Feeds:
Posts
Comments

Archive for March 17th, 2012

If you read my blog regularly, you will know that I do write my own poems from time to time. Here’s another – but in Afrikaans.

Ek stuur jou die goud
oor die dansende blou waters
nie die koue hartelose soort,
maar die goud van ‘n herfsblaar
malend oor ‘n golwende terras
wat ‘n helder skynsel nalaat:
kontrasterend teen die skemer

Ek stuur jou die goud
van ‘n vertroueling met die warmte:
warmte van ‘n spinnende vlam van vuur
wat jou alkant omsingel en dié
van ‘n liefdevolle glimlag
wat jou las sal verlig
en jou plesier sal verskaf

Ek stuur vir jou die goud
van ‘n laatmiddag sonsondergang
langdurig en langsamerhand
die warmligte aanraking
van die strale wat jou deurboor:
laag vir laag tot in jou siel

Ek stuur jou die goud
van goue vonkelende wense en geluk
alhoewel ek nie fisies daar is,
maar my gedagtes wel, wat nooit verwelk:
my gedagtes, altyd aan jou sy!
Ek stuur vir jou die goud!
–Nikita 19:00 17/03/2012


Carol Burnett: Words, once they are printed, have a life of their own.



A blogreader thought this poem was written by Annesu de Vos and she had replied to Kim’s tweets. Wow, great to see what Annesu thought about a poem I’ve written. I don’t see myself as a poet or professional, but I’m still impressed with her comments.

Ek is bly om te sien dat sommige mense, soos die link hier onder,  my gedigte geniet en erkenning gee daaraan. Nie soos sommige ander mense op die internet wat dink dis okay om ander se gedigte te kopieer en geen erkenning te gee nie.

https://radio-eendrag.page.tl/Gedigte.htm

Update 2020

Funny how videos from youtube channels disappear after a few years. Why do people upload it in the first place, just to delete it later. I had to find another link of this video.

Read Full Post »