Dit het darem een keer in my lewe gebeur. Dit is ‘n Saterdagoggend – iewers in Pretoria. Dis vroeeeeeeeg oggend. ‘n Dringende klop aan die deur. Jy weet, dus sulke tyd… vinnig opstaan, opgewonde in die kar spring en Wonderboom lughawe toe jaag. Oppad, onder deur ‘n brug, word so byna ‘n verkeerde afrit geneem, maar gelukkig kon jy teen die verkeer in omdraai, sommer ‘n u-draai, dis vroeeeeeg oggend en daar is in elk geval byna geen verkeer nie – ook geen verkeerskonstabel in sig nie. ‘n Klein groepie meld aan vir ‘opleiding’ – drie ure [min of meer] se opleiding of eerder ‘n ‘crash course’. Buffel is gereed vir jou. Hy skree op jou en meisies word ‘cockroaches‘ genoem. – O ja, byna almal is studente. Braaf. Baie braaf. Niemand is beindruk met Buffel nie. Daar word van hoogtes afgespring, rond gehardloop, getel en gerol. Uiteindelik, om en by 10:00 uur sit jy en wag om te spring. Technikon studente sit ook en wag. Hulle is ‘n groter groep -om en by 35 – en dalk mag daar enkele plekke beskikbaar wees en kan jy saam met hulle spring. Skielik wonder jy wat jy daar maak. Skielik wonder jy waarom jy ‘ja‘ gesê het. Skielik wonder jy oor baie dinge. Wat as… te veel ‘wat as’-‘se maal en flits deur jou kop, maar jy bly sit. Dan kom die aankondiging… jy kan gaan spring. Jy’s in die Cesna. Almal brabbel opgewonde-bang. Dan word daar op jou geskree…volgende! Jy staan gereed…wat het jou besiel…en jy spring! Het jy gespring? Jy’s uit, jy weet nie wat jou getref het nie. Jy kom ‘by’ en besef jy leef darem nog! Jy onthou dat jy het nie getel nie. Dis doodstil. Jy beweeg die ‘toggles’ en kyk om jou rond. Dit voel ‘vér’ en jy sien baie om jou. Dis doodstil. Jy hoor nie eers die wind nie. Jy kan nie glo dit kan so stil wees nie. Nog nooit het jy hierdie stilte beleef nie. Jy wil langer ‘daar bo’ hang om die stilte langer te beleef. Dis wonderlik – die stilte. Jy probeer dink hoe jy dit aan iemand anders gaan verduidelik. Dis nie moontlik nie. Dan val jy op die grond, gelukkig het jy onthou om jou bene bymekaar te hou en om te rol. Geen pyne of kluite wat jou pyn aandoen nie. Die valskerm – nie die moderne matras-tipe nie, maar ‘n ‘rocket’-tipe. Jy word beveel om die valskerm op te vou. In ‘n bondel verskree ‘n ou jou soos jy laag vir laag moet vou en almal doen dieselfde ding gelyk. Jy kry die volgende ou jammer wat daarmee moet spring – gaan hy dit lewendig maak? Jy voel selfvoldaan – tevrede, maar stap weg met die gedagte om nie weer te spring nie. Nie voordat jy nie voldoende opleiding gekry het nie. ‘n Oggend van 3ure kon ‘n lewe geneem het. Jy stap weg en dink weer na oor die lewe. Jy het nooit voorheen so daaroor gedink nie. In die foto – Leon vér regs. Hy het in ‘daardie jare‘ die Griekse marathon gewen – die eerste Suid-Afrikaner, toe hy nie mag deelgeneem het nie, sy neef, ook ‘n marathon hardloper, en die uwe. Dit was ‘n lekker tyd in my lewe. Baie opwindend.
Archive for October 21st, 2012
Jy leef darem…nog
Posted in Lewe, tagged Lewe on 21/10/2012| 14 Comments »
- Follow Chessalee on WordPress.com
-
-
-
Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.
-
-
"The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.
-
Latest Posts
Top Posts & Pages
Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov
-
Live chess ratings top 10 - men
-
Live chess rating: Top 10 - women