Picture taken in Osterley Park.
Sê nou die afgevalde blare
waai dartellend
en vul heimlik my blootgestelde verlange?
Nikita 29 Sept 2008
Opdatering: 8/3/2013 – Ek lees so pas hierdie gedeelte van Barend Toerien en kon nie glo wat ek lees nie… jy sal verstaan as jy die inskrywing oor hom op my blog lees. Barend Toerien is ‘n klein neef van my – wat ek slegs onlangs ‘ontdek’ het!
++++
Barend J. Toerien
Uit: Momente (herfs)
XV
Sê nou die koue maan
ruk hom los
en tuimel agter die trekganse aan?
Update: 2021
Doodgaan
Om dood te gaan is seker soos ‘n valskermsprongdie eerste keer; jy breek in koue sweet uit na gelangdie oomblik nader, sluit jou oë, laat los en val -!Die skerm gaan tog ope, jy was verniet zo bang.
Barend J. Toerien
Spleen
Ek dra die swartgal in my bloedstroom rond;daarom ontwaak ek traag en kom ek swaar orent. Hoe word mens aan die bitter wakkerlangesmaak wat klewe in jou mond gewend?
B.J. TOERIEN
Vinknessies
Eens het ek in my hande gehouvinkeiers, hul was hemelblou,en kaal kleintjies voor hul gesmyt word teendie wal probeer nog aan my vingers klou.- B.J.Toerien
Hier word dit nou herfs. Die goue bome staan orals hartseer-mooi in ‘n see van gestorwe blare.
Hi Kyker, ek kan net dink hoe mooi dit moet lyk. Herfs is ook ‘n seisoen wat jou herinner dat jy ook tyd moet afvat en rus. Dan kom winter wat jou soort van ‘dwing’ met die koue om ‘kalmer’ te raak as jy nog nie afgeskaal het nie. 🙂
Hi Kyker, ek het so pas hierdie gelees! Baie toevallig -ook oor herfs. 🙂
Barend J. Toerien
Uit: Momente (herfs)
Sê nou die koue maan
ruk hom los
en tuimel agter die trekganse aan?