Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"
Verskeidenheid / variety Spaanse kosse / Spanish foodsUile en nog meer – Franse goedere / Owls and more from France!So oulik! / So cuteBeursies – Purses
English: lower down in this post.
Nadat ek Christa se inskrywing HIER gelees het en van haar ondervinding in Kazakhstan, het ek besluit om ook ‘n paar foto’s te deel na vandag se besoek aan ons buur-dorpie. Ons het voorheen in die dorpie gebly en gaan ons nog steeds soontoe vir verskeie redes. Ek besoek die haarsalon daar gereeld en sommer ook die oulike kunswinkeltjie en manlief hou van sy hardewarewinkel – en ek moet byvoeg ek myself ook met veral die kuns-goed wat die ou ook verkoop. Een van die helpers is ook ‘n oud-Suid-Afrikaner wat 40 jaar gelede uit SA is as ‘n Engelsprekende Suid-Afrikaner. Ek het baie respek vir die Omie, want hy groet ons altyd in Afrikaans en maak seker ‘n wissel ‘n paar woorde met ons in Afrikaans. Die verbasing op die ander werksmense se gesigte was in die begin redelik komies.
Elke Saterdag is dit markdag en soos jy in die foto’s kan sien, is daar ware van Frankryk en Spanjaardse kos en geregte ook te koop. Ek het vir my hierdie liewe uiltjies gekoop – in die een foto – en ‘n duidelike ‘merci’ gekry nadat ek betaal het. Ek hou van hierdie markdae, dit bring mense bymekaar en daar’s altyd een of ander oulike iets te koop. As dit nie vir manlief was, het ek met ‘n sak oudhede huistoe gekom! Die foto’s wat jy hier sien is slegs van ‘n paar stalletjies. Daar was heelwat meer. Ek het ook nie die groente/vrugte deel afgeneem nie.
This is our neighbouring town’s market on a Saturday. We used to live in this town and I still go back to it for various reasons. I’m sharing a few photos of my most recent visit for a hair cut. Do enjoy!
Dankie, dit is sommer baie lekker om te sien dat daar in ander lande ook markte is. Ons geniet die mark, maar koop selde goed want ons weet nie hoe mens dit weer by die huis gaan kry nie. In Welkom was daar een keer per maand ‘n vlooimark en jou foto’s laat my nou baie daarna verlang.
Al die plattelandse plekkies het ‘n markdag. Sommer op Weeksdae – party. Ek het al voorheen gesien hoe ‘n straat in die middel van die dorp (hier word dit die ‘High Street’ genoem – soortgelyk aan Kerkstraat in SA wat jy in elke dorp (en omtrent stad) kry – afgeblok word vir die dag en dan kom almal met hulle ware uit om te verkoop. Dis vir my oulik en dit gebeur elke week. Ek sal volgende keer aan die groente- en vrugte deel gaan afneem. Ons het baie daar gekoop toe ons in die dorpie (Chesham) gebly het. Dit is baie besig aan daardie deel en ‘n gemaal van mense en jy moet vroeg gaan as jy wil kry wat jy wil he.
Hier is ook straatmarkte wanneer strate toegemaak word, maar net sekere tye van die jaar. Met sekere feeste. Soos die heuningfees. Asseblief, ek is nuuskierig.
Ek het hulle vir my klas gekoop. Ek het ‘n baie mooi een ook in my klas, ‘n baie spesiale een – mooi materiaal en pragtig opgestop en hierdie familie gaan daardie een nou geselskap hou. 🙂 Een kollega het selfs vir my eendag ‘n uil-sleutelhouer gekoop toe sy dit sien omdat sy weet ek hou so van hulle.
Nie regtig nie. My vriend wat dit praat, sê ek het geen idiomatiese of omgangstaal kennis van Afrikaans nie. Vergewe hom, Suid-Afrikaners kan stomp wees. Hy het voorgestel dat ek ‘ja well no fine’ gaan gebruik. Sal u dit aanraai? 🙂
Ha-ha… ek het natuurlik so gedink! Suid-Afrikaners is nie stomp nie, ons se wat ons se en ons kry klaar wat ons se. Ons draai nie doekies om nie – se dit soos dit is. LOL. Ek stem saam met jou vriend, speel dit veilig en se net in kort: ‘Ja well of No, Fine.’ 🙂
Hi Toortsie, Ek is te besig op die oomblik, skole is weer aan die gang, ons het die afgelope week toetse gemerk tot ons behoorlik BLOU in die gesig is – en nou die analisering daarvan die week – om te sien watter ‘gaps’ die kinders opgedoen het gedurende die ‘lockdown’ en om te weet waar moet ons al die ‘gate’ vul! Nou is dit ook lesplanne van AL die vakke, want (soos gewoonlik) kry ek ‘n kollega wat NIKS weet nie, van begin af leer hoe om te teach omdat sy voorheen ‘n Teaching Assistant was en daarom moet ek dan (soos die slaaf altyd) ALLES doen, want ek kan net mooi niks van haar verwag nie. Dit sluit ALLe vakke in, want hier teach jy mos AL die vakke in die laerskool. So, groet my nou, ek weet nie of ek ooit weer sal kan opstaan om te blog nie. 🙂
Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.
"The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.
Dankie, dit is sommer baie lekker om te sien dat daar in ander lande ook markte is. Ons geniet die mark, maar koop selde goed want ons weet nie hoe mens dit weer by die huis gaan kry nie. In Welkom was daar een keer per maand ‘n vlooimark en jou foto’s laat my nou baie daarna verlang.
Al die plattelandse plekkies het ‘n markdag. Sommer op Weeksdae – party. Ek het al voorheen gesien hoe ‘n straat in die middel van die dorp (hier word dit die ‘High Street’ genoem – soortgelyk aan Kerkstraat in SA wat jy in elke dorp (en omtrent stad) kry – afgeblok word vir die dag en dan kom almal met hulle ware uit om te verkoop. Dis vir my oulik en dit gebeur elke week. Ek sal volgende keer aan die groente- en vrugte deel gaan afneem. Ons het baie daar gekoop toe ons in die dorpie (Chesham) gebly het. Dit is baie besig aan daardie deel en ‘n gemaal van mense en jy moet vroeg gaan as jy wil kry wat jy wil he.
Hier is ook straatmarkte wanneer strate toegemaak word, maar net sekere tye van die jaar. Met sekere feeste. Soos die heuningfees. Asseblief, ek is nuuskierig.
Ek sal so maak wanneer ons weer daardie rigting gaan. 🙂
Ek hou baie van jou uile! sou dit beslis ook wou koop. Sag en spesiaal.
Ek het hulle vir my klas gekoop. Ek het ‘n baie mooi een ook in my klas, ‘n baie spesiale een – mooi materiaal en pragtig opgestop en hierdie familie gaan daardie een nou geselskap hou. 🙂 Een kollega het selfs vir my eendag ‘n uil-sleutelhouer gekoop toe sy dit sien omdat sy weet ek hou so van hulle.
Dit is vir my baie spesiaal as mens se kollegas jou met goed beferf omdat hulle weet dat jy daarvan hou.
Dis waar – baie bedagsaam van iemand.
Ek het sulke mense hier in Kazakhstan ontmoet.
Dis wonderlik en bly vir jou. Mens het sulke mense nodig.
Beslis, die lewe is vaal sonder hulle.
Uile met hul nagsigbril.
Hi James! I love your Afrikaans and it’s spot-on! I guess you used Google. 🙂
Nou ja maar ek ken ook twee Afrikaanssprekendes.
Okay! Nou klink jy baie Afrikaans! 🙂 Nou kan ek meer net Afrikaans blog en jy sal dit verstaan?
Nie regtig nie. My vriend wat dit praat, sê ek het geen idiomatiese of omgangstaal kennis van Afrikaans nie. Vergewe hom, Suid-Afrikaners kan stomp wees. Hy het voorgestel dat ek ‘ja well no fine’ gaan gebruik. Sal u dit aanraai? 🙂
Ha-ha… ek het natuurlik so gedink! Suid-Afrikaners is nie stomp nie, ons se wat ons se en ons kry klaar wat ons se. Ons draai nie doekies om nie – se dit soos dit is. LOL. Ek stem saam met jou vriend, speel dit veilig en se net in kort: ‘Ja well of No, Fine.’ 🙂
Mooi kleurvol. 😁
Jy skryf min deesdae, of mis ek dit dalk?
Hi Toortsie, Ek is te besig op die oomblik, skole is weer aan die gang, ons het die afgelope week toetse gemerk tot ons behoorlik BLOU in die gesig is – en nou die analisering daarvan die week – om te sien watter ‘gaps’ die kinders opgedoen het gedurende die ‘lockdown’ en om te weet waar moet ons al die ‘gate’ vul! Nou is dit ook lesplanne van AL die vakke, want (soos gewoonlik) kry ek ‘n kollega wat NIKS weet nie, van begin af leer hoe om te teach omdat sy voorheen ‘n Teaching Assistant was en daarom moet ek dan (soos die slaaf altyd) ALLES doen, want ek kan net mooi niks van haar verwag nie. Dit sluit ALLe vakke in, want hier teach jy mos AL die vakke in die laerskool. So, groet my nou, ek weet nie of ek ooit weer sal kan opstaan om te blog nie. 🙂
Sterkte. Dis al wat ek kan sê. Ons vertrou dit gaan weer beter raak.
Dankie, Toorts! Dit het seker geklink na ‘n diep geklae, maar ek dink ek voel ook beter na dit! haha