Listen to her song here….
On THIS LINK – also on my blog – you can find more information about Ingrid and watch a short movie about her too.
On THIS LINK you can read more about Ingrid Jonker and listen to a song.
BITTERBESSIE DAGBREEK ~~
Ingrid Jonker
Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
‘n spieël het gebreek
tusen my en hom
Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
Papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
TOE MAAR DIE DONKER MAN
(ook gesing deur Laurika Rauch!)
Ingrid Jonker
Op die groen voetpad
van die horison ver
om die aarde skat,
stap ‘n ou man
wat’n oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
en ‘n rug gebuk aan sy jare.
Wat maak hy, mammie?
~~
Hy roep die kriekies
Hy roep die swart
stilte wat sing
soos die biesies,
my hart
en die sterre wat klop
tok-tok liefling,
soos die klein toktokkies
in hul fyn-ver kring.
Wat is sy naam, mammie?
~~
Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet
uit die land van Vaak
Sy naam is toe maar
hy heet, my lam
Toe maar, die donker man
Muskietejag moes ek op laerskool leer! Dis was regtig ‘n gedig wat ek baie geniet het! Hy het soveel drama wat jy kan insit met die voordra van hierdie gedig!
Muskietejag : A D Keet
Jou vabond, wag,
ek sal jou kry,
Van jou sal net ‘n bloedkol bly
Hier op my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.
Mag ek my voorstel,
eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry –
My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie so kieskeurig nie,
Jy moet tog ééndag sterwe.
Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria –
Nog een minuut vir grasie.
Al soebat jy nou nòg so lang,
Al sê jy ook: ek is nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie…
Hoe sedig sit hy, O, die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
Nóu gaan die vabond sterwe…Pardoef!
Dis mis! Daar gaan hy weer!
Maar dòòd sal hy, sowaar, ek sweer –
My naam is van der Merwe!
Madeliefies in Namakwaland
Waarom luister ons nog
na die antwoorde van die madeliefies
op die wind op die son
wat het geword van die kokkewietjies
Agter die geslote voorkop
waar miskien nog ’n takkie tuimel
van ’n verdrinkte lente
Agter my gesneuwelde woord
Agter ons verdeelde huis
Agter die hart gesluit teen homself
Agter draadheinings, kampe, lokasies
Agter die stilte waar onbekende tale
val soos klokke by ’n begrafenis
Agter ons verskeurde land
sit die groen hotnotsgot van die veld
en ons hoor nog verdwaasd
klein blou Namakwaland-madeliefie
iets antwoord, iets glo, iets weet.
Ingrid Jonker
© Ingrid Jonker Trust
From: Rook en Oker
Publisher: Afrikaanse Pers, Johannesburg, 1963
The above poem in English translated:
Daisies in Namaqualand
Why do we still listen
to the answers given by the daisies
to the wind to the sun
what has become of the little kokkewiets
Behind the closed forehead
where perhaps a twig still tumbles
from a drowned springtime
Behind my word killed in action
Behind our divided home
Behind the heart locked against itself
Behind wire fences, camps, locations
Behind the silence where foreign languages
fall like bells at a funeral
Behind our land torn apart
sits the green mantis of the veld
and dazed we still hear
small blue Namaqualand daisy
answering something, believing something, knowing something
© Translation: 2007, Antjie Krog & André Brink
From: Black Butterflies
Publisher: Human & Rousseau, Cape Town, 2007
ISBN: 9780798148924