Feeds:
Posts
Comments

Archive for March 9th, 2021

Elke leerder moet ‘n gelyke geleentheid gegee word.

Christavanstaden.com het my ‘n geruime tyd gelede gevra om iets te skryf oor die Begaafde leerder. Ek skryf graag daaroor gesien vanaf my oogpunt en ek glo en mag dalk gestenig word uit verskeie oorde. Ek het 34 jaar Onderwys ervaring en twee jaar daarvan is in twee Britse Hoërskole waar ek ‘Computing’ onderrig het. [Lees laer af oor die Britse stelsel rakende die Begaafde en Talentvolle kind]. Ek het veertien jaar Onderwys ervaring in Suid-Afrika waarvan 9 jaar daarvan in Junior Primêr is and spesifiek met graad 3 en die res Gr4-Gr7. Die res van die 34 jaar is in laerskole in die UK, waarvan 10 by die laerskool is waar ek op die oomblik 10 jariges onderrig. Ek het ervaring in die onderrig van 7-11 jariges in die Britse stelsel, maar meestel in die groepe 9-10 wat Jaar 4 en Jaar 5 is – soortgelyk aan Graad 4 en Graad 5 in Suid-Afrika.

Ek het ‘n persoonlike siening oor die hoogsbegaafde leerders wat ek dink nie baie mense met my deel nie. Ek sal verduidelik en dan vra ek dat jy die gedeelte van die Britse stelsel ook lees, want dit het ook ‘n aandeel in my siening wat meer begin verander het. Hoe langer ek hier in Engeland skoolhou, hoe meer negatief neig ek om te wees oor hierdie ‘hoogbegaarde’ stelsel. (Lees asseblief kappies en deeltekens in met sekere woorde – indien jy nie omgee nie. My sleutelbord wil nie lekker saamspeel nie! – Ek hoop ook nie die inskrywing lees soos ‘n ‘essay’ nie.)

Van my eerste dag van skoolhou, het ek geglo dat die Onderwyser moet absoluut alles gee vir elke liewe kind wat voor jou in die klas sit – op elke vlak. Daar moet onder geen omstandighede ‘n uitsondering gemaak word van sekere kinders wat meer weet as ander of sekere kinders wat beter presteer in sekere areas as ander. Vir my moes almal op ‘n gelyke speelveld wees en van daar af werk ek met elke kind. Geen kind kan met ‘n ander kind vergelyk word – omdat almal op verskillende maniere leer. Die Onderwyser kan die leerinhou vir die kind voorhou en hoop dat dit reg geinterpreteer sal word, maar gou-gou sal hy agterkom dat sekere kinders dit op ‘n ander manier interpreteer of dat sekere kinders meer hulp as ander nodig het om dit beter te verstaan of dit moet meer in detail verduidelik word. Elkeen dink anders of interpreteer ‘n konsep/leerinhoud anders. Dus, die Onderwyser moet gereed wees om meer te verduidelik waar nodig – selfs vir die hoogbegaafde kind – of die hoogbegaafde onderpresteerder. Dit meen, jy moet die kinders in kou klas baie goed ken en weet wat elke kind se potensiaal is en hoe om te werk te gaan om dit vir elke kind moontlik te maak om sukses te behaal in elke les wat onderrig word. Die Onderwyser moet met ander woorde ‘ingryp’ waar dinge bietjie ‘verkeerd’ gaan vir die leerder en seker maak dat die leerinhoud duidelik is.

Nou moet ek dit duidelik maak dat ek hier van die ‘gemiddelde’ kind praat. Die Onderwyser sal kinders in sy klas he wat so ver agter is as die res van die klas as gevolg van verskeie redes en faktore. Ek noem slegs een of twee. Sommige ouers trek gereeld rond van plek tot plek – elke paar weke of maande. Die leerder het nooit geleentheid om leerinhoud sy eie te maak nie en dus gaan daar ‘gaps’ wees in die leer van hierdie groep. Die tweede groep: hierdie leerders is bitter min teenwoordig by die skool/in die klas. Ons het lank terug na hulle verwys as die wat ‘stokkiesdraai’. Daar is geen rede waarom hulle nie in die klas kan wees nie, maar ek moet darem by se, dat baie van sulke leerders wat wel stokkiesdraai, doen dit as gevolg van ‘n lae selfbeeld of keer op keer se mislukkings in die klas. Die ander groep stokkiesdraaiers is die wat net bloot-weg stout is en kattekwaad wil aanvang. Ek sluit nie hierdie groepe in wanneer ek praat van onderpresteerders of begaafdes nie, want hulle sal in die groep geplaas word wat ‘onderpresteer’ – of selfs geklassifiseer kan word as die ‘hoogbegaafde onderpresteerders’ deur skole.

Die Onderwyser se beplanning moet as sodanig wees dat hy elke kind se potensiaal moet kan identifiseer en op daardie kind rig hy sy doelstellings en doelwitte. Met ander woorde, hy moet baie duidelik sy beplanning differensieer in die sin dat die kind wat onderpresteer of gewoonlik meer hulp nodig het, baie vinnig op dieselfde vlak gebring kan word waar hy behoort te wees – vir sy ouderdomsgroep. Die kind wat meer kennis het as sommige ander in jou klas, sal dan ook baat vind by die gedifferensieeerde beplanning want die Onderwyser sal outomaties ook aan die kind aandag gee wat reeds meer kennis het en daaraan dink hy hoe hy daardie kind gaan stimuleer en in sy/haar behoeftes voorsien – nie dat hy noodwendig meer werk vir die kind sal gee nie, maar dalk die werk van so ‘n aard beplan dat daar ‘n dieper studie gemaak kan word in plaas net oppervlakkige (ekstra) werk voorberei. Ek het bv vir ‘n kind verdere navorsing laat doen oor ‘n onderwerp wat die ek sou onderrig – met die hoofpunte wat die kind moes navors – iets wat ‘n uitdaging was vir die kind. Die kind het die navorsing met die klas gedeel – en ek het aangevul waar nodig.

Ek voel ook dat kinders die keuse gegee moet word om die area van navorsing te kies want dit sal ‘n aansporing wees om navorsing te wil doen omdat dit die belangstellingsveld is. Die Onderwyser sal die kind begelei in so ‘n mate hy (die kind) nie sal afdwaal van die onderwerp van studie af nie. Kinders kan in groepe navorsing doen waar elke kind ‘n sekere deel navors – en dis waar die onderpresteerder ook ‘n deel kry om na te vors en daar kan ‘n groepleier wees wat die inligting versamel. Groepwerk is nie my gunsteling nie, want daar is altyd die leerders/kinders wat harder werk as ander, maar dit kan ook suksesvol aangewend word indien die beplanning en leiding reg geskied.

Die kind wat onderpresteer moet nie gesien word as ‘n kind wat glad nie potensiaal het en dan slegs oppervlakkige werk vir die kind voorberei nie. Elke kind moet voel dat die Onderwyser meer van hom/haar verwag of ho-e verwagting koester. Sodra die kind agterkom dat hy (die Onderwyser) meer verwag en ho-e verwagtings koester, sal die leerder gemotiveerd wees en ook voel dat die Onderwyser ‘n ho-e dunk van hom/haar het – die kind sal dus voel dat hy ‘raakgesien’ word en dat hy/sy iets ‘werd’ is en nie net ‘n ‘iemand’ is nie. Dan kry jy ook die kind wat suksesvol is, maar op soek is na bevestiging van die Onderwyser. Die kind is eintlik bang vir mislukking voel hy mag nie foute maak nie. Hierdie leerder sien homself as ‘n perfeksionis. Somtyds is so ‘n leerder bang vir die onbekende en vermy uitdagings en het ‘n vrees vir mislukking. So ‘n kind wil nie graag iets ekstra doen nie. So ‘n leerder het iemand nodig om na te volg, iemand wat risiko’s neem en nie bang is vir mislukking nie. Dan kry jy ook die leerder wat suksesvol is, ook hoogbegaafdes en wil nie graag uitstaan in die groep nie. Sommige sal met opset onderpresteer om in te pas by hul maats – dit gaan oor die sosiale inskakeling. Dit hoef nie noodwendig juis die hoogbegaafde leerder te wees wat dit ‘moedswillig’ doen, slegs om in te pas of om nie maats te verloor nie, maar selfs die gemiddelde kind ook. [sien die video on die einde van die inskrywing].

Dan is daar ook die groep wat geklassifiseer word as kinders met ADHD, ASD, OCD, ens. of leerders wat disleksies is, dyspraxia het en nog meer. Sommige van hierdie kinders voel soms ‘dom’ en voel hulle kan nie die taak bemeester nie. Hulle voel ook dat hulle dikwels voortdurend onderskat word. Die probleem is dat baie keer word die probleem raakgesien, maar nie die begaafdheid nie. So ‘n kind, omdat hy juis vindingryk is, het baie hanteringsmeganismes ontwikkel om sodoende struikelblokke te kan vermy en later word die probleem geidentifiseer. Hierdie kind het ook aandag nodig van die Onderwyser in die sin van ‘raaksien’ en prys. 

Sommige ouers sal somtyds na vore kom en vir die Onderwyser kom vertel hoeveel werk die kind by die huis meester en baie trots op die kind voel en wil daarmee ‘voorgee’ dat die kind ‘begaafd’ is – omdat die kind soveel werk doen! Nee, dit is nie ‘n begaafde kind nie, maar ‘n ouer wat net bloot druk op ‘n kind uitoefen om meer werk  te doen. Die begaafde kind is die kind wat op sy eie werk ‘wil’ doen, ook dan werk doen en nog meer op sy eie wil leer. Die kind het nie iemand nodig om te motiveer om werk te doen nie, maar sal uit sy eie die werk doen. Die tipe kinders wil ook sekere dinge vir hulself leer – dinge waarin hulle belangstel.

Elke kind het ‘n sekere vlak waarop hy funksioneer en alleenlik die Onderwyser kan daardie vlak bepaal en die leerder motiveer om beter te presteer. Indien die Onderwyser besluit dat die kind in elk geval ‘n onderpresteerder is en altyd sal bly is die gevaar daar dat die Onderwyser se verwagtinge projekteer word op daardie kind en sal daardie kind nie beter doen nie, want die kind besef dat die Onderwyser verwag nie veel meer van hom/haar nie. Dus, jy moet baie duidelik ho-e verwagtinge koester van elke liewe kind en dit uitspel vir die kind. Die kind/leerder moet weet dat die Onderwyser het daardie sekere verwagtinge en dat dit van hom/haar verwag sal word om te presteer – met die hulp of ekstra hulp wat deurentyd verleen sal word.

Kinders moet gedurig gemotiveer word en die Onderwyser moet die kind laat voel dat hy sukses kan behaal en ook help om suksesvol te wees met take en sodanig die vertrouensverhouding daar stel vir hierdie kind om meer te wil waag en risikos te neem. Dit sal aanlyding gee tot die bou van ‘n selfbeeld, selfbeeld verbeter en vertroue in homself/haarself in te boesem. Sodra die kind voel dat sy Onderwyser in hom/haar glo, sal/behoort vordering plaasvind. Ek kan meer uitbrei op Landman se leer-ken-word essensies maar glo nie dit gaan hier nodig wees nie. My punt is: Ek het dit oor en oor gesien – dat elke kind ‘n gawe of ‘n talent het. Die Onderwyser het daardie verantwoodelikheid om dit in die kind raak te sien en te ontwikkel. Dit is so dat baie kinders minder talente het as ander, dit is hoe ons geskape is, ons kan niks verander nie, maar as jy die kind inspireer en aanmoedig en die geleenthede skep, sal kinders agterkom hoeveel meer hulle kan doen en wil doen.

‘n Tabel volgens die UK se perspektief

Die situasie in Engeland:

Sedert 1997 tot 2010 was daar al verskeie benaminge vir die begaafde en talentvolle leerders. 1997 is dit G&T genoem – Gifted and Talented. 2002-2007 was dit WAGTY genoem en 2007-2010 GFBT en die akroniem: YGTP is ook gebruik – Young Gifted and Talented Programme en toe is dit altesaam alles ontbind. Daarna is die term: ‘More Able’ gebruik. 

Vir Onderwysers in die klaskamers is gese om ten minste 5% van jou kinders in die klas te identifiseer as G&T. Dit is waarmee ek ‘n gruwelooslike probleem het! Onderwysers het meeste van die tyd geen idee – en slegs bolangse lyding gekry van hoe hulle kinders kan identifiseer. Ek wou elke keer na die hemel skreeu as daar vir ons name gevra is. Die probleem: Jy het baie keer nie in jou klas daardie kind(ers) nie en nou is jy verplig om ‘n paar name voor te stoot! Jy het dalk baie, baie oulike kinders of kinders wat redelike slim is of kinders wat nogal baie weet, maar jy weet dat hierdie kinders beslis nie in daardie kategorie-e pas nie, maar nou ja, name wil hulle he, so name gee jy net om ‘hulle’ te plesier. Dis verkeerd! Dis slegs om boksies af te tik en Ofsted gelukkig te hou. Ek het kinders gekry wat van die vorige jaargroep na my gekom het en waar die vorige Onderwyser kinders geklassifiseer het as G&T en dan is daar weer van my verwag om die betrokke kind(ers) se naam weer op die lys te plaas! Nee, dis totaal verkeerd. Ek het daarteen geskop. My woord was gelukkig aanvaar. Ek wil teen die mure uitklim oor G&T in hierdie land. Daar word ook gekyk na kinders wat uitblink in sekere areas soos bv. Sosiale – leierskap, Liggaamsoefening, akademies bv Wiskunde, Engels en Wetenskap en dan in die kreatiewe areas: musiek, drama, kuns, ens.

My dogter was geklassifiseer as G&T toe sy 16 was en sy was uiters gefrustreerd daarmee. Sy kon, ten spyte van haar een Europese taal (Frans), nog een neem – Spaans. Sy  – en die ander in die skool – is vir baie ekstra dinge in die skool voorgestoot en alhoewel sy dit nie wou doen  nie, was sy verplig om dit te doen! Sy het die onregverdigheid raakgesien en geweet daar was ander klasmaats wat sy wou he dat hulle die voorreg ook moes kry om sekere geleenthede te he en dit het net nie gebeur nie. Dit was van daardie spesifieke groep kinders verwag om alles te doen wat daar vir hulle gese is, slegs deur sekere persone wat ‘in beheer’ is van die G&T en hulle wou vir die Inspekteurs bewys lewer – gedurende ‘n inspeksie – wat hulle vir die betrokke kinders doen! Dit is nog ‘n rede waarom ek teen hierdie programme is en voel ek dat daar gelyke geleenthede vir almal geskep moet word. Sommige ander kinders kon daardie ekstra taal aangeleer het of ‘n ekstra musiek instrument leer bespeel het. My dogter het vioollesse gekry, wat ons baie waardeer het want sy het wonderlik presteer en verder gegaan met haar viool – maar die klavierlesse kon vir ‘n ander kind gegee word! Waarom groepe kinders identifiseer en alles net vir daardie kinders reserveer?!

Suid-Afrika groepeer ‘begaafdheid’ in verskillende domeine:
intellektuele
kreatiewe
artistieke
leierskap
akademiese

Die VSA se top punte om begaafde leerders uit te ken:
By die kategorisering en identifisering van begaafde kinders, word beweer dat sodanige kinders gewoonlik:
‘n IK-syfer betref gewoonlik deel uit van die boonste 3 – 5% van skoolpopulasie;
– presteer goed in een of meer skool- of buitekurrikulêre vakke soos sterrekunde, rekenaarwetenskap, meganika, ens.;
– is uiters weetgierig en kan deur hoëdenkvlak-aktiwiteite probleemoplossend te werk gaan en abstraheer maklik;
– kan vinnig memoriseer en leer maklik en vinnig;
– leer vinnig lees, lees baie en geniet dit;
– beskik oor ’n groot woordeskat en kan vir lang tye konsentreer;
– kan verbande raaksien en daarvolgens veralgemeen en is verbeeldingry;
– is oorspronklik en kom met unieke, nuwe gedagtes na vore;
– openbaar leierskap en besit die vermoë om goeie menseverhoudings te stig;
– openbaar talente in kuns, musiek, skryfkuns, drama en dans en openbaar ‘n besondere redenaarsvermoë;
– stel hoë eise en doelwitte, is selfkrities en selfanilities
– vra na die dieper sin en betekenis van dinge; is sensitief en het ‘n goeie humorsin;
– hou van ouer kinders – slaap min;
– beoefen verskeie stokperdjies, geniet ingewikkelde speletjies en stel belang in wêreldprobleme.

Begaafde onderprestering — volgens die VSA se stelsel.
Begaafde onderprestering dui op die wanverhouding tussen aangebore potensialiteite en gelewerde prestasies. Hierdie begaafde kinders gaan oënskynlik gebuk onder die las van ’n gebrek aan korrelasie tussen hul chronologiese en verstandsouderdom omdat hul geesgenote heelwat ouer as hulself is en daar uiters moeilik in die gewone skoolsituasie in hul besondere onderwysbehoeftes voorsien kan word.
Die oorsake vir onderprestering kan moontlik aan van die volgende faktore gekoppel word:
– hulle handhaaf swak famiJie relasies — met hulle ouers en ander gesinslede — en reken dat hulle nie onvoorwaardelik aanvaar word nie. Dit kan die konsentrasie- en leervermoë beïnvloed en tot emosionele ontwrigting lei;
– hulle heg gewoonlik nie veel waarde aan eerlikheid en getrouheid nie en sal dus ook nie sodanig ingestel wees ten opsigte van huiswerk of eksamenvoorbereiding nie; dit kan tot swak akademiese resultate lei;
– hulle het nie goeie studiegewoontes en -houdings nie. Diesulkes sukkel daarom om met hulle onderwysers oor die weg te kom en werkopdragte te voltooi;
– hulle word groot in een-ouer-gesinne waar hulle emosionele en selfs materiële ongeborgenheid ervaar en waardeur hul prestasies negatief beïnvloed word;
– werklose ouers oefen uit die aard van die saak ’n ooreenstemmende invloed uit.

Read Full Post »