12 op ‘n slag vir 90 sekondes lank op hoog. Draai om en bak weer 1 minuut op hoog.
SKONS
4,5koppies bruismeel 2 t sout
2 e suiker 3 e botter/margarien
2 eiers
Sif meel en sout en voeg suiker by. Vryf botter in en meng tot ligte deeg met goedgeklitste eier en bietjie melk. Rol uit, druk af en bak by 220ºC vir 10 minute.
KAASSKONS
540gram (4,5 koppies) koekmeelblom
50 ml bakpoeier 4 ml sout
5 ml rooipeper 425 g Gouda kaas, gerasper
1 liter melk 4 eiers,goed geklits
Verhit oond tot 200ºC. Smeer die holtes van 4 x 12 kolwyntjie panne goed met botter.
Sif die droë bestanddele saam in ‘n mengbak. Voeg die kaas by en meng. Klits die melk en eiers saam, voeg by die meelmengsel en meng tot ‘n slap deeg. Skep in holte van kolwyntjiepanne die holtes moet gelykvol wees. Bak 15 minute lank in middel van die oond. Laat effens afkoel en verwyder uit pannetjies.
Baie Dankie. Het dit nou net gebak en dit is regtig LEKKER!!!:D Sal dit baie waardeer as jy die ander ook vir my kan stuur.
Groete
Monique
hi Monique…ek stuur dit aan, maar dis nou ook in hierdie possie hierbo, dus kan enige persoon dit nou self aflaai in PDF-formaat. Ongelukkig kan ek nie onthou van watter site ek dit sowat 2-3 jaar terug afgelaai het nie. Daar is ook geen aanduiding in die dokument waar dit vandaan kom nie. Geniet dit…wie dit ookal nog gaan aflaai!
Hi, Nikita
Is so bly ek het op jou afgekom. Sal jy groot asb. vir my ook ‘n kopie van jou grootmaat resepte aanstuur? Is nou moeg om somme te maak om resepte te verander.
Baie dankie.
Groete uit ‘n koue Vrystaat!
Hi Juandi, Welkom hier op my blog. Die resepte in grootmaat is nou van gister af hier op my blog beskikbaar – na so baie begin vra het vir dit. Ek dink jy het dit gemis – in die inskrywing hierbo. Ek het dit vir jou aangestuur en hoop dit gaan jou tyd spaar! Sterkte met daardie Vrystaatse koue en groete uit ‘n minder koue Engeland. Geniet ‘n koppie warm tee…om jou warm te hou. 🙂
Kan jy asb vir my ook jou grootmaat resepte aanstuur. Sal dit baie waardeer. Dankie. Ciebella
Ciebelle, welkom hier. Die grootmaat resepte file is HIER op my blog in hierdie “entry” hierbo…derde paragraaf…in PDF formaat….maar ek stuur dit nogtans vir jou aan. Groete!
Hi ek soek ook die grootmaat resepte asb
hi Soekie! Welkom hier opmy blog! Die grootmaatresepte dokument is in hierdie inskrywing hierbo — in PDF formaat. Ek sal hom more vir jou aanstuur…maar jy kan dit ook hier self aflaai. Groete!
Hi Nkita
Kan ek ook ‘n afskrif kry van jou grootmaat resepte, ek sukkel om dit af te laai
Dankie
Hello Andre en welkom hier! Jammer om te hoor jy sukkel, ek sal dit vanaand vir jou stuur!
Hallo Nikita kan ek n kopie van die grootmaat resepte kry.
Dankie
Hallo Dawie, ek het dit vir jou so pas aangestuur, maar dit is ook in hierdie bloginskrywing – 3rde paragraaf van bo…in groen. ‘n PDF dokument wat jy kan aflaai.
hi. Ek sit en wonder waar ek n resep vir grootmaat resepte want ek besit n shelter vir hawelose mense en dit is altyd n probleem om resepte te kry vir al die mense en mens raak moeg om elke dag vir die mense net stew te gee. kan jy as vir my n copy stuur van die grootmaat boek. ek waardeer dit regtig baie.
lekker dag
chrissie
hi Chrissie
Welkom hier. Die PDF dokument is hier in die pos, jy kon dit sommer self afgelaai het! Lees net mooi die VIERDE/5de paragrafie weer, maar ek stuur dit nogtans vir jou. Dankie vir die boodskap en sterkte met die shelter-huis, ek hoop dinge werk reg uit vir julle! Lekker dag vir jou ook!
Hi daar! Kan jy dalk vir my ook die “lywe word doc.” stuur?
Baie dankie.
Lekker dag verder vir jou.
Hi Ruvonne…Welkom hier! Jy het dit seker gemis, maar daar is ‘n PDF in hierdie inskrywing wat jy kan aflaai op jou rekenaar. Die PDF is net ‘n ander formaat as ‘n Word dokument. Ek het dit vir jou aangestuur, maar ek het dit hier geplaas vir enige iemand om dit af te laai – wat my ook die moeite spaar en jy het dit onmiddellik op jou eie rekenaar as jy dit aflaai vanaf die inskrywing. – dit spaar jou ook ‘wagtyd’. 🙂 Dankie, lekker dag vir jou ook!
Ek is nou so honger,ek kan my lag nie hou nie.
Ek sal dit waardeer indien jy vir my n lekker
Kaaskoek Resep kan laat kry.
Hi Marie
Hier is vir jou ‘n resep van die internet af. Ek het nie my resepteboeke hier by my nie, dus geniet dit! Dis van die website van Eg-Afrikaans.
KAASKOEK TIPE -TERT
KORS:
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
2 groot lepels margarien / botter
(Smelt botter in mikogolf of op plaat. Sit beskuitjies in plastieksak, slaan en trap daarop totdat dit baie fyn is. Meng in tertbord met beskuitjies en druk vas as kors.)
VULSEL:
1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appeliefie/ aarbei/ koejawel)
1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows)
1 houertjie (koppie) vars room
1. Smelt die Malvalekkers (marshmallows) op die plaat – haal dan af,
voeg ‘n bietjie van die vrugtestroop in die blik by, gooi die res weg.
2. Sny die vrugte (as dit groot is – los appeliefies net so)
in klein stukkies, en voeg by.
3. Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in die yskas
vir net 15 minute – en dien op.
4. Ideaal vir onverwagte gaste !!! Dit kan sommer ‘n nagereg ook word in nood….dien op met roomys
Hi,
Ek sal bitter graag die resepte wil he in PDF formaat, en kan nie sien waar julle dit beskikbaar het nie. Indien dit nie moeite is nie sal ek dit groot waardeer indien julle dit asb vir my kan stuur so gou moontlik.
Baie baie dankie.
Groete.
Hi Bev, ek sal dit vir jou die naweek stuur. Dis die derde paragraaf van bo – ‘n sinnetjie in groen geskryf. Indien jy weer hier kom lees, kliek op die link wat se: “Vir die PDF-dokument….”. Los my ‘n boodskap as jy dalk hier kom lees en dit aflaai, dan stuur ek dit nie, anders stuur ek dit vir jou Saterdag. Groete vir jou ook!
Hallo Nikita
kan ek ook asb n kopie van jou grootmaat resepte boek kry. Ek werk in Saudi en maak een keer n maand kos vir die honger “massas”.
Hallo Annetjie!
Welkom hier en dit klink vir my asof jy bedrywing is in Saudi! Lees die inskrywing hierbo [stadig en noukeurig – hoop dit is die woorde! 🙂 , die PDF link is in die inskrywing. Hoop jy kry dit. Sterkte daar!
Hallo Annetjie
Ek sal dit vir jou aanstuur, maar ek verstaan nie HOE mense die link mis nie…dis duidelik die 4/5de paragrafie en dit se duidelik…PDF-dokument. LOL! Dis net geriefliker as mense dit self kan aflaai terwyl hulle nie hoef te wag vir my om dit aan te stuur nie. Ek stuur dit oor die naweek vir jou aan. Nou het ek ‘n afbeelding geplaas in groot rooi letters. Ek wonder wie gaan dit nou kan mis. 🙂
Hier is die Swellendamkoek – wat Celia op een van die ander links vir ons geplaas het. Blykbaar soek meer mense na die resep…ek plaas dit hier ook! Jy sal haar resep op ‘n ander link kry waar sy dit ook in ‘n kommentaarboksie geplaas het. Geniet dit.
SWELLENDAMKOEK
Die vulsel word eerste gemaak, want dit moet heeltemal afkoel.
VULSEL:
1 liter melk, 7 gelykvol eetlepels vlapoeier, knippie sout, suiker na smaak.
Maak dik vla met bogenoemde bestanddele en laat heeltemal koud word. Verwyder roomlaag bo-op wanneer koud en smeer oor 3 van die koue koeklae.
Klits 4 eiers tot skuim. Voeg 2 k suiker geleidelik by en klits baie goed. Smelt 125g margarien en 1 k melk en bring tot kookpunt. Voeg 2 koppies meel by eiermengsel, asook ‘n knippie sout en 2 teelepels vanielje. Strooi 2 teelepels bakpoeier bo-oor die meelmengse. Gooi nou warm melkmengsel bo-oor. Laat staan minstens 2 minute en klop dan vinnig. Gooi uit in koekpanne (2) en bak by 190°C vir 30 minute. Laat bietjie afkoel en sny elke laag in 2.
Terwyl die koeklae bak, maak die versiering:
VERSIERING
250 g sagte margarien, 2 k versiersuiker, 4 t vanilla
Klits bogenoemde goed saam tot romerig.
Plaas nou die koeklae op mekaar en versier die boonste laag met die versiering.
Eet die koek terwyl nog so louwarm.
Help asb ek moet ‘n vlakvark bewerk en manlief wil pastei he. Die boud weet ek hoe maar nie om die pastei se vleis te verwerk nie.
Help asb.
hi Lizette! kan jy my dalk raad gee oor hoe om die boud in die oond gaar te maak asb! kry nerens ‘n lekker resep nie!!
Hi Ann
Lizette was net ‘n besoeker aan die blog! Ek gaan jou boodskap vir Celia los op hierdie link:
Celia is ‘n wonderlike feetjie, sy het antwoorde op ALS!! Ek gaan vir ‘n week dringend SA toe, Celia sal jou beslis kan help!! Groete
Jammer Lizette! Dankie vir jou besoekie, Kan jou ongelukkig nie help nie, probeer my vriendin, ‘Skoor’ by http://www.skoorkos.wordpress.com Sy sal jou dalk kan help.
HALLO – EK SOEK ‘N KOEKPAN VIR IEMAND – DIT IS BLYKBAAR ‘N “SKAAK KOEKPAN”. EK VERSTAAN NIE LEKKER HOE DIE PAN WERK NIE – KLINK NA DRIE PANNE?
hi Louise!
Welkom hier op my blog. Jongie, jy kan my met ‘n veer omtik! Ek het geen idee wat hierdie ‘skaak’ koekpan is nie. Dit moet dalk ‘n ‘nuwe’ ding wees waarvan ek [nog nie] nie weet nie. Ek het ook nou ‘n search gedoen, op niks afgekom nie. Dalk moet jy bietjie meer probeer uitvind by die persoon waar jy daarvan gehoor het. Dit sal interessant wees – ek sal graag ook meer wil weet. Ek wonder of dit nie dalk ‘n koekpan is in die vorm van hierdie ‘3-way chess’ nie? Sien die image-link.
Wonderlike webblad. Ek was opsoek na Tradisionele Boere Resepte en het op die webblad afgekom. Ons woon in die United Arab Emirates, en ons het ‘n Internasionale dag by die skool, en ek het besluit om die koeksisters te probeer 🙂 Hou vir my duim vas!
Groete
Hi Annelie!
Welkom hier op my blog, dankie vir jou mooi kommentaar. Sterkte met die resep! Laat weet hoe dit gegaan het! Groete daar!!
Hi daar.
Ek is opsoek na die blitskoek of kitskoek resep uit die kook en geniet. Hoop iemand kan help.
hi Linda
Het jy al reggekom? Indien nie, kyk op die ‘Resepte’ bladsy, daar is Celia se email adres, ek glo sy sal jou kan help!
Soek roosmaryn pasteikors het bestandele maar soek hittegraad en word dit uitgerol of nie
Hi Hettie, jammer ek sien ek het nog nie hier geantwoord nie, ek hoop jy het reggekom!
Puik resepte en Eg Afrikaans!
Hi Paul!
Dankie vir jou besoek en vir die mooi boodskap! Afrikaans is BO!
Ann, ek hoor jy wil weet hoe om skaapboud in die oond te bak. Ek het maar myself geleer, want party mense se resepte is net te complicated! So hier is my weergawe:
Vee die boud met ‘n klam lap af. Sorg dat jy fyngekapte knoffel, sout en peper byderhand het, asook kookolie. Neem ‘n skerppunt mes en steek in die boudvleis en beweeg die mes bietjie heen en weer om ‘n opening te maak, maar nie te groot nie. Gooi bietjie sout en peper in die holte en stop met ‘n bietjie gekapte knoffel. Maak omtrent so tien of twaalf sulke gate wat jy volmaak met die sout, peper en knoffel. Dan sprinkel jy sout en peper en fyngekapte knoffel oor die boud, saam met bietjie kookolie en smeer-vryf dit oor die hele boud. Plaas in bak, maak toe met foelie en plaas in voorverhitte oond van ongeveer 120°C oornag, of ten minste 8 ure lank.
PS: Die ‘volmaak met sout’- nie meer as omtrent so 2ml per gat nie, anders is dit te sout!
Laat weet of dit vir jou ook gewerk het?
Groete,
Celia
Goeie naand almal ek het hulp nodig n vriendin van my gaan trou en so ver maak ek en sy als self nou kom die kopseer ons gaan self die kos maak hulle is 70 groot mense en 20 kinders vir die trou die menu is koue vleis en slaai wat kan ons als maak en wat is die hoeveelhede wat ons benodig van n vleissoort en wat kan ons als maak
Hi Suzane, Welkom op my blog! Grote griet! Jy vra heeltemal die verkeerde persoon as dit by troues kom. [selfs vir groter groepe mense ook]. Ek hoop enige blogleser [en veral Celia – my ‘reddingsbootjie’] wat hier lees, sal kan help met die kopseer. Ek hoop regtig die ‘kopseer’ word gou verlig met hulp wat hier gaan ‘opdaag’. Ek is self nie ‘n ‘catering’-tipe persoon nie, net lief vir die gewone bak-en-brou in ‘n alledaagse huis. 🙂 Wanneer is die troue? Moet net nie die koeksisters vergeet nie!! lol… [smaaklike pasteitjies kan ook heerlik wees] Koue lamsboud/vark ook vir my baie lekker. Smake verskil en mens moet seker dit ingedagte hou. Sterkte vir jou, laat weet ons hoe die reelings vorder – en ek sal graag na die tyd wil hoor hoe die mense dit geniet het! Kom loer gerus weer in, ek glo Celia gaan [soos altyd] hier kan uithelp!
Suzanne, ek het eers vanoggend hierdie boodskap gekry – gee my kans totdat ek vanmiddag by die huis kom, dan sal ek vir jou ‘n paar idees deurstuur. Laat weet my asb intussen of dit ‘n oggend, middag of aand geleentheid gaan wees. Is dit relatief ‘low budget’, medium…..? Die vleis kan nogal so ‘n begroting gou-gou uitput,, dit is hoekom ek vra. Hoop om gou van jou te hoor, sodat ek vir jou iets bymekaar kan sit.
Groete (en moenie so stress nie!) Daar is altyd ‘n plan te make.
Groete,
Celia
Hello julle dis aand troue in April sy soek n koue vleis en slaai kan nog nie op die nagereg besluit nie so n paar idees daar sal gaaf wees dis n meduim budget en dankie vir julle hulp waardeur dit baie
Hi Suzane
Ek het so pas vir jou ‘n email gestuur -ook vir Celia. Ek glo die kommunikasie tussen julle sal dalk beter wees as julle in email-kontak met mekaar is. Ek hoor graag hoe die reelings verloop en sal ook graag na die troue wil hoor hoe julle dit geniet het!!
Nikita, ek en Suzane het kontak gemaak en ek het vir haar ‘n ‘proef’-spyskaart gestuur met verskeie geregte om uit te kies. As jy wil,sal ek dit hier kom plaas?
Groete,
Celia
Hi Celia! Jy is darem ‘n GROOT ster! Ek dink ander bloglesers mag dalk net baat vind daarby. Voel gerus vry om dit hier te plaas, ek het nie ‘n probleem daarmee nie. Groete en dankie weereens!
Hierdie is Celia se voorstel aan Suzane vir die troue – wat sy [Celia] op die bladsy geplaas het vir ‘Resepte – South African Recipes’ [sien die bladsy bo-aan die blog] en ek het dit goed gedink om dit hier te kom plaas waar Suzane se oorspronklike versoek is. Celia en Suzane was in email kontak met mekaar geplaas en ek het vir Celia gevra om ook haar voorstel hier op die blog te kom plaas, waar dit ook ander lesers [heelwaarskynlik] sal help. Celia sal baie in haar skik wees indien jy dit gebruik en vir ons hier laat weet, sy help altyd graag enige persoon met enige bak/kook-navrae! [Celia het al my persoonlike assistent op die blog geraak! 🙂 ]
Celia
Hier is die moontlike geregte vir die troue vir Suzane:
Sent: 02 January 2013 08:05 PM
Subject: Re: Troue – kos
Hello Celia
Troue is 13 April en meduim budget
Dis n aand troue ons dink aan n buffe ding waar elke persoon hom self kan help en later in die aand as hulle weer honger is dat daar nog kos is dan. Voorgereg weet ons ook nie wat om voor te sit nie nagereg weet ons nie wat om te maak nie ons wil n brood tafel uit sit met koue vleise ons het gedink aan hoender , varkboud , meat balls , gemengde koue vleis soos ham ens en aan silver site weet nie watse vleise nog by te sit nie nog minder hoeveel van watse vleis slaaie gedink aan wortelslaai , mengelslaai , aartappelslaai , pastaslaai , beetslaai.
Suzane
********************************************************************
Suzane,
Jongie, hier is my poging. Ek gee maar verskeie resepte, sodat julle darem ‘n keuse het, veral met die vleis.
Ek hoop dit sal julle darem so ‘n bietjie kan help met riglyne. As jy vashaak, vra net, en ek sal verder probeer help waar ek kan.
Baie groete en sterkte!
Celia
**************************************************************
Voorgereg/Snacks om op tafels te sit:
Beskuitjies met doopsous: Roomkaas (Philladelphia) in blokkies gesny met sweet chilli sous bo-oor gespuit saam met sterk chips (bedoelende dit moenie maklik breek nie)
Volroom sagte roomkaas (cottage cheese) gemeng met wit uie soppoeier na smaak (dis vreklekker!) Klein koeksistertjies doen ook die ding vir ‘n soet happie.
Die kos
Die Catering riglyne rakende vleis is soos volg:
Maalvleisgeregte: 100g per persoon
Maalvleis rou: 70g “
Rou vleis sonder been: 125g “
Rou vleis met been: 250g “
Beestong: 12 – 16 tonge vir 100 mense
KERRIEHOENDER MET VRUGTE (50 – 60 porsies)
7,5 kg hoenderborsies en dye 8 uie, geskil en gekap
10 knoffelhuisies, geskil en gekap sonneblomolie
150 ml matige kerriepoeier 100 ml borrie
10 ml fyn koljander 10 ml fyn kaneel
312,5 ml matige vrugteblatjang 37,5 ml sout
sap van 5 suurlemoene 7,5 ml peper
100 ml fyn appelkooskonfyt 20 ryp piesangs
5 Granny Smith-appels 625 ml sultanas
water
Kook die hoender sag, ontvel, ontbeen en kap in blokkies. Verhit die olie in ‘n swaarboom-kastrol en braai die uie en knoffel daarin tot deurskynend. Meng kerriepoeier, borrie, koljander, kaneel, suurlemoensap, appelkooskonfyt, blatjang, sout en peper. Voeg die mengsel by die hoendervleis, bedek met water, sit die deksel op en prut ongeveer 15 minute lank oor matige hitte. Rasper die appel en druk die piesangs fyn. Voeg dit saam met die sultanas by die vleismengsel in die kastrol en laat prut nog 15 minute lank. Roer gereeld, want dit brand maklik aan na die vrugte bygevoeg is. Sit die gereg voor met geroosterde klapper en gekookte rys.
EEN VAN DIE TWEE GEREGTE – ALBEI IS KERRIE
BASAARBOBOTIE (Ongeveer 50 porsies)
10 uie, geskil en gekap sonneblomolie
5 kg maer maalvleis 125 ml matige kerriepoeier
100 ml borrie 190 ml wit suiker
125 ml wynasyn 625 ml water
625 ml matige vrugteblatjang 190 ml appelkooskonfyt
62,5 ml sout 10 ml peper
3 k sultanas 10 k melk
5 k gerasperde groen appels suurlemoen/lourierblare
3 k gerasperde geelwortels 12 eiers
10 snye volkoringbrood, in melk geweek
Braai gekapte ui in olie tot deurskynend. Voeg maalvleis by en braai tot gaar. Strooi kerriepoeier en borrie oor die vleismeng-sel, meng goed en roerbraai ongeveer drie minute lank. Meng die suiker, asyn, water,blatjang, appelkooskonfyt, sout, peper en water en voeg dit by die vleismengsel. Roer goed deur. Voeg die sultanas, appel en geelwortel en die brood by die vleismengsel, meng goed en laat dit ongeveer 10 minute lank oor matige hitte prut. Haal die vleismengsel van die stoof af en skep in ‘n groot oondbraaipan of afsonderlike foeliebakkies. Maak die vleismengsel liggies glad met die agterkant van ‘n lepel – moenie die vleis vasdruk nie. Klits die eiers en melk liggies saam en giet die helfte van die eiermelk oor die vleis. Bak tot die eier gestol het. Giet die orige eiermelk oor die bobotie, druk blare daarin en bak tot goudbruin.
HOENDERGEREG Vir een oondpan – 12 persone
2 kg gaar gegeurde hoender 2 blikkies hoenderroomsop
4 k gaar rys 1 k mayonnaise
1 pak x 150g gerookte bief chips of spring onion
Maak hoender gaar en geur na smaak, koel af en sny in klein blokkies.
Rol die chips fyn binne in die pak.
Voeg alle bestanddele behalwe helfte van die chips bymekaar. Meng goed.
Skep in gesmeerde oondpan. Strooi orige chips oor. Bedek met foelie.
Bak by 180C vir ongeveer 40 minute.
Gereg kan voorberei en gevries word voordat dit gebak word. Bak wanneer benodig.
GEURIGE VARKBOUD (ongeveer 20 porsies) – werk bietjie duur uit
1 groterige varkboud sout, peper en mosterdpoeier
geskilde knoffelhuisies 2 liter Coca Cola
Vryf die boud met sout, peper en mosterdpoeier in. Steek ‘n paar gaatjies in die boud en druk ‘n knoffelhuisie in elke gaatjie. Sit die boud in ‘n oondpan met ‘n deksel. Giet die koladrank oor die boud, sit die deksel op en bak dit 3 4 uur lank stadig. Haal die deksel af ‘n halfuur voordat die boud uit die oond moet kom en stel die oondtemperatuur hoër. Dien appelmoes en pynappelringe saam met die boud op. (Die oondhitte moet ongeveer 150ºC wees.)
KLEIN FRIKKADELLETJIES – 100 PORSIES
1 kg elke Gemaalde beesvleis en gemaalde varkvleis
5 uie, baie fyn gekap 400g baie fyn gerasperde wortels
2 k vars broodkrummels 20 ml sout
2 t witpeper 2 t neutmuskaat
1t paprika 50 ml kookolie
Sous:
4 uie baie fyn gekap 4 knoffelhuisies, fyngemaak
4 fyngekapte soetrissies 50 ml botter 50ml kookolie
820g ingemaakte tamaties 5 ml tabascosous 500 ml Bulgaarse joghurt
Berei frikkadelle:
Meng beesvleis, varkvleis, uie, wortels en krummels en geur met speserye. Meng goed,bedek en plaas oornag in die koelkas.
Rol 100 klein frikkadelletjies. Smeer oondpanne met die olie en rangskik die frikkadelle daarin. Bak 40 min lank by 160°C.
Sous:
Braai uie, knoffel en soetrisse in die botter en olie totdat die uie deurskynend is. Voeg die tamaties by en kook tot al die vloeistof verdamp het. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Verpulp in voedselverwerker. Proe, geur en meng met die joghurt.
Wenke:
Om uitdroging te voorkom: plaas gebotterde foelie oor die frikkadelletjies.
Al die sousbestanddele behalwe die joghurt, ka nook gemeng en oor die frikkadelletjies geskep word voordat dit gebak word. Gooi dan die vloeistof af wat tydens die baktyd vrygestel word, kook dit op die stoof totdat net die helfte van die vloeistof oor is, lproe en geur goed met sout en varsgemaalde peper. Roer by die joghurt en bedien by die frikkadelletjies as doopsous. Sit warm of koud voor.
As jy dit wil vries, doen dit voor die joghurt bygevoeg word. Ontdooi agterna in die koelkas. Verhit in oond of mikrogolf. Meng die sous wat gevorm word met die joghurt. Voeg fynkapte pietersielie en/of grasuie na smaak by. Skep sous in ‘n mooi bakkie en sit voor saam met die frikkadelletjies.
KOOLSLAAI (50 PORSIES)
6 kp kool skoongemaak, 8kp lemoene, pynappel of appels of 4 ½ kp rosyne of sultanas
Kondensmelkslaaisous
Metode:
Kerf kool fyn, sny die vrugte in stukkies en meng met kool of was droë vrugte en meng met kool Gooi slaaisous oor en meng goed.
MACARONI-SLAAI (50 PORSIES)
6 – 9kp rou macaroni sutukkies 10 eiers hardgekook
1 kp atjar, gekap (opsioneel) (Ek sal dit vervang met rooi, geel en groen soetrissies, gekap – dit sal baie mooi en vrolik lyk!)
2 eetl ui gerasper 4 eetl pietersielie gekap 1-1 ½ liter slaaisous
Metode:
Kook macaroni sag, maar nie pap nie en laat koud word. Meng die res van die bestandele en meng by macaroni in. *Watertand wenners*
Mengelslaai vir 100
10 slaaikoppe, 12 Engelse Komkommers, 1 kas tamaties en 8 pynappels
RYSSLAAI – 50 Persone
6 koppies rou rys – kook tot korrelrig en los 1½ blikke (900g) perskeskywe
5 t kerriepoeier, mediumsterkte ± 2 k medium chutney
1 x 750g bottel mayonnaise 4 uie fyngekap
3 soetrissies, opsioneel
Meng alles saam en plaas in yskas.
NAGEREG
South African Malvapoeding( 100 Servings )
• 20 T.spoons butter • 10 teaspoons white vinegar • 5 cups milk
• 10 cups superfine sugar • 20 eggs • 10 T apricot jam
• 13 1/3 cups cake flour • 10 teaspoons baking soda
• 10 pinches salt
Sauce
• 10 cups heavy cream (Idealmelk werk wonderlik)
• 5 cups butter
• 5 cups white sugar
• 5 cups water or 5 cups orange juice or 5 cups sherry wine
Preheat oven to 180 degrees.
In a small pan over low heat, melt 2 tablespoons butter or margarine together with vinegar and milk.Remove from heat, and set aside.Sift flour, baking soda, and salt together into a separate bowl.Beat 1 cup sugar and eggs with an electric mixer on high speed until fluffy and light colored, about 5 minutes.Gradually mix in the apricot jam.Fold the dry ingredients into the egg mixture alternately with warmed milk mixture using a spatula.Pour batter into a greased, 1 quart oven-proof baking dish.Bake approximately 45 minutes, or until a knife inserted into the center comes out clean.Place cream, butter, 1/2 cup sugar, and water in a saucepan and stir over moderate heat until the butter has melted and sugar is dissolved.Do not allow the mixture to boil. Remove pudding from the oven, pierce several times with a skewer or fork, and pour the hot cream mixture immediately over the pudding.Serve hot or cold.
‘n wenk of idee vir baie mense malva poeding maak en bedien….. Ek het die beslag in muffin panne gaar gemaak, en toe baba malva poedings in n groot bak gesit en toe die sousie storie oor gegooi. Die porsies was perfek en was ‘n wenner! Gaan dit beslis weer doen!
Jan Ellis poeding 90 porsies
Beslag:
1 kg suiker 500 g margerien
20 eiers 500 ml appelkooskonfyt
50 ml koeksoda 50 ml bakpoeier
15k koekmeelblom Sout melk
Sous:
3,75 l kook water 3, 75 l melk
2 kg [10 x 250 ml] suiker 500 g margerien
50 ml vanilla
Kook die bestandele van die sous saam. Giet in bakke.
Room die margerien en suiker. Voeg die eiers geleidelik by en daarna die konfyt. Meng die koeksoda met ‘n bietjie melk en voeg dit by die eiermengsel. Vou die droë bestandele en genoeg melk om ‘n drupbeslag te vorm.
Skep in sous en bak vir 30 minute by ongeveer 180° C.
Kani wag om te bak en brou. Klink sooooo lekker.
Hi Petro
Welkom op my blog en ek is bly jy sien uit na die bak en brou. Kom vertel ons gerus daarvan.
Ek verstaan nou glad nie…. ek het gister geskryf van al die tamatie-konfyt wat ek gekook het….. kom kuier nou hier, maar nou sien ek die laaste ‘post’was op 10 Feb 2013. Wat het geword van 11 Feb ’13 tot vandag se ‘posts’? Of is ekke nou weer net dom?
hi Celia – ek wonder waarom ek nou eers hierdie boodskap hier van jou sien? Ek dink jy is nou deurmekaar met die ander resepte link. 🙂 Jou konfyt-foto’s is ook daar. 🙂 [die link waar jy normaalweg kommentaar en resepte los vir ons.]
Hi hoog aangeschreven mensen , mensen en fans van deze website.
Ik heb te delen met u enkele tips die nuttig voor iedereen kan zijn .
Ik weet zeker dat veel van ons houden om te eten lekker. Een kans , velen van ons de liefde voor te bereiden en willen kijken naar geheel nieuwe recepten .
Belangrijk is in dit geval voldoen aan de norm , en onze algehele gezondheid en voeding niet te negeren .
Hier zijn een aantal lekkere gerechten .
De meeste van deze beproefde recepten zal ik mijn familie te behandelen voor bepaalde tijd. En ik denk dat je ze allemaal willen.
Wanneer u uw eigen kleine geheimen van het bereiden , bent u in staat om ze allemaal af te drukken in dit artikel .
Ik denk dat we samen leren tal van nuttige dingen .
[url=http://top-diet.com/vegan-potato-salad-recipe]Vegan aardappelsalade recept[/url] samen met appels
Alleen voor dit recept hebt u nodig:
– Uien – 15 g
– Appels – 50 g
– Aardappelen – 125 g
– Koken olie – 10 g
– Huishoudelijke azijn 3 % – 15-20 g
– Zout en peper ook .
Duidelijk van een schil aardappelen , stoom. Daarna , snijd ze in plakjes van gemiddelde grootte .
Uiplak in een halve ringen . Apple schil en hak het fijn .
Elk deel van de aardappel moet rechtstreeks in azijn dopen . Daarna toevoegen aan appels en ook uien .
Op de volledige salade kunt u zout en peper , seizoen toe te voegen samen met de olie en meng alles zeer zorgvuldig.
Salade van aardappelen en kokos .
– 6 middelgrote aardappelen
– 425 ml yoghurt
– 1/2 theelepel zout
– 100 gr geraspte kokos
– 1 eetlepel gesmolten boter
– 1 theelepel mosterdzaad
– 1 pod van verse chili peper , fijngesneden
– 2 rijpe grote tomaten , gewassen en snijd elk in 8 stukken
– 1 el . geraspte verse gember (aanbevolen )
– Verschillende takjes peterselie .
verwerking :
Gekookte aardappelen samen met de huid. Daarna wordt het gezuiverd , afgekoeld en snijd ze in blokjes .
Meng yoghurt , zout en geraspte kokos . Verwarmen van de olie in een koekenpan , gooien in de mosterdzaadjes .
Onmiddellijk dek af met een deksel dat zaden niet gesprongen op de kookplaat . Als ze stoppen met knallen , steek de gember en peper.
Meng een paar seconden .
Giet de combo in de schaal met yoghurt . In dezelfde pan voeg de aardappelen. Soepel roer gelijkmatig bedekt aardappelen laagje yoghurt en kruiden .
Serveer gekoeld , gegarneerd met peterselie en gehakte tomaten .
Dit soort salade van gekookte aardappelen , geraspte kokos en ook gekruide yoghurt gaat mooi samen met een soort van gerecht en is bijzonder eenvoudig te bereiden .
Verwerkingsperiode Een half uur.
hi Estelleea! Baie dankie vir jou besoek en ek waardeer jou reseppie baie. Ek glo dat iemand dit sal maak en vir ons kom se hoe lekker dit was!
Hey!
I would like to invite you to check out our site mytaste.co.za Adding your blog to our site will make your recipes available to many more users and help you get more visits to your blog. Our service is free and can you would be able to leave us any time.
If you like the idea of being found on our page, please, add your blog here: myTaste.co.za/add-your-food-blog
I hope to see you there soon!
Kind Regards,
Immanuel Kabuhung
Hi Immanuel!
Thank you for your kind message. I do apologise for not responding immediately. As a teacher, you do have a very busy life – if you study the same time too. 🙂 I had to think about your invitation and decided that I wouldn’t have the time to create an account with you and all the admin stuff. I am happy if you want to add my link to your site, but unfortunately, I won’t have the time to go and register my blog on other websites. Thank you for your visit and the offer once again! Kind Regards, N
Nikita,
Baie dankie vir jou lekker resepte. Ek gaan beslis ‘n paar probeer maak.
Sterkte,
Charles Ochse
Gee my asb raad begin n tuisnywerheid hoe lok ek mense en kinders ?
hi Colet, Ek is jammer, maar ek is geen ekspert op die gebied van tuisnywerheid nie. Ek dink wat sal help as jy na ander tuisnywerhede gaan en gaan kyk wat hulle doen om mense te lok. Ek hoop iemand anders wat hier lees sal vir jou beter raad kan gee.Wat van dinge waarvan kinders hou, bv skuimpies – mooi versier ens. Dan het jy ook die beste baksters nodig wat die heerlikste eetgoed kan bak. groete en sterkte!
Hi ek is opsoek na n resep vir 10kg beetslaai wat ek in emmers kan bere byvoorbaad dankie
Hi Hendrik, Welkom op my blog. Ongelukkig kan ek nie help met daardie resep nie, dalk een van die blog-lesers hier rond? Jammer!