Feeds:
Posts
Comments

Archive for the ‘primary schools’ Category

This is the school which my grandpa founded. The original school is actually about 2 km down on the road. It was really my first time visiting the school though I always wanted to! On the 2nd picture is the original 2 classes before they extended the school. My granddad was Head at this school. There are about 5 or more new classes – you can’t see them on the picture, but they are at the back. It’s a pity we visited it on a Saturday, because I would have liked to see the inside of the building and I have been told that there are pictures of my Grandpa in the school’s office and foyer. I will have to go back one day to see those pictures!  My grandpa left Holland as a young teacher to teach in South Africa. He started teaching in his own home first! I have a fabulous picture of the children he was teaching on a veranda at his house. My mum used to tell us that he was a very caring person and if he could, he would have built schools for the whole nation. His one son, my uncle, became the Education and Culture Minister in the 1960s till the late 1970s. You can google him: JJP Op’t Hof. He lived in Cape Town all his life. My grandma on my dad’s side was also a teacher.
The word: bosfontein — if you break it up, it’s bos..in English=bush/schrub and fontein=fountain



This is an Afrikaans news-article found on the Internet about the school – a very positive article.

‘n Berig raakgelees op die Internet oor die skool: [Link na die einde van die berig]

Goudstad hét warm hart, toon Bosfontein Ná brief sorg Johannesburgers vir feesjaar.
Jacobus Mokoena wys sy sertifikaat en geskenk wat hy by die akademiese afsluiting van die Laerskool Bosfontein naby Lydenburg ontvang het. Personeel van die skool: mev. Sylvia Mokoena, onderwyser; mnr. Obed Modisha, onderwyser wat einde vanjaar uitgetree het; me. Christa Muller, waarnemende skoolhoof; me. Hanlie Bette, onderwyser; en mev. Anna en mnr. Johannes Mokoena, faktotum en administratiewe werkers.
‘n Besondere band het vanjaar ontstaan tussen ‘n klein plaasskool tussen die groen Hoëveldse heuwels naby Lydenburg in Mpumalanga en ‘n gemeenskap in Johannesburg. Deon Sonnekus berig.

`Ek is ‘n junior primêre on derwyser, ek hou vir 30 agtergeblewenes skool. Terug hok toe is vir my soos ‘n berg.

“Ek wil graag onderrig van gehalte bied, maar hoe gemaak as die ouer so arm is dat skoolgeld van R15 per maand te veel gevra is?

“Ek het die afgelope twee jaar my eie benodigdhede net die nodigste gekoop. Nou is die strop te styf met al die pryse wat styg. Is daar nie iemand of ‘n instansie wat begrip sal hê vir die behoefte van ‘n arm kind wat nie gevra het om hier te wees nie?

“Ek sal graag die nodige inligting gee aan iemand wat begrip het vir my situasie.

“Help tog, asseblief.”

Dít was die pleidooi van me. Hanlie Bette, onderwyser aan die Laerskool Bosfontein, in Beeld se briewekolom vroeg vanjaar. Sy en me. Christa Muller, waarnemende skoolhoof, het vanjaar saam met mnr. Obed Modisha en mev. Sylvia Mokoena vir die 89 kinders in die skool, die meeste uit plaaswerkergesinne, skoolgehou.

Die brief het die aandag getrek van die ouers van leerders in die Leicester Road School in Kensington, Johannesburg. Die pleidooi is ook onder die aandag van die Johannesburg-Noord/Andrew Murray-gemeente van die NG Kerk gebring. Dit het gelei tot ‘n insameling van onder meer gebruikte skooltasse, penneblikkies, inkleurpotlode en ander skryfgoed en skoolklere.

Kort daarna is mnr. Ivan en mev. Michelle Basson, ouers van kinders in Leicester Road School, met ‘n kombi vol skooltasse, klere en ander benodigdhede na Mpumalanga om die Laerskool Bosfontein te help toerus vir ‘n skooljaar waarin hy met ‘n kwart van die vorige jaar se begroting van die provinsiale onderwysdepartement moes klaarkom.

“Bring vir ons jul weggooigoed,” was die versoek. “Die ou penne as jy vir jou kind nuwes koop, die ou tas, kryte, penneblik dit wat in die stad weggooigoed is, is seldsame hulpbronne by ‘n skool soos Bosfontein en honderde ander soortgelyke skole in die land waar dit selfs moeiliker gaan.

“Ons wou juis nie geld vra nie ons almal weet hoe ons sukkel met al die eise van buitemuurse bedrywighede die meeste van hierdie buurt se mense kom net-net deur,” sê Muller.

Die ouers het saamgespeel en een kleinerige skool in ‘n laer- tot middelklaswoonbuurt en een kerk het genoeg bymekaargemaak om die Bosfonteiners elk met hul eie penneblik met kryte, penne en potlode toe te rus.

Ná die tweede bymekaarmaaksessie het elke Bosfonteiner ‘n paar skoene gehad en nie net een nie, maar ‘n hele paar truie. Die winterinsameling het minstens 500 truie en 200 langbroeke opgelewer. Outjies wat winter en somer kaalvoet moes skool toe die bytende Hoëveldse koue ten spyt loop nou soontoe met ‘n nuwe wip in hul stap. Die bywoningsyfer het sommer ook die hoogte ingeskiet.

Maar dit was nie bloot net ‘n uitdelery nie. Die kinders moes ‘n skooltas byvoorbeeld “verdien” deur sekere take te verrig, onder meer in die skool se groentetuin. Kort voor lank het elkeen in die skool ‘n behoorlike sak vir sy of haar boeke gehad. Voorheen het hulle inkopiesakkies van plastiek gebruik.

Baie van die ouers kan nie die skoolgeld, wat R15 per maand beloop, bekostig nie. Een van die maniere waarop skenkers gehelp het, was deur bloot een kind se skoolgeld vir die jaar te betaal. Ouers wat in Johannesburg R450 skoolgeld per maand betaal, het besef hoe relatief min dit kos om ‘n Bosfontein-kind vir ‘n jaar op die skoolbanke te hou.

Muller sê in 2000 het sy nog ‘n begroting van net meer as R11 000 gehad. Vir verlede jaar het dit gekrimp tot net meer as R3 000.

Water en elektrisiteit vir die skool kos reeds sowat R800 per maand, en die telefoonrekening is hier by die R300. Daarby moet fotostaatpapier en ander uitgawes nog betaal word.

“Ons is geseën met skenkings wat ons ontvang het,” sê Muller op die vraag hoe die tekort verhaal word. Die ander oplossing was om hulp te vra, soos in die brief.

Maar hulp en betrokkenheid by Bosfontein het nie net by die insameling van skoolboeke, tasse en hulpmiddels gebly nie. Op die jaar se afskeidsgeselligheid het die kinders gekyk na ‘n video van een van hul hoogtepunte van die jaar ‘n besoek in Augustus aan Johannesburg, en spesifiek die Leicester Road School. Hulle is ook dieretuin toe en het ‘n gratis rolprentvertoning in ‘n Ster-Kinekor-teater bygewoon. Die SAUK was by om die geleentheid vir ‘n nuusinsetsel te verfilm vandaar die video wat vir die skool saamgestel is.

“Die Johannesburg-besoek het ‘n geweldige invloed op die kinders gehad. Dit het hul oë oopgemaak vir die wêreld daarbuite. Nou weet hulle waarna ‘n mens verwys, of wat hulle in boeke sien of daarin lees,” sê Muller.

“Dit help ook om hulle te laat besef hoekom hulle skoolgaan en ‘n opvoeding kry. Nie baie van hulle gaan soos hul ouers op die plase bly werk nie.”

Volgens Modisha, wat einde vanjaar ná ‘n onderwysloopbaan van 28 jaar afgetree het, maak dit hul onderwystaak ook makliker omdat die kinders se verwysingsraamwerk skielik soveel groter is.

Dit was Modisha wat by die afsluiting van die jaar aan elke kind ‘n sertifikaat oorhandig het. In elkeen is gesoek na ‘n karaktereienskap wat uitstaan. Só het party leerders vir vrygewigheid ‘n sertifikaat gekry, ander vir toegewydheid, verantwoordelikheid, vasberadenheid of oplettendheid, en sommige bloot omdat hulle “altyd beskikbaar” was.

Die akademiese uitblinkers is ook vereer met wisseltrofeë, en verskeie het pryse vir gereelde skoolbywoning gekry. Daarna is geskenke uitgedeel wat gebring is van die gemeenskap in Johannesburg wat dié skool aangeneem het, en die partytjie het begin.

Met die terugry stad toe tussen die groen bulte en heuwels deur het die kinders ná hul laaste skooldag huis toe getou met hul geskenke en pryse in die hand, en plek-plek het ‘n string seepborrels die lug ingesweef deel van ‘n geskenkpakkie wat wys daar ís mense wat omgee en wil help

Die Leicester Road-ouers was verwonderd oor hoeveel verskil hul klein poging gemaak het. “In die stad het ons nie ‘n idee van hoe arm die kinders regtig is nie,” sê Basson. “Ons dink armoede is ‘n ou tas en stukkende skoene . . . ons besef nie daar is gemeenskappe waar dít nie eens beskikbaar is nie. Maar nóg belangriker was die idee vir hierdie arm kinders dat iemand genoeg omgee om te wil help: hul horisonne is wyd, wyd gemaak.”

http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2001/12/22/8/1.html

Read Full Post »