Feeds:
Posts
Comments

Archive for August, 2021

Bourton-on-the-Water – Bird Park and Motor Museum

Ons het ‘n week gelede hierdie pragtige klein dorpie (village), wat in die Cotswold geleë is besoek. Nog altyd wou ek die Cotswold besoek omdat ek soveel keer al vertel is hoe mooi dit in daardie deel van die land is en nou het ek ‘n klein deeltjie daarvan beleef. Mense, maar dit is mooi! Ongelukkig het ons laat die oggend vertrek en ook nie tred gehou met al die paaie wat in die herstel is nie. In sekere areas was daar heelwat padwerke wat ons tyd nog meer verminder het. Gelukkig kon ons deur die voëlpark loop, wat net so oor die honderd voëlspesies het. Daarna kon ons gou-gou by die motor museum inglip, maar ons was nie betyds om in te gaan nie, maar kon darem van ‘n afstand die antieke motors bewonder wat vir ‘n ‘spin’ deur die klein plekkie gegaan het.

Bourton-on-the-Water is gedoop as die ‘Venice’ van die Cotswold en sedert die plekkie die naam gegee is, word dit oorstroom van besoekers van die binneland, waar dit voorheen hoofsaaklik van oorsee was. Die plaaslike inwoners is glo nie baie tevrede met die toestroom van besoekers, veral met die grendeltyd. Mens kan dit verstaan. Daar vloei ‘n rivier – Windrush rivier – deur die ‘village’ wat reg langs van die restaurante en eetplekke is en dis nou ‘n lekker kuierplek vir besoekers! Die Cotswold sal my beslis gou weer sien.

Read Full Post »

Miskruiers

Ek was om en by 12-13 jaar oud toe ek eendag (weer) in die veld en in die rantjies rondgeloop het. In een voetpaadjie het ‘n miskruier – in ‘isolasie’ – my aandag getrek. Ek het besluit om die gediertetjie te volg en te kyk waarheen sy misbolletjie hom neem! Na ‘n vreeslike lang gewag en observasie – het ek opgegee, want sy roete was net te lank en dit was ‘n warm Desember! Tuis gekom, het ek in die Kennis-boeke gaan meer lees. Ek het vir ‘n paar dae gewonder oor my onderwerp hierdie jaar en hier is my bydrae tot die Afrikaanse taal vir 14 Augustus, Afrikaanse Taaldag!

'n Komplimentêre Kaartjie
In die snikhete van die twaalfuurson
- in skommellende isolasie -
beweeg hy ritsellend, ritmies.
Ongevraagd dog stemloos, 
soos 'n baldadige lakei,
beskou ek die vasberade, onverskillige
kruidjie-roer-my-nie-miskruier!

Met sy ongeballanseerde dans 
verower hy heuwel na heuwel
onder die koeltes van die blou wolklose hemel.
En ek: onverwags, met belaglike kreune, 
het die aftog geblaas,
welwetend dat als, in die snikhete son en 
onder die koeltes van die blou hemel,
in my glimmende geheue geanker is!
14-8-21  21:30 Nikita
Miskruiers in die Addo Olifant Park Foto: Mariska Spoormaker News24.com

Die kritiek bedreigde vlerklose Addo- miskruier is ’n onmisbare skakel in die Addo-park se gesonde ekologie, maar word ongelukkig nog in hope doodgery wanneer besoekers oor onder meer olifantmis in die pad ry. Lees die artikel op News24.

Read Full Post »

Die foto was ‘n advertensie in ‘n antieke Suid-Afrikaanse resepteboek

Net sommer iets interessants vir die dag!

Die begenoemde foto kom uit die antieke Suid-Afrikaanse resepteboek: ‘Oranje Koek- en Recepten-boek voor Zuid-Afrika‘ deur Mevr. D. J. H. gepubliseer in 1909.

Ek het die resepteboek van my oorlede ma ge-erf en vandag nogal aandagtig deur dit geblaai en by die advertensie-bladsy in detail alles gelees. Van jongs af moes ek altyd alles lees en het ek gevoel ek ‘mis’ iets as ek dit nie doen nie. Selfs op die toilet het ek die kannetjies lugverfrisser geneem en alles lees. In koerante het ek selfs die kleinste of kortste advertensies gelees – net omdat ek gedink ek het dat ek dalk iets interessants sal mis! Dit kan nogal ‘n pyn wees, maar ek het net gevoel ek ‘moet’. Gelukkig is ek nie meer so nie alhoewel ek nog steeds geinteresseerd is in die lees van taamlike detail van artikels of net enige iets wat my aandag trek.

In elk geval, net daar spandeer ek ‘n groot gedeelte van die dag op Google en doen ek ‘n behoorlike ‘search’ op hierdie straatname: Oude Doelenstraat h. O.Z. Voorburgwal – net om ook uit te vind dat dit eintlik is: Op die hoek van Oude Doelenstraat & Oudezijds Voorburgwal. Dit het heelwat interessante foto’s opgelewer.

Die winkel is nou, lyk my, deel van ‘n museum (want dis op die webwerf van: ‘Onderdiekeizerskroon’ – wat heel moontlik sal meen dat dit nie gesloop of veranderings aan die struktuur gedoen sal mag word nie – en op hierdie link kan jy die volgende beskrywing vind:

https://www.onderdekeizerskroon.nl/database/grachtenboek_objecten.php?id=11061

Opvallend winkelpand (‘Heeren en Kinderkleedingstukken Gemaakt Op Maat’) op de hoek van de OZ Voorburgwal en de Oude Doelenstraat. Het was een uiterst modern en functionalistisch winkelpand met grote glasvensters, mogelijk gemaakt door een ijzerconstructie van liggers en zuilen. Inwendig waren er grote ongedeelde ruimtes. Een stoommachine zorgde voor verwarming en elektrische verlichting. Aanvankelijk had het pand drie bouwlagen en werd bekroond door een grote gevelreclame, maar het kreeg in ca. 1920 een extra verdieping en een torentje. In 1983 ging deze uitbreiding verloren door een brand; het torentje was toen al verdwenen.

Alle foto’s: Google – Die argitekstekening van die gebou.
Die gebou – wat om en by 1890 gebou is. Dit was oorspronklik ‘n winkel vir klere.
All images: Google Die winkel van ‘n sy-aansig afgeneem.
In hierdie foto kan jy sien die winkel het nog ‘n torinkie bo-op die dak gehad. Dit is later in ‘n brand verwoes en nog ‘n winkelvlak is geskep.
Die winkel het verskeie veranderinge ondergaan – soos in die foto’s gesien.

Read Full Post »

Studente van sekere lande in Europa is regtig meer bevoorreg dan meeste ander studente reg oor die wêreld. Dit is deur danke aan ‘n filosoof van Nederland: Erasmus. In die skildery hierbo kan jy hom sien waar hy die Koningshuis in 1499 besoek en ‘n boek oorhandig aan die kinders van die Konings-gesin. Die Erasmus-program is in 1987 gestig en dis ‘n uitruil skema vir studente vanaf hul tweede jaar op Universiteit. Dit het die lande ingesluit: België, Duitsland, Griekeland, Frankryk, Ierland, Italië, Nederland, Portugal, Spanje en die UK. Na Brexit, het die UK besluit om nie meer deel te neem aan die uitruilskema nie, maar het die UK ‘n nuwe skema in plek geplaas: Die Turing skema – wat na Alan Turing vernoem is. Die ‘Erasmus’ is ‘n akroniem vir: EuRopean Action Scheme for the Mobility of University Students – buiten dat dit na die Nederlandse filosoof vernoem is. Ek wonder skielik of Suid-Afrika nog die uitruilskema het? Universiteite het ook ‘n skema gehad – ek hoop dit is nog aktief en in gebruik?

Die volgende is van die ‘Explore Parliament’ link -sien die link hierby.

Above image: Erasmus of Rotterdam visiting the children of Henry VII at Eltham Palace in 1499 and presenting Prince Henry (the future Henry VIII) with a written tribute. Detail of oil painting in the East Corridor of the Palace of Westminster, London.

In this remarkable painting by Frank Cadogen Cowper, the lady in the background dressed like a nun is surely Lady Margaret Beaufort, the pious mother of Henry VII. The babe in arms is one of the younger siblings who died in infancy. The Prince of Wales is not shown since he had his own household at Ludlow. According to Explore-Parliament:
The painting shows the interior of the medieval palace of Greenwich: a man in black kneels before three small children in gorgeous apparel. Behind him and to the right, a tall man stands in profile, leaning on a stick. The story is a charming one, and it is true. Erasmus of Rotterdam was the most famous scholar of his day. In 1499 he was visiting England. He was in Greenwich one day with his young friend Thomas More, who made him an intriguing invitation.  

I prithee, bear me company to a certain great house nigh to here. There thou shalt find friends, who have a great desire to see thee. – Thomas More.

The house turned out to be the royal palace, and the ‘friends’ were the royal children. One of them was the future Henry VIII, who was eight years of age at the time. The infant prince promptly demanded that the great scholar should write them a poem – which he did.

(Left to right) Erasmus, the Royal children: Princess Margaret, Princess Mary and Prince Henry and far right: The King leans forward, carefully observing the reactions of his children with Thomas More to his left.

Wikipedia: Sir Thomas More (7 February 1478 – 6 July 1535), venerated in the Catholic Church as Saint Thomas More, was an English lawyer, judge, social philosopher, author, statesman, and noted Renaissance humanist. He also served Henry VIII as Lord High Chancellor of England from October 1529 to May 1532. He wrote Utopia, published in 1516, which describes the political system of an imaginary island state.

More opposed the Protestant Reformation and was against the theology of Martin Luther, Huldrych Zwingli, John Calvin and William Tyndale. More also opposed Henry VIII’s separation from the Catholic Church, refusing to acknowledge Henry as supreme head of the Church of England and the annulment of his marriage to Catherine of Aragon. After refusing to take the Oath of Supremacy, he was convicted of treason and executed. On his execution, he was reported to have said: “I die the King’s good servant, and God’s first”.

Read Full Post »