Feeds:
Posts
Comments

Archive for the ‘N P van Wyk Louw’ Category

winter (1)
Picture: ecopreneurist.com

“I wonder if the snow loves the trees and fields, that it kisses them so gently? And then it covers them up snug, you know, with a white quilt; and perhaps it says “Go to sleep, darlings, till the summer comes again.”
― Lewis Carroll, Alice’s Adventures in Wonderland & Through the Looking-Glass

This entry is basically meant to be in Afrikaans – only.
What you see in this picture, is what almost hit me in my face about two weeks ago. I was travelling on a road and when driving round a bend, this popped up in my face. Barrels of numbness washed over me, as I watched in awe and admiration, wishing I could sit on a bench and just enjoy the scene for hours without end. Everything was just so… white! I then realised that Winter is also ‘special’.

Winter

Nou lê die aarde nagtelang en week
in die donker stil genade van die reën,
en skemer huise en takke daeliks bleek
deur die wit mistigheid en suising heen.
Dis alles ryk en rustig van die swaar
geheime wasdom wat sy paaie vind
deur warm aarde na elke skeut en blaar,
en ver en naby alles duister bind
in vog en vrugbaarheid en groot verlange;
tot ons ’n helder middag skielik sien
die gras blink, en die jong graan teen die hange,
en weet dat alle rus die lewe dien:
hoe kon ek dink dat somer ryker is
as hierdie groei se stil geheimenis?
-N P van Wyk Louw

Winter is koud. Winter is naar en ongenaakbaar, maar dan is daar ook ‘n misterieuse ‘stilte’ rondom Winter. Winter laat my soms dink aan ‘n gesprek wat jy met jouself het. Winter laat my dink, beplan – of soms herbeplan. Ek dink Winter probeer iets doen, maar is nie seker hoe om dit te doen nie, daarom verkies hy om in ‘stilte’  dinge te doen. Hy bekruip jou en ‘pynig’ jou met sy koue. Winter is soos ‘n ‘boelie’ wat mooi is, so mooi dat jy hom vergewe dat hy jou ‘boelie’. Geniet die Winter – as jy in ‘n land is waar dit nou Winter is! Geniet die sonskyn waar jy nou Somer het! Geniet die liedjie van Johan van der Watt: Straatfluitjie wat so bietjie ‘warmte’ gee met sy pragtige stem.

Read Full Post »


wind

Die wind in die baai het gaan lê

Die wind in die baai het gaan lê en rondom
het dit oor Houtbaai, oor Kampsbaai
en by Seepunt wit koppe bly waai.
Maar, in die baai het die wind gaan lê:
alles wil toegesluit lyk – byna veilig -;
en ‘n seun het in ‘n blikskuitjie uit,
sakdoek vir seil
– sonder fletter -, plankies vir roeiers,
dit uit-gewaag
– want die wind oor die baai het gaan lê.
En ons bid na die berg, die wind, die planeet toe
om alles wat wind-berg-planeet se aard is
af te lê, en ‘n oomblik (‘n oomblik!)
net te broei, broei oor die vrees vir die vrees
en die ongewete roei van die seun
in hierdie kort stilte binne die baai.

NP van Wyk-Louw

wind from the sea

Wind from the sea – by Andrew Wyeth – an American Artist

I’m in a mood for art and poetry. I have two Afrikaans poems and art from an American artist. “Wind” is my topic in the above poem and art. Next I have the opening lines from a poem by William Blake, one of my favourite poets.

To see a world in a grain of sand
And a heaven in a wild flower,
Hold infinity in the palm of your hand
And eternity in an hour. –William Blake: Auguries of Innocence

Rosa Rosarum

Kom na my tuin waar die donkerrooi rose
Duist’re geheime vertrou aan die nag;
Sonnestraal-kusse en suidewind-kose.
Drome en liefde die lang somerdag.

Kom in die soel someraande en luister
-Wanneer die nagwind hul drome verklaar-
Na die veelvuldige blommegefluister,
Bloesem en bloeisel en blad altegaar!

Kom waar die lelie – die blanke, die reine –
Skugter haar bloesem ontbloot aan die maan,
Blou miosotis – die slanke, die kleine –
Met haar vergeet-my-nie-ogies betraan.

Kom as die maanblom – wit sy en satyne –
As ‘n vorstinne verskyn in haar prag
Onder die wierook van roos en jasmyne –
Skoonste juweel op die bors van die nag!

Daar in die vywer, bestraal deur Arjana,
Open die lotus haar heilige kelk,
Dan eers bereik sy die hoogste – Nirvana –
As sy in glorie van songloed verwelk.

Bok-bokmakieries sing bly twee gesange
Wanneer die oggend ontwaak in my tuin;
Saans koer die tortel sy lied van verlange
Bo-uit die troost’lose treurwilg se kruin.

Kom in die aand en geniet van haar geure;
Foelie, jasmyn, angelier, minjonet;
Kom in die môre en kies van haar kleure:
Rooi, wit en goud, groen en blou, violet!

Kom as die skitter van dou-diamante,
Rosa Rosarum, in my Paradys,
Dat ek my blomme, my bome, my plante,
Roos van my hart, hulle weerga kan wys!
–A.G. Visser (ca. 1878 – 1929)

bokmakierie: groengele vogel met opmerkelijke kreet
minjonet: welriekende tuinplant, reseda

This song’s title is…Kentucky Blues by Lauren Copley – a South African artist

prinshof 001

Cd-cover of one of the 2 cd’s
The songs to follow are all by the choir of Prinshof School – School for the blind and visually impaired students in Pretoria. The first two are Afrikaans songs and the last is where a girl– at the time of the recording of the music she was about 12– played her penny whistle. She was very musical/talented and played 12 instruments! Do treat yourself to her. The first two songs, of the next 3, are ‘wind’ related songs.

 

Read Full Post »