Posted in Afrikaans, Afrikaans poems, Afrikaans poems, Afrikaans poetry, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse taal, gedagtes, gedigte, nature, tagged Afrikaans, Afrikaans poems, Afrikaanse gedigte, English poems, gedigte, Nature poems, Natuur, Natuur gedigte, poems about a forest, Poetry, Robin Hood, Sherwood Forest on 27/08/2020|
14 Comments »

Die ‘Mayor Oak’ boom in Sherwood Forest
My poem about this forest. My annual contribution to the Afrikaans language. I have translated it for you too.
Die voetpad na die boom
Die voetpad na die boom is nog steeds bedek – half versteek.
Gure weer en aanhoudende reen oor die jare het die toegang onomkeerbaar versper.
Daar was eens ‘n voetpad wat deur die woud na die boom gelei het.
Voorheen was die area boomryk, lowerryk.
Koeltesoekers het passievol al die bome vereer –
snoesig soos ‘n lappieskombers het hul ingekruip
onder die wydverspreide skadu-kolle.
Selfs laventel-pers heide is met deernis aangeplant
wat net deur enkeling opgemerk word.
Baie molle het op hul reis onlangs kom vlerksleep –
waarvan al die molshope getuig.
Daar was eens ‘n voetpad deur die woud.
As jy die soomlose woud binnestap,
veral laat, in die laat somer –
wanneer die skarlaken-son laag sit
en die laat-middag woud-wind om jou fluit
en die eekhorinkie speels sy den binnegaan,
dan hoor jy die dowwe getrippel van perdehoewe in die verte
terwyl die mis ‘n dun wolk-laag begin vorm al om die
karbonkelrige boomstamme en welig-groeiende gras
en bedek stadig die eens voetpad wat deur die woud gekronkel het.
~~Nikita – 26-8-2020
English translation
The footpath to the tree
The footpath to the tree is still covered – half hidden.
Severe weather and persistent rain over the years have irreversibly blocked access.
There was once a footpath that led through the forest to the tree.
Previously, the area was tree-rich, leafy.
Cooling seekers passionately honored all the trees –
cuddly as a rag blanket crept in
among the widespread shadow spots.
Even lavender-purple heather was planted with compassion
which is noticed only by the individual.
Many moles have recently come to wing on their journey –
of which all the molehills testify.
There was once a footpath through the forest.
As you walk into the seamless forest,
especially late, in late summer –
when the scarlet sun sets low
and the late-afternoon forest wind around you whistle
and the squirrel playfully enters his den,
then you hear the faint tripping of horseshoes in the distance
while the mist begins to form a thin layer of clouds all around the
carbonaceous tree trunks and lush-growing grass
and slowly cover the once footpath that wound through the forest.
Nikita – 26-8-2020
Hierdie gedig het ek geskryf as my bydrae tot Afrikaans en om 14 Augustus, Afrikaans-dag te ‘vier’. Elke jaar probeer ek om my bydrae te maak rondom hierdie datum. Ons het so bietjie in Sherwood Forest gaan rondstap om veral die baie bekende boom waar Robin Hood en sy ‘manne’ vergader het. Die Major Oak – het ongelukkig gedurende die ‘lockdown’ bietjie deurgeloop deurdat vandaliste dele van die boom probeer vernietig het. Die boom is nou afgesper en word dit al vir baie jare gestut om die boom te beskerm – soos jy in die foto kan sien.Dit was eers in die jare ’50 toe mense besef het dat die boom bewaar moet word en is enige persoon verbied om in die boom te klim en klouter – soos dit gereeld die gewoonte was. As jy die kans kry en jy is in die omgewing van Nottingham, maak gerus ‘n draai by die woud. Dan is daar ook die Robin Hood Kasteel in Nottingham wat jy kan besoek en dit is baie beslis die moeite werd – maak net seker jy besoek die grotte ook. Sien die foto.

You can go on a cave tour when visiting the Robin Hood Castle in Nottingham.
English Readers: This is a poem I’ve written after my visit to Sherwood Forest. 14th August is also Afrikaans Language Day. This is my contribution to the Afrikaans Language, the most beautiful language in the world.
Read Full Post »