• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« Kasparov in South Africa
Hierdie Kind »

Saterdagaand herinneringe

03/12/2011 by Nikita

Namibia: Goanikontes Oasis – Foto – deur my nig op FB!

Ek is gek oor windpompe – eintlik enige iets wat ‘plaas’ is. Ek is oorspronklik ‘vanaf die plaas’ en heg ek groot waarde aan dinge wat my aan die plaas-dae herinner. Ek [dis my persoonlike opinie!] glo dat mense wat op ‘n plaas groot geword het, kyk op ander maniere na dinge/lewe – dit is ook my persoonlike ervaring!  Jy waardeer dinge op maniere wat ander mense soms nie verstaan of moeilik vind om te verstaan. Dit laat my ook dink aan Langenhoven se gesegde: slegs as jy met kerslig groot geword het, weet jy wat liefde is. Natuurlik bedoel hy liefde in die ‘ander’ sin van die woord. Ons almal weet wat ‘normale’ liefde is. Ek het vandag so bietjie op FB weer gaan inloer en daar kry ek vir Johan van der Watt waar hy so pas Sypaadjiemense op sy FB bladsy geplaas het. – sien my Afrikaanse digters bladsy vir sy liedjie: Sypaadjie mense [ook ‘n inskrywing iewers op my blog, waarop hy afgekom het!] Hy was die kunsonderwyser by my Hoërskool en ook in St8 my Voogonderwyser. Hy is ook ‘n spotprent-tekenaar en baie van sy spotprente verskyn in die Beeld – en verseker ander koerante ook. Ek is toevallig ook op ‘Soundcloud‘ geregistreer en kry toe sy ander baie mooi liedjies wat ek hier plaas. Windpompliedjie het my ook dadelik getrek – hoe dan anders! Die twee foto’s in die inskrywing is van ‘n niggie van my wat graag rondtoer wanneer sy die geleentheid kry. Ek weet sy sal nie omgee dat ek die foto’s by haar ‘geleen’ het nie. Die onderste foto het ek so bietjie ‘gesny’ om te fokus op dit wat ek wou hê. Op Johann se profiel was daar ook ander sangers waarna ek geluister het en die laaste liedjie is ook ‘n liedjie wat my aandag getrek het. Geniet dit saam met my!

Knysna-omgewing – B&B – foto: ook ‘n foto van my nig op FB.

Johann met My Môreland

Die liedjie is deur Emile Minnie: Sandkasteel

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in Afrikaans, Afrikaanse musiek | Tagged Afrikaans, Afrikaanse musiek | 20 Comments

20 Responses

  1. on 03/12/2011 at 20:37 Peet

    Dis prentjiemooi.Ekself het op windpompsous grootgeword.

    Die windpomp was ons lewensbron en is in stand gehou.

    Ek het ook ‘n paar mooi foto’s van windpompe en kan hul net nie miskyk.

    Laat my weet indien jy belangstel.

    Nogal ‘n kuns om die goed korrek op te sit en die silinder te koppel

    sodat die slag (die op- en af beweeg van die suierstang ) reg is.

    Ek het vir baie nagte opgevlieg om my twee windpompe se briek te gaan

    aandraai wanneer die wind skielik opsteek.

    Daardie rustige klik – klak in die nag is onbeskryflik.

    Helaas die wiel (van die windpomp) het gedraai.Die plek het ek verkoop,

    daar pryk woonstelle vandag en beide is afgebreek in 2008.

    Die een windpomp is in 1948 deur my vader opgesit en was die laaste in

    die dorp. Na 60 jaar nie meer.Myne het so 18 jaar gestaan.

    Groetnis.


  2. on 05/12/2011 at 02:40 norrbu

    I’ve longed to be in a farm with windmills and just write.


  3. on 06/12/2011 at 08:46 Toortsie

    ja, ons plaasmense IS anders… 🙂


  4. on 06/12/2011 at 09:26 Sewe skandes… | Toortsie en Kameel

    […] Seegogga; Chess; Demoerin; Jan Twak; Jagter (hoog tyd dat jy ‘n slag weer skryf!!); Klippie; Olga; Roer; […]


  5. on 06/12/2011 at 16:02 Roer

    Ek wou jou tag, maar ek sien Toortsie het reeds. 🙂 http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2011/12/06/skades-en-skandes/


  6. on 06/12/2011 at 20:25 Nikita

    @Peet, dankie vir jou besoekie en boodskap, dis lekker om te weet dat meer mense van windpompe hou. Ons was gelukkig, ons was nie afhanklik van een nie, ons het ‘n baie sterk boorgat gehad, water was op ons plaas [gelukkig] nie ‘n probleem nie, selfs ‘n waterval – wat iewers op my blog is.
    @Toortsie/Roer – soos ek vir jul reeds laat weet het, sal my ‘tag’ moet doen sodra dit weer vakansie is, moet ook gaan sit en dink ‘wat’ ! 🙂

    @Norrbu – yes, it’s a wondeful life – on a farm. I grew up on a farm – was there for more than 15 years. Missing it! On the farm you can let your mind wander and so many things happen in a farm, I think that is just what chn need to stimulate their creativity.


  7. on 11/12/2011 at 07:16 boerinballingskap

    Ek het ook ‘n ding oor windpompe en neem graag foto’s as ek hulle teekom. Hulle is vir my nostalgiese monumente van ‘n lewe wat was.


  8. on 11/12/2011 at 11:29 Nikita

    Hi Boer, dis soos jy sê, monumente van ‘n lewe wat was. Ek geniet dit so om te ry [nog nie hier gesien nie! – dis nou SA] en dis – of die laatoggend-son of laatmiddag-son en die windpomp is daar in die ‘verte’ – dit gee soveel karakter aan ‘n plek. Soms as dit so stadig draai, asof dit iets wil ‘sê’.


  9. on 12/12/2011 at 00:25 norrbu

    nikita, please email me your address to norrbu[@]gmail.com

    I’d like to send you a christmas card – we’ve known each other for long enough that I must begin the tradition.


  10. on 12/12/2011 at 20:37 Nikita

    Hi Norrbu!

    Thank you! That sounds sweet! Will do so. 🙂 [PS:I’ve edited your email, so it’s harder for Spammers to get to it. – hope you don’t mind]


  11. on 04/03/2012 at 07:46 tooitjie davel (katrien wolhuter - "woeps se sussie")

    Ek het na olieverf skilders gekyk en j vd watt ingesleutel en op di web werf afgekom “PLAAS” lewe is werklik Wonderlik!!!!!!!!!!!!!!!!!!!


  12. on 04/03/2012 at 09:54 Nikita

    Hi Tootjie! Welkom hier en ek stem 500% saam met jou oor die PLAAS-lewe!! Katrien Wolhuter! Ek dink ek KEN jou!! 🙂 Skooldae!


    • on 04/03/2012 at 11:00 tooitjie davel (katrien wolhuter - "woeps se sussie")

      Lekker dae! Ek was ‘n wroegeling en vandag weet ek wat het geskort. Di harde lewe van tweede jongste van ‘n werf vol kinders onder ‘n alkholis pa en armoede wat oorhang oor die agterdeur….. ‘n lewe wat meer sou pas in ‘n Regard vd Bergh film soos ” Het van Verlangekraal”


    • on 04/03/2012 at 12:26 Nikita

      Hi Tooitjie/Katrien, ons almal het ‘n paadjie wat ons stap, sommige se paajies meer gelyk as ander s’n, maar ons almal bly stap! Ons weet ook nie altyd waarom dinge op ons pad kom en ons deel daarmee op verskillende maniere. Ek het nie die agtergrond van jul familie geken nie, jammer om daarvan te hoor. Mens kan net STERKER daar anderkant uitkom met daardie omstandighede en ‘n beter mens ook! Sterkte!


  13. on 04/03/2012 at 16:32 tooitjie davel (katrien wolhuter - "woeps se sussie")

    Ek het nou eers begin op internet om ondersoek in te stel in dinge waarin ek belangstel en is bly toe ek op j web werf afkom ek skilder graag en dig somstyds. Sal wat wou gee om weer Johan vd Watt te sien of te luister na sy liedjies…….Wat was j naam op skool en watter jaar het j matriek geskryf? Was j ook in Keethuis? Ek stem saam dat hoe j grootword ni ‘n rol speel wie j werklik is nie Alles het te doen met die keuses wat jy maak of jy gelukkig is of nie!


    • on 04/03/2012 at 16:59 Nikita

      hi Katrien

      Nee, ek was nie in Keethuis nie. Ek verkies om nie my naam op die internet uit te gee nie, ek gebruik my blognaam daarvoor, jammer! Ek dink nie jy gaan my ken nie, ek ken jou nie goed nie, maar weet van jou naam! -soos mens baie name net van ‘ken’ of ‘onthou’ 🙂


  14. on 21/04/2012 at 19:40 tooitjie davel (katrien wolhuter - "woeps se sussie")

    Naandse Nikita, Lanklaas van my laat hoor ek weet Intussen besig met ons Eiendomsagentskap en dan is mens geweldig besig. Hier by ons reen dit vanaand na ‘n geweldige droee somer. Eerskomende week sal ons na my man Pieter se skoolreuinie gaan in Carolina Die Skool is dan 100jr en sy 40ste jaar viering. Ons weet dit gaan onvergeetbaar wees dat hy so baie bekendes weer sal sien. Wonder wanneer is Lydenburg weer aan die gang met so iets? Mooi loop tot volgende keer, Groetnis


    • on 22/04/2012 at 10:27 Nikita

      Hi Katrien
      Dankie vir die inloer weer. Dit reen hier ook aan en af, bly om te hoor julle het reen gehad! Geniet die reunie! Jy moet op FB link na Lydenburg-skool. Hulle hou jou op datum met reunies ens. Mooi gaan en Groete vir jou ook, hoor!


  15. on 09/04/2013 at 08:22 johann

    Ek sien toevallig vanoggend die inskrywings. Dankie mens.DIe windpomp simboliseer vir my die mens wat slegs ‘water’ aan ander kan voorsien indien die Gees (wind) daardeur draai. Mooi bly, Johann vn der Watt,


    • on 09/04/2013 at 12:50 Nikita

      Hi Meneer van der Watt! 🙂 Dit was lekker om weer ‘n inloer te kry. Ek hou van die siening van wat die windpomp simboliseer! Ons geniet jou liedjies baie! Jy moet nog meer sing!



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 289 other subscribers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Concerto for two and three movements
    • War-time Chess
    • Queen Elizabeth II
    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
  • Top Posts & Pages

    • Alice in Wonderland's Mysterious Chess Game
    • Boer War Art Poetry and History
    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • Buttermilk rusks - Karringmelk beskuit
    • Die beiteltjie - The Little Chisel
    • Alabama - ship and song
    • Hilary Stagg
    • Beatrix Potter's Hill Top Farm
    • Kasparov in South Africa
    • Lion Whisperer
  • December 2011
    M T W T F S S
     1234
    567891011
    12131415161718
    19202122232425
    262728293031  
    « Nov   Feb »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Create a free website or blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 289 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Loading Comments...
 

    %d bloggers like this: