Eendag was daar drie baie gelukkige katte wat met Juffrou Mollie Smit gewoon het. Op ‘n dag was gryskat bitter ongelukkig. Al die glans was uit sy oë en hy het baie droewig en trietsig gevoel. Selfs die spin in sy keel het stom geword. Die swartkat en gemmerkat het baie bekommerd geraak en gewonder wat hulle kon doen om gryskat weer gelukkig te kry. Juffrou Smit het ‘n sonkol op haar bed gehad wat net skielik verdwyn het! Gryskat het daarvan gehou om in die sonkol te gaan lê. Dadelik het swartkat en gemmerkat begin om die sonkol te soek. Hulle het die huis behoorlik omgekeer, terwyl Juffrou Mollie uit was om inkopies te gaan doen. Kaste se laaie is oopgetrek, tafeldoeke is afgetrek, boekrakke is omgekeer, alles het inmekaar getuimel. Selfs ‘n glasvoël en porseleinbeeldjie van ‘n meisie het afgeval en bo-op ‘n hoop boeke op die mat beland. Hulle het later kombuistoe verskuif en daar gaan soek. Die kombuisgordyntjies was deurskynend en daardeur kon hul sien dat daar niks daaragter was nie. Later was hulle in Juffrou Mollie se slaapkamer en daar het hulle ook ‘verwoesting’ aangerig soos hul gesoek het. Toe sien hul die houtkis, waarin die nuwe teestel gepak was, reg voor die venster! Hulle het die kis bespring en probeer trek en later dit reggekry dat die kis kantel en begin val. Met ‘n gemiaau en ‘n geblaas het hul rondgespring soos hul geskrik het. Toe, met steeds verskrikte oë, sien gryskat Juffrou Mollie se bed raak! Op haar bed het die goue sonkol verskyn! Toe Juffrou Mollie tuiskom, was sy minder beindruk met al die gemors in die huis, maar besef waaroor als gegaan het. Sy het besef dat sy onnosel was om die kas voor die venster te skuif en sodoende die sonkol van gryskat te ontneem! – Die boek is een van my talle Afrikaanse kinderboeke wat ek het. Jenny Seed se boeke kan enige tyd gelees word, dit sal altyd ‘n wenner wees. Die illustrasies in die boek is ook puik, reg op die vlak van die kind wat maak dat die boek ‘n kinderboekwenner is.
Ek was getag deur Toortsie om ‘n ‘storie’ te skryf. Wel, baie stories kan ek skryf en het ek al geskryf. Al daardie stories is sommer net kort kinderstories – wat ons almal ken – geen rêrige waarheid skuil daaragter nie en dis meer oor die verbeelding van die klein kinderkind en om dit te prikkel. My storie gaan eintlik oor iets wat rêrig is. Dit bestaan en alle Suid-Afrikaners is daarby betrokke. Of jy in die land woon of nie. Jy is deel daarvan. Jy kan nooit jouself losmaak daarvan nie en al probeer jy, of al sê jy dat jy nie meer deel is nie, jy bluf jouself. My storie is ook ‘n gryskatstorie. My storie is ook oor ‘n sonkol wat weggeraak het. Almal is huidiglik besig om hierdie sonkol te soek, ek inkluis. Ons krap die plek erger om as wat gemmerkat en swartkat dit gedoen het. Ander katte krap dit nog meer om as onsself, maar ons is almal opsoek na daardie goue sonkol wat al so lank weg is. Wie gaan die son vir ons kry? Die son moet gekry word, anders gaan dinge baie skeef loop vir almal. Almal maak alarm. Almal hardloop rond en soek. Waar is die son? Waarom word hy nie gekry nie? Dit raak net moeiliker om hom te kry. Die verwoesting en hartseer net erger. Dit moet stop! Miskien moet die verwoesting gebeur sodat die son gevind kan word. O toggie! Ons bly positief, hoop, glo en vertrou.
Kan die aan bewind nie dink hoe Juffrou Mollie gedink het – hoe onnosel hulle is en wat hulle eintlik aan almal aandoen nie? Met verstarde o-e sit ek en kyk hoe almal spartel en spook om die son te kry! Ai tog, waarom kan almal nie saamwerk en die son kry nie? Waarom moet almal skewe draaie om mekaar hardloop en so die son mis?
Ek was self mal oor Jenny Seed se boeke. Het talle by die huis. Baie geskiedenis deur haar geleer.
hi Xena, Ja sy het graag kinderverhale met ‘n geskiedenis-agtergrond ook geskryf – vir die ouer kind – 9+ ek dink nogal veral oor die Boere-oorlog. Ek onthou 2 spesifiek.
Soos ‘n tannie (onderwyser) van my vrou gesê het oor televisiestories vergeleke met radiostories:
Sit julle daar saam voor die TV (ek verkies nog steeds beeldradio) en kyk na ‘n storie dan is alles vir almal presies dieselfde en agterna is daar maar min om oor te gesels aangaande die storie.
Is dit egter ‘n radio-of boekstorie dan loop die verbeelding volstoom en dan is daar agterna baie om oor te gesels soos die plek(ke), persone ens. in die storie want niemand gaan alles dieselfde sien of ondervind.
Dit is hierdie ryke verbeelding wat van mense skrywers,digters,ingenieurs,argitekte,uitvinders,beeldhouers,ens. maak.Kortom gaan sukses gepaard met drome vir nie net die hede maar ook vir die toekoms.
Verbeelding bestaan in elke mens maar moet van kleintyd geoefen en ontwikkel word.Daar waar die teorie dan ook ‘n uitdaging is om ‘n werklikheid te kan word. ‘n Uitmuntende voorbeeld is Jules Verne se “onmoontlike stories”.
Daarom is dit ‘n goeie ding om kinders aan te moedig om ook nie altyd net dit wat opgedis word te aanvaar maar om feitelik met mekaar te verskil en sodoende respek te kan hê vir verskille in etnisiteit,kultuur,godsdiens,velkleur,rykdom,politiek ens.
Per slot van rekening kan jy nie respek verwag van iemand waarvoor jy nie respek betoon in julle verskille.
So kan elkeen nogtans iets leer by die ander maar steeds fundamenteel onoortuigbaar bly in fundamentele dinge soos byv. godsdiens,kultuur.
ONVERDRAAGSAAMHEID en die saamgooi van volke wat nie bymekaar hoort is ‘n kolkpot van probleme. Dalk die huidige Engeland en S.A.? Sekerlik nog ander lande.Kyk maar ook in Afrika.
Die gewoontes en gebruike van stamme in byv. Afrika het al menige “regeerder” op sy neus laat kyk.Ons is nie dieselfde en sal NOOIT dieselfde wees.
As jy in ‘n situasie beland waar daar ‘n botsing is in sê gewoontes moet jy VRA oor “wat nou?” as om onbewustelik jou wil af te dwing want jy gaan jou vasloop.
Kyk waar trek ek nou met die woordjie VERBEELDING.
Die omvang is onbeperk.
hi Peet, Ja verbeelding is iets wat min mense regtig het en nou met die hedendaagse televisie, – waarvoor so baie kinders vasgenael sit – word die verbeelding nie veel gestimuleer nie. Een voordeel van die ‘visuele’ is dat ons in die Onderwys soveel MEER bevoorreg is as voorheen, want ons gebruik al die visuele stimulasie tot ons voordeel, dus het dit sy voordeel indien dit REG gebruik word. En ja, respek is baie belangrik, dit raak mense in enige situasie oral oor die wereld. Daaroor kan mens ook boeke vol skryf.
Hoe is dit dan dat ek nie ‘n kommentaar gelewer het nie? Want ek HET hierdie storie kom lees??? Dalk het ek te gou verander na ‘n ander webblad.
Dankie vir jou storie. Ek hoop ook die sonkol word gou weer gevind.
hi Toorts, Ek dink jy het toe op ‘n ander link kommentaar gelos, of dalk wou jy hier, maar toe vergeet/verander. 🙂
Of course I can’t read any of this, but it appears to be about cats, and as you know, I love cats.
Hi Dan, this entry is actually a ‘sad’ one. It is a ‘story’. Toorts asked me to write a ‘story’ and this one is about South Africa. In the book the grey cat is looking for her sun spot – where she normally relaxes – or taking her naps. She was sad, it was gone and the two other cats were trying to find the sun spot and discovered the wooden cabinet in front of the window and when they moved it, the spot was there! Well, i compared ‘my story’ to this. We [South Africans] are ALL looking for the ‘golden sun spot’ and everybody tries to find it. Some are making a bigger mess of the country, whilst trying to find it, – politicians – and hopefully we all will find it AGAIN one day. Hopefully that one day is SOON.
[…] oor Skulpiesbaai”. Nee jong, ek weet regtig nie, maar ek sal vir Nikita vra. Sy is regtig goed met sulke […]
My kinders het seker al haar boeke en lees hulle oor en oor,wat n legende is sy nie!
Hi Quin! Welkom hier by my blog! Dankie vir jou booskappie. Ja-nee, sy is behoorlik ‘n legende en iemand wie se boeke enige kind moet lees.