
Net sommer iets interessants vir die dag!
Die begenoemde foto kom uit die antieke Suid-Afrikaanse resepteboek: ‘Oranje Koek- en Recepten-boek voor Zuid-Afrika‘ deur Mevr. D. J. H. gepubliseer in 1909.
Ek het die resepteboek van my oorlede ma ge-erf en vandag nogal aandagtig deur dit geblaai en by die advertensie-bladsy in detail alles gelees. Van jongs af moes ek altyd alles lees en het ek gevoel ek ‘mis’ iets as ek dit nie doen nie. Selfs op die toilet het ek die kannetjies lugverfrisser geneem en alles lees. In koerante het ek selfs die kleinste of kortste advertensies gelees – net omdat ek gedink ek het dat ek dalk iets interessants sal mis! Dit kan nogal ‘n pyn wees, maar ek het net gevoel ek ‘moet’. Gelukkig is ek nie meer so nie alhoewel ek nog steeds geinteresseerd is in die lees van taamlike detail van artikels of net enige iets wat my aandag trek.
In elk geval, net daar spandeer ek ‘n groot gedeelte van die dag op Google en doen ek ‘n behoorlike ‘search’ op hierdie straatname: Oude Doelenstraat h. O.Z. Voorburgwal – net om ook uit te vind dat dit eintlik is: Op die hoek van Oude Doelenstraat & Oudezijds Voorburgwal. Dit het heelwat interessante foto’s opgelewer.
Die winkel is nou, lyk my, deel van ‘n museum (want dis op die webwerf van: ‘Onderdiekeizerskroon’ – wat heel moontlik sal meen dat dit nie gesloop of veranderings aan die struktuur gedoen sal mag word nie – en op hierdie link kan jy die volgende beskrywing vind:
https://www.onderdekeizerskroon.nl/database/grachtenboek_objecten.php?id=11061
Opvallend winkelpand (‘Heeren en Kinderkleedingstukken Gemaakt Op Maat’) op de hoek van de OZ Voorburgwal en de Oude Doelenstraat. Het was een uiterst modern en functionalistisch winkelpand met grote glasvensters, mogelijk gemaakt door een ijzerconstructie van liggers en zuilen. Inwendig waren er grote ongedeelde ruimtes. Een stoommachine zorgde voor verwarming en elektrische verlichting. Aanvankelijk had het pand drie bouwlagen en werd bekroond door een grote gevelreclame, maar het kreeg in ca. 1920 een extra verdieping en een torentje. In 1983 ging deze uitbreiding verloren door een brand; het torentje was toen al verdwenen.





