Feeds:
Posts
Comments

Archive for the ‘Afrikaans’ Category


This is precious. This male person pretends to speak a foreign language and the lady doesn’t understand him. She keeps on trying to figure out what he wants. So she asks him to speak Afrikaans – or… okay, I won’t repeat her words at the end… Afrikaans speaking people will really love this video. In South Africa, there’s more than 6 million people speaking Afrikaans – and they are from difference races. 

Advertisements

Read Full Post »

sa

This is one of my own poems. It is a cento. A cento is a poem written using other author’s lines or passages. This ‘cento’ though has been written using my own poems. The poems I used are all from my Afrikaans poems. I do write English too, but as I said before, it’s just playing with words. I don’t try to be professional. I decided a few years ago to do my ‘bit’ for Afrikaans on the 14th August every year. Unfortunately, it didn’t happen last year and I couldn’t let another year go by without having one on this day! This is the history behind the 14th August.

The Genootskap van Regte Afrikaners (Afrikaans for “Society of Real Afrikaners”) was formed on 14 August 1875 in the town of Paarl by a group of Afrikaans speakers from the current Western Cape region. From 15 January 1876 the society published a journal in Afrikaans called Die Afrikaanse Patriot (“The Afrikaans Patriot”) as well as a number of books, including grammars, dictionaries, religious material and histories. Die Afrikaanse Patriot was succeeded in 1905 by today’s Paarl newspaper. You can read more about this Society on this link on the site of Wikipedia.

If you are Afrikaans,  I hope you enjoy these couple of lines.

seagold-

My siel op haelwit wolke

In gietende reën sypel my gedagtes: eindloos!
Ek stuur vir jou die goud
van sondeurdrenkte landskappe
in die galery van my stille gemoed.
My opgevoude gedagtes steek vas
en onderhou my geheue
wat onvermydelik verstrengel is
en soos gister
vind jy my siel op haelwit wolke;
my gedagtes wentel om die aura van my taal
en rol ragfyn ligstraaltjies voor my uit:
wat die tuimelende bergstilte
laat rol oor die dansende blou waters
na die holtes van my gedagtes.

==Nikita 14/08/2015 


Mantovani is one of my real big favourites. On this video you’ll find a whole library of his music to keep you company. I hope you enjoy!

If you are a regular reader of my blog, you would know that I do play chess myself too. I’ve blogged quite a few chess games in the past. This is one of my most recent chess games on chess.com Time is little to play rated chess games and I was tricked into this game, but managed to escape the worst. Rated games involve more concentration and I tend to play friendlies just for fun and I feel I can ‘escape’ or shut down from normal work and enjoy the game. 

chesscom
I like how I managed to checkmate my opponent, though he was very close to checkmate me! I played white in this game – not my favourite colour, as I discovered I play better games when I play black. If you are interested, please click here to play through the game. If you are a chess player yourself, please feel free to leave a comment and Dan, if you read here, you might want to analyse my game…hehe.

Read Full Post »

boerwar_concentration_camps

Picture from FB: Mother with her dead child – Boer War: Concentration camps. I was so shocked when I saw this picture. How this mother must have felt and the poor little kids. This is what went through my mind:

The camp
White tents like white ant hills.
Strange, awkward stenches fill the war-torn air
Weak, though proud, with no disinfectant
Sitting around in poverty: deprived!
Waiting for food. Waiting for water.
Humiliation. Disgrace. Filth.
Dead bodies carried along white rows
They don’t care, they don’t think!
They can’t think. They  just kill!
The pain inside: it cuts deep, very deep.
No sound. No breath. No life.
No words. No food. Only thoughts.
Only thoughts. Only Blue vitriol.
Children crying, children dying

Hunger screams, hunger wails
Endless waiting.  Timeless prayers.
Shock. Horror. Pain.
Forgotten lives.
Panic. Fright. Terror.
God! My child is dead!
Footsteps. No words.
Empty arms. Eyes watching.
Not my child!
Patience because:
‘Another seepkissie will arrive soon.’
Silence.

Nikita 22/8/2013

Read Full Post »

SONY DSC

image:kerkbode.co.za

‘n Lewe verkort

Die beklemmende gedagte:
onbewustelik ‘n verbintenis
stigmatisering, diskriminered,
wraaksugtig, miskennend
onbeskermd…

‘n Lewe verkort

In die binneste
van jou siel:
jou fisieke, jou psige
vasgevang – die vrees
vasgeknoop – die woede

Ingelaat en toegelaat,
onbeplan, ongenaakbaar
grusaam en gruwelooslik
deurboor dit jou vlees.

Sirkelend alom jou siel:
geregtigheid, regverdigheid
melaatsheid en dilemmas
lugleegtes van pleidooie.

Slagoffer van die dood.

++Nikita++ 18/8/2013

Nadat ‘n blogleser, Azile, op hierdie link ‘n versoek gerig het, het ek ‘gehoor’ gegee. Sy het gevra vir ‘n gedig oor ‘Vigs’, in Afriaans. Wel, soos almal teen hierdie tyd weet – dat ek nie ‘n professionele digter is nie, en ek  wou my ook nie laat afsit deur hierdie doktor na wie ‘Brieweuitdievreemde‘ verwys nie- hoop ek die geskribbel maak vir jou sin. Dus, as jy ‘n professionele digter is – of kenner van Afrikaans – lees asseblief met ‘ander‘ ogies na hierdie ‘geskribbel’. Vir die dokters wil ek graag sê: Spandeer jul etenstye deur Opperman se Groot Verseboek en Verswêreld   te lees. Alhoewel daar ‘n paar ‘moderne‘ byvoegings in Verswêreld is wat ek nie dink daar behoort te wees nie – my opinie. ‘n Ander vraag: Hoe word ‘n Eugene Marais prys toegeken aan ‘n digter wat sy taal meng, dan nog ook erg  onsmaaklike Afrikaanse woorde in sy gedigte inwerk? Yuk! Wat sou EMarais daarvan gedink het? <sug, watter tipe beoordeelaars het ons in Afrikaans vandag? Red Afrikaans….iemand, asseblief>

English readers: I was asked by Azile, on the above link for an Afrikaans poem about Aids, this is what this entry is about.

Read Full Post »

Die Beiteltjie
Ek kry ’n klein klein beiteltjie,
ek tik hom en hy klink;
toe slyp ek en ek slyp hom
totdat hy klink en blink.
Ek sit ’n klippie op ’n rots:
– mens moet jou vergewis:
’n beitel moet kan klip breek
as hy ’n beitel is –
ek slaat hom met my beiteltjie
en dié was sterk genoeg:
daar spring die klippie stukkend
so skoon soos langs ’n voeg:
toe, onder my tien vingers bars
die grys rots middeldeur
en langs my voete voel ek
die sagte aarde skeur,
die donker naat loop deur my land
en kloof hom wortel toe –
só moet ’n beitel slaan
wat beitel is, of hoé?
Dan, met twee goue afgronde
val die planeet aan twee
en oor die kranse, kokend,
verdwyn die vlak groen see
…from the day I see the night
far beyond opening up
within a crack that from my chisel
runs through to the stars
en op die dag sien ek die nag
daar anderkant gaan oop
met ’n bars wat van my beitel af
dwarsdeur die sterre loop
Klik die link vir NP van Wyk Louw huldeblyk-dokument.

Van Wyk Louw – one of the most distinguised Afrikaans poets I agree with Breyten Breytenbach. ‘The chisel, a metaphor for the poetic word – splits a stone, then the rock under the stone, then the earth beneath the rock, then the poet’s country, then the planet, until… 

…from the day I see the night
far beyond opening up
within a crack that from my chisel
runs through to the stars [Breytenbach]

Lees HIER ‘n breedvoerige verduidelik oor Die Beiteltjie op Oulitnet.

‘n Pragtige gedig – In die dokument verskyn heelwat feite en inligting oor van Wyk Louw. Ek het ook Cecile Cilliers se artikel raakgelees op die internet en kan met haar  en van Wyk Louw saamstem met: ‘n Donker naat loop deur my land. 

b85f486352d8411f8c8d6afb2762989f

Verward deur die donker naat van ons geweld

2013-02-18 22:52

Cecile Cilliers

Die donker naat loop deur my land / en kloof hom wortel toe – Dít is die eerste twee versreëls van die vierde strofe van N.P. van Wyk Louw se “Die Beiteltjie”, waarskynlik een van die bekendste gedigte in die Afrikaanse letterkunde. Dit word vertel, of miskien het hy dit self in Rondom eie werk vertel, dat die gedig volledig een Kaapse oggend na hom gekom het. Hy was te voet op pad universiteit toe, toe die woorde plotseling in sy kop verskyn. Agter sy lessenaar het hy dit heel en in sy geheel neergeskryf.

Die eenvoud van die gedig ten spyt, laat hy hom nie maklik verklaar nie. Die beiteltjie dui glo op die woord en die mag van taal – meer as wat dit vir die swaard moontlik is, kan dit wêrelde verander. Maar die gevare wat taal inhou, bly nie uit nie.

Daardie versreël, die eerste reël van die rubriek, bly die hele week in my kop dreun: die donker naat loop deur my land…

Ek raak stram om te lag, staan verward, verneder en gedeprimeer deur die donker naat van geweld wat deur my land loop, en wat besig is om gesinne, families, gemeenskappe, uit mekaar te ruk. Is dít wat van ons geword het?

Amalie bel uit Amerika: Mamma, wat gaan aan? Op elke voorblad, The New York Times, The Philadelphia Inquirer, USA TODAY, word die gewelddadigheid van Suid-Afrika uitgebasuin.

In 1994 nog die liefling van die wêreld, 20 jaar later opnuut die muishond. Natuurlik is daar ’n yslike hap leedvermaak. Net soos ons leedvermakerig vertel het van die bloeddorstige skietery in die VSA, van die verskrikking van die busverkragting in Indië.

Maar met of sonder die veroordelende woorde van die buitelandse verslaggewers – tot van Fidji het hulle glo gekom – het dit tyd geword dat ons lank en eerlik en ondersoekend na onsself en na ons gemeenskappe kyk. Sonder die gewone skindernuus. Want elkeen het ’n eiertjie te lê, ’n stuiwer in die armbeurs te gooi, of dit nou die dood  an Anene of van Reeva is, ons práát daaroor. Ons praat ja, blý praat, maar wat dóén ons?

Hoeveel sulke berigte, hoeveel sulke stories kan ’n volk se psige verduur voordat dit gewoon aan die werklikheid onttrek? Of erger nog, mettertyd alles gewoond word, hoe grusaam ook al? Is ons dan nie bereid om verantwoordelikheid vir ons land te aanvaar nie?

Tydens die apartheidsjare is daar groepe gevorm – Vroue vir Vrede, Kontak, Black Sash, Vroue vir Geregtigheid – wat daadwerklik vir ’n nuwe, beter Suid-Afrika gewerk het. Moet dit nie maar weer gebeur nie? Kán dit weer gebeur?

Soms vrees ek geweld het in ons bloed kom sit, eie geword aan ons mense en ons land. En dit kloof hom wortel toe.

In die wit nag bid ek saam met Dawid: Laat my weer blydskap en vreugde belewe…

beeld.com/Rubrieke/CecileCilliers/Verward-deur-die-donker-naat-van-ons-geweld-20130218

Read Full Post »

boemelaar

anzelgerber.wordpress.com/2012/05/03/boemelaar-n-storie-wat-ek-net-moes-oorvertel

Ek het vanoggend weer bewus geraak van ‘n 2007-inskrywing, nadat ek gesien het dat die inskrywing ‘n hele paar ‘besoekers’ gehad het. Dis ‘n gedig wat ek in die vroeë tagtigs geskryf het na aanleiding van ‘n kort verhaal wat in een van die plaaslike tydskrifte gepubliseer was. My prentjie by die inskrywing het ‘verlore’ geraak en met ‘n google-soektog, het ek hierdie verhaal gekry en daar en dan besluit dit moet ook ‘n ‘gedig’ kry. Hier is ‘n nog ‘n gedig by die verhaal wat ek so pas gevind het. Ek hoop jy hou daarvan. Lees eers die verhaal – dis nogal ‘n storie wat jou ‘vang’. Ek het dit geniet.

‘n Vreemde slenter langsaam verby
hare in toutjies en slierte opgerol
moeë plooie, oë op skrefies  teen die skerp sonstrale
stadig krap-krap hy my gedagtegang rond.

Herkenbare momente, oomblikke van draai en wag
opflikkerende name en tasbare gevoelens
met onbeantwoorde sugte – vir later.

Momentum, metaal, glas en splinters
bewegende kreune, die oë van vervloeë
sirenes, histerie, skerper en slegter
oë wat vervaag, verdwyn in die niet
my binneste word stil…

[nikita-18/2/2013]

Read Full Post »

winter (1)
Picture: ecopreneurist.com

“I wonder if the snow loves the trees and fields, that it kisses them so gently? And then it covers them up snug, you know, with a white quilt; and perhaps it says “Go to sleep, darlings, till the summer comes again.”
― Lewis Carroll, Alice’s Adventures in Wonderland & Through the Looking-Glass

This entry is basically meant to be in Afrikaans – only.
What you see in this picture, is what almost hit me in my face about two weeks ago. I was travelling on a road and when driving round a bend, this popped up in my face. Barrels of numbness washed over me, as I watched in awe and admiration, wishing I could sit on a bench and just enjoy the scene for hours without end. Everything was just so… white! I then realised that Winter is also ‘special’.

Winter

Nou lê die aarde nagtelang en week
in die donker stil genade van die reën,
en skemer huise en takke daeliks bleek
deur die wit mistigheid en suising heen.
Dis alles ryk en rustig van die swaar
geheime wasdom wat sy paaie vind
deur warm aarde na elke skeut en blaar,
en ver en naby alles duister bind
in vog en vrugbaarheid en groot verlange;
tot ons ’n helder middag skielik sien
die gras blink, en die jong graan teen die hange,
en weet dat alle rus die lewe dien:
hoe kon ek dink dat somer ryker is
as hierdie groei se stil geheimenis?
-N P van Wyk Louw

Winter is koud. Winter is naar en ongenaakbaar, maar dan is daar ook ‘n misterieuse ‘stilte’ rondom Winter. Winter laat my soms dink aan ‘n gesprek wat jy met jouself het. Winter laat my dink, beplan – of soms herbeplan. Ek dink Winter probeer iets doen, maar is nie seker hoe om dit te doen nie, daarom verkies hy om in ‘stilte’  dinge te doen. Hy bekruip jou en ‘pynig’ jou met sy koue. Winter is soos ‘n ‘boelie’ wat mooi is, so mooi dat jy hom vergewe dat hy jou ‘boelie’. Geniet die Winter – as jy in ‘n land is waar dit nou Winter is! Geniet die sonskyn waar jy nou Somer het! Geniet die liedjie van Johan van der Watt: Straatfluitjie wat so bietjie ‘warmte’ gee met sy pragtige stem.

Read Full Post »

Older Posts »