Feeds:
Posts
Comments

Archive for the ‘farm’ Category

English readers: please slide down for a short version

Hierdie foto was jaaa-re gelede geneem, ek dink ek was 15-16 gewees het. Ek het ‘n ou kodak-kamera gehad – wat ek gekry het vir ‘n staptoer in die Drakensberge. [Die inskrywing daaroor is iewers op my blog.] Daar het my voorliefde vir fotografie begin – later was ‘n beter kamera -‘n Chinon – as geskenk deur ‘n boyfriend vir my gegee, maar ongelukkig was tyd vir ‘n fotografiekursus bitter min op daardie stadium- as gevolg van studies. Terug by die plaas: Iemand het nou die dag gevra dat meer plaasstories vertel moet word. As jy op ‘n plaas groot geword het, sal jy weet dat dit net onmoontlik is om los te trek en blah! daar’s alles soos ‘n bord kos wat opgedien word. Daar’s net heeltemal te veel en daar is ‘n sekere ‘iets’ wat jou gedagtegang prikkel en jy dan weer iets spesifieks onthou – iets wat miskien beter in jou geheue ingeprent is as meeste ander dinge wat in die normale gang van sake op ‘n plaas gebeur. Ek was besig om deur ritse en ritse foto’s te gaan – letterlik honderde en die einde is nog niet in sig! – toe ek dié foto van die eende sien. Hoeveel memories hierdie opgebring het, is onbeskryflik. Soveel het deur my gedagtes geflits. Selfs die makoue wat ons gehad het, het by my opgekom. Hoe ek daardie makoue eintlik verpes het, is moeilik om hier te beskryf. Ek was glad nie lief vir hulle nie. Hulle het sommer oral geblerts en ja, selfs as plaaskind kon ek nie hulle blertse verdra nie. As ek reg onthou, het dit gestink! [lol] Tot vandag het ek nie veel respek vir ‘n makou nie. [hehe] Meer spesiaal was die eende! Hulle was vir my móói! En nuuskierig! Hulle het meer persoonlikheid gehad as die makoue. Dit moet seker wees waarom ek ook nie van die makoue gehou het nie. Soggens vroeg, die son was skaars hoog, dan het hierdie groepie eende aangewaggel gekom, van waar hulle geslaap het, mooi netjies in ‘n ry. Terloops, niemand het hulle geleer om in ‘n ry te stap nie, ons diere was nie ‘afgerig’ nie…lol. Sodra eend nr 1 doodstil gestaan het – vir watter rede ookal, het die hele ry gaan doodstil staan! Hulle paadjie het by die plaashuis begin, by die hokke wat sowat 200m vanaf die huis was. Al langs die huis, met die lukwartboom direk langs die huis, het hul gestap, reguit hek toe. Die roete tot by die hek was seker om en by 250m. Sou die hek toe wees, het hulle sommer deur ‘n opening, links van die hek gegaan – wat groot genoeg was – en dan op die kant van die pad afgestap – ‘n verdere 20-30m. Die pad – vir die motors – het direk by ons hek verby gekom, letterlik! Die eende het geweet waar hulle moes oorgaan om by die dam uit te kom, wat amper regoor die hek was. Stadig langs die kant het hulle afgestap, seker gemaak dat almal in die ry was. Dan het die groot oorgaan begin. Wat opvallend was, was dat hulle vir mekaar gewag het om oor die pad te gaan! As eend A anderkant was, het hy/sy stilgestaan tot eend B oorkant was ens. Dit was komieklik-oulik. Met almal oor die pad, het die aanwaggel na die heining-deurgaanpunt begin. Dieselfde storie. Deurgaan en wag. Daarna: reguit dam toe en in die water met ‘n groot geraas. Die hele roete deur was daar deurentyd ‘n gedempte eend-gesels gewees, maar die minuut wat hulle in die water gegaan het, was dit ‘n groot geraas wat onmiddellik weer bedaar het. Vir ure en ure het hulle op die dam rondgeswem, afgeduik vir kos en weer opgewip gekom. Soms op die water gedryf en dit net geniet om rond te kyk. As hulle gelukkig was, het ons hulle bederf met mielies deur dit in die water vir hulle te gooi, wat byna pandemonium veroorskaak het. Doringbome neffens die dam het heerlike koelte voorsien vir tye wat dit bietjie warm geword het. Saans was dit dieselfde ritueel terug huistoe. Hierdie foto het my sommer die blues gegee! Update: Google maps gebruik om die plaas op te spoor!

This photo was taken when I was about 15-16 – on the farm where I grew up. We had a variety of farm animals. These ducks were a treat. They were beautiful and curious! This photo brought back many sweet memories from the time on the farm. Early morning, before Father Sun was too high up in the sky, they took the route to the dam. They waited for one another on the other side of the road, as they were crossing the dusty road. It was fun watching them as they were waddling all the way to the dam, even watching them crossing the road was entertaining. They crossed the road, waiting for the next duck before they moved slightly higher up the steep ‘duck’-path to make space for each other, before they all entered the water with a very loud quak quak! This photo gave me the blues!

This is from Google-maps – see the green arrow – that is the dam [the dark spot] -click the image for a larger view

Please click the image for a larger view – On this image I’ve zoomed out – yellow spots where I spent hours in the mountains, blue – water/river – light brown [very light – you can see it when the image is large] lines: small footpaths in the mountains

Enjoy the song – Kentucky Blues – by Lauren Copley

Read Full Post »