







Enlgish readers: Please read below.
Ons het onlangs hierdie tegniek, om jou eie velt te maak, by die skool geleer omdat ons die kinders moes kry om hul eie velt te maak! Dit was heel prettig en ek het besluit om bietjie in te spring en nog meer daarvan by die huis te maak. Die eerste foto, met die onderwater toneel, is my eerste poging tuis. Die tweede een is die een wat ek gemaak het as ‘n toets by die skool met die aanwysings soos in die video – hier in die inskrywing. Dit is veronderstel om deel van ‘n woud te wees en die rooi gedeelte verteenwoordig die rooi kleur in Rooikappie se verhaal – die verhaal wat ons tans in die klas ‘bestudeer’ waar die kinders die storie skryf vanuit die wolf se perspektief.
Die skaakbordjie was sommer gemaak, met afvalstukkies, vir die genot daarvan. Die stappe in die video is baie volledig. Ek het nie al die stappe tuis of in my klas gevolg het nie en nog steeds suskes gehad! Soms voel ek dat enige iets wat onnodig langdradig is of nie regtig so belangrik is nie, uitgeskakel kan word as ek steeds dieselfde resultate kan behaal en daarmee kan die tyd kort geknip word! Miskien het ek nie genoeg geduld vir dinge wat onnodig lank neem nie.
Ek het ook my masseer-apparaatjie, wat eintlik vir ‘n klas-uitstalling oor die virus gekoop was, gebruik en dit het die tyd om die wol te ‘vryf’ met ‘n hele helfte verminder! Dis die blou dingetjie wat jy in die foto sien. Boere maak mos planne! Op die 5de foto kan jy sien hoe ek die velt getoets het – met jou vingers ‘knyp’ jy die velt om seker te maak dat die wol goed ‘vassit’ of ‘gemeng’ het met die ander wol en maak jy seker dat daar nie ‘los’ draadjies is nie.
Recently, we learnt this skill of wet felt painting in order to teach our children in the class how to do it. It was great fun and it inspired me to try more at home too. The underwater sea scene is my first I tried. The second image: a test at school, which is meant to be a forest – on the left – and the red colour represents Red Riding Hood’s cloak – we linked it to our current topic in writing.
We followed this video, though I skipped some of the steps, which I thought will save time too and you can still have success. We didn’t do the rolling part. Also, I used my massage tool – in the photo, you can see the blue thingy – for more rubbing. You need to do plenty of rubbing and this halved the time when I used this little tool, which was initially bought for a class display! Well, anything to make your life easier is part of my motto. Give it a try and have fun!
Video: How to make a wool felt picture.