Feeds:
Posts
Comments

Archive for the ‘reading habits’ Category

Watter leser is jy? Die ingedagte-leser – jy lees, maar jou gedagtes is ver weg.

Jy lees en jy is verdiep in wat jy lees. Niks en niemand om jou kan jou pla nie.

Jy het ‘n opdrag en jy moet die boek lees. Jy sou iets anders wou lees, maar daar’s nie nou tyd nie.

Jy lees hier-en-daar in die koerant – slegs dit wat regtig jou aandag vasvang en jou aandag behou. Al die ander artikels is ‘ou nuus’.

Jy lees en deel dit wat jy lees graag met ander.

Jy lees en jy absoluut geniet wat jy lees. Jy kan nie wag om die opvolg van die boek te lees nie. Dis spanningsvol, dramaties en jy voel een met die karakter.

Jy is in jou gunsteling plek! Jy wil net meer en meer lees. Jy voel dat tyd stil gaan staan het. Jy hoop nie iemand kry jou hier nie.

Jy is ontspanne, jy geniet dit om te lees, maar jy geniet nie elke bladsy van die boek nie. Hier en daar slaan jy ‘n bladsy oor, want jy wil graag ‘n meer interessante boek lees.

Jy geniet die boek terdeȅ, maar jy is oppad na ‘n afspraak. Jy wil nie graag gaan nie en sou hierdie boek eerder wou klaar lees!

Jy het nou ‘n tydjie vir daardie spesiale koppie tee – en jou gunsteling skrywer se nuutste boek! Jy probeer jou tee-breuk rek – so lank jy kan met verskonings dat die tee baie warm vandag is, net so lank jy nog een bladsy van die boek kan lees!

Daar was ‘n tyd toe daar gedink is dat vroue nie veronderstel is om ‘meer’ te weet nie. Gelukkig is daardie tyd verby en leef ons in ‘n moderne tyd! Al die kunswerke hierbo is deur die kunstenares: Sylvie Vanlerberghe. Sy het heelwat kunswerke van mense wat lees – nie slegs vroue nie – mans en kinders ook.

Read Full Post »