We drove off this afternoon – I wanted to keep my sanity, with all the marking of GCSE Coursework – and took the road down where we live into the countryside. The first photo was taken about 500m from our house and the others – as we travelled down Chartridge Lane. Photo 13 and 14 were taken along the road which I travel daily. I have more pics to share, but thought to spoil you a bit later with more. Seasons in the northern hemisphere change rapidly. Now you see bare trees, now you don’t! We new those lovely colours would be gone by next week and I’m glad I was in time to show you what it looks like during Autumn where we live now. Enjoy the Autumn-poems too.
Die plekkie waar ons bly is nie baie groot nie, maar heelwat groter as wat ek gedink het. Wat klein is, is die besigheidsarea – daar’s nie ‘n verskeidenheid van winkeltjies nie. Wat wel lekker is, is hulle Boeremark op Saterdae. Heerlike vars groente en vrugte is te koop. Ons naburige Amersham – byna 1 myl van hier af, het ‘n groot en lekker Tesco wat 24 uur oop is en hulle hoofstraat word in die week toegemaak en dan’s daar ook ‘n straatmark. Die twee plekkies – Chesham en Amersham – het altwee ‘n baie ou gedeelte wat hulle die “old town” noem. Ek het foto’s geneem van Chesham se old town gedeelte, alhoewel dit ‘n klein gedeelte is, Amersham se gedeelte is groter en ek gaan Saterdag daar lekker foto’s neem om te blog. Albei die plekkies het geboue wat dateer uit Doomsday! Dit skep natuurlik atmosfeer wat jy nie sommer kan beskryf nie. Natuurlik is daar ook hordes villages al om hierdie areas, baie klein. Hierdie Pub in hierdie possie is in so ‘n klein village afgeneem – “The Lee”.
Vroegherfs: NP van Wyk Louw
Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rookvaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
Laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en ver was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.
Uit Vroegherfs
To Autumn by William Blake
O Autumn, laden with fruit, and stain’d
With the blood of the grape, pass not, but sit
Beneath my shady roof; there thou may’st rest,
And tune thy jolly voice to my fresh pipe,
And all the daughters of the year shall dance!
Sing now the lusty song of fruits and flowers.
‘The narrow bud opens her beauties to
The sun, and love runs in her thrilling veins;
Blossoms hang round the brows of Morning, and
Flourish down the bright cheek of modest Eve,
Till clust’ring Summer breaks forth into singing,
And feather’d clouds strew flowers round her head.
‘The spirits of the air live in the smells
Of fruit; and Joy, with pinions light, roves round
The gardens, or sits singing in the trees.’
Thus sang the jolly Autumn as he sat,
Then rose, girded himself, and o’er the bleak
Hills fled from our sight; but left his golden load.
N.P. Van Wyk Louw
Ek kry ’n klein klein beiteltjie,
ek tik hom en hy klink;
toe slyp ek en ek slyp hom
totdat hy klink en blink.
Ek sit ’n klippie op ’n rots:
– mens moet jou vergewis:
’n beitel moet kan klip breek
as hy ’n beitel is –
ek slaat hom met my beiteltjie
en dié was sterk genoeg:
daar spring die klippie stukkend
so skoon soos langs ’n voeg:
toe, onder my tien vingers bars
die grys rots middeldeur
en langs my voete voel ek
die sagte aarde skeur,
die donker naat loop deur my land
en kloof hom wortel toe –
só moet ’n beitel slaan
wat beitel is, of hoé?
Dan, met twee goue afgronde
val die planeet aan twee
en oor die kranse, kokend,
verdwyn die vlak groen see
en op die dag sien ek die nag
daar anderkant gaan oop
met ’n bars wat van my beitel af
dwarsdeur die sterre loop.
Nikita, dis baie mooi daar. Nee, dis pragtig. Ons herfs hier het ook baie skakerings van kleure en ooo dis so mooi. Ons mere gaan een van die dae begin vries en ek wil fotos neem en post. Ek sal jou elke keer laat weet as ek n post het. Alhoewel kanada opvries en spierwit is vir omtrent 7 maande, het ons baie mooi somers. Koel, nou nie s.a somers nie, maar sover jy kyk is dit veldblomme. Ek sal regtig n punt daarvan maak om vir jou fotos op te sit.
Jy bly in n baie mooi plekkie.
hi Alta, Dankie, ek sal bly wees as jy my laat weet, ek sal dieselfde die kant doen. Ek wou nie te veel foto’s in die possie oplaai nie, anders sukkel party ouens met die aflaai van als, daarom sal ek die ander later opsit. Die ander is meer van die plekkie hier waar ons is – die ou gedeelte. Amersham en Chesham het ‘n “ou” gedeelte en ek wil graag eers nog more in Amersham se “ou” gedeelte ‘n paar fodies gaan “steel”. Dis mooi daar. Ek’s gek oor hierdie “ou” gedeeltes van die plekkies…laat my baie aan Pelgrims dink – oud/histories en mooi. Ek weet nie of ek in Kanada sal aard nie – ek hou baie meer van koeler weer, maar darem nie so koud nie. ‘n Vriendin van my is nou Rusland toe om by haar man aan te sluit – was sommer hier naby ons – en dis daar omtrent 10keer erger as by jou…nee, sjoe! Sterkte daar! maar ek kan dink hoe mooi moet dit ook wees.
Ag, dis regtig fraai. Regte tjoklitboks-prentjies. 😉
hi Vlam…of Puzzle-prentjies 🙂 veral foto 13! 🙂
Baie mooi. En moenie van John Keats se “To Autumn” vergeet nie:
1.
SEASON of mists and mellow fruitfulness,
Close bosom-friend of the maturing sun;
Conspiring with him how to load and bless
With fruit the vines that round the thatch-eves run;
To bend with apples the moss’d cottage-trees,
And fill all fruit with ripeness to the core;
To swell the gourd, and plump the hazel shells
With a sweet kernel; to set budding more,
And still more, later flowers for the bees,
Until they think warm days will never cease,
For Summer has o’er-brimm’d their clammy cells.
2.
Who hath not seen thee oft amid thy store?
Sometimes whoever seeks abroad may find
Thee sitting careless on a granary floor,
Thy hair soft-lifted by the winnowing wind;
Or on a half-reap’d furrow sound asleep,
Drows’d with the fume of poppies, while thy hook
Spares the next swath and all its twined flowers:
And sometimes like a gleaner thou dost keep
Steady thy laden head across a brook;
Or by a cyder-press, with patient look,
Thou watchest the last oozings hours by hours.
3.
Where are the songs of Spring? Ay, where are they?
Think not of them, thou hast thy music too,—
While barred clouds bloom the soft-dying day,
And touch the stubble plains with rosy hue;
Then in a wailful choir the small gnats mourn
Among the river sallows, borne aloft
Or sinking as the light wind lives or dies;
And full-grown lambs loud bleat from hilly bourn;
Hedge-crickets sing; and now with treble soft
The red-breast whistles from a garden-croft;
And gathering swallows twitter in the skies.
hi Skryfblok, Welkom hier, ja, ek het ‘n lys van omtrent 15 gedigte gehad waaruit ek moes kies, wat moeilik was, want almal ewe mooi, toe besluit ek maar op ‘n korterige een. Dankie vir jou bydrae ook.
Ek mis die kleure van herfs … ‘n palmboom verander mos nie :-). Ek onthou daai gedig van NP van Wyk Louw as een van die voorgeskrewe gedigte opskool.
hi Sandra, ja, noudat jy dit noem, ons het ‘n Palmboom by ons hek gehad op die plaas, dit was nogal mooi om altyd groen ook te he. Ek het ook die gedig – iewers in my verlede, ons het so ‘n spul gedigte/boeke gedoen in st 9 en 10 – gehad en dis een van daardie “klassieke” gedigte wat jou altyd bybly.
ai, Herfs bly darem mooi en ek mis Engeland! Dankie vir die foto’s. Ek het ook al vergeet van daardie N.P. van Wyk Louw gedig, wat wonderwoorde en woorde wat ek nou nodig het, dubbel dankie.
Hi Eilandkind! Dit was ‘n groot plesier. Ek’s bly jy kon dit geniet.
Die herfs is regtig indrukwekkend in die noordelike halfrond. Mooi foto’s.
Dankie Boer, die seisoene is indrukwekkend, maar wee jy, dis ook omdat dit so vinnig verander. En skielik, as jy opstaan, dan’s herfs WEG en winter is hier…als gebeur vinnig en skielik, waar in SA gaan dit geleidelik oor van die een na die ander en dis nie so “skielik” nie. Ek dink dis die rede waarom mens in SA nie so daarop ingestel is om dit so “skielik” raak te sien en te geniet nie,want jy weet dis “daar”. Dink net ook aan Lente, hoe vinnig verskyn daardie bloeisels en woeps…als weg, sommer binne twee/drie weke – of dalk nog gouer.