Feeds:
Posts
Comments

Archive for the ‘NP van Wyk-Louw’ Category

Die Beiteltjie
Ek kry ’n klein klein beiteltjie,
ek tik hom en hy klink;
toe slyp ek en ek slyp hom
totdat hy klink en blink.
Ek sit ’n klippie op ’n rots:
– mens moet jou vergewis:
’n beitel moet kan klip breek
as hy ’n beitel is –
ek slaat hom met my beiteltjie
en dié was sterk genoeg:
daar spring die klippie stukkend
so skoon soos langs ’n voeg:
toe, onder my tien vingers bars
die grys rots middeldeur
en langs my voete voel ek
die sagte aarde skeur,
die donker naat loop deur my land
en kloof hom wortel toe –
só moet ’n beitel slaan
wat beitel is, of hoé?
Dan, met twee goue afgronde
val die planeet aan twee
en oor die kranse, kokend,
verdwyn die vlak groen see
…from the day I see the night
far beyond opening up
within a crack that from my chisel
runs through to the stars
en op die dag sien ek die nag
daar anderkant gaan oop
met ’n bars wat van my beitel af
dwarsdeur die sterre loop
Klik die link vir NP van Wyk Louw huldeblyk-dokument.

Van Wyk Louw – one of the most distinguised Afrikaans poets– I agree with Breyten Breytenbach. ‘The chisel, a metaphor for the poetic word – splits a stone, then the rock under the stone, then the earth beneath the rock, then the poet’s country, then the planet, until… 

…from the day I see the night
far beyond opening up
within a crack that from my chisel
runs through to the stars [Breytenbach]

Lees HIER ‘n breedvoerige verduidelik oor Die Beiteltjie op Oulitnet.

‘n Pragtige gedig – In die dokument verskyn heelwat feite en inligting oor van Wyk Louw. Ek het ook Cecile Cilliers se artikel raakgelees op die internet en kan met haar  en van Wyk Louw saamstem met: ‘n Donker naat loop deur my land. 

b85f486352d8411f8c8d6afb2762989f

Verward deur die donker naat van ons geweld

2013-02-18 22:52

Cecile Cilliers

Die donker naat loop deur my land / en kloof hom wortel toe – Dít is die eerste twee versreëls van die vierde strofe van N.P. van Wyk Louw se “Die Beiteltjie”, waarskynlik een van die bekendste gedigte in die Afrikaanse letterkunde. Dit word vertel, of miskien het hy dit self in Rondom eie werk vertel, dat die gedig volledig een Kaapse oggend na hom gekom het. Hy was te voet op pad universiteit toe, toe die woorde plotseling in sy kop verskyn. Agter sy lessenaar het hy dit heel en in sy geheel neergeskryf.

Die eenvoud van die gedig ten spyt, laat hy hom nie maklik verklaar nie. Die beiteltjie dui glo op die woord en die mag van taal – meer as wat dit vir die swaard moontlik is, kan dit wêrelde verander. Maar die gevare wat taal inhou, bly nie uit nie.

Daardie versreël, die eerste reël van die rubriek, bly die hele week in my kop dreun: die donker naat loop deur my land…

Ek raak stram om te lag, staan verward, verneder en gedeprimeer deur die donker naat van geweld wat deur my land loop, en wat besig is om gesinne, families, gemeenskappe, uit mekaar te ruk. Is dít wat van ons geword het?

Amalie bel uit Amerika: Mamma, wat gaan aan? Op elke voorblad, The New York Times, The Philadelphia Inquirer, USA TODAY, word die gewelddadigheid van Suid-Afrika uitgebasuin.

In 1994 nog die liefling van die wêreld, 20 jaar later opnuut die muishond. Natuurlik is daar ’n yslike hap leedvermaak. Net soos ons leedvermakerig vertel het van die bloeddorstige skietery in die VSA, van die verskrikking van die busverkragting in Indië.

Maar met of sonder die veroordelende woorde van die buitelandse verslaggewers – tot van Fidji het hulle glo gekom – het dit tyd geword dat ons lank en eerlik en ondersoekend na onsself en na ons gemeenskappe kyk. Sonder die gewone skindernuus. Want elkeen het ’n eiertjie te lê, ’n stuiwer in die armbeurs te gooi, of dit nou die dood  an Anene of van Reeva is, ons práát daaroor. Ons praat ja, blý praat, maar wat dóén ons?

Hoeveel sulke berigte, hoeveel sulke stories kan ’n volk se psige verduur voordat dit gewoon aan die werklikheid onttrek? Of erger nog, mettertyd alles gewoond word, hoe grusaam ook al? Is ons dan nie bereid om verantwoordelikheid vir ons land te aanvaar nie?

Tydens die apartheidsjare is daar groepe gevorm – Vroue vir Vrede, Kontak, Black Sash, Vroue vir Geregtigheid – wat daadwerklik vir ’n nuwe, beter Suid-Afrika gewerk het. Moet dit nie maar weer gebeur nie? Kán dit weer gebeur?

Soms vrees ek geweld het in ons bloed kom sit, eie geword aan ons mense en ons land. En dit kloof hom wortel toe.

In die wit nag bid ek saam met Dawid: Laat my weer blydskap en vreugde belewe…

beeld.com/Rubrieke/CecileCilliers/Verward-deur-die-donker-naat-van-ons-geweld-20130218

Hier is ‘n Engelse vertaling deur Uys Krige en Jack
Cope van “Die Beiteltjie.”

         THE LITTLE CHISEL

Here in my hands a small cold-chisel,
I tap it and it rings;
and I hone it and I stone it
until its bright edge sings.

I prop a pebble on a rock;
 –  you’ve got to get this clear:
a chisel that’s a real cold-chisel
can crack a boulder sheer –

I slam it with my chisel edge,
its toughness is a gift:
straight the pebble flies apart
as clean as on a rift:

next, under my ten fingers split,
the granite rock divides,
below my feet I start to feel
the softened earth subside,

and dark the seam runs through my land
and cleaves it to the core –
so a chisel cuts that truly is
a chisel, or what’s it for?

Then with two gold-red chasms
the planet falls in two
and down the rockfalls boiling,
drains the ocean flat and blue

and in the day I see the night
below me open far
with a crack that from my chisel blow
runs to the furthest star

Read Full Post »

Image:Brittanica.com

English readers…I’ve translated the first Afrikaans poem for you…then you can slide down to read more in English…

 In die Hoëveld

1. In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,
Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
Waar ’n mens nog vry kan asemhaal en aan ’n God kan glo,
Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.
En as ek in die gange van die myn hier sit en droom
Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,
Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,
Sawens as ek bees of skaap toe ry.

On the High-veld

1. In the High-veld where it’s open and heaven’s wide up there
Where herds of tall grass frisk about the veld
Where you can breath freely and believe in God
Stands my little house which I’ve left for money
And If I sit here in the tunnels of the mine, dreaming
About the High-veld wind, wide and free
Then I hear the sound of my tracks, saddle and bridle
At dusk when riding to the livestock.

image:mooikrans.co.za

2.Op die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,
(Die ylblou bring ’n knop dan in jou keel)
Staan my huisie nog en wag vir my, wag al ’n jaar of tien,
Waar die bokkies op die leigrafstene speel.
Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
Ek soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek kleiosse gemaak het as ’n kind.
Toon van den Heever (1894-1956)

2.On the High-veld, where it’s spacious, where you can see far off
(The wispy blue brings a lump to your throat)
Stands my little house, waiting for me about a year or ten
Where the little deer play on the slate tombstones
But if the tuberculosis gets worse and I hear the last wheeze
I then wander to the High-veld wind
And in the moonlight I seek all the most beautiful places
Where I made clay oxen as a child.
—©Nikita —

Image: kaapland.voortrekkers.org.za/kommandos/stellenbosch

Highveld Sky…image: Eb-art.com Artist: Estelle Botha

Al die gedigte wat nou volg, is NP van Wyk-Louw gedigte!

My venster is ’n blanke vlak

My venster is ’n blanke vlak
in skaduwee en skemering,
waar ek my nagte waak en wag
op magiese deursuiwering:

dat hierdie siel deursigtig word
in vreemde voorgevoelde lig,
tot kring bo kring opglans en straal
in eindelose vergesig;

dat wat ek nog verlore waan,
o my verlore dae in my,
in hierdie stille skemering
hul vorming en gestalte kry,

tot ek my eensaamheid besit,
volmaak, as kosbare gewin,
van duister wense en van smart
die uiterste deurstraalde sin.
N P van Wyk-Louw

VROEGHERFS

Die jaar word ryp in goue akker blare
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot self die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan
dat die takke van die lang popliere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
Of enkel jeug en vér was van die pyn;
Laat ryp word Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

Osterley Park

Nagreën

Die reën skuifel deur die straat,
verby my venster, mensverlaat …
Soos ’n trossie narsings wat verkwyn,
flikker die druppels teen my vensterruit
waar die geel straatlig daardeur skyn;
en voel die wind
met bleek vingers, soos ’n kind,
aan die swaar gordyn, wat plooi
in die lamplig, teer en droef papawerrooi.

Image: wvs.topleftpixel.com

Grense

My naakte siel wil sonder skrome
in alle eenvoud tot jou gaan,
soos uit diepe slaap ons drome,
soos teen skemerlug die bome
opreik na die bloue maan;

gaan met al sy donker wense,
en die heilige, nooit-gehoorde
dinge sê, waarvoor die mense
huiwer, en wat om die grense
flikker van my duister woorde.

Image: astroden.com/images.htm

Voël

’n Voël vlieg voor my venster verby,
’n naalddun lyn wat daaroor gly
en die glas in twee vlakke sny;

die wêrelde val apart en bly
elk in sy enkelheid geskei –
ek hierbinne, en daarbuite hy.

Die liefde in my

Dis altyd jy, net altyd jy,
die een gedagte bly my by
soos skadu’s onder bome bly,
net altyd jy, net altyd jy.

Langs baie weë gaan my smart,
blind is my oë en verward,
is alle dinge in my hart.

Maar dit sal een en enkeld bly,
en aards en diep sy laafnis kry,
al staan dit winter, kaal in my,
die liefde in my, die liefde in my.


Nog eenmaal

Nog eenmaal wil ek in die skemeraand
weer op ons dorp en by ons dorpsdam staan,
weer met my rek op in die donker skiet,
en luister, en al word ek seer en dof,
hoe die klein klippie ver weg in die riet
uit donker in die donker water plof.
Uit Nuwe verse (1954)

Image:http://www.naboom2germany.co.za/Naboomspruit.htm

Voorspel 1950

Miskien sal ek die wingerd prys
en nooit meer van hom drink
en net in ’n verbeelde glas
die koel gedagte skink:

dié wat in jare donkerte
sy wynsteen kon laat sak
en niks wat somers is meer het
nie pit nie dop of rank:

miskien nog van Gods weë weet:
– Sy paaie en Sy pyn:
maar ingewikkeld alles ken
en mens wil wees én rein.
Uit Tristia (1962)

Afskeid

Jy’t weggegaan en jy bewoon
‘n silwer herberg in die sneeu
jou venster kyk nog elke nag
met drie blink oë na die plein
die plein is boom en wind en boom
en wind en wind
en wintermiddag voer daar iemand
die meeue krummels teen die wind

Uit: Tristia (1962)

English readers:This is my 1000th entry and I want to celebrate it with some beautiful poetry…in Afrikaans…but, there’s some links for you to follow…English/French and other languages…poems to enjoy. There’s a brilliant bird-site for you to enjoy…South African birds…do take a look, it’s worth visiting this site! The poems in this entry are mainly from two wonderful South African well-known poets…and poems I really love. The first poem is about the Highveld and I was 11 years of age and had to know about 4-6 poems every week… to recite on a weekly basis and some were really long…as a child you don’t always understand why you have to learn certain things in life, but now I do appreciate my Afrikaans Language teacher from Primary after all these years, of course we had to learn English poems too…but let’s leave that for later, Afrikaans is a much more beautiful language, especially when it comes to poetry!

On this link here you can read more fantastic poems in different languages…the link will open in a new window.

To see more fantastic bird pictures….please click here and the link will open in a new window. There is an English page as well as an Afrikaans page…the link will open in the English page. If you want the Afrikaans page, you will have to click on “front page”.

This was my 1000th entry…!

AddThis Social Bookmark Button

Read Full Post »