Feeds:
Posts
Comments

Archive for August, 2011

Eendag was daar drie baie gelukkige katte wat met Juffrou Mollie Smit gewoon het. Op ‘n dag was gryskat bitter ongelukkig. Al die glans was uit sy oë en hy het baie droewig en trietsig gevoel. Selfs die spin in sy keel het stom geword. Die swartkat en gemmerkat het baie bekommerd geraak en gewonder wat hulle kon doen om gryskat weer gelukkig te kry. Juffrou Smit het ‘n sonkol op haar bed gehad wat net skielik verdwyn het! Gryskat het daarvan gehou om in die sonkol te gaan lê. Dadelik het swartkat en gemmerkat begin om die sonkol te soek. Hulle het die huis behoorlik omgekeer, terwyl Juffrou Mollie uit was om inkopies te gaan doen. Kaste se laaie is oopgetrek, tafeldoeke is afgetrek, boekrakke is omgekeer, alles het inmekaar getuimel. Selfs ‘n glasvoël en porseleinbeeldjie van ‘n meisie het afgeval en bo-op ‘n hoop boeke op die mat beland. Hulle het later kombuistoe verskuif en daar gaan soek. Die kombuisgordyntjies was deurskynend en daardeur kon hul sien dat daar niks daaragter was nie. Later was hulle in Juffrou Mollie se slaapkamer en daar het hulle ook ‘verwoesting’ aangerig soos hul gesoek het. Toe sien hul die houtkis, waarin die nuwe teestel gepak was, reg voor die venster! Hulle het die kis bespring en probeer trek en later dit reggekry dat die kis kantel en begin val. Met ‘n gemiaau en ‘n geblaas het hul rondgespring soos hul geskrik het. Toe, met steeds verskrikte oë, sien gryskat Juffrou Mollie se bed raak! Op haar bed het die goue sonkol verskyn! Toe Juffrou Mollie tuiskom, was sy minder beindruk met al die gemors in die huis, maar besef waaroor als gegaan het. Sy het besef dat sy onnosel was om die kas voor die venster te skuif en sodoende die sonkol van gryskat te ontneem! – Die boek is een van my talle Afrikaanse kinderboeke wat ek het. Jenny Seed se boeke kan enige tyd gelees word, dit sal altyd ‘n wenner wees. Die illustrasies in die boek is ook puik, reg op die vlak van die kind wat maak dat die boek ‘n kinderboekwenner is.

Ek was getag deur Toortsie om ‘n ‘storie’ te skryf. Wel, baie stories kan ek skryf en het ek al geskryf. Al daardie stories is sommer net kort kinderstories – wat ons almal ken – geen rêrige waarheid skuil daaragter nie en dis meer oor die verbeelding van die klein kinderkind en om dit te prikkel. My storie gaan eintlik oor iets wat rêrig is. Dit bestaan en alle Suid-Afrikaners is daarby betrokke. Of jy in die land woon of nie. Jy is deel daarvan. Jy kan nooit jouself losmaak daarvan nie en al probeer jy, of al sê jy dat jy nie meer deel is nie, jy bluf jouself. My storie is ook ‘n gryskatstorie. My storie is ook oor ‘n sonkol wat weggeraak het. Almal is huidiglik besig om hierdie sonkol te soek, ek inkluis. Ons krap die plek erger om as wat gemmerkat en swartkat dit gedoen het. Ander katte krap dit nog meer om as onsself, maar ons is almal opsoek na daardie goue sonkol wat al so lank weg is. Wie gaan die son vir ons kry? Die son moet gekry word, anders gaan dinge baie skeef loop vir almal. Almal maak alarm. Almal hardloop rond en soek. Waar is die son? Waarom word hy nie gekry nie? Dit raak net moeiliker om hom te kry. Die verwoesting en hartseer net erger. Dit moet stop! Miskien moet die verwoesting gebeur sodat die son gevind kan word. O toggie! Ons bly positief, hoop, glo en vertrou.

Kan die aan bewind nie dink hoe Juffrou Mollie gedink het – hoe onnosel hulle is en wat hulle eintlik aan almal aandoen nie? Met verstarde o-e sit ek en kyk hoe almal spartel en spook om die son te kry! Ai tog, waarom kan almal nie saamwerk en die son kry nie? Waarom moet almal skewe draaie om mekaar hardloop en so die son mis?

Read Full Post »

Ek het die boek vandag raakgeloop. Dis die mees oulikste kinderboek boek wat ek lanklaas gesien het. Die tou – wat lyk soos rêrige tou – is deel van die boekomslag. Jy kry die idee dat dit ‘n regte stukkie tou is wat om die boek gebind is as jy op ‘n afstand daarna kyk. Meerkatte is een van my gunsteling Afrika-diere…My gunsteling voël is die Tarentaal.

Voorin is allerlei humoristiese sê-goetjies en interessanthede oor die Meerkat-familie, o.a. hulle motto: Stay Safe, Stay Together.

Sunny Meerkat decided to find the perfect place to stay – and then sent postcards home about his travels and experiences. The Meerkat motto is: Stay Safe, Stay Together. [and sleep together!] Click photos for a larger view, especially the photo following the next photo, so you can read the message.

Binne in die boek is verskeie poskaarte wat deur die Meerkat – wat besluit het om te travel om die perfekte plek te soek om te bly,  huistoe gestuur is. Hier kan jy een so ‘n poskaart sien. Die volgende foto is die agterkant met die boodskap. Klik die foto sodat jy die boodskap kan lees.

Die einde van die storie. Soort van ‘n foto-album.  Sunny Meerkat het besluit om terug te keer huistoe – slegs na ‘n week!  ‘n Baie oulike idee van die skryfster, Emily Gravett. Ek kyk graag Meerkat Manor, dit word nou weer op Channel 5 uitgesaai, episode 2 was gister en jy kan die video’s op hul webbladsy kry tot ‘n maand nadat dit uitgesaai is. Wel, terwyl ek heerlik kuier, onthou die Meerkat motto: Stay Safe, Stay Together! [and sleep together!] Ek sal nou nie soos Sunny Meerkat kan belowe dat ek gaan ‘skryf’ nie, dus, hou die blink kant bo en moenie vergeet: 14 Augustus is Afrikaans-dag nie! Die dag waarop die GRA gestig is. [14/8/1875] O ja, Vrouedag is 9 Augustus.


Hierdie volgende gedig het ek op laerskool geleer [moes!] en ek kon nie die hele gedig onthou nie. Baie dankie aan Koos van Rensburg wat die gedig vir my op die blog in ‘n boodskap kom plaas het!

Die Meerkat

Die Meerkat deur C.F. Hofmeyer

Spitse snoetjies, donker ogies
stertjie lank en kaal
lange naels, skerp soos naalde
en ‘n jassie vaal.

In die moreson se strale
in die oggenddou,
penorent sien jy die meerkat,
sy kinders en sy vrou.

Spoedig loop hul heen en weertjies
knibbel hier en daar,
grawe gou lekker uintjies:
oggendmaal is klaar

Sonder sorge is hul lewe
in die ope lug,
tot daar kom die wrede honde –
Ja! dan moet hul vlug.

DIE MEERKAT

Regop sit die meerkat teen die bult, sy koppie roerloos,
fyn gesny en slim met die ogies soos vonke daarin;
hy staar na die verdorde velde en die slingerloop van die paaie
en hou die bosse dop van waar die dood gou kan bespring.
Maar niks lewe of roer in die rondte en die somerson is `n bol
vlammende vuur wat ver en wyd die berge laat tril in die hitte
Dan roer hy sy kop en die omgewing, verras en ontwaak, vloei na die lewe
na wat daar beweeg het, en verstol dan weer gou in die doodsheid.
En waarom hy ook moet lewe, die rooimeerkat met penregop lyf,
dit weet niemand – hy, nog die lang ketting lewe lank voor hom.

Nou spring die omgewing in aandag; geluid het gekom oor die stilte,
`n gulsige hond met hangende tong het verskyn en sy woeste geblaf, val luid teen die lug en eggo die klowe dan in.
`n Paar draaie, vervolger en vervolgde die verskroeide aarde oor,
dat die pote dreun en gehyg van `n asem gulsig bly gaan.
Dan net `n fyn, angstige skreeu en die meerkat ril nog `n keer
en sterwe met sy tandjies wit na die sonlig daarbo.
Die hond gaan dan snuffelend verder en daar hoog kras `n
kraai –
was hy nodig – die meerkat – en wie van ons sal dit raai?

CM van den Heever



Ek is uiteindelik oppad, ongelukkig slegs vir ‘n baie kort tydjie. Gelukkig kon ek die tydjie afknyp om weer bietjie in Suid-Afrika te gaan kuier, anders sou nog ‘n jaar verby gegaan het sonder dat ek die familie gesien het.

Hierdie liedjie is baie mooi – met veral die mooi tonele uit SA.

Halala Afrika

Toe die wêreld hier nog jong was en die horison wyd en oop
Was dit groen hier in die halfrond, suid van die ewenaar
En in die skemer as die son sak en die beeste huis toe loop
Klink die roepstem van die vroue oor die heuwels van die land:
Halala, ewig is ons Afrika.
Tula tula mtanami, tula tula sanaboni, tula tula mtanami,
Ubab uzobuya sihlale naye, ubab uzobuya sihlale sonke, Hmmm-Hmmm

Toe kom die skepe uit die weste, wit seile oor die see
Om te vra vir koos en water en te bly vir so veel meer.
En die land wat een tyd oop was, die land het ons verruil
Vir die ghetto’s van die stede is ons koperdraad gegee.
Halala, ewig is ons Afrika
Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika
Tula tula mtanami, tula tula sanaboni, tula tula mtanami,
Ubab uzobuya sihlale naye, ubab uzobuya sihlale sonke, Hmmm-Hmmm

Daar was rykdom in die maag van ons moeder Afrika
Diamante en ook steenkool, goud, edel metaal
En die mense word die slawe hier want die mense word betaal
Om te tonnel in die aarde elke greintjie uit te haal
En die groot en oop grasvlaktes span dit toe met doringdraad
En van die olifant tot die gemsbok al die diere moes kom buig
Voor die mag van die grootwildjagter voor die mag van sy groot geweer
Totdat net die stilte oorbly, totdat net die stilte heers.

Halala, ewig is ons Afrika.
Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika
Sasidjapolutjoloythina
Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika
Source: southafrica.com/forums/language/5041-zulu-translation-request.html  Krediet vir foto met Tafelberg: Suid-Afrikaanse Lugdiens

Read Full Post »