Feeds:
Posts
Comments

Archive for the ‘Afrikaanse musiek’ Category

Namibia: Goanikontes Oasis – Foto – deur my nig op FB!

Ek is gek oor windpompe – eintlik enige iets wat ‘plaas’ is. Ek is oorspronklik ‘vanaf die plaas’ en heg ek groot waarde aan dinge wat my aan die plaas-dae herinner. Ek [dis my persoonlike opinie!] glo dat mense wat op ‘n plaas groot geword het, kyk op ander maniere na dinge/lewe – dit is ook my persoonlike ervaring!  Jy waardeer dinge op maniere wat ander mense soms nie verstaan of moeilik vind om te verstaan. Dit laat my ook dink aan Langenhoven se gesegde: slegs as jy met kerslig groot geword het, weet jy wat liefde is. Natuurlik bedoel hy liefde in die ‘ander’ sin van die woord. Ons almal weet wat ‘normale’ liefde is. Ek het vandag so bietjie op FB weer gaan inloer en daar kry ek vir Johan van der Watt waar hy so pas Sypaadjiemense op sy FB bladsy geplaas het. – sien my Afrikaanse digters bladsy vir sy liedjie: Sypaadjie mense [ook ‘n inskrywing iewers op my blog, waarop hy afgekom het!] Hy was die kunsonderwyser by my Hoërskool en ook in St8 my Voogonderwyser. Hy is ook ‘n spotprent-tekenaar en baie van sy spotprente verskyn in die Beeld – en verseker ander koerante ook. Ek is toevallig ook op ‘Soundcloud‘ geregistreer en kry toe sy ander baie mooi liedjies wat ek hier plaas. Windpompliedjie het my ook dadelik getrek – hoe dan anders! Die twee foto’s in die inskrywing is van ‘n niggie van my wat graag rondtoer wanneer sy die geleentheid kry. Ek weet sy sal nie omgee dat ek die foto’s by haar ‘geleen’ het nie. Die onderste foto het ek so bietjie ‘gesny’ om te fokus op dit wat ek wou hê. Op Johann se profiel was daar ook ander sangers waarna ek geluister het en die laaste liedjie is ook ‘n liedjie wat my aandag getrek het. Geniet dit saam met my!

Knysna-omgewing – B&B – foto: ook ‘n foto van my nig op FB.

Johann met My Môreland

Die liedjie is deur Emile Minnie: Sandkasteel

Read Full Post »